Ek moes dit net “share”. Ek het self ook jare terug geleentheid gehad om een te sien nadat ek vir dae elke dag die spore gesien het wat die pad kruis. Een oggend was hy oppad na sy gat toe om te gaan slaap vir die dag toe ek hom gesien het.
Sjoe!!

Ek het meer as sestig jaar gewag vir hierdie dag. Toe gebeur dit op Woensdagmiddag 13 November 2019 in die Sabi-Sandreservaat…

Ongelukkig was sy kop in ‘n bos weggesteek, maar ek kon saggies oor sy skubbe streel..

en my verwonder aan die fluweelagtige tekstuur, al is dit hard…

Die skropmerke, waar hy pas tevore vir insekte gegrawe het, wys spore van skerp kloue…

‘n Ogie loer onder die bos uit na my en dalk besluit hy om homself in ‘n bolletjie op te rol…

Ietermagô (Pangolin) besluit hy wandel verder op sy etensuur…

So skaars soos hoendertande en wie moet ons bedank?

Die sotte wat handel dryf in hierdie onskuldige diere. Die skubbe wat hulle teen predatore moet beskerm, is ironies genoeg juis waarvoor hulle so meedoënloos gejag word…
Die skubbe word gebruik in tradisionele Asiese medisyne, veral in Sjina en Viëtnam. Daar word geglo dat dit sekere siektes kan genees. Die vleis is ook ‘n lekkerny en ornamente word gemaak van die skubbe. Die skubbe bestaan uit keratien, dieselfde stoffasie as naels en hare van die mens en besit geen medisinale waarde nie! Dis dieselfde as waarvan renosterhoring gemaak is…hoe dom en onnosel kan mense nog wees?
Die Ietermagô is die dier waarmee die meeste handel gedryf word en hulle getalle het onrusbarend afgeneem en hulle sal heel waarskynlik binnekort uitgewis wees!
My hart bloei vir hierdie onskuldige diertjies en dis seker die eerste en laaste keer wat ek die voorreg sal hê om een te sien.
Pragtig!! Wil sooo graag ene sien in die natuur.
LikeLike
Ek is regtig bevoreg gewees om ook een te kon sien toe die Bosveld om Potgietersrus nog onbewerk was. Het soggens vroeg voor sonop met honde gaan loop en gereeld op spore afgekom tot die oggend dat die outjie nog oppad huistoe was. Ook gereeld Duikertjies gesien. Self n ooi met n lam wat later wragtag gevang en afgeslag is en res netso daar bly lê het. Word sommer weer naar eas ek net daaraan dink. Was so oulik om die ma en lam te sien elke oggend.
LikeLike
Ek kry sewe stuipes as mense wat vleis het, jag en slag. Baie in Potties gekuier as kind, my Pa se oom het geboer by Roedtan.
LikeLike
Hierdie was iemand wat die arme ma in n strik gevang het. Aaklig gewees om dit te sien. Ja Roedtan is mos maar deel van Potties omgewing. KInders het van daaraf na Laerskool Potgietersrus gekom en in koshuis gebly. Heerlike ou dae.
LikeLike
Ek mis dit, het nog ‘n kleinneef wat daar boer. Was 1979 laas op die plaas.
LikeLike
Sjoe dis lank terug. Ek het tot 2009 nog in Potties gebly wat toe reeds baie agteruit gegaan het met droogte en oorbevolking.
LikeLike
Was rondom 1997 een dag daar verby maar g’n mens kon in die dorp stop nie. Ons het maar aangery Alldays toe sonder eetgoed. Voetgangers reg rondom die kar.
LikeLike
Ai jong dis n gemors. Ek het 1996 in biblioteek gewerk tot 2004. Juis in die tyd toe daar baie munisipalestakings en regstellende aksie plaasgevind het. Was 1980 Alldays toe vir my honeymoon! Het by my vriendin in Tolwe oorgebly en van daar Alldays en terug Louis Trichard. Heerlike rustge tyd gewees om daar rond te wees.
LikeLike
Ons het op ‘n plaas gaan slaap in ‘n jagtershut. Oornag cheetah op die dak. Die kankeragtige ou Labrador het op ‘n kol skerp getjank en was daarna skoonveld…….
LikeLike
Laat my dink aan toe ons in die Kruger Wildtuin met skoolkinders was. Ons het teen die grensdraad ons slaapsale gehad. n Hiëna het een van kinders se skoene wat naby deur was gegryp en weggehardloop. Dit was nogal n konsternasie. Nooit gedink dit kan gebeur in n kamp nie. Was pretoriuskop van alle plekke.
LikeLike
By Pretoriuskop het ek en my boetie rustig kamp-uit gestap een sononder. Mense het ons opgelaai en teruggeneem. By Letaba Ranch het ‘n hiëna een aand in een van my vriende se loopgraaf ingekom. En ons het twee cheetah in ‘n digte bos verras een oggend toe ons op patrollie uitbeweeg het.
LikeLiked by 1 person
Makeer hier ‘n kiekie dalk?
LikeLike
Gaan gou bietjie ondersoek instel!
LikeLike
👌
LikeLike
Het dit ingesit.!
LikeLiked by 1 person