Also for Cee’s https://ceenphotography.com/2021/03/08/fotd-march-9-magnolia-blossom/


15 responses to “Wordless Wednesday: First Cosmos”

  1. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Ag dit laat my nou ver terugdink aan die 80’s. Pas getroud en moes eenkeer n maand van Ladysmith af ry om vir die ouers in Pretoria te kom kuier…..paasnaweke het die ou pad na Durban gesaai gestaan…..

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het in die 80’s op die Hoëveld gebly tussen Bethal en Secunda en na Pretoria WAs daar altyd plate cosmosse gewees. Sal dit ook nie sommer vergeet nie.

      Like

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        O ja Scrappy….Skottie het in Standerton gebly en ek onthou nou dat dit letterlik kosmosse was sover as wat jy kon sien!!!!!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek weet, het in Secunda gebly en ook gereeld Standerton en dan Pta toe gery om te kuier.

          Like

  2. Aletta - nowathome Avatar

    Dis so mooi, Ineke! Hou baie van kosmos!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie Aletta, dis ‘n geteelde kosmos nie ‘n eenvoudige regte kosmos nie.

      Like

      1. Aletta - nowathome Avatar

        Lyk nog steeds mooi vir my! 🌸🌺

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Vir my ook. Die een wat ek afgeneem het het sulke fyn wit strepies asof dit daar geverf is.

          Like

          1. Aletta - nowathome Avatar

            Die natuur is ongelooflik!

            Like

  3. de Wets Wild Avatar

    So pragtig hier aan die begin van herfs!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, juis vir Aletta gesê dis ‘n gekweekte kosmos. Die regte wilde kosmos het vir my meer skoonheid in.

      Liked by 1 person

      1. de Wets Wild Avatar

        Dis juis in hul duisende so saam dat hul tot hul volle reg kom. Net jammer hulle is n onkruid in die veld.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis waar. Jy weet mos onkruid vergaan nie, en hulle bewys dit elke jaar weer om so mooi te blom langs die paaie daar by julle. Hier is nie so-iets nie. Die gekweekte blomme gee meestal nie vrugbare saadjies nie so hul sal nie sommer die volgende jaar opkom nie.

          Liked by 1 person

  4. Cee Neuner Avatar

    Beautiful cosmos 😀 😀

    Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.