Hoe dit gekom het dat ek betrokke geraak het in ‘n misdaad en nog vele meer.


Daar word ‘n week terug gevra hoe ek die status van towerin gekry het. Wat ‘n vraag?

https://www.hesterleynel.co.za/2020/06/25/hoe-het-jy-die-status-van-toerin-bereik/

Hoe dit gekom het dat ek betrokke geraak het in ‘n misdaad?

Kameel het wraggies weer die baan geopen met ‘n uitdaging aan almal wat deel geneem het aan verhale wat ‘n mens se asem skoon wegslaan.

2015 begin ek, wat Scrapy is, met ‘n uitdaging “Toeka-Tokkel”.

Hier ontmoet ek vir Toortsie en Kameel, Tannie Frannie en ook Net ekke(Hester). Daar het gereeld nuwes by gekom en weer weggeraak. Vir twee jaar Tokkel ons elke week. Einde 2016 besluit ek om eers ‘n breek te maak en op te hou. Hester besluit toe ons kannie sonder n Afrikaanse uitdaging gaan nie, en sy begin haar “Lê-jou eier” en dis waar al die lekker voluit begin het in 2018 met Abrie wat vir Kameel ‘n brein”golf” gee om ‘n misdaad storie te begin. 

04/02/2018:

Met vergunning van Abrie Joubert. Toweropstal.

https://abriejoubert.wordpress.com/2018/02/04/die-perfekte-misdaad/

Abrie gryp die aas en begin die “Volmaakte misdaad” met ‘n goeie inleiding wat almal aangryp. Dit ontwikkel in ‘n hele oor en weer gehardloop en hope opwinding met almal wat ‘n stuk moet byvoeg.

My deel was eers om ‘n spookstorie te skryf en dis waar Oom Paul Kruger en Oom Piet Joubert in die grot verskyn. Hul vertel lekker stories oor hoe, waar en wat gebeur het. 

Almal woeker met hul hoofstukke.

24/022018:

Hester laat weet ons boek is geskryf en gedruk! “Toweropstal” het juigend die lig gesien.

Daarna het ons nog ‘n boek saamgestel met behulp van Vuurvliegie.

Avonture vir Afrika volg:

Giggel-groen-bus, op einde ons eie Rebusfontein waar ons skuil as die lewe te hard druk. Ons ondersteun en bemoedig mekaar. Ons dans en kuier. Ons hou sirkus en nog veel meer. Die laaste het ons ‘n hele spinnekopagtige virus die nekslag toegedien. En nog is dit het einde niet!

NS. Lees hier die ander Towerinne se towerin-word stories:

https://fresh.inlinkz.com/p/a0c98db4df894be6921458c62165d987

Advertisement

32 responses to “Hoe dit gekom het dat ek betrokke geraak het in ‘n misdaad en nog vele meer.”

  1. Tannie Frannie Avatar

    Dis altyd so lekker as jy kommentaar lewer en dit blom oop in ‘n volbloed-kuiersessie! Jy en jou sus Tina is onlosmaaklik deel van my bloglewe.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ai Frannie ek kan ook nie sonder jou vertellings en liefde gaan nie. Jy is baie spesiaal en ek kuier so lekker saam met jou.

      Liked by 1 person

  2. Kameel Avatar

    Ag Scrapy, jy met jou ruimte verbeelding het soveel bygedra tot die lekker van ons stories. So bly ek het my poskaartvriendin deur behulp van die kuberruimte ontmoet. Lief jou ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy is ook een van my regte egte spesiale vriendinne. AS ek so ry en die skoonheid sien dink ek telkens aan jou wat sê ek bly in n poskaart wat, so waar as vet, waar is,

      Liked by 1 person

  3. perdebytjie Avatar

    Scrapy, ek het altyd Toeka Tokkel gelees, maar was te bang om self deel te neem.
    Jy was nog altyd vir my ‘n inspirasie, omdat jy so goed skryf.
    Jou humorsin en jou skepping van die Muskvuurpyl en jou uiltjie, het baie bygedra om ons stories so interessant te maak.

    Like

    1. Abrie Joubert Avatar

      Dina ek het hoeveel keer probeer dat Tina (Rondomtaliedraai) en Scrappy se suster, maar sy het net altyd beweer sy kan nie skryf nie

      Liked by 1 person

      1. perdebytjie Avatar

        So het ons maar almal ons onsekerhede en geite.🤣

        Liked by 1 person

      2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ja-nee wat die suster van my het n goeie verbeelding as jy tog net wou neerskryf wat sy weet en dink.

        Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ag dankie Bytjie, jy is self n groot inspirasie met jou mooi fotos en dan is jy nog heel vindingryk ook as dit op die plek kom waar daar druk op jou geplaas is. Jy het my lewe ook baie verryk hier in die vreemde.

      Liked by 1 person

      1. perdebytjie Avatar

        Dankie vir jou mooi woorde, Ineke.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Lief jou en jy is gedurig in my gedagtes en in my hart.

          Liked by 2 people

  4. HesterLeyNel Avatar

    Met net drie ouer boeties in die huis het ek eintlik baie alleen grootgeword. Dis hoekom dit so lekker was om mense te ontdek saam met wie ek so lekker kan speel. Dis hoe ek by Toeka-Tokkel aangesluit het.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mooi man en baie lekker.

      Liked by 1 person

  5. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Dankie Scrapy…..jy het visie gehad maar het jy ooit in jou wildste drome gedroom dat hierdie so ver sou gaan draai?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee dit gaan my verstand te bowe dat ons almal so vindingryk is as dit kom by planne maak en oplossings vind.

      Like

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        Dit wys jou net hoe honger almal is om realiteit te ontsnap

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis waar. Dit gee tog eintlik baie plesier om sommer net die dinge so op te maak soos dit kom.

          Liked by 1 person

          1. woordnoot Avatar
            woordnoot

            Absoluut…

            Liked by 2 people

  6. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag Scrapy, hoe lekker het ek nou daaraan gelees. So jy is een van die stigterslede? Ek moes so kon raai.

    Like

    1. Abrie Joubert Avatar

      Sy is inderdaad

      Liked by 2 people

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, jy maak my dag- stigterslid klink nie sleg nie!

      Liked by 1 person

  7. Una Avatar

    Ek is tog net te bly dat ek jou deur ons stories beter kon leer ken, Scrapy. Jou towerin eend staan steeds op my Bali kas en wag.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek ook. Ek het amper vir my n eend hier gekoop. Daar was op n stadium mooi eende maar ai die prys was bietjie te veel vir n arme werklose bejaarde, haha.

      Like

  8. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

    So jy is die oorspronklike uitdager😉🤗

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Eintlik by Kameel begin en was no 2 as ek so onthou nadat ons volstoom weggetrek het met die inleiding ens.

      Like

      1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

        Birds of a feather, flock together.

        Like

      2. Abrie Joubert Avatar

        Inneke jou toeka tokkel was mos eerste. Kameel het mos nie uitdagings gedoen of het sy voor my tyd. Ek het lekker daaraan deelgeneem. Ek het jou ontmoet in ‘n post van Kameel nadat sy oor jou grot uitdaging geskryf het. Hierdie was my eerste grot bydrae

        Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Aha nou onthou ek van die kango grotte storie! Joe dis amper eeue gelede. Jy het baie interessant stories geskryf.(Eintlik nog steeds.)

            Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja ek het vir twee jaar ge Toeka-Tokkel totdat my idees eers opgedroog het. Kameel was maar altyd so aan en af heel beskeie met haar deelname. Sy was nog deel van Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie(van wie ek nooit iets gelees het nie) Was n lekker ondervinding veral met ons twee se vanne wat so lekker ingeskakel het by die Kruger-miljoene.

          Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: