Suster Tina praat mos van “tjommeltjies,” hierdie is sommer een!
Nadat ek Hester se stuk gelees het oor haar moegheid en die vlug na Rebusfontein vir die naweek het ek besluit om ook ‘n stuiwer in die Rebus beurs te gooi.
Ek mis ook die lekker gesellige verkeer so op FB met al sy dinge daar in ons spesiale kokon van totale “bliss” as ek dit so kan noem.
Vanoggend aan die einde van my oggend lopie gesels ek met my eende tannie(sy is heelwat jonger as ek) Hierdie jaar het sy dit reggekry om ses Paradise Ducks kleintjies groot te kry. Hul is op die oomblik opgeskote amper tieners. Hul vlieg nog nie regtig nie maar klap en sprei die vlerke om te toets vir die opstyg en wegvlieg. Dis heerlik om met so ‘n mens soos die eende tannie te gesels. Haar koppie raas ‘n bietjie maar dit pla my nie. Ek kuier bo-oor haar herhalings en sommige onwaarhede. Trompie, ewe rustig, lê in my skaduwee en wag dat ons verder kan loop.
Eintlik wou ek kla maar na die lekker kuiertjie het my gemoed weer opgestyg.
Ek het so n paar dae terug, nadat ek van my plaassittery gekom het, my een toon teen my bed se pootjie gestamp. Hoekom hul pootjies in die middel van die bed se sykant sit verstaan ek gladnie. Ewenwel, eers het ek nie veel gevoel tot ek my loop geloop het. My toon is gevoelig. By nadere ondersoek blyk dit dat ek die arme toon oopgestamp het. Gister sit ek toe n pleister op. Dis heel gevoelig en onplesierig om te loop met die ou toon.
Kry ek nou die dag ‘n brief in die pos wat my aanmaan om my bestuurslisensie te hernu. Ongelooflik, ek het die lisensie al tien jaar! Ek weet ook dat van 75 daar elke vyf jaar hernu moet word en dat mens ‘n dokters verslag moet indien. Wel, ek word hierdie jaar eers 74. Ek hoop toe dat ek dit nog kan doen sonder dr verslag(nie dat dit ‘n probleem is om een te kry nie) Ek vul die vorm in. Eers moes ek vir Bertus laat weet om my selfoon se no te stuur want dis ‘n nuwe foon en daar is nog geen kontaknommers op nie.
Eers moes ek in die wagkamertjie sit totdat iemand my kan help. Nou moet jul weet, die kamertjie is waar ouens sit en wag dat hul motors getoets word vir hul “Warrant of fitness.” What a smell! Of iemand het veel uie geëet of knoffel maar die klank in die kamertjie was oorweldigend.
Die dame roep my en vra vir my dr brief. Ek sê toe maar ek word nou eers 74. Goed, sy moes toe eers bel om te hoor wat sy moet doen. Raai wat? Sy hernu die lisensie net vir een jaar en dan volgende jaar moet ek weer aansoek doen en al die dokters goete ook laat doen. Dis nou bloeddruk, medikasie en wat ook al alles. Gelukkig toets hul jou oë sommer by die lisensiekantoor; volgende jaar moet dit ‘n behoorlike oogtoets wees.
Volgende klagte:
Van Donderdagaand af wil my Freeview nie werk nie. Alles probeer waarvan ek weet. Boeta gevra en hy het tipies soos dit is al die vrae gevra wat ek reeds probeer het. Sug, gelukkig kan ek darem Netflix kyk wat ek toe ook gisteraand gedoen het.
Die volgende maak my sielsongelukkig.
Ek het ‘n nuwe laptop. Die ding gee my elke keer probleme. Nes ek lekker op spoed is dan Whap hy uit. Soms moet ek ure wag voordat hy weer gefix is. Die error word telkens gefix. Nou wonder ek vir hoe lank dit so kan aanhou. Boeta het al kom kyk en weer kom kyk. Natuurlik brom hy oor goet wat ek aflaai. Ek weet in die heel begin het ek in my onnoselheid verkeerde plekke ingegaan(die gedurige advertensies wat hul so tussen al die goed gooi gee my grys hare) Boeta het alles skoon gemaak. Dit gaan steeds aan.
Die rekenaar maak my wiele pap. As ek ernstig besig is met my nuwe boekdeel dan kom daar telkens onderbrekings. Gelukkig sit dit my nie te veel af nie en begin ek telkens weer en gaan aan tot dit opbreek.
Dan het ek gister met my naaste buurman gesels. Hy het sy werk bedank en hul beplan om die huis te verkoop en Christchurch toe te trek. Goed, hul is meestal nooit tuis nie maar tog steeds ‘n aanspraak vir my. Ook in ‘n noodgeval het hul my al gehelp.
Nou ja, al uitweg is om maar bietjie weg te breek Rebusfontein toe vir die naweek.
Sal maar op my besem klim en begin vlieg want iemand het nooit die vuurpyl teruggestuur nie. Sal die vuurpyl maar langs die pad kry.
Sien jou daar Hester en wie ook al daar is. Hou asseblief ‘n bietjie sop vir my ook.
Groetnis van huis tot huis.
NS: Ek wou n foto plaas maar my nuwe foon se proppie is anders as my oue sn. Sal nou eers ‘n koord moet gaan koop. Kannie wen nie.
50 responses to “Afrikaanse Tokkel: Sommer ‘n tjommeltjie”
Klink vir my na regte egte “freerange” hoenders…maak net seker daar is geen rooi vere by nie, dit sal my Pasella wees. Sy maak deesdae hoenders na…
LikeLike
Haha, ja-nee. Het Pasella ook rooi vere? ek spot sommer. Hou van die “free range” idee, so dis almal se hoenders.
LikeLike
Sterkte Sus… Hoop jy kom gou agter die oorsaak van die probleem
LikeLike
Ag wat vat maar soos dit kom op die oomblik.
LikeLiked by 1 person
Hi Scrapy…ek is ook al n week op Rebusfontein. Ek belowe ek het jou vuurpyl teruggestuur nadat ek hom geleen het….op my ewife warige woord😂
LikeLike
Ag wat, is maar reg so. Sal bietjie ou Elon aan sy kort haartjies beetkry. Hy het hom seker vir iets anders gebruik(Nou lag ek sommer vir al die twak wat ons so skryf)
LikeLike
Ek wou fokus op die Camino, maar wonder nou of ek nie eerder maar Rebusfontein toe moet kom nie.
LikeLike
Ja wat neem n breek!
LikeLiked by 1 person
Ek wil! Regtig!
LikeLike
Dis nodig. Weet jy vandat ek hier in NZ gekom het het ek nog nie eenkeer werklik weggegaan vir my eie gesondheid of vir myself nie. Party dae is ek so moeg dat ek wens ek kan net regtig weggaan en net rustig wees om my liggaam en gees weer te laat rus en op te bou.
LikeLiked by 1 person
Ek is weer ‘n getroue vakansiehouer. 😁
LikeLike
Ek het ook gereeld regtig weggebreek maar hier is net nie diegeleentheid vir my as pensioenaris nie.
LikeLiked by 1 person
Dis so jammer.
LikeLike
Maak seker dai besem is in n goeie toestand en geniet dit…. die vlug en die kuier.
LikeLike
Ja, daardie besem is altyd reg as die vuurpyl nie werk nie. Ek het veilig gisternag aangeland en is nou vodde. Trompie is ook kapoet.
LikeLike
Scrapy, ek het vanoggend net ná drieuur wakker geword en gou hierdie bydrae gelees. Ek het voorwaar simpatie met al jou nuwejaarsprobleme, en nou moet jy nog besem ry ook van NZ af. En Trompie? Wat dink hy van die nuwe vervoermiddel? Wees bly jy hoef nie jou bestuurslisensie hier ter plaatse te vernuwe nie. Jy sal nie weet wat ‘n nagmerrie is totdat jy met hierdie burokrasie deurmekaar geraak het nie.
LikeLike
Nee wat, Trompie het sy eie besem. Ek moet hom steeds aan sy leiband saam trek anders kies hy ander pad agter wie weet wat ook al. Ons vlieg mos sommer hier oor die Suidpool reguit SA toe. Baie korter, ook baie kouer natuurlik. Trompie se baard staan sommer stokstyf geys. Kan goed glo dat die lesensie kry daar BAIE tydsaam is.
LikeLiked by 1 person
O, ek sien nou die vlieënde Schnauzer in my geestesoog! Towerinne vertel sulke lekker stories.
LikeLike
Ja, hy het hierdie outydse leer kopbeskerming/hoe op met donkerbril om sker lig en koue uit sy oe te hou.
LikeLiked by 1 person
Sweet! Dis jammer jy kan nie fotos neem terwyl jy vlieg nie 😂🤣
LikeLike
Nee jong die kamera vries. Wil nie my kamera breek nie!.
LikeLike
Ek is ook op Rebus, Scrapy, al vir ń week. En hier gaan ek bly.
LikeLike
Ag lekker man. Hoe meer siele hoe meer vreugde. Ek is juis besig om n dip te vang met al die goed wat nie behoorlik werk nie.
LikeLike
Rebusfontein sal ons uit ons dips kry, Scrapy.
LikeLike
Ek weet! Na my antwoorde voel ek alweer beter.
LikeLike
Vreemd nè, Scrapy. Vreemd hoe ons verbeeldings dorp vir so baie van ons ontvlugting bring.
LikeLike
Ja en dis so nodig om net weer alles in perspektief te kan sien na die tyd.
LikeLike
Ag Scrapy ons kruip lyk my almal Rebusfontein toe om weg te kom van die nuwe jaar en sy dinge. Wou nog vir jou laat weet Lorenzo het sommer een van jou hoenders geslag vir die sop. Jy kan lekker voete omhoog hier kom sit dat toon gesond kan word. Los laptop by die huis. Sterkte!!!
LikeLiked by 1 person
Fluister – Kameel! Is Scrapy se hoenders nie troeteldiere nie??? Nou laat jy sommer die aap so uit die mou. Siende dat Lorenzo nou in jou huis slaap, moet jy hom maar verdedig as sy hom wil vermorsel, hoor?
LikeLiked by 2 people
Oeeee, nou is daar dalk bietjie drama! En ek het juis so lekker aan die sop gesmul.
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie. Kameel moes toesig gehou het. Sy moet maar die vure blus ook. En ons later daarvan vertel.
LikeLike
🙈🙉🙊
LikeLiked by 1 person
Nee wat, wonder wie se kiepies dit in elke gaval is.
LikeLiked by 1 person
WEl jy kan dit maar geniet hoor. Vra bietjie vir Lorenzo wie se hoenders dit is. Beslis nie my ingevoerde hoenders nie.
LikeLike
Hoe de hoenders moes ek weet Scrapy is ook oppad Rebus toe, toe ek vir Lorenzo gesê het hy moet sommer daar ‘n hoender aan sy nek gryp en slag. Scrapy se toon is seer… miskien gaan sy nie rondloop en hoenders tel nie… hulle breek hoeka deur haar heining en loop in Rebus se strate rond. Ek is nou moeg hoenders elke laat middag terugjaag hok toe. 😂😂😂😂 Ai, ek sien die prentjie. Ek lief Rebus en sy mense.
LikeLiked by 1 person
Ha, dis Lorenzo se werk om hul terug te jaag. Ek het vrede met die hoenders. Trompie sal hul gou n les of twee leer om weg te bly uit my tuin uit.
LikeLiked by 1 person
😂🤣 ryke verdeeldings. Ek geniet die kommentaar soms meer as die skrywe.
LikeLiked by 1 person
Dit is so… voel na ‘n lekker geselskap 😊
LikeLiked by 2 people
Dis vir my ook terapie om die stories agter die stories te lees.
LikeLiked by 1 person
Hehe, uitgevang. Juis verduidelik dis nie regtig my hoenders nie en as hul in die straat wil loop kan enige een hul maar persent kry.
LikeLiked by 1 person
Ek sal hulle eet, moenie stres nie. Hulle het mos nie name nie.
LikeLiked by 1 person
Naamloos is vir my ook goed genoeg.
LikeLiked by 1 person
Ja, dit sal darem te arig wees as mens in die pot kyk en sien daar lê “Sareltjie: my ou hanskuikentjie wat ek met die hand grootgemaak het”.
LikeLike
Haha. Ons het n hen met naam van Ogies gehad omdat sy net een oog gehad het. Toot probeer om saam met ons i die huis in te gaan. Dink net hier kyk sy met een oog uit die pot uit! Nou le ek soos ek lag!
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Ai toggie, nou vetel jy my, n hoender? Ek glo nie dis my hoenders nie. Moet Lorenzo wees wat hul daar in my tuin aanhou. Trompie en hoenders is nie groot vriende nie. Hy hou van die jaagery agter hul aan. Snaaks dat ons so saam aan hoebders dink. Ek het juis gister n ekstra sukkie aangelas by my laerskool jare toe ek die eerste keer n geslagte hoender gesien en geruik het. Nooit weer gebeur om dit te aanskou na dit nie.
LikeLiked by 1 person
Dis seker omdat ons almal bietjie de hoenders in voel op hierdie oomblik. Dis hoekom ons maak vir Rebusfontein. 😂😂😂😂 Dat Lorenzo nou ‘n hoenderboerdery op jou erf begin het!!! Oh my goodness, hierdie Rebusfontein begin al werkliker voel.
LikeLiked by 1 person
En hier gebruik Kameel toe die spreekwoord wat ek in gedagte gehad het. Ek was so bang Scrapy is nou die hoenders in!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig toe nie…. dis nie haar hoenders nie 😂😂😂😂 Nou wie die hoenders het dié spreekwoord uitgedink…. en hoekom hoenders?
LikeLiked by 2 people
Nee wat hoenders maak my nie die hoenders in soos stout kinders nie.
LikeLiked by 1 person