Bloguitdaging: Vier jou lewe en kom vertel


Hester daag uit:

“Vier vandag jou lewe en kom vertel ons hoe jy dit gedoen het,” het sy gesê. Hierdie bloguitdaging is gerig deur een van die sterk, moedige vroue wat ek in Blogland ontmoet het. Sy weet hoe om die lewe se laagtepunte die hoof te bied en hoe om die hoogtepunte te vier.

Vier die lewe?

Hierdie bloguitdaging het my tussen die oë geklits. Met ‘n dowwe plof het ek gaan sit. Wat moet of kan ek vertel?

Die swart brak sit reeds vir my en loer die afgelope paar dae, eintlik die hele week al.  Hoekom hy my telkens moet kom verpes weet ek nie. 

Ek kon nie die Bloginskrywing van ‘n goeie blogger lees omdat ek nie die wagwoord ken nie. Vanoggend lees ek toe Hester se blog en ek slaan my hande saam uit verwondering hoe sy die lewe, nie net leef nie maar, uitleef in volle krag en blydskap.

Ek wil graag my lewe vier maar op die oomblik is dit half negatief. Februarie is ‘n moeilike maand met baie herinneringe; mooi, goeies en ook slegteres. 

Hierdie jaar het ek besluit om my negatiewe invloede te vermy, wat natuurlik baie moeilik is. Ek sit juis nou op my eie met al die gedagtes en kannie wegkom daarvan nie. 

My werksomstandighede is baie negatief. Daar is gedurig wrywing omdat daar nie werklike riglyne is van hoe ons moet werk nie. Ek is ‘n ou wat van orde hou, en ook van kennis van wat gedoen moet word. Dis asof die omstandighede onder my uit hardloop. Doen ek dit soos ons dit in die verlede gedoen het word dit sommer verander sonder om my te laat weet. Nou is ek die verkeerde een.

Gelukkig kan ek myself goed besig hou met allerhande dinge hetsy skryfwerk, fotografie of loop met Trompie. Dit kalmeer my.
Op hierdie stadium het ek verkeerde gedagtes in my kop wat ek sal moet verban. Ek loop met Trompie vanoggend en dink toe dit sal goed wees as ‘n bus my raakry sodat ek nie verder hoef te bekommer oor dinge waaraan ek niks kan doen nie.

Gelukkig het my beskermengel vinnig op my skouer kom sit en gesê:

“Die busse ry nie op Sondag nie. Daar is geen moontlikheid dat dit gaan gebeur nie.”

My gemoed het sommer opgelig namate ek verder loop.  Ek het selfs aangeklop by die outjie wat verlede jaar by my gebly het. Kannie glo hy en sy gesin is al ‘n jaar hier nie.  

Ek mis my “ou” lewe in Suid-Afrika. Die lekker kuiers en gesels oor n koppie tee. Die Scrapbook dames wat my beste vriendinne geword het. Ook die maandelikse VLU vergaderinge waar daar uitdagings was om te kon doen.

Nou moet ek darem byvoeg, ek het niks om oor te kla om hier te wees nie. Ek het vriendinne maar, dis nie in my eie taal en kultuur nie. Dis moeilik as mens ouer is om aan te pas by nuwe dinge en omgewings. 

My lewe het baie om te vier. My gesondheid is goed in vergelyking met baie my ouderdom. Ek het Trompie wat my lees soos n boek. Dan, wat belangrik is, het ek my seun wat vir my die wêreld beteken en ook klein Bea wat ook my lewe ophelder.  Ek het ‘n dak oor my kop, al voel ek bedreig en onseker van die toekoms en wat dit kan oplewer.

Belangrike is dat ek eintlik baie het om voor dankbaar te wees. Nou hoekom moet daar gedurig ‘n swaard oor my kop wees en ‘n swart brak wat my wil verorber?

Party dae weet ek net nie hoe om die lewe ten volle te vier met plesier nie.

19 thoughts on “Bloguitdaging: Vier jou lewe en kom vertel

  1. Liefste Ineke, jy bly vir my ‘n voorbeeld en ‘n rolmodel! Mag die werksomstandighede verbeter – want ek weet daardie kinders het jou liefdevolle, moederlike dissipline baie nodig!

    Like

  2. Ai Ineke, dit moet swaar wees om altyd so ‘n donker wolk om jou te hê. Ek het dit nooit voorheen ondervind nie, net die laaste ruk begin “af” voel en ek sukkel om daaroor te kom. Sterkte.

    Like

  3. Liewe Scrapy, die feit dat jy al soveel overcome het en steeds jou beste gee is ‘n celebration op sigself.
    Kan jy asb weer vir my fotos van jou Teompie stuur, die laptop waarop daardie fotos was het in sy kenori in gebreek en ek kan dit nie terug kry nie. Ek wil nou graag daaraan werk maar kan nie uit my kop nie. Groot seblief

    Like

        1. Thanks, ek voel gelukkig al beter noudat ek weer helderder dink. Gaan more die negatiwieteit met my leier bespreek en kyk of daar ook iets aan gedoen kan word. Ek wen my vreeslik op as daar so dubbelsinnig opgetree word.

          Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.