Hartseer brief aan ‘n geliefde


 BY PERDEBYTJIE

Hartseer brief aan ‘n geliefde

Ek stap al amper agt-en-sestig jaar saam met jou. My eerste gewaarwording van jou, was jou blou lug en ewige sonskyndae. Saam met jou het ek ‘n onskuldige gelukkige kindertyd beleef. Wye vlaktes, horisonne wat bewe in die hitte, wilde diere, goudgeel strande, droogtes, storms, vloede was alles deel van dit wat jy ons gebied het.

Dis eers heelwat later dat ek besef het alles is nie so wel nie. Die onregte wat gepleeg is teenoor ‘n groot deel van jou kinders, het gelei tot ‘n onsinnige oorlog, waar baie van jou ander kinders ook hul lewens moes opoffer om ‘n onwerkbare ideologie aan die gang te hou.

Toe gebeur die wonderwerk en ons vat almal hande. Sonder bloedvergieting het ons begin om na mekaar uit te reik. Daar was gemoedelikheid en werksaamheid, maar ongemerk het dinge begin verander.

Geleidelik is alle sisteme deur onbevoegde mense beman. Politici is in strategiese posisies geplaas,vanwaar nepotisme en gierigheid hul vraatsug gevoed het.Dienste en infrastruktuur het in die slag gebly. Ons ken almal die afdraandstorie van staatskaping, korrupsie van kaders in gesagsposisies en die hulpeloosheid van werkloses, wat al dieper in die wanhoop van armoede verval het.

Toe breek Maandag 12 Julie 2021 aan. Ek het nie woorde vir die verwoesting wat ons al drie dae lank aanskou nie. Die sweer het oopgebars en die sug loop in ’n breë siek stroom daaruit. Die leiers lei nie meer nie. Hulle het nog nooit gelei nie. Al wat gelei is, is miljoene na individue se bankrekeninge.

Terwyl die gans wat die goue eiers lê, stelselmatig ander groener weivelde gaan soek het, het die druklas op die ganse wat dinge ‘n kans wou gee, al hoe groter geword. Die ellende en werkloosheid het die gulsige kripvreters min geskeel. Voor verkiesings is beloftes gemaak en dan het die wanhopiges weer moed geskep om dieselfde kripvreters wéér in magsposisies in te stem.

Terwyl die land in vlamme opgaan, hou ministers in deftige klere, nuuskonferensies en vertel hoe onder beheer alles is. Intussen bloei winkels en pakhuise leeg en slegs enkele polisiemanne staan magteloos en toekyk. Die stropers het miskien vir ‘n paar dae kos, maar die werklikheid is, dat ‘n hele infrastruktuur en vervoerketting vernietig is.

Suid-Afrika, my geliefde land, jy bloei, jou kinders bloei, ons almal bloei. In die donkernag loop ‘n seuntjie met ‘n winkelsak vol kleurvolle onderbroekies en ‘n paar skoentjies wat hy gebuit het. In ‘n stofstraat warrel wintergras en blare oor die lyk van ‘n kind. In die hospitale blaas vele hul laaste asems uit….

9 responses to “Hartseer brief aan ‘n geliefde”

  1. Ek sien geen inhoud?

    Like

    1. Nog steeds my skooljare wat amper reg is en ek het begin met my volwasse lewe omdat ek daar ook BAIE stukke reeds geskryf het verlede jaar.

      Liked by 1 person

      1. Gaan jy publiseer?

        Like

        1. Hoop om te publiseer. Skooljare hierdie jaar en dan kyk ek weer verder. Gaan net eboek eers doen.

          Liked by 1 person

          1. Sterkte daarmee! 😁

            Like

            1. Dankie. Ek het juis vandag nou weer te diep in my gevoelens vir my oudste suster gegrawe. Nou weer ‘n diep wondjie gemaak in my gevoel. Dinge het op einde voor ek weg is geheel verander tussen ons twee wat nog altyd naby aan mekaar was.

              Liked by 1 person

              1. Leef sy nog? Sterkte. Om die wond soms bietjie lug te gee kan tog help vir heling.

                Like

                1. Ja sy is in Naboomspruit en Altsheimers is stadig besig om oor te neem. Sy is/was altyd ‘n begaafde kunstenaar gewees. Teken, skilder, borduur. Sy het familie nagevors tot in 1600. Sy wou net nie regtig inligting deel nie. Maak my hartseer. Daar is so baie wat sy nog vertel oor haar grootword tyd wat ook eintlik deel van my ook is.

                  Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: