1967 Wag-‘n-Bietjie-Koshuis. Ek het ‘n selfgemaakte rooi linne rokkie aangehad en my eerste hangertjie wat ek vir my gekoop het.

Skoolhou Hennopsrivier Laerskool 1968-1971. Ek het self die truie gebrei.

1972 Laerskool Potgietersrus koshuis. Die hare is ‘n haarstuk wat ek nog steeds het. Dis regte mens hare

1979 besluit ek om ordentlike fotos te laat neem om aan korrospondente te stuur. Swart truitjie met rooi kraletjies om die nek. Ek het in 1974 alle kleure stringetjies kraletjies gekoop in London op ‘n vlooimark

30 Augustus 1980 trou ek met ‘n “wonderlike” man. Satyn bandjie en astertjie om die nek. Spesiaal my hare laat groei vir die geleentheid.


40 responses to “1960-1980”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Sjoe, pragtig! Lekker onthou daai

    Liked by 1 person

  2. trommeltjies Avatar

    Jy het nou vir ons ń mooi blik op jou jare gegee, so keurige bladsye. My fotos is ń harlaboerla van sakkies, boksies en blikkies. Jy was pragtig en stralend.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Trommeltjie. Ek het ook steeds honderde sakkies en boxies met fotos en negatiewe wat nog verwerk moet word. Sal seker nie in my leeftyd gebeur nie. Moet nou eers kleinkind n beurt gee. Ek het nog niks met haar fotos gedoen nie en sy is al verby haar tweede jaartjie.

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie. Those were the “happy” days.

      Like

  3. HesterLeyNel Avatar

    Dis ‘n lieflike versameling. Ek is veral mal oor jou troufotos. Dis ‘n pragtige trourok en -hoed. Jy het behoorlik gestraal.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Ester. Ek was smoor verlief op daardie fotos!

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Dit was duidelik!

        Liked by 1 person

  4. Una Avatar

    Wat ń plesier om na jou mooi fotos te kan kyk en die inligting te lees, Ineke. Jy lyk beeldskoon op jou troudag.🌸🌸🌸

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie vir jou mooi woorde. Ek was mal verlief. My man was my eerste liefde(en ook my laaste)

      Like

  5. Gallivanta Avatar

    Such lovely scrapbooking.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Thanks for the compliment and the visit. Been a long time since seeing and hearing from you. Glad you’re back.

      Liked by 1 person

      1. Gallivanta Avatar

        Yes, I have been away from blogging for quite a few months.

        Liked by 1 person

  6. Blootvoet Avatar
    Blootvoet

    🙄😱🤫

    Like

  7. Kameel Avatar

    Dis nou ‘n lekker kyk na ‘n gedeelte uit jou lewe uit. Ek lief ook jou troufotos. Jy lyk so gelukkig!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir die lees en kyk. Ja, gelukkig was ek beslis en mal verlief ook.

      Like

  8. Blootvoet Avatar
    Blootvoet

    Geen foto’s, maar in 1980 het PW Botha my hare gesny en vir my klere gegee om mee buite te speel.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, ek weet van daardie storie!

      Like

  9. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Jou herinneringe is so mooi vasgevang in die scrapbook. Mooi fots. Mooi vrou!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie woordnoot. Die herinneringe en bladsye maak het my gehelp om kop te hou gedurende moeilike tye.

      Like

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        Dis wonderlik hoe elkeen haar eie meganisme het waarvan hulle gebruik maak as daar ‘n storm in hulle lewe is..ek is so bly dit het jou gehelp.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dit help nog steeds. Daar is baie fotos wat wag om verwerk te word.

          Like

  10. Tannie Frannie Avatar

    Jou trou-uitrusting is regtig pragtig – ai, hoe gelukkig was mens tog… Ek bewonder diegene wat hulle herinneringe so mooi bewaar!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie Frannie. As jy maar weet hoe stormagtig alles was. My rok is n gehuurde rok gewees wat vernou moes word wat die vrou toe nooit gedoen het nie. Ek het die Vrydagmiddag my blomme opgelaai in Potgietersrus en Pretoria toe gevat vir Saterdag se troue. Nou dink ek darem lekker terug.

      Liked by 1 person

  11. perdebytjie Avatar

    Jy het dit nou so mooi kunstig gedoen.Ek wou nog altyd scrapbook, nog nooit so ver gekom nie. Jy is pragtig op al die foto’s!Dankie vir ‘n kykie in jou lewe.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir jou mooi woorde. Ek dink ek het bietjie deurmekaar geraak met die antw op jou blog. Ek het daar gepraat van scrap booking wat terapeuties is. Mens sorteer die fotos van die geleentheid uit en versier dit. In die tussentyd vergeet jy van alles wat om jou aangaan. Ek dink jou natuur fotos kan beslis pragtige albums oplewer. Ek het bv reeds 12 foto albums reeds gemaak. daars nog n hele paar wat nog voltooi moet word.

      Like

  12. Positief Avatar

    Pragtige fotos Scrapy en lekker onthoue
    Ons bly nou 600m van Laerskool Hennopsrivier af, steeds ‘n baie oulike skool

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie is beslis lekker onthoue. Watter kant bly jul as dit so naby die skool is? Ek was laas in 2010 daar toe ek en Tina Down Memory Lane gery het. Sy was daar op skool gewees.

      Liked by 1 person

      1. Positief Avatar

        Ons bly mos deesdae op ‘n plot, dis op dieselfde paadjie as die laerskool

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          A, dar het heelwat kindertjies van daardie kant af gekom. Gesinne het ook heelwat kinders gehad. Lekker ou dae.

          Like

  13. Toortsie Avatar

    Jy was ‘n pragtige jongmeisie. Ek weet jy is steeds pragtig.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie Toorts ek kan maar goed kort van draad ook wees. Stil beduiweld.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Ons almal het positiewe én negatiewe eienskappe. Ons almal se draad kan soms kort raak. Soos my neef sou sê, dis ook nie verkeerd nie.

        Like

  14. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

    Dis ‘n mooi terugblik liewe Scrapy. Mooie juffrou!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie. Die juffrou lyk nog pure kind in die begin.

      Like

      1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

        A, jou hart en gees is nou nog mooi en vrolik jonk.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Oooo, jy weet net nie van die donderwolke wat soms opbou nie! Gelukkig voel my gees nog jonk en dis belangrik.

          Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.