Liewe leser, hierdie hoofstuk vorm deel van ‘n bloguitdaging waarin die Goue Vroue van Rebusfontein uitgedaag word om ‘n vervolgverhaal te skryf waarin ons items op mekaar se emmerskoplysies uitleef. Soos gewoonlik, is een of meer van die res van ons karakters in die vervolgverhaal. Elke hoofstuk word afgesluit met ‘n emmerskoplysie en ‘n spesifieke vrou word uitgedaag om die verhaal verder te vertel …
Jy kan dus ten minste 13 hoofstukke verwag. Die res van die verhale kan hier gelees word, onthou om gereeld terug te kom om nuwes te lees. Dit is ‘n werk in wording …
https://fresh.inlinkz.com/p/901334e664234152a8107aad817a73bb.
No 12
Ek, wat Scrapy is, sal nou vinnig moet toutjies trek om Positief se lysie te kan laat uitwerk.
Die Goue Vroue sit almal rustig na hul ge-foefie-glyery om tot verhaal te kom. Dit sit nie in enige een se broek om so deur die lug te sweef en dit teen ‘n hoë spoed nie. Dis veral die vasmaak aan die gly-apparaat en dan daardie eerste beweging wat die grootste bang is.
Ewenwel, Positief se lysie sê:
- Ski in die Alpe
- Sien die aarde vanuit ‘n ruimtetuig
Ek spring gou aan die werk om met Elon Musk en SpaceX te reël dat ons die ruimte kan invaar sodat ons almal die aarde vanuit die buitenste ruim kan bekyk. Die Elon is darem ‘n wonderlike man. Hy is op die oomblik die rykste man. Ek roep hom op my radiotjie. Ek verduidelik aan Elon wat ons beplan.
“Watse Goue Vroue praat jy van, Scrapy?” wil Elon weet.
“Jy onthou mos die Towerinne? Dis ‘n uitvloeisel uit hulle. Hul is ook baie avontuurlustig,” verduidelik ek baie vinnig. As hy die woord goud hoor dan werk sy brein mos oortyd!
“Jou geluk Scrapy, as julle soos in vannag middernag hier kan wees sal ek reël dat jul in die kapsule gelaai word voor dit Donderdag vertrek na buitenste ruim. Die Vroue kan dan die aarde bekyk.”
“Genade Elon, jy is n ster. Baie dankie. Sal jy kan reël dat ons in Wellington, New Zealand, kan afklim? Ons wil gaan ski in die Alpe!”
“Geen probleem, enige iets om die vroue se harte bly te maak, solank hul net in Tesla aandele belê!”
“Sien jou dan vannag, en nogmaals dankie.”
https://en.wikipedia.org/wiki/SpaceX_Starship
Ek druk my radiotjie dood en gaan uit om aan die Goue Vroue te vertel van ons volgende stap. Almal is opgewonde. Dis n kakofoniese lawaai soos almal koers kry na hul kamers om hul pakkaas te gryp en in die vinnige kar te klim.
Whoosh, en weg is ons.
Aangekom by SpaceX hang almal se monde oop oor al die bedrywighede. Elke vrou word in n ruimtepak gesit en hul klouter met stywe bene in die kapsule.
(Ek wil voorstel dat elke vrou ‘n eie storie vertel oor hoe hul alles beleef het)
Ons trek weg met ‘n spoed. Al wat ek kan sê is dat dit ‘n belewenis uit ‘n ander wêreld is om die aarde so van uit die ruimte te sien. Alles is doodstil in die kapsule. Toe almal op hul gemak is en besef ons is in die ruimte begin almal gelyk praat en beduie.

Die volgende oomblik kom n stem oor die radio:
“We are nearing New Zealand. We are going to land in the harbour. The Ferry is waiting to take you to your next destination.”
Ons vlieg elkeen na ons sitplekke en maak veiligheidsgordels vas.
SPASH!


Daars hy, dit was ‘n fantastiese landing.
Almal klim uit en ook uit hul ruimtepakke. Ons asem die skoon seelug in. Dis nogal koel op die oomblik want dit het gister In die Alpe gesneeu spesiaal vir ons Goue Vroue.
Die InterIslander Ferry is naby die kapsule, ons word per boot na die Ferry geneem.
Van Wellington vaar ons deur die Malborough Sounds na Picton waar ons oorklim om verder noord te seil deur Queen Charlotte Sound na ons ongelooflike oorbly lodge Lochmara Lodge. Ons bly drie dae hier oor.

Dan na nommer twee emmerskop lysie van Positief. Die ski-velde van die Southern Alps.
Ek gaan nou hier oorgee aan Christa. Sy gaan ons wys hoe ‘n mens moet ski.
Ek is baie bly dat dit gesneeu het gister. Nou is daar genoeg sneeu om heerlik te ski.
My emmerskoplysie het net twee
- Loop die Frans/Spaanse Camino
- Gaan kyk na die Aurora in die Suid Eiland
Ek sukkel hoor, byt net vas asseblief.
LikeLiked by 1 person
No worries nie. Die ander was baie vinnig om te skryf. Jy dalk volgende keer vra dat daar ten minste n paar dae tussenin is voor daar geplaas word.
LikeLiked by 1 person
Goeie idee, maar ek het die opwinding daarvan te veel geniet.
LikeLike
Dit was ‘n belewenis. Ek voel of ek sweer]f, gewigloos voortdryf in die lug. Ek het die hele tyd by die vester uitgestaar, gewonder waarom mens die aarde nie veel kleiner sien as deur ‘n vliegtuig venster nie, net verder. En my grense is verskuif hoor, maar nou weet ek mens kan wel veilig in die see land. Die eiland was her]er;ik en. aue, baie dankie dat ons vuurpylreise weer kan beleef.
LikeLiked by 1 person
Groot plesier, eks bly Elon help baie mooi. Hy wil mos ek dink Mars toe gaan. Die eiland het beslis n heeltemaal ander natuur .
LikeLiked by 1 person
Jong Scrapy….ek kry nog sulke momente waar dit voel ek beweeg net…sulke space stappies. En ek bly die aarde sien vanuit daai masjien…..whooppee!
LikeLiked by 1 person
Mooi man, dink net as mens so rustig en lig op grond kon beweeg. Heel ontspanne.
LikeLike
Scrapy,ek is net so dankbaar dat jy jou comms met Elon Musk lewendig hou. Jy het nie dalk ‘n kleindogter vir trou met een van sy vyf seuns nie? Ek hoor hy is baie danig met sy kinders.Kyk,as julle eers familie is, kan ons op heelwat toekomstige ruimtereise gaan. X so bly ons kon almal saam gaan…ook Alpe toe!
LikeLiked by 1 person
Ja jong hy het my menigmale al uit gehelp om vinnig in Rebusfontein te kom.
LikeLike
aI Dankie tog vir jou vriendskapsbande met Elon! Jy vlieg mos al lankal met hom. OOOO DIE RUIMTEREIS WAS FANTASTIES! Sjoe dit was ook heerlik om so gewigloos rond te dryf. Ek dink ons het regtig wonderlike avonture.
LikeLiked by 1 person
Elon is n man so na my hart. Geen nonsies van skinnertonge nie. Hy help graag uit.
LikeLiked by 1 person
Fantasties, die aarde uit die ruimte. Beslis die mooiste planeet in die heelal. Danie Scrappy dit was nou vir jou ń epiese ervaring. Dan nog die skeepsreis, nogal een van my ongemelde emmerskop nommertjies. Dit was nou spesiaal.
LikeLiked by 2 people
Daardie skeepsreis het ek ook al lankal op my lysie gehad nou kan ek hom af tik.
LikeLiked by 2 people
So bly jy was ná Positief met jou spesiale kontakte met Elon! Dit was asemrowend asembenewend uit ‘n ander wêreld en wat is ‘n ou paar Tesla aandeletjies nou tussen vriende? Ons doen dit sommer dadelik. Dankie jy het uitstekend gedoen.
LikeLiked by 2 people
Dankie Toorts. Elon is beslis iemand om te ken. Bly jy het dit ook geniet.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir ń heerlike ondervinding, Scrapy. Ek moet sê, ek wil die laaste jaar ook graag die aarde uit ń ruimtetuig aanskou, so jy het my wens ook waar gemaak.
LikeLiked by 3 people
Pragtig man, bly dit was vir jou spesiaal.
LikeLike
Die aurora!!! O wow dit sal mooi wees. En sodra ek rustig raak van die trekkery, sal ek my ruimtebelewenis skryf.
LikeLiked by 1 person
Ek wil baie graag die Aurora sien. Dit sal nog gebeur.
LikeLike