Geheim van die biblioteek

Beste leser, hierdie is ‘n denkbeeldige vertelling van verskillende persone wat elk ‘n hoofstuk skryf oor ‘n denkbeeldige biblioteek in ‘n herehuis genaamd Eden. Aan die einde van my hoofstuk kan jy op die skakel kliek om by die vorige hoofstukke uit te kom.

Kan dit wees?

Vreemde ontdekking
Nadat die berig in ‘Die Adder’ verskyn het van die gruwelike ontdekking wat me Barber gemaak het moes ons as Towerinne inderhaas ‘n vergadering hou om die modus operandi uit te dink en te besluit wat met Klem de Kaak gedoen moes word om te stop dat hy en sy koerant verder aandag trek om hulself te verryk.

Ons besluit toe dat ons soos een man of vrou gaan inspring in daardie biblioteek om uit te vind wat alles daar versteek is.

Vroeg oggend is al die Towerinne gereed om in te begin.

Toorts, en haar span, bestaande uit Trommeltjie, wat haar trommel gaan skud om oudhede op te spoor, Virgo en Seegogga gaan die kombuis takel. Daar is verseker onheilige dinge in Eden se kombuis uitgedink en bespreek. 

Sodra die stoof weer werk gaan Lorenzo kom en vir ons, onder Toortsie se toesig, ‘n feesmaal voorberei wat mev Marx, die kok, na haar asem gaan laat snak.

Die ander Towerinne gaan die biblioteek verder deursoek. Vuurvliegie wil steeds die vloer verander en gaan met Una en Bondels die mat uitgooi. Mens weet nooit wat nog onder al die stof begrawe is nie.

Dan het Hester, Frannie en Positief besluit om elk ‘n boek onder hande te neem en vinnig te lees vir nog leidrade. Kameel gaan ook afstof en Engelse boeke lees met die hoop om iets wyser te word.

Christa gaan met haar Russiese konneksies probeer om uit te vind wat gebeur het.

Ek en Perdebytjie, met haar kamera, gaan die dieptes van die kelder bekyk.

Eerste wat Hester doen is om op ‘n kas te klim wat onder die boekrakke staan. Sy maak haarself gemaklik op die blad en vat ‘n boek uit die rak. Sy roep Frannie en Positief om by haar te kom sit. Die drietjies skuif lekker reg om heerlik te lees. Hul leun soos een man/vrou lekker gemaklik agteroor. 

Skielik: Kraak, squeak, stamp-stamp en daar… 

skuif die hele kas en rakke met die drie Towerinne voorentoe. Dit gil en gryp om nie af te val nie! 

Almal hardloop nader. Dit Oe en Aaa en aha, giggel en ril.

Stofwalms styg uit die dieptes op en by die deur uit. Almal hoes en proes.

“Wow, ons het dit! Ons het dit” jubel ek. “Die kelder se trap!”

“Kom Bytjie, ons gaan eers verken voordat almal hier afgaan en dalk bewystukke deurmekaar kan gooi met al die opwinding.”

Ek en Bytjie het elk een van die mynhelmets met ‘n liggie op die kop. Gumboots aan en daar gaat ons. Doef, daf, slof, stof.

Dis spinnerakke en stof, en dit ruik heel onangenaam onder in die kelder. Deur die gat in die vloer skyn lig op die geraamte wat liggies beweeg in die roering wat ons veroorsaak. 

Bytjie blits vinnig ‘n paar fotos.  

“Bytjie, kyk hier, dit lyk na n skerpgemaakte klip-mes met bloed aan,” ‘n koue rilling loop langs my ruggraat af. Kliek, kliek, Bytjie.

In die een hoek van die kelder is ‘n klomp ou lappe wat lyk of dit ‘n bed kon wees. Opgewonde begin Bytjie in ‘n piepstemmetjie praat: “Scrapy, kyk! ‘n Juwelekisse met pêrels.

En oooo, kyk die tiara. Dit moet regte diamante wees.”

Bytjie neem net fotos. Ek maak die kissie oop en binne is ‘n borsspeltjie. Die mooiste pers half-edelsteen. Ek vat dit versigtig en vryf dit skoon. Met die vryf verskyn daar ‘n gesig in die steen. Dis ‘n hartseer gesig van ‘n beeldskone meisie. Ai, ek pik ‘n traan weg as ek daaraan dink wat die arme mens hier in die kelder moes deurmaak. 

Ek kyk nog verder rond en sien ‘n handspieël wat se agterkant handborduur is met die fynste kruisstekies.

Die handvatsel en raam is suiwer goud.

Ek draai die spieël om en vee die stof af. In die spieël verskyn twee gesigte. Die gesigte van Isabella en Charlotte. Hul is besig om met mekaar te praat. Beide is opgedress soos in die ou dae se bordeel meisies. Isabella meer deftig, oënskynlik die een in bevel, en Charlotte.

“Isabella, wat gaan ek doen? Ek kannie die kind hou nie en ook nie vir Josef vertel nie. Wat moet ek doen?” 

Isabella kyk Charlotte minagtend aan: “Ek het jou gewaarsku dat jy nie kan bekostig om verwagtend te raak nie, maar nou ja, Josef was net die een vir jou. Ek sal jou help om die baba te laat aanneem. My broer, Leonard, bly op Eden by Josef en Sophie wat nie kinders kan kry nie. Dit kom egter teen n duur prys. Jou broer Karel Hardy gaan duur betaal omdat ek sy verwende rykmans suster moes uithelp.”

Charlotte kan net met betraande gesig haar kop skud.

Daar kom opgewonde stemme van bo van die trap af en maak dat die gesigte in die spieël verdwyn. 

“Hoekom is julle twee so stil daaronder? Wat gaan aan?” skree Hester.

Ek beduie vir Bytjie dat ons eers moet opgaan en die fotos aan die ander wys. 

Bo gekom bestudeer ons die fotos. Ons vertel toe ook van die handspieël wat ‘n kykie in die verlede gewys het. “O-n-g-e-l-o-o-f-l-i-k,” kom dit uit een mond. 

Wat gaan daar nog alles uitkom? Ons wonder almal.

WoordNoot gaan vir ons verder navorsing doen oor wie Klara regtig is en wie se geraamte dit kan wees.

Onthou om jou skakel te plaas by https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

Bo-staande skakel sal jou na die vorige hoofstukke stuur waar jy die hele storie kan lees.


87 responses to “Hoofstuk 5: Kan dit wees?”

  1. Misterie in die biblioteek – Hoofstuk 8 – toortsie.com Avatar

    […] beweeg, sommer nou-nou kom Broodina en die polisie ook nog hier aan”, sê Vuurvliegie. “Scrapydo, neem jy en Una die juwele wat julle gevind het en gaan versteek dit asseblief in die tuin. Ek dink […]

    Like

  2. Toortsie Avatar

    Dis die pragtigste juwele.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is beslis besonders. Die spieel is regtig n erfstuk.

      Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie Avatar

    Dit was nou ‘n interessante hoofstuk, so met die mooi illustrasies van al die juwele…Waar kry jy die energie om so fluks te wees as jy nog tussenin agter skape moet aanhol en Trompie en die katte uitmekaar uit hou?? Haal my hoed vir jou af.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die juwele staan of lê hier op die eienares se slieëlkas. Ek het my kamera gelukkig by my want my foon is so dood soos n Mossie. Hier is mos nie TV nie so ek kan lekker sit en my tyd met skryf deurbring.

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Wanneer hou jy op met skape jaag?

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek het Maandag laat namiddag weer by my eie huis geland. Pootuit en uitgehardloop. Het terwyl ek wegry nog twee skape gekort wat ek toe amper by die hoofpad gekry het. Gelukkig het die plaasvrou onder die bult van anderkant gekom en gekeer dat hul verder wegloop. Trompie besluit toe terwyl ek hul bekruip om op die kar te soeter te staan en hy hou nie op staan en toet nie. Was nogal lagwekkend op die einde.

          Liked by 1 person

          1. Tannie Frannie Avatar

            Bly jy is weer in jou eie plek! Hopelik rus jy nou bietjie en bou krag op vir die volgende skoolskof?

            Liked by 1 person

  4. Bondelsgedagtes Avatar

    Grrooooote genugtig dis fantasties!!! Wow, ek like ek like. Ek sal weer heel voor moet begin by hoofstuk een en al die kommentaar om mooi die kloutjie by die regte oor te bring….hopelik is my besig wees eersdaags verby en kan ek volle aandag gee. Ek mis teveel uit ai ai. Well done hoor

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, kinkels in die kabel. Ek het juis van begin af aantekeninge gemaak voordat ek geskryf het. Daar kan nog baie gebeur.

      Like

  5. trommeltjies Avatar

    Hierdie pratende spieël laat my aan Harry Potter storie dink, welliswaar is ons mos towerinne, nie waar nie? Sjoe ek moet erken my kop is heeltemal deurmekaar, sal ook van voor af moet lees, met ń notaboek en pen byderhand. Daardie kaaskoek klink vir my perfek Toortsie, mos hoeka my swakte.

    Like

  6. Una Avatar

    Net toe ek dink ek verstaan wie wie is en wie by wie gekuier het, kom jy nou Scrapy, en gooi die mandjie ietwat om… mmmm. Ek wag geduldig vir my beurt, daar sal nie gesê kan word dat ons klompie net gewone bloggers is nie. O nee. Hier gaan nog baie ontdekkings plaasvind, hou vas!

    Liked by 2 people

    1. Kameel Avatar

      Una wees genadig!! Ons is nog nie eers naby Leonard en sy liefdesbrief nie…. en my kop draai so dat ek sukkel om by te bly.

      Liked by 1 person

      1. Una Avatar

        🙈🙈🙈

        Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die Pandora kis is oopgemaak. Nou moet alles n plekkie kry om te gebeur.

      Like

  7. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Ek het ‘n propperse diagram…sal hom plaas. Weet nog nie van oorbly in ‘n kasteel. Ons sal maar sien as ons daar kom

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mooi man. Dit gaan n fees wees as ons Skotland toe gaan. Dalk maar ons n draai in Rusland by doe Kossakke ook?

      Like

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        Ja…..Christa moet solank reel!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Sal dit nie heerlik wees om so warm en knus aan te trek en dan saam met hul te dans en sing nie?

          Like

  8. HesterLeyNel Avatar

    Welgendaan Scrapy. The plot thickens. Ons gaan nog Bisto byroer.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Genoeg Bisto dat die pap dik kan word of is dit die sous?

      Liked by 1 person

  9. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Ok…ek het nou ‘n rerige diagram gaan teken, so ek dink ek maak nou kop uit van al hierdie, maar oh my word…..ek sal nou in skotland moet gaan uitvind wie is Klara eintlik?

    Like

    1. Kameel Avatar

      Nie net Klara nie… maar ook Karel Hardy, Charlotte se broer. Mnr Hardy die butler is definitief Charlotte se pa volgens die geboortesertifikaat.

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Karel no 1 se kind, Karel no 2 is die broer. Wie was die butler?

        Like

    2. HesterLeyNel Avatar

      Dalk moet jy die diagram ook plaas in jou blog sodat ons almal op dieselfde bladsy bly, want ek moet erken, ek krap by hierdie tyd al kop oor die verwantskappe. Gaan jy dalk in ‘n ou kasteel oorbly in Skotland? Dit sal mos nou net die regte atmosfeer skep om die verhaal voort te stu.

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Dit gaan wraggies heel opwinded en soos jy sê stu dit voort

        Liked by 1 person

    3. Toortsie Avatar

      Jy moet dalk die diagram vir ons wys.

      Like

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        Ek sal dit plaas…..

        Liked by 3 people

      2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Klink of Woordnoot een opgetrek het wat sy gaan wys. Ek kan dit doen as dit nodig is.

        Liked by 1 person

    4. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      KLara is beslis Josef en Charlotte se liefdeskind wat Josef en Sophie onwetend aangeneem het.

      Like

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        Jip….het dit ook so uitgefigure

        Liked by 1 person

  10. seegogga Avatar

    Liewe land ej het netnou al grdink ek san n diagram moet teken om te kan sien wie is wie. Oooo lekker storie vol geheimenisse en outydse swier!

    Like

    1. Positief Avatar

      Ek moet elke keer my diagram se strepies gaan skuif en nuwes bytrek. CSI kan by ons kom leer diagramme trek

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ek hou hiervan! Ek het self ook eers alles geplot en afgemerk wie en wat gebruik is en wat nog kort. Regte plotters, dis wat ons is.

        Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ons gaan beslis nog swier en baie plesier belewe.

      Like

  11. Positief Avatar

    Joh ek is ook deurmekaar nou, dalk is Karel Hardy nie mnr Hardy (die butler) nie, maar sy seun? Nuwe karakter?

    Liked by 1 person

    1. Kameel Avatar

      Dis ‘n interessante gedagte Positief!!! Miskien is Karel wel Charlotte se broer waarvan ons nou eers uitvind. Die geheim verdiep!!!

      Liked by 2 people

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis hy Karel Hardy die eerste en Karel Hardy die tweede!

      Liked by 1 person

  12. Kameel Avatar

    Liewe Moses…. of is dit nou Josef…wat gaan nog hier uitkom??? Wil jy my vertel Isabella met haar aansitterige maniertjies was ‘n prostituut???? En dan was daardie geraamtemeisie blykbaar in die kelder toegesluit. Ek kon nou nie help om te lag vir die prentjie van Hester en trawante wat op die kas sit en dié begin beweeg nie!!! Daardie spieëlgepratery is grillerig. Welgedaan Scrapy… die plaas doen jou muse goed.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, met die skryf het die uiteensetting wat ek gemaak het so verander dat die storie nou vir my kan rigting kry. Ou Isabella was n gesoute prostetuut madam, Arme Charlotte. Wie het Josef aangeneem? Klara natuurlik. Ons weet nog nie wie se geraamte dit is nie. En wie die moordenaar nie.

      Like

      1. Kameel Avatar

        Maar hoe het dit gekom dat Mnr Hardy op Eden ‘n butler geword het? Ons het gedog hy was Charlotte se pa. Klink of die man geld het 🤔 Nee wag, ek sal eers my kop hier bymekaar moet kry. Klara was Josef se dogter… en Thomas sy seun. Neeeee Scrapy ek sal vir my ook ‘n diagram moet teken. Dan weet ons nog steeds nie wie die liefdesbrief aan Leonard geskryf het nie. Ooooo ek sou nie ‘n goeie speurder uitmaak nie… my kop spin, en ek moet nog al die Engelse boeke lees.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Klara is aangenome dogter en Thomas ook. Sophie kon nie kinders hê nie. Leonard en Isabella is broer en suster en Josef is n halfbroer(dink ek, hang af wat ander uitvind) Isabella ken vir die butler omdat hy Charlotte se broer was nie haar pa nie??? Nou is my kop ook deurmekruis.

          Liked by 1 person

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Sophie en Leonard kan dalk gelifdes in die gheim wees. Butler is opsoek na sy suster se kind(Klara)

            Liked by 1 person

          2. Kameel Avatar

            O my liewe…. lag ek nou hardop vir jou deurmekruis kop!!! 😂😂😂😂 Hierdie storie spook met ons koppe 😂😂😂😂😋

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Hele nag wakker gelê en broei oor die Karel Hardy.

              Liked by 1 person

              1. Kameel Avatar

                Kry vir jou Scrapy…. jy het my gister heeldag aan die uitpluis gehad oor jou nuwe Karel karakter 😂😂😂😂

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Hopelik sal vannag beter gaan. Moes vandag 3 keer die wegloop skape terug jaag. Dit was koud want die was witvan die ryp vanoggend. Sneeu op hoër berge, brrrrr.

                  Liked by 1 person

                  1. Kameel Avatar

                    Ai jy pas behoorlik skape op!!! Hoop jy slaap lekker en vergeet van Karel en skape. Ek dog dis ook nou somer by julle?

                    Like

                    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Ja-nee ek tel hul nie snags nie ek doen die werklike bedags. Die boggers loop vreeslik rond! Gelukkig is my tyd hier amper verby. Daar is darem nog n week vakansie oor om uit te rus van al die rondhollery. Dit is veronderstel om somer te word maar daar kom nog niks van nie!

                      Liked by 1 person

          3. Toortsie Avatar

            Ek sal nou weer die hele storie moet lees met kommentare en al.

            Liked by 2 people

  13. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

    “Jou broer Karel Hardy gaan duur betaal omdat ek sy verwende rykmans suster moes” uithelp – is dit nou die butler Meneer Hardy se kinders hierdie?🤔

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis net Charlotte want sy is n Hardy en sy is die butler se suster wat n kind by Josef het.

      Like

      1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

        Maar ek dog ons het haar geboorte sertifikaat gekry wat wys sy is Hardy se dogter…ek het seker gedroom. 🙈

        Liked by 1 person

        1. perdebytjie Avatar

          Ek het ook gedink sy is Hardy se dogter. Dalk was sy ‘n laatlammetjie suster wat deur hom aangestel is om te help met ‘n komplot om Eden in hul hande te kry.

          Liked by 1 person

        2. Kameel Avatar

          Nee Vuurvliegie ons was almal daar toe die geboortesertifikaat gevind is. Hardy was definitief Charlotte se pa…. miskien het hy homself as Charlotte se ouer broer aan die mense van Eden voorgehou. Hy is dus Klara se oupa.

          Like

          1. Toortsie Avatar

            Is Charlotte Klara se ma?

            Liked by 1 person

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ja sy is, dis verseker.

              Liked by 1 person

          2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Hardy is Charlotte se van. Dit kan Karel Hardy I se kind wees en Karel Hardy II is Charlotte se broer. Nou kan iemand verder grawe om te sien wie die Butler is. Pa of broer!

            Liked by 1 person

  14. Toortsie Avatar

    Man, maar ek is opgewonde oor die juwele! Ek moet nou dadelik vars brode gaan bak sodat dit in Frannie se veilige bewaring kom vóór die pers hier opdaag.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja en ons sal dalk maar replikas moet laat maak want hierdie goedjies is BAIE werd en Die Adder sal beslis sy tong hier wil kom uitsteek of is dit insteek.

      Liked by 1 person

    2. Kameel Avatar

      Is jy nie nuuskierig oor wie se geraamte dit is nie Toorts? Broodjies en diamante ai jai jai!!!

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Stem nogal saam Kameel. Klink darem maar baie koud en sonder simpatie. Arme mens se geraamte wat daar in eensaamheid hang.

        Liked by 1 person

      2. Toortsie Avatar

        Is dit nie Charlotte s’n nie? Wat ek steeds nie kan verstaan nie, is dat die spook, Charlotte dan in KwaZulu Natal loop?

        Like

        1. Kameel Avatar

          O vaderland Toorts nou het jy my aan die lag. Ons sal hier so moet kophou. Ek dink nie die geraamte is Charlotte nie… maar ons sal hoor soos die storie aangaan.

          Liked by 1 person

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Ja-nee, wie se geraamte is dit?

            Liked by 1 person

        2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Is dit Charlotte sn? Kan ook Klara sn wees dan nie? Sy het dalk geweet wie haar Pa en Ma was met die kettinkie. Wie het dit gedoen? Isabella? Sophie? Klara? Selfs een van die manne? Hang af wie dit is. Spoke kan mos rondbeweeg.

          Liked by 2 people

    3. perdebytjie Avatar

      Jy sal groot brode moet bak…dis substansiële juwele daardie. Frannie sal ‘n groter mandjie nodig hê, miskien selfs ‘n trollie of broodwa.

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Haha, nou praat jy.

        Liked by 1 person

      2. Kameel Avatar

        Frannie gaan in haar noppies wees… nou kan sy nie meer bankrotskap voorhou nie!!!

        Liked by 3 people

      3. Toortsie Avatar

        Ek bak ek bak ek bak!

        Liked by 3 people

    4. HesterLeyNel Avatar

      Ditsem Toortsie. Ek het ook al begin bekommerd voel oor die pers se teenwoordigheid. En moenie eens praat van die polisie nie. Ek het nou die dag by die polisiekantoor verbygery en toe sien ek die lang maer man met die sersantstrepe op sy mou. Ek sal nou nie sweer nie, maar ek dink dis Sersant Gigaba. Van Toweropstal se bankroofdae? As hy ons erken, is ons tickets getjap. Hy sal weet hier is buit en hy sal wil deel.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Ai toggie tog, moenie sê ek moet al wéér nuwe resepte uitdink nie! 🥺

        Liked by 1 person

        1. HesterLeyNel Avatar

          Ag kom nou, erken nou maar – jy geniet dit om skeppend te wees met kos.

          Liked by 2 people

          1. Toortsie Avatar

            Verál as die Towerinne ter sprake is. Dalk moet ek ‘n kaaskoek omtower. Wat van Amarila likeur?

            Liked by 3 people

            1. HesterLeyNel Avatar

              Nou praat jy. Dis een van die min dranksoorte wat ek gebruik – oor my roomys.

              Liked by 3 people

              1. Toortsie Avatar

                Amarulukaaskoek

                Liked by 4 people

                1. HesterLeyNel Avatar

                  😀 Maak seker dis net kaas. Geen spinasie nie!

                  Liked by 2 people

                2. Tannie Frannie Avatar

                  Njam-njam – los die brode, Toortsie, ek wil koek eet!

                  Liked by 3 people

                  1. Toortsie Avatar

                    Kaaskoek! Met Amarila in! 😁👏🏻 Op die Towerinmanier! Ons het dit nodin ná al hierdie skokke.

                    Liked by 2 people

        2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Jy is mos vaardig genoeg. Super vaardig.

          Liked by 1 person

      2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ja-nee waar Broodina is is die polisie kort op haar hakke.

        Liked by 1 person

  15. perdebytjie Avatar

    Sjoe, Scrapy…voorwaar briljant gedoen! Ek hou veral van die effens bo-natuurlike idee van die gesprek in die handspieël.Pragtige foto’s wat ek geneem het, giegiegie! Die storie raak al hoe interessanter.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jy is goed met die kamera, haha. Net vanoggend hier op die plaas afgeneem. Hier is lekker ou goedjies wat mooi in storie inwerk. Stokou fotos teen die muur maar as ek dit afneem kom spook daardie Kiwi Voortrekkers by my.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.