Reënsnoer
Oom Paul Kruger se verjaardag, rysmiere wat skielik verskyn, die Piet-My-Vrou wat roep, die Bosveld visvanger se tjiep-tjirr, ‘n legio bygelowe gaan saam met die koms van die reën. Dis lekker, sulke vertellinge or bygelowe.
Kom ons relaas oor die stories rondom die koms van die reën en die seën wat dit vir ons bring. Die knoop lê in die gebruik van die volgende woorde in jou reënsnoer:
W00rde om te gebruik: Ontwaak, sfinks, duskant, oproerig, asvaal, astrant, eteries, swembad, gazania, paria, soepele, giet, impi, akwarellis, sege, gewag, arena, glim, eensaamheid, reënbui

Die vroeë dag ontwaak met die hetige son wat soos ‘n sfinks net duskant die horison reeds hang.
Die gevleugeldes is van vroeg af reeds oproerig omdat hul besef dit gaan weer ‘n riller van ‘n warm dag word. Alles is asvaal in die omgewing van die swembad. Die gazanias se koppe hang reeds na die warm soel nag. Hul lyk soos paria wat nie daar tuis hoort nie.
Astrant verskyn ‘n wolkie wat dit durf waag om voor die son in te skuif. Die wolkie bou op met soepele bewegings en word meer en meer.
Skielik is dit soos ‘n impi wat aangestorm kom. Die reënbui giet sy welkome water uit op die wagtende arena. Dit glim en skitter. Die eensaamheid van die wolkie het ‘n sege van water gebring in die verlate omgewing.
‘n Pragtige akwarellis waarna almal gesmag het.
Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/f64779e6a80c44bfb5baa671f2d5bcdf
Die uitdaging sluit Donderdag 16 Oktober 2109 om 12h00.
20 responses to “Woordsnoer: Reën-reën-waar-is-jy?”
Ek lees nou eersalmal se woordsnoere, ek is nog hier en daar onseker oor ‘n woord se betekenis.
LikeLike
Ek het ook maar bietjie gesukkel met die vreemdes. Daars een wat ek nie verstaan het nie toe los ek hom maar uit.
LikeLiked by 1 person
Baie mooi gesnoer, Ineke.
LikeLike
Dankie dit het lekker uitgewerk.
LikeLiked by 1 person
Welgedaan Scrapy. My kop wil nie die week snoer nie.
LikeLike
Dankie, hierdie een het nogal vinnig en maklik gekom.
LikeLiked by 1 person
Ode aan ‘n reënbui. Welgedaan, Scrapy.
LikeLike
Dankie, het sommer lekker geskryf. Gaan jy NANOWRIMO doen die jaar?
LikeLiked by 1 person
Ek knibbel nog. Ek het ingeskryf, maar my “prepping” het tot dusver uitgeloop op net mooi niks. Ek het weer te veel ysters in die vuur hier. Ek dink tog ek moet probeer – dalk verras ek myself.
LikeLike
Dis hoe dit verlede jaar met my gebeur het. Ek was verbaas oor alles wat ek gehad het om te kon skryf. Dis ook nie nodig om regtig n boek te skryf nie. Dit kan los stukke ook wees. Omdat jy nie edit nie werk dit lekker om sommer net los te laat en te skryf wat in jou kop kom.
LikeLiked by 1 person
Dis lekkerlees! Lekker on weer “astrant” te hoor; alles is mos deesdae “arrogant.”
LikeLike
En hoe! Astrant is n lekkerder woord arrogant klink so opdringerig.
LikeLike
Nogal, ja!
LikeLiked by 1 person
Mag hierdie wonderlike toneel sommer gou bewaarheid word hier by ons!
LikeLike
Ek hou ook duime vas daarvoor. Dis broodnodig.
LikeLiked by 1 person
Sal iewers vandag ook my woordsnoer probeer ryg…
LikeLike
Dis n lekker klompie woorde wat nogal n mooi storie vorm.
LikeLiked by 1 person
Mooi gesnoer oor die reënbui waarna ons hier in die bosveld smag. 💐
LikeLike
Dankie, Bosveld sit steeds in murg en been hier by my.
LikeLike
❤💐
LikeLike