Hoe dit gekom het dat ek betrokke geraak het in ‘n misdaad en nog vele meer.


Daar word ‘n week terug gevra hoe ek die status van towerin gekry het. Wat ‘n vraag?

https://www.hesterleynel.co.za/2020/06/25/hoe-het-jy-die-status-van-toerin-bereik/

Hoe dit gekom het dat ek betrokke geraak het in ‘n misdaad?

Kameel het wraggies weer die baan geopen met ‘n uitdaging aan almal wat deel geneem het aan verhale wat ‘n mens se asem skoon wegslaan.

2015 begin ek, wat Scrapy is, met ‘n uitdaging “Toeka-Tokkel”.

Hier ontmoet ek vir Toortsie en Kameel, Tannie Frannie en ook Net ekke(Hester). Daar het gereeld nuwes by gekom en weer weggeraak. Vir twee jaar Tokkel ons elke week. Einde 2016 besluit ek om eers ‘n breek te maak en op te hou. Hester besluit toe ons kannie sonder n Afrikaanse uitdaging gaan nie, en sy begin haar “Lê-jou eier” en dis waar al die lekker voluit begin het in 2018 met Abrie wat vir Kameel ‘n brein”golf” gee om ‘n misdaad storie te begin. 

04/02/2018:

Met vergunning van Abrie Joubert. Toweropstal.

https://abriejoubert.wordpress.com/2018/02/04/die-perfekte-misdaad/

Abrie gryp die aas en begin die “Volmaakte misdaad” met ‘n goeie inleiding wat almal aangryp. Dit ontwikkel in ‘n hele oor en weer gehardloop en hope opwinding met almal wat ‘n stuk moet byvoeg.

My deel was eers om ‘n spookstorie te skryf en dis waar Oom Paul Kruger en Oom Piet Joubert in die grot verskyn. Hul vertel lekker stories oor hoe, waar en wat gebeur het. 

Almal woeker met hul hoofstukke.

24/022018:

Hester laat weet ons boek is geskryf en gedruk! “Toweropstal” het juigend die lig gesien.

Daarna het ons nog ‘n boek saamgestel met behulp van Vuurvliegie.

Avonture vir Afrika volg:

Giggel-groen-bus, op einde ons eie Rebusfontein waar ons skuil as die lewe te hard druk. Ons ondersteun en bemoedig mekaar. Ons dans en kuier. Ons hou sirkus en nog veel meer. Die laaste het ons ‘n hele spinnekopagtige virus die nekslag toegedien. En nog is dit het einde niet!

NS. Lees hier die ander Towerinne se towerin-word stories:

https://fresh.inlinkz.com/p/a0c98db4df894be6921458c62165d987

32 thoughts on “Hoe dit gekom het dat ek betrokke geraak het in ‘n misdaad en nog vele meer.

  1. Ag Scrapy, jy met jou ruimte verbeelding het soveel bygedra tot die lekker van ons stories. So bly ek het my poskaartvriendin deur behulp van die kuberruimte ontmoet. Lief jou ❤

    Like

  2. Scrapy, ek het altyd Toeka Tokkel gelees, maar was te bang om self deel te neem.
    Jy was nog altyd vir my ‘n inspirasie, omdat jy so goed skryf.
    Jou humorsin en jou skepping van die Muskvuurpyl en jou uiltjie, het baie bygedra om ons stories so interessant te maak.

    Like

  3. Met net drie ouer boeties in die huis het ek eintlik baie alleen grootgeword. Dis hoekom dit so lekker was om mense te ontdek saam met wie ek so lekker kan speel. Dis hoe ek by Toeka-Tokkel aangesluit het.

    Liked by 1 person

  4. Dankie Scrapy…..jy het visie gehad maar het jy ooit in jou wildste drome gedroom dat hierdie so ver sou gaan draai?

    Like

  5. Ek is tog net te bly dat ek jou deur ons stories beter kon leer ken, Scrapy. Jou towerin eend staan steeds op my Bali kas en wag.

    Like

      1. Inneke jou toeka tokkel was mos eerste. Kameel het mos nie uitdagings gedoen of het sy voor my tyd. Ek het lekker daaraan deelgeneem. Ek het jou ontmoet in ‘n post van Kameel nadat sy oor jou grot uitdaging geskryf het. Hierdie was my eerste grot bydrae

        Like

        1. Ja ek het vir twee jaar ge Toeka-Tokkel totdat my idees eers opgedroog het. Kameel was maar altyd so aan en af heel beskeie met haar deelname. Sy was nog deel van Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie(van wie ek nooit iets gelees het nie) Was n lekker ondervinding veral met ons twee se vanne wat so lekker ingeskakel het by die Kruger-miljoene.

          Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.