COVID 19  my dag 23

15 April 2020.

Die skole begin vandag met hul aanlyn klasse. Nou mis ek sommer almal.

Ek verknies my egter oor die omstandighede waarin ek my op die oomblik bevind.

Gaan ek weer kan werk? Gaan ek weer kan lekker vroeg opstaan om met n lied in my hart skooltoe te ry om die skool oop te sluit; alarm af te skakel; seker te maak of alles in orde is.

Nee wat, net die idee dat dit moontlik nie weer gaan gebeur nie maak my morbied. 

Ek staar nou eers by die venster uit. Geen siel in sig nie. Hier waar ek voor my skootrekenaar sit kan ek ‘n ogie hou oor mense wat die afsondering omseil. So vyf huise van my af is ‘n ou wat motors “warm” maak. Vreemde ouens besoek hom nog steeds en hy staan heerlik buite by die ouens se motors en praat of klim selfs in die kar om te gesels. Dan is daar drie huise van my af ‘n outjie wat ‘n regte tor is. Die boonste hare is gebleik, gekartel en staan wild op sy kop. Hy is so maer soos ‘n kraai en rook ook hierdie anderse pypie wat hul kastig gebruik om af te kom van rook af. Sy kar is opgewarm, dit het ‘n uitlaatpyp soos groot en rond soos ‘n swart driepoot pappotjie. En die lawaai! Mens hoor hom die spreekwoordelike myle vêr. Hy werk in die supermark en vertrek ses uur soggens en land weer aan so teen drie uur die middag.

Ek is ‘n roetine vraat. My daaglikse bewegings word deur tyd bepaal. My lewe lank wou of moes ek betyds dinge doen. Ek moet ook weet wat verwag word sodat ek dit stiptelik kan navolg.

Met hierdie opsluiting het ek my leefwyse moes verander. Vroeg-oggend opstaan en met Trompie loop is afgewater na maklik ‘n uur en ‘n half later. Ek word steeds gewone tyd wakker, draai om en slaap of probeer nog bietjie slaap. Meestal ontaard die ekstra uur se lêery in gedromery wat skrik vir niks. As ek dan wakker word vreet die rumatiek my in my rug en heup.

My oggend loop gee my meestal baie plesier. Ek drink die vars lug in(geen verkeer wat verby jaag nie) Asem diep in en uit. In die tussentyd lees Trompie al die vreemde briewe van honde wat nooit in hierdie omgewing vir lopies gaan nie. Hy lees dit met gevoel, met tye is dit ‘n geklappery van tande en lêkkery(dan weet die ou Mies dis ‘n hupse teef). Dan word die antwoorde drupsgewys gegee want sien, daar moet genoeg skryfstof wees tot op die einde. Ergste is dat baie van hierdie hondelopers nie die honde se ontlasting optel nie. Sommige honde gebruik die loopvlak omdat hul nie ‘n kansie kry om af van die paadjie te gaan nie. Dis wreed. Hoe sal dit wees as ‘n hond sy baas laat loop en nie vir hom kans gee om homself te ontlaai nie? 

Wat ook vir my lekker van die lopies is, is dat ek op ‘n afstand darem met ou bekendes kan gesels. Gister kom ek juis ‘n onderwyseres teë wat oppad is om die berg uit te klim(wat eintlik nie veronderstel is om te gebeur nie) Ons het toe ‘n lekker gesels gehad hoe ons voel en wat ons doen en wat gedoen gaan word. Dit het my sommer weer moed gegee vir die dag.

So is daar tog elke dag iets wat positief is. 

6 April het ek ingeskryf vir ‘n uitdaging van 14 dae om ‘n kortverhaal te skryf. Dit kan tot 5000 woorde hê waarvan ek net 2400 woorde gebruik het. Ek het gister my kortverhaal klaar geskryf. Nou wag ek om dit vir die proefleser te gee. Op die tabel van hoe dit voel en lyk kry ek ‘n 80% wat vir my nie te sleg lyk nie.  

Voor ek vergeet, ek het gisteraand darem Bea se trui se een mou klaar gebrei. Nou nog mou twee en die “hoody” en dan vaswerk. 

Siedaar, dis waar, amper klaar.

Volgende is ‘n babatruitjie wat ek wil hekel vir nuwe sussie. 

My kwiltmateriaal is amper uitgesorteer, dan kan ek ‘n baba kwilt beplan en ook miskien een vir Bea se bed as dit sou wees. Sodra die bokant gedoen is kan ek, net as alles weer oop is, dit laat kwilt. Ek kwilt nie groot stukke self nie. My laaste “Mystery quilt” moet ook nog omrand word asook my poppie-kwilt wat omrand moet word. Ek sien uit om die poppiekwilt op my bed te gebruik. Ek het die materiaal, dit moet net voltooi word. 

Sjoe nou is ek sommer begeesterd.

Dankie Hester vir die uitdaging! Ek het nie gedink ek sou so baie kwytraak nie.

Hester vra:

Hoe hanteer julle die inperking op hierdie stadium? Vertel asseblief aan watter versoekings julle toegee / graag sal wil toegee / nie toegee nie.

Haak aan by InLinkz: https://fresh.inlinkz.com/p/04e671f9d8b94903a1ce4383c6e79454

ggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.


28 responses to “COVD 19 dag 23”

  1. Una Avatar

    Jy is stil, Ineke. Als reg?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Als reg sover dit kan. Die alleen wees druk my met tye bietjie onder maar steeds het elke dag sy besondere dinge opgelewer. Ek lees nie blogs nie want alles ontstel my as ek so van alles lees. Dis maar selfbeskerming ook. Mis als met tye maar sal weer inhaal sodra daar weer meer rigting is. Ek sit ook met die hantering van omstandighede as ek nie terug werk toe gaan nie. Gaan n helse verandering wees. Nou het ek eers genoeg gekla. Dankie vir jou belangstelling en ondersteuning.

      Like

  2. Bondelsgedagtes Avatar

    Scrappy ek mis jou. Onthou fotos soek as jy verveeld raak…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het nou redelik opgeruim en behoort nou n punt te maak om dit te stuur. Ek het hul op my een stiffie ontdek. Hoe gaan dit met jou so op jou eie?

      Like

      1. Bondelsgedagtes Avatar

        Ek het laas naweek deur gery familie toe in Pretoria. Teveel nagtelike besoekers op die plaas gehad. So ek is nie nou alleen nie. Gaan goed. Hoe Gaan dit met jou

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis baie goed om te weet jy is nie meer daar alleen nie. Jong alles gaan redelik goed hier. So alleen is maar n storie maar tog probeer almal positief bly. My hoof het tweekeer gereel dat ons aanlyn bietjie gesels. Hy’t my ook gister gebel wat ek waardeer maar ek het n gevoel dat ek moontlik nie weer sal teruggaan nie. Dis vir my nogal half ongemaklik om daaraan te dink. Kom tyd kom raad. Sal maar sien wat ons PM Maandag afkondig. Veilig bly en sterkte

          Like

          1. Bondelsgedagtes Avatar

            Ai ek is jammer. Hier het lockdown ook inkomste gestop so ek verstaan. Sterkte daar

            Liked by 1 person

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Dankie. Ons sal daar oor kom ook!

              Like

  3. Tannie Frannie Avatar

    Ai, hoe lekker het ek nou saam met jou en Trompie gaan stap! Daar was ‘n plan dat ek in Julie by my boetie-hulle in Auckland sou gaan kuier het – ek het so gehoop dat ons op die een of ander manier regtig saam sou kon teedrink…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis nou iets om na uit te sien as dit sou wees dat jy hierheen kom. Ek was nog nooit in Auckland nie. Julle kan ook n kuiertjie hier in Wellington kom maak. Hier is genoeg blyplek. Het jy die kuier uitgestel of gaan jy nie meer kom nie? Ek weet dis n moeilike besluit en vraag.

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Net uitgestel, deo volente… Ek mis my boetie en sy mense baie erg!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ag mensig, dis goed om te hoor. Dan maak ons sommer n lekker plan. Glo goed dat jy verlang. Ek mis my twee susters baie. Ek was altyd die vredemakers omdat hul nie langs dieselfde vuur gesit het nie. Nou vryf hul mekaar maar op sonder my tussentredes. Tog hoor ek steeds van al die dingetjies.

          Liked by 1 person

  4. Kameel Avatar

    Kan nie by jou kers vashou nie… jy is gans te fluks. Lyk my ek bekommer my verniet oor jou, jy doen goed.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong, dis maar die buitekant van Scrapy, die binnekant lyk totaal onrustig en angstig.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar

        Hoop daar kom spoedig vrede en kalmte Scrapy ❤

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja wat, ek geniet party dae om die ou swart brak op sy plek te sit.

          Liked by 1 person

  5. Una Avatar

    Jy doen goed, Ineke, so op jou eie. Ek het nou heerlik saam met jou in jou omgewing rondgestap.

    Like

  6. de Wets Wild Avatar

    Sterkte, Ineke. Ek glo jy gaan met vlieende vaandels deur hierdie krisis kom.

    Like

    1. HesterLeyNel Avatar

      Ek het nou heerlik saam met jou en Trompie geloop. Jou beskrywing van sy brief lees/skrywery is skreeusnaaks. Hier in ons kompleks is daar ook mense wat kom en gaan asof hulle net besig is om vakansie te hou. Niks gepla met die virus nie. Tot wanneer geld julle inperking nog, Ineke?

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ons sypaadjies word al vuiler en vuiler. Sommige los selfs hul sakkies met poo langs die paadjie. Ons vier weke is komende Woensdag verby. Maandag gaan ons PM verduidelik of ons een stap kan terug werk om sommige besighede weer aan die gang te kry. Dis steeds streng afsondering en kinders moet steeds tuis bly. Hul wil wel probeer om die 29e skooltyd begin.

        Liked by 1 person

        1. HesterLeyNel Avatar

          Ek het ‘n gevoel dat hierdie ding nog baie maande gaan voortsleep.

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Veral by julle en US is dit n onbegonne taak om dit te stop. Omdat ons so min mense is gaan dit redelik goed. Net 8 nuwe positiewe gevall vandag terwyl die hoogste dink ek 84 was. Daar is egter nog twee dood. Nou elf sterftes en wat hartseer is is dat dit ouetehuis mense is. Ouer mense het nie daardie imuunsisteem meer om dit teen te werk nie.

            Liked by 1 person

            1. HesterLeyNel Avatar

              Ja, en so iets versprei ook nog vinnig in ‘n institusie soos ‘n ouetehuis (net soos in ‘n hospitaal) omdat die personeel so beweeg tussen die inwoners.

              Like

              1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                Ja, hul het juis die versorgings huis se mees fragile ouens hospitaal toe gestuur omdat hul nie kon byhou nie. Daar is toe van personeel wat ook positief getoets is en onder afsondering is.

                Liked by 1 person

                1. HesterLeyNel Avatar

                  Eish! Hier by ons is (toevallig) al drie hospitale waar ek al was vir mediese sorg, toegemaak omdat die virus daar uitgebreek het – een in Durban, een in Toti en een in Port shepstone. Ek gaan voorlopig probeer om weg te bly van hospitale af.

                  Like

                  1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                    Dis gladnie goed nie. Gelukkig is alles hier nog reg vir n instromping.

                    Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Dries, party dae moet ek myself regruk om weer posetief te bly.

      Liked by 1 person

Leave a reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.