Lekkervurig het weereens ‘n Woordsnoer uitgedink. Daar is 25 woorde wat gebruik kan word en jy kan een van die vier fotos wat sy gegee het gebruik as inspirasie.

ONTSNAPPING
Die leed in haar lewe het gemaak dat sy afstand gedoen het van hoe en wat sy eintlik werklik was.
Vroeër was daar vrede in haar hart en sy kon ongebonde naby haar mense wees. Met haar geliefdes naby haar het sy ruimte vir almal in haar hart gehad.
Toe verskyn hy uit die skaduwee. Hy deurtrap haar drumpel.Hy wen dadelik haar hart wat net n skuiwergat was om sy absurde idees te volmaak.
In die begin het sy hom klakkeloos ondersteun en gevolg. Hy was ‘n inspirasie vir haar om hoër te reik na die vreemde eise wat hy begin stel het. Dit was soos ‘n warrel reëntjie wat saggies die blomme in die tuin verfris. Sy koester elke oomblik totdat hy haar brand met sy eise. Hy breek haar vrouwees en menswees in klein flentertjies en strooi dit weg in die verskiet.
Sy maak die laaikas oop om ‘n einde te maak. Dis nie daar nie! Sy loop weg en skep moed om die kamer in te gaan.
Alles maal in haar kop. Die helper sien hoe haar gesig skielik straal. Almal in die saal hef ‘n bedevaartslied aan. Die geneeskrag van geloof en vertroue het weereens die oorhand gekry oor die bose.
Wil jy saam woordsnoer?So maak mens :
Kies ‘n foto uit die vier hierbo wat tot jou spreek. Gebruik al 25 trefwoorde om ‘n blog oor die foto te skrywe.
Mik vir 500 woorde, die eerste 25 het jy al! 😉
Skryf dan jou blog. Maak seker om die trefwoorde in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!https://fresh.inlinkz.com/party/d3edc1aa7b804e1594646c7cfc7945bfLekker saam speel.Hierdie uitdaging sluit op 29 Februarie 2020 – skrikkeldag.
29 responses to “Woordsnoer 1/2020: Swart op wit”
Dis pragtig Scrapy…en so agterossie geluk met jou verjaarsdag! Mag die nuwe jaar se seën soos strome oor jou reën!
LikeLike
Dankie woordnoot bly jy hou van my snoer en ook dankie vir mooi wense.
LikeLike
Hierdie is puik Inneke
LikeLike
Baie dankie, Abrie! Waardeer jou mooi woorde.
LikeLiked by 1 person
Ek epos vir jou ‘n huisgenoot storie wat jou ook sal laat wonder
LikeLike
Welgedaan
LikeLike
Dankie.
LikeLike
Dankie, nog nie gekry nie.
LikeLiked by 1 person
Oeps …
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n kragtoer. En jy vertel jou Afrikaans roes. Jy snoer met taalryke ervaring.💝👌
LikeLike
Baie dankie Vliegie, waardeer jou mooi woorde.
LikeLike
Skitterende skrywe, Scrapy!
LikeLike
Dankie Una vir jou mooi woorde.
LikeLike
Lovely writing, Ineke😸Pawkisses for a Happy Sunday for you and Trompie too. Hope he’s feeling better🐾😽💞
LikeLike
Thanks for your kind words. Trompie is much better, Have a lovely week you two sweet people(one human one animal)Love you both.
LikeLiked by 1 person
Baie goed geskryf. Dog jy skryf my storie, net die einde is nie heeltemal dieselfde nie.
LikeLike
Dankie Bondels. Wys wat ondervinding kan doen. Sou ook die einde so wou beleef.
LikeLike
Wekgedaan Scrapy. Ek het nog nie eens gedink hoe ek hierdie snoer moet aanpak nie.
LikeLike
Dankie Hester, dit het sommer net gebeur. Ondervinding help natuurlik oom om dit werklik te laat klink.
LikeLiked by 1 person
Dis so mooi.
LikeLike
Dankie Toortsie bly jy dink so.
LikeLike
Sjoe, fantasties geskryf!Jy kan maar, Ineke!
LikeLike
Baie dankie vir jou mooi woorde Dina. Ek waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n pragtige skrywe Scrapy.
LikeLike
Dankie bly jy dink so. Jy maak my dag. Was wat gedoe kan word as jy op n low is!
LikeLiked by 1 person
Het jou muse padgevat of is jy emosioneel op laagtepunt. Ek voel vanoggend baie huilerig… sommer die blues vir geen besonderse rede nie. Gister het die wind ons weggejaag en dit was koud.. dog daar kom ‘n hewige storm. Vandag skyn die son en dis windstil.
LikeLike
Emosioneel. Saterdag verjaar en omstandighede was maar bietjie hartseer. Bea het egter my dag gemaak deur Vir my happy birthday to Ouma gesing wat n ligpunt was. Was goed begeesterd toe ek stuk geskryf het.
LikeLiked by 1 person
Nou hoe het ek nie eers geweet jy verjaar nie? So jy is ook ‘n Februarie girl!!! Jammer ek het jou nie op die dag geluk gewens nie, maar mag jy God se goedheid en guns in oorvloed beleef in die jaar wat voorlê Ineke.
LikeLike
Baie dankie Lana vir jou mooi wense.
LikeLiked by 1 person