Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/4225e6b64b13421fb9cce1662a75d805
Kersfeeswoordsnoer
Dit is kort voor Kersfees. Bea, haar Pappa en Mamma gaan Kersfees by Bea se ander Oupa en Ouma kuier. Daar is gereël dat die naby Ouma gaan kom voordat hulle ry.
Bea en Ouma sit en wonder…
“Ouma, storie bliefie, Ouma,” por Bea.
Mmmm, eendag was daar ‘n dogtertjie…..
“Nee, nee, nie was daar nie want daar is steeds ‘n dogtertjie, Ouma.”
“Raai wat?” begin Ouma weer.
“Wat, wat?”
Nee, toenou Sussa gee my ‘n kansie!
Verlede jaar net voor Kersfees het ‘n Pappa, Mamma, Ouma en ‘n klein dogtertjie…
“Dis ekke, nê Ouma?”
Ja, Liefie beslis jy. Nou ja…

Klein prinses Bea Bytjie het haar towerstaffie geswaai. Ons het almal met verstomming om ons gekyk. Dit het gelyk of die hemel geval het. Sterre het blink geskyn en ‘n reënboog van kleure hang oor ons.
Ons was in ‘n avontuur wêreld. Die drie honde kom deur die lug aangesweef. So hitte-titte vlieg hul ons onderstebo.
Bea Bytjie lanseer haarself en land blinkoog op Trompie se rug. Opgewonde vlieg die twee in die sitkamer rond.
Pappa probeer keer dat prinses Bea Bytjie nie afval nie. Bea spring af en sweef na Pappa wat haar met elke vangskoot raakvang. Sy skaterlag dat die trane oor haar wangetjies rol. Pappa, keer net heeltyd om nie om te val nie.
Pootuit, val Bea op die mat neer.
“Kom prinses Bea Bytjie swaai jou towerstaffie weer sodat ons na die Kersgeskenke kan kyk,”sê Mamma.
Bea swaai haar staffie en ons sit alger op die mat in afwagting om te sien wat die skatte gaan wees wat ons gaan kry.
Ouma vertel:”Ons is saam omdat ons lief is vir mekaar. Daarom gee ons met Kersfees ‘n klein geskenkie. Eintlik gaan dit oor die geboorte van ‘n kindjie wat ons lewens red met sy liefde. Omdat Hy ons so lief het wys ons ons dankbaarheid gedurende die Kersgety deur saam te wees met die mense waarvoor ons lief is.” Klakkeloos sit klein Bea en luister. Eendag gaan sy ook Kersfees ‘n hoogtepunt maak in haar lewe en van haar geliefdes.
Ons maak ons geskenkies oop. Bea se blink ogies is die hoogtepunt van die middag.
Pappa braai ‘n vleisie en voordat ons aansit het Pappa en Bea eers hul kersvader hoede opgesit. Ons het heerlik verder gekuier.
Ouma se hart was vol liefde en geluk om so saam met haar kinders en prinses Bea te kon wees.
Adorable picture
LikeLiked by 1 person
Dis so mooi en kleine Bea is ‘n ware prinsessie!
LikeLike
Dankie Perdebytjie n jaar later en sy is nou n dogtertjie wat wil dans die hele tyd.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n heerlike Kerstorie Ineke.
LikeLike
Dankie Hester, ek moes bietjie terugblaai na verlede jaar om die towerstaffie te kon gebruik.
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n pragtige storie en’n pragtige prinses Bea.
LikeLike
Dankie Toorts, sy het in die tussentyd al gegroei en ek dink hierdie keer sal sy n danseressie wees. Sy is mal oor dans.
LikeLiked by 1 person
Oe, dankie Scrapy. Bea se towerkuns daar in Kiwiland gaan sy plekkie in my storieboek vir Milamuis en Boeta kry. 🌻💝🤗
LikeLike
Baie dankie. Bly jy kan dit gebruik. Dis nou alweer n jaar later en prinses Bea is nou al n dogtertjie prinsessie.
LikeLike
💝🌻
LikeLike
Kosbare tye saam Scrapy. Geniet klein Bea met haar blink ogies terwyl hulle nog by ouma wil kuier en na stories luister. Lekker slaap.
LikeLike
Dankie Kameel. Dis nou n jaar later en die liefde word net meer en meer.
LikeLiked by 1 person
Mense skryf so lekker! Ek kom skaars by lees uit, gaan slaap soms halfses net om voor sewe al my tweede koffie deur te werk. Werk 7 dae van die week, anders as vakbondlede geen betaling, natuurlik. TYD is so kosbaar en tog probeer mens tussendeur LEWE. My mond is gesnoer.
LikeLike
Daardie tussendeur LEWE is ook belangrik, veral hierdie tyd van die jaar. Almal trap mekaar se tone en is opgewonde omdat alles te vinnig gaan. Sterkte vir jou!
LikeLike
Oorleef beteken doen wat jy moet. As jy keuses het…..
LikeLike
Jip, ek is met jou. Oorleef is beslis nie maklik nie.
LikeLike