Maandag 23/03/2020
3 pm. Nuus:
“All none essential places shut down. Schools close as from tomorrow, only essential staff children can still go; full lock-down Wednesday evening. Alert level 3 is full-on. After 48 hours we move to alert level 4.”
Ek skram al die hele naweek weg om oor die dinge te skryf wat besig is om hier te ontvou. Nou voel ek ek kan daaroor skryf
Ek sit voor die venster en kyk uit op al die bedrywighede. Dis tyd vir skool om uit te kom. Kinders word opgelaai. Dit reën, daar word koue verwag vir vannag.
Vandag, 23 Maart 2020, is ‘n dag om te onthou. Ek het Vrydag al vir Trompie ‘n afspraak gemaak sodat sy blaassteentjies uitgewas kan word. Min wetende wat alles gaan gebeur rondom ons.
Saterdag “Alert Level one” aangekondig. Alle persone bo 70 moet tuis in afsondering bly. Ook mense met long probleme. My hoof bel Saterdag middag om te bevestig dat ek nie moet skooltoe kon nie aangesien dit ingestel is. Hy sou Maandag oopsluit en dan verder met sekretaresse beraadslaag oor watter opsies daar vir my is.
Sondag gaan verby. Ek voel heel ongerus. Met tye wil die idee my oorweldig en dan moet ek weer positief wees en my aandag bepaal by ander dinge. Tog skuif my gedagtes gereeld terug na: Hoe nou gemaak? Gelukkig het ek my maandelikse voorskrif hernu en Vrydag gekry. Die griep inenting-stof is nog nie by dr en apteek nie.
Toe ek ingaan om my voorskrif te kry Vrydag, kon mens net een-een ingaan. Daar was ‘n dame wat vra hoekom, en of ek in aanraking met mense van oorsee was. (Wat in werklikheid waar was!) Ek kon gelukkig my voorskrif kry en dit by apteek ingee.
Nou, terwyl ek sit en na buite kyk na die gewoel van mense en motors, voel ek hartseer dat dit so ver moes kom. Daar is altyd mense wat onverantwoordelik optree en wat hul nie vir twee weke afgesonder het nie.
Ek het vanoggend(23e) vroeg Trompie veearts toe gevat. Hul het eers 8 uur oopgemaak i p v 7:30am. Ek het gedink om brood en melk te koop terwyl daar nie veel mense is nie. Ongelukkig werk dit toe nie so nie. “Countdown” maak eers 9am oop ipv 7am. Geen kar of mens in sig nie. By “Pack and Save” was dit ‘n ander storie. Al die parkeerplekke is vol. Daars nie ‘n kat se kans om in te gaan sonder om met ander in aanraking te kom nie. Ek gaan toe maar huistoe sonder brood en melk.
Ek praat oor en weer met Bertus oor bestellings wat gestuur moet word. Hy werk van die huis af en sal dit met etenstyd kom kry om te pos. Ek moes vir hom ‘n lysie gee van iets wat ek nodig het. Ek het dit toe nie gedoen nie want ek is redelik ingeburger. Ek het na ons plaaslike melkery gegaan en gelukkig ‘n brood en melk kon koop. Ek het geloop omdat ek die beweging en vars lug nodig het. Ons mag darem buite loop al is ons in afsondering.
Trompie is weer veilig by die huis. Hul het toe nie sy blaas uitgespuit nie. Net antibiotika gegee om te kyk of die bloed in sy urine opklaar(Wat steeds nog nie skoon is nie). Hul het nog ‘n X-straal geneem en die dr kon nie regtig gruis sien nie alhoewel sy in selfde asem beweer daar is n afsaksel van een of ander iets in die blaas.
Sal nou maar weer verder kyk en sien wat die toekoms oplewer.
Wat baie spesiaal is, is dat van die ouers van die skool my kontak om te hoor of ek nie iets nodig het nie.
Dit dan in n neutedop wat hier in New Zealand aan die gang is. Gelukkig nog geen sterfte nie maar die verspreiding beweeg met rasse skrede voorentoe.