Die Towerinne en Coronamouna Hoofstuk Vyf


Hier volg die vyfde hoofstuk van die bloguitdaging: Die storie oor die Towerinne en Coronamouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9

Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te skryf.

NB!Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is:

https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Hoofstuk 5

28/05/2020

Whoopy-whoo! Trompman ons gaan Rebusfontyn toe! Daar is groot nood.

Ek moet nou eers vir Porky ‘n Whattsapp stuur sodat hy kan regmaak vir die rit. Hy het gelukkig sy vaderlike pligte mooi nagekom en twee pragtige dogters groot gemaak. 

Ongelukkig kon ons nie vanoggend al vertrek nie want die lansering van die ruimtetuig is geaborteer laas nag. Sal nou maar weer op ons eie Elon Musk se knoppie druk om vinnig ‘n draai hier te maak. 

Ons is reg vir die rit sodra die lig groen word hier. Ek het sommer ons honde “robot” Kosie en ‘n “drone” ingepak om te help soek en uit te vind wat aangaan met Una en haar nat voetspore. 

Kosie hou mense weg van mekaar en spioeneer op mense wat oortree. Hy help ook om skape aan te jaag. Arme skaaphonde gaan nou met die virus ding uit werk uit loop.

31/05/2020

Wel, Elon het toe ‘n vuurpyl gestuur om ons op te pik terwyl hy moes wag vir Space X se vuurpyl om te vlieg.

Alles het goed gegaan met die vlug om die aardbol. Ek kon al die brandende geboue in VSA sien toe ek daar verby gespoed het. 

Aangeland, het ek gou my goedjies in my karavaan huisie gebêre en met al my “ekstras” wat ek saamgebring het gou by Frannie gaan aanmeld sodat ons ‘n plan kan uitwerk om Una te verlos uit haar ellende. 

Porkie en Trompie was heel opgewonde om al die dierasies en mense weer te sien. Kosie my nuwe byvoegsel het ewe vinnig die trappe uitgeklim en dadelik vir Toortsie en Seegogga gesê: “Jul sit te naby aan mekaar.”

 Vir Bondels betig hy: ”Hou op om so baie jêmtertjies gelyk op jou bordjie te sit.” 

Laaste kom dit: “Ek ruik Doom, ek ruik doom!”

Ek moes eers gou die kontrole afskakel want hy kon nie ophou na Doom kyk nie. So asof hy ‘n bondel skape wil aanjaag.

Nadat die diere hul bevindings aan ons bekend gemaak het stel ek voor:

“Wat dink julle daarvan dat ons eers vir Porkie uitstuur om te gaan verken. Hy sal gou weet waar die klomp spinnekoppe is.”

Almal praat gelyk: “Goeie plan… maak so… “

Porkie kies dadelik koers, en swoosh uit by die venster.

“Iets waaraan ek nou sit en dink. Die brandende fakkels en Doom saam kan mos ‘n hengse ontploffing gee as ons die Doom naby vlamme spuit?”

Oooo, aaaaa, kom dit weer van almal. 

Sonell haak af: “Ek sal voor loop met my fakkel. Wie volg my?”

Toortsie: “Ek gaan laaste, gril steeds vir daardie slymtong wat Una gelek het. Frannie skink my nog n knertsie jong.” 

Positief:”Ek soek ok nog ‘n slukkie, Bytjie, is jy reg om die spinnekoppe te vang en hul in ‘n blik te gooi?”

“Ek stel voor ons laat Kosie en Porkie heel voor loop met al die ander dierevriende in gelit asof hul sommer net rondsnuffel. Ons volg dan stilletjies in hul spore?” Stel Scrapy voor.

Whoosh, kom Porkie ingejaag deur die venster. 

Ringo tolk gou wat Porkie gesien het: 

Daar is ‘n hele spul spinnekoppe wat heerlik partytjie hou in die grot agter die Herehuis soos ons gedink het. Hul het ‘n groot vuur gemaak en Una is teen die een muur vasgespin in ‘n kokon. Sy het nog gelewe want sy het vir my geknipoog. Ek het my poot vir haar opgehou om te wys dat ons oppad is. Met die, sien een groot spinnekop my wat lyk soos die leier en ek moes vinnig padgee.

Porkie het ook die blou Uno van Brodina gesien dis in die bosse geparkeer agter die houthuisie.

Hester spring op: “Voorwaarts, mars!”

Ons deel op in twees. Een met ‘n fakkel en die tweede een met die Doom. 

Doom mag net in die uiterste noodgeval gebruik word. Bytjie gaan eers probeer om so veel as moontlik spinnekoppe te vang. 

Toortsie en Seegogga vorm die agterhoede.

Toortsie gaan haar oë en ore moet oophou want sy gaan hoofstuk 6 vir ons doen.

50 thoughts on “Die Towerinne en Coronamouna Hoofstuk Vyf

  1. Nou hoekom het Porky nie sommer die spinnekoppe opgevreet terwyl hy daar was nie? Uile is mos vleisvreters? Of dalk kan Kosie hulle remote control dood-zap. Ek is nog steeds nie gelukkig oor die feit dat ek nou Corona-spinnekoppe moet liefhê nie. Puik geskryf Scrapy.

    Liked by 1 person

  2. Ugh! Dis een van daardie moeilike paaie wat ‘n mens soms moet loop, al wil jy nie, maar met Una in gevaar sal ons hom loop. Een vir almal en almal vir een. Hier gaan ons.

    Like

  3. Ek is voor met my fakkel. Wie is my doom maatjie? Ons sal moet sinkroniseer as ons die doom en fakkel wil kombineer wanneer ons ‘n spinnekop teëkom. Wil nie ‘n lickdown beleef nie.

    Of dalk is hierdie spinnekoppe vriendelik en soek hulle eintlik net Towerin leiers? Hou Una aan as gevangene om ons na hul toe te lok? Dink net hoe lekker rit dit op so groot dierasie se rug kan wees. 🤔

    Like

  4. Julle kook! Julle weet natuurlik hoe verder mens se naam op die lys is hoe moeiliker is dit om kop te hou! Scrapy….jy het goed gedink met Kosie. Wonder ook net of daai knip oog nie dalk iets probeer sein het nie….

    Liked by 1 person

  5. Ek lag vir jou wat die VSA sien brand. Bring sommer bietjie nuus in ook 😂😂😂 Kyk as julle met robotmannetjies begin is ek verlore. Net so erg soos wiskunde!!! Jy het omtrent ‘n verbeelding Scrapy. Welgedaan!!!

    Liked by 2 people

      1. Dan het jy ‘n baie besige brein!!! Ek sal nie omgee vir ‘n robothuishulp wat ALLES kan doen nie (tot my man bad en aantrek.) Maar ek bly vêr weg van out of space goed… die wêreld is deurmekaar genoeg. Of wil jy juis van hier af ontsnap Scrapy???? Moet nou nie net verdwyn nie hoor!!! 🤔

        Like

        1. Jong hier is n stofsuier robot wat sommer op sy eie stofsuig as jy nie tuis is nie. Weet nie van daardie een wat help bad of aantrek nie, haha! Nee nee, ek geniet my vryheid noudat ek nie werk nie. Eks nou soos: maak of jy mal is en doen alles!

          Liked by 1 person

      1. O jinne, sê nou net hierdie is robotagtige spinnerasies… en julle loop in ‘n lokval in. Hoekom sou Una knipoog, het sy morse-kode probeer praat? Toorts moet vir Porkey weeer ondervra, net nou het sy ‘n leidraad gegee. Daai blerrie Broodina, het sy die skakelaar wat die spinnekoppe aktiveer en vir Kosie de-aktiveer? O jinne, ek gaan met ‘n lawe lappie eers net lê…..

        Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.