Hier volg die vyfde hoofstuk van die bloguitdaging: Die storie oor die Towerinne en Coronamouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9

Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te skryf.

NB!Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is:

https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Hoofstuk 5

28/05/2020

Whoopy-whoo! Trompman ons gaan Rebusfontyn toe! Daar is groot nood.

Ek moet nou eers vir Porky ‘n Whattsapp stuur sodat hy kan regmaak vir die rit. Hy het gelukkig sy vaderlike pligte mooi nagekom en twee pragtige dogters groot gemaak. 

Ongelukkig kon ons nie vanoggend al vertrek nie want die lansering van die ruimtetuig is geaborteer laas nag. Sal nou maar weer op ons eie Elon Musk se knoppie druk om vinnig ‘n draai hier te maak. 

Ons is reg vir die rit sodra die lig groen word hier. Ek het sommer ons honde “robot” Kosie en ‘n “drone” ingepak om te help soek en uit te vind wat aangaan met Una en haar nat voetspore. 

Kosie hou mense weg van mekaar en spioeneer op mense wat oortree. Hy help ook om skape aan te jaag. Arme skaaphonde gaan nou met die virus ding uit werk uit loop.

31/05/2020

Wel, Elon het toe ‘n vuurpyl gestuur om ons op te pik terwyl hy moes wag vir Space X se vuurpyl om te vlieg.

Alles het goed gegaan met die vlug om die aardbol. Ek kon al die brandende geboue in VSA sien toe ek daar verby gespoed het. 

Aangeland, het ek gou my goedjies in my karavaan huisie gebêre en met al my “ekstras” wat ek saamgebring het gou by Frannie gaan aanmeld sodat ons ‘n plan kan uitwerk om Una te verlos uit haar ellende. 

Porkie en Trompie was heel opgewonde om al die dierasies en mense weer te sien. Kosie my nuwe byvoegsel het ewe vinnig die trappe uitgeklim en dadelik vir Toortsie en Seegogga gesê: “Jul sit te naby aan mekaar.”

 Vir Bondels betig hy: ”Hou op om so baie jêmtertjies gelyk op jou bordjie te sit.” 

Laaste kom dit: “Ek ruik Doom, ek ruik doom!”

Ek moes eers gou die kontrole afskakel want hy kon nie ophou na Doom kyk nie. So asof hy ‘n bondel skape wil aanjaag.

Nadat die diere hul bevindings aan ons bekend gemaak het stel ek voor:

“Wat dink julle daarvan dat ons eers vir Porkie uitstuur om te gaan verken. Hy sal gou weet waar die klomp spinnekoppe is.”

Almal praat gelyk: “Goeie plan… maak so… “

Porkie kies dadelik koers, en swoosh uit by die venster.

“Iets waaraan ek nou sit en dink. Die brandende fakkels en Doom saam kan mos ‘n hengse ontploffing gee as ons die Doom naby vlamme spuit?”

Oooo, aaaaa, kom dit weer van almal. 

Sonell haak af: “Ek sal voor loop met my fakkel. Wie volg my?”

Toortsie: “Ek gaan laaste, gril steeds vir daardie slymtong wat Una gelek het. Frannie skink my nog n knertsie jong.” 

Positief:”Ek soek ok nog ‘n slukkie, Bytjie, is jy reg om die spinnekoppe te vang en hul in ‘n blik te gooi?”

“Ek stel voor ons laat Kosie en Porkie heel voor loop met al die ander dierevriende in gelit asof hul sommer net rondsnuffel. Ons volg dan stilletjies in hul spore?” Stel Scrapy voor.

Whoosh, kom Porkie ingejaag deur die venster. 

Ringo tolk gou wat Porkie gesien het: 

Daar is ‘n hele spul spinnekoppe wat heerlik partytjie hou in die grot agter die Herehuis soos ons gedink het. Hul het ‘n groot vuur gemaak en Una is teen die een muur vasgespin in ‘n kokon. Sy het nog gelewe want sy het vir my geknipoog. Ek het my poot vir haar opgehou om te wys dat ons oppad is. Met die, sien een groot spinnekop my wat lyk soos die leier en ek moes vinnig padgee.

Porkie het ook die blou Uno van Brodina gesien dis in die bosse geparkeer agter die houthuisie.

Hester spring op: “Voorwaarts, mars!”

Ons deel op in twees. Een met ‘n fakkel en die tweede een met die Doom. 

Doom mag net in die uiterste noodgeval gebruik word. Bytjie gaan eers probeer om so veel as moontlik spinnekoppe te vang. 

Toortsie en Seegogga vorm die agterhoede.

Toortsie gaan haar oë en ore moet oophou want sy gaan hoofstuk 6 vir ons doen.


50 responses to “Die Towerinne en Coronamouna Hoofstuk Vyf”

  1. perdebytjie Avatar

    Kosie is te oulik! Hy gaan beslis handig te pas kom. Scrapy, jy het ‘n heerlike verbeelding!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie perdebytjie. Hul het Kosie gebruik om die polisie te help met mense wat nie hul afstande hou nie. Mense was heel skrikkerig vir hom. Selfs die aanjaag van die skape is n groot sukses.

      Liked by 1 person

  2. Bondelsgedagtes Avatar

    Klink vir my of n paar te diep in die witblits ingevaar het. Puik gedink Scrapy, I like!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Bondels, ons sal bietjie n ogie moet hou oor die witblits. Gelukkig is die polisie nie meer in die omgewing nie.

      Like

      1. Bondelsgedagtes Avatar

        Janee ons kan nie dat ons maats by die bottel vashak nie. Hulle is dapperder as dit, hier sal plan gemaak moet word

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Hul is op oomblik te dapper. Vertrou nie daardie uitbundigheid waarmee hul hier rondbeweeg nie.

          Like

          1. Bondelsgedagtes Avatar

            Ek ook nie…

            Liked by 1 person

  3. Die Towerinne en Caronamouna Hoofstuk 6 – toortsie.com Avatar

    […] in die rots by die poeletjie by die houthuisie in die bos. Dis rots waar die spinnekoppe woon. Soos Porkie kom verslaggee het. Porkie vlieg vooruit om vir ons die pad te wys. Ek loop heel agter. Trap wye […]

    Like

  4. seegogga Avatar

    Eken Tshootshi isch agte om djulle te bescherm ee te bescherm! Osch loop albei mt 4 scpore. Toortsh shal huna rŕred!!!onsh issie bangie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Gesien jul bewegings en pratery gaan ons nog in die moeilikheid bring as jul nie kan soetjies beweeg nie! Ek’s seker daardie spinnekoppe kan jul geblitste asems van ver af ruik!

      Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel Avatar

    Nou hoekom het Porky nie sommer die spinnekoppe opgevreet terwyl hy daar was nie? Uile is mos vleisvreters? Of dalk kan Kosie hulle remote control dood-zap. Ek is nog steeds nie gelukkig oor die feit dat ek nou Corona-spinnekoppe moet liefhê nie. Puik geskryf Scrapy.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Hester, Porkie eet nie blik spinnekoppe nie, So ek dink daar is beslis iets vreemds aan die gang.

      Liked by 1 person

  6. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag lieflik geskryf. Ek is steeds baie veilig. Hou van die robotte.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jy het dit geniet. Lekker om n klomp twak te skryf. Hierdie robot is in werking by ons en mense is nie mal oor hom nie. Polisie patrolleer strate met hom!

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        O my jitte, ek sal maar versigtig wees vir die robot.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Baie uitgesproke en n karakter op sy eie.

          Liked by 1 person

  7. Toortsie Avatar

    Ugh! Dis een van daardie moeilike paaie wat ‘n mens soms moet loop, al wil jy nie, maar met Una in gevaar sal ons hom loop. Een vir almal en almal vir een. Hier gaan ons.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      REg Toortsie laat ons beweeg en hoop vir die beste. Una het lank genoeg daar opgekokon gesit of gehang.

      Liked by 1 person

  8. sonell Avatar

    Ek is voor met my fakkel. Wie is my doom maatjie? Ons sal moet sinkroniseer as ons die doom en fakkel wil kombineer wanneer ons ‘n spinnekop teëkom. Wil nie ‘n lickdown beleef nie.

    Of dalk is hierdie spinnekoppe vriendelik en soek hulle eintlik net Towerin leiers? Hou Una aan as gevangene om ons na hul toe te lok? Dink net hoe lekker rit dit op so groot dierasie se rug kan wees. 🤔

    Like

    1. Toortsie Avatar

      Klink soos ‘n lokval.

      Liked by 2 people

      1. sonell Avatar

        ‘n Lokval om maats te kan hê? 😃

        Liked by 2 people

        1. Toortsie Avatar

          Ek is nie seker nie. 😁

          Liked by 2 people

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee wat sonell daardie rit gaan beslis steeds slymerig wees. Hou maar eers verby.

      Liked by 1 person

  9. Una Avatar

    Ek is teen ń muur vas ge-kokon. Cool.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      O nê! Cool? Jy sal op einde wens dat dit nie met jou gebeur nie. Daardie spinnekoppe gaan nog feesvier met jou(of dalk ons almal)

      Like

  10. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Julle kook! Julle weet natuurlik hoe verder mens se naam op die lys is hoe moeiliker is dit om kop te hou! Scrapy….jy het goed gedink met Kosie. Wonder ook net of daai knip oog nie dalk iets probeer sein het nie….

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sal beslis ou Porkie verder moet ondervra!

      Like

  11. Kameel Avatar

    Ek lag vir jou wat die VSA sien brand. Bring sommer bietjie nuus in ook 😂😂😂 Kyk as julle met robotmannetjies begin is ek verlore. Net so erg soos wiskunde!!! Jy het omtrent ‘n verbeelding Scrapy. Welgedaan!!!

    Liked by 2 people

    1. Una Avatar

      Janee Kameel, ons bloggers wat lief is vir nuus, sal nie so ń kans deur hul vingers laat glip nie.

      Liked by 3 people

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Kameel, dit was n flare-up van wat als in my brein aangaan.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar

        Dan het jy ‘n baie besige brein!!! Ek sal nie omgee vir ‘n robothuishulp wat ALLES kan doen nie (tot my man bad en aantrek.) Maar ek bly vêr weg van out of space goed… die wêreld is deurmekaar genoeg. Of wil jy juis van hier af ontsnap Scrapy???? Moet nou nie net verdwyn nie hoor!!! 🤔

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Jong hier is n stofsuier robot wat sommer op sy eie stofsuig as jy nie tuis is nie. Weet nie van daardie een wat help bad of aantrek nie, haha! Nee nee, ek geniet my vryheid noudat ek nie werk nie. Eks nou soos: maak of jy mal is en doen alles!

          Liked by 1 person

  12. Positief Avatar

    Toortsie klink nie meer lekker nie, sy sleep klaar haar tong van al die witblits, hoop sy kan darem nog skryf

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het ook so agtergekom. Sy gaan in sirkels loop as sy nie oppas nie.

      Liked by 1 person

    2. Toortsie Avatar

      Shy ish sho hoog sjoiosh kan kommm

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Haha, vier rye spore deur die bosse suster!

        Liked by 1 person

        1. Toortsie Avatar

          Intussen trap ek oral spinnekoppe dood van wyd loop.

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Haha beslis. Trap hulle hoor!

            Like

  13. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

    Ek hou van Kosie….oulik Scrapy. Bly ek toeskouer tot dusver aan hierdie avontuur. Mooi loop met daai fakkels….vasbyt Una, vasbyt.

    Liked by 4 people

    1. Positief Avatar

      Jy weet mos, die super-hero kom altyd laaste na vore om die dag te red

      Liked by 3 people

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Kosie is baie voor op die wa as dit kom by bevele gee. HY gaan daardie sponnekoppe n paar lesse leer want hy sal niks voel as hul hom byt nie.

      Liked by 1 person

      1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

        O jinne, sê nou net hierdie is robotagtige spinnerasies… en julle loop in ‘n lokval in. Hoekom sou Una knipoog, het sy morse-kode probeer praat? Toorts moet vir Porkey weeer ondervra, net nou het sy ‘n leidraad gegee. Daai blerrie Broodina, het sy die skakelaar wat die spinnekoppe aktiveer en vir Kosie de-aktiveer? O jinne, ek gaan met ‘n lawe lappie eers net lê…..

        Liked by 2 people

        1. Toortsie Avatar

          Genade Vuurvliegie. Jy maak my bang. Jy moet maak dat jy hier kom!

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Stem, Vliegie jou vuur en vliegie kan beslis n groot hulp wees.

            Liked by 1 person

        2. HesterLeyNel Avatar

          En hoekom is Vuurvliegie nie in Rebusfontein nie? Ons moet almal saamwerk – gooi neer daai lappie en kom.

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Stem saam kom, kom, kom Vuurvliegie y kannie net daar op n afstand onder n lappie sit nie!

            Liked by 1 person

        3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Vrae, vrae en nogmaals vrae. Wat gaan ons doen?

          Like

    3. Dr Christa van Staden Avatar

      Ek ook, maar met die spinnekoppe is ek heel dankbaar.

      Like

Leave a reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.