Lê-Jou-Eier: Byskrif


Ooo, gaats! Gaan ek ook SO lyk op die einde?

Skorsie

Samespraak tussen twee murgpampoentjies

Cory groen Courgette en

 Murgie geel pampoentjie.

Cory: Ek is so bly ons tweetjies is saam hier op die snyplank.

Murgie: Jong ek weet darem nie regtig. Dit voel vreeslik vreemd. So hoog en weg van my moederplant af.

Cory: Oh la la, hier kom n ding. Ouch, af is my bo-punt, oeps, en af is my onderkant.

Murgie: Dis erg! Ek wil nie kyk nie!

Cory: Dit voel kielierig! Moenie my so styf vashou en druk  nie. Dit voel of ek wegvloei. Murgie K-Y-K…..plop, plop, pl…

Murgie: NEE, o toggie is dit hoe ek gaan lyk nadat die hand klaar is met my? Ek wil teruggaan na my Mammie toe. Nee, moenie….. plop, plop pl….

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

 

Advertisements

Lê-Jou-Eier: Skryf jou eie grafskrif


“Hier rus ek uiteindelik in vrede en harmonie”

Aangesien ek n stil outjie was en steeds met tye is, word daar nogal van my misbruik gemaak. My geaardheid is van so n aard dat ek graag almal wil tevrede stel. Almal moet gelukkig wees ten koste van myself. Ek kan nie Nee sê nie.

Die probleem is dat ek my dinge aantrek wat meestal nie so bedoel is nie. Dit sal heerlik wees om nie te moet bekommer oor wat met almal rondom my gebeur nie of wat hul verwag nie.

Daarom sal dit van pas wees om my in rus en vrede te los. Geen begrafnisrede of niks.

Hier word daar ook meer veras as om regtig te begrawe. Wat met my as gebeur laat ek maar aan die oorlewendes oor.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

 

 

 

Lê-Jou-Eier: Gee en Ontvang


IMG_2899

 

Om te gee is volgens my ondervinding baie makliker as om te ontvang. My idee, as ek gee, is nie om iets terug te ontvang nie. Ek doen die gee uit eie wil, liefde en oorgawe.
Ek het twee weke terug, vir vier weke, n dame se huis en ou Boarder Collie opgepas. Meestal gaan dit daaroor dat die huis nie leeg staan nie, en ook dat die honde(diere) nie ten duurste in n honde-hotel hoef te bly nie. Ek vra n klein bedraggie per dag om die diere te versorg. Die versorging gaan gepaard met vrywillige liefde en aandag wat ek hul gee. Die diere neem meestal n dag of twee en hul eet, soos die spreekwoordelike, uit my hand en vertrou my ten volle. Hul gee dan natuurlik ook al hul liefde vir my.
Hierdie keer se oppas was nogal moeilik. Dit het baie van my gevra om die sestienjarige hond te versorg. Die weer het ook nie saam gespeel nie.Dit was koud en nat. Tog het ek alles gegee wat ek kon om die dier gemaklik te maak. Sy het op die einde my ook gevolg, waar ek ook al gaan. As sy my skielik raaksien buite, sal sy op n drafstappie naderkom. Stertswaaiend haar neus onder my hand sit om te wys sy is bly om my te sien,of asof sy sê: “Aaa, hier is jy. Bly om jou te sien.”
Dit is vir my lekker om alles vir diere te gee. Hul gee so veel aan jou terug.
Die dame van die huis het my betaal toe sy teruggekom het. So n dag of wat later stuur sy n boodskap en vra of ek sal omgee as sy my nog geld gee vir die oppas. Sy was so tevrede en gelukkig met wat ek gedoen het dat sy voel om my nog meer te vergoed. Ek het haar gesê as sy so voel kan sy maar. Ek het ook gesê dat die liefde wat Meggie vir my gegee het vir my meer as genoeg.
Hierdie episode wys dat as mens met liefde gee, ontvang mens dubbeld terug.
Ek kan van verskillende geleenthede vertel van waar ek gegee het en waar daar uit die bloute ontvang kan word ook.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

Lê-jou-eier: Tweede idioom!


Hier in my kontrei het elke derde huis n Pitt-Bull. Waarom weet ek nie maar nou ja, wie is ek om iets te sê.(hul hou nog van hondegevegte hier! Hoe aaklig)

Gister loop ek verby n huis waar nuwe mense ingetrek het. Nou toe, so wraggies het hul ook n Pitt-Bull. Hul het juis uitgekom met die hond aan n reuse halsband en ketting. Trompie is nuuskierige agie en wil net gaan om te ontmoet. Nee jong, die meneer stel nie belang in n vriendelike ontmoeting nie. Gelukkig is ons aan die anderkant van die straat.

Vanoggend loop ons weer verby. Geen taal of tyding van n hond nie. Ha, daar kom die idioom toe op:   STILLE WATERS, DIEPE GROND

ONDER DRAAI DIE DUIWEL ROND.

Ek raak toe sommer nostalgies toe ek Laurika Rauch Stille Waters hoor sing. Ek moes dit net deel.

 

 

 

Betekenis:

https://af.wikiquote.org/wiki/Afrikaanse_spreekwoorde#S

sê:

Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond

  • Gesê van ’n skynbaar ingetoë mens wat heimlik allerhande stoutighede aanvang.

Stel jy belang om deel te neem?

Besoek Hester se   LÊ-JOU-EIER

Lê-Jou-Eier: Sê dit in Afrikaans. Idiome


Ooooo, dis n heerlike onderwerp. Gesegdes of idiome wat besig is om verlore te raak omdat dit nie meer deur jonger generasie gebruik word nie.

Ek is in n posisie waar ek daagliks slegs die “Rooi Taal” moet hoor en gebruik. Gelukkig kan ek darem nog lekker in Afrikaans met my kinders gesels. Daar kom egter gereeld gesegdes in my op wat ek gebruik in my gesprekke met hulle. Heelwat is vir hulle onbekend omdat hul dit nie regtig gehoor het of gebruik nie.

Die eerste waaraan ek dink is : Jakkals trou met Wolf se vrou.

Dit reën en die son skyn. Daar is ook meestal n reënboog in die lug. Hier gebeur dit baie dat die son skyn terwyl dit reën.

Die volgende woord is lekker om te gebruik vir iemand wat gedurig ander wil seermaak en rond stamp. Maar o wee, laat iemand dit nou net aan hom/haar terug doen!

Hy is n regte BOELIE.

Image result for mal jan onder die hoenders gesegde

Dink ‘n bietjie oor die ryk idiomatiese taalgebruik wat besig is om verlore te gaan. Hier is ‘n paar riglyne wat jy kan gebruik – kliek op skakel om meer uit te vind hoe

Lê-Jou-Eier: Sê dit in Afrikaans

werk:

https://hesterleynel.wordpress.com/2017/08/24/le-jou-eier-se-dit-in-afrikaans/

Afrikaanse Tokkel: Bietjie Blaaskans


Blaaskans!

Die volgende vyf weke gaan ek bietjie laag lê.
Ek gaan weer n huis oppas vir vier weke. Die dame gaan bietjie vakansie hou oorkant die water. Sy het haar man bietjie meer as twee jaar verloor en is nog baie dwalende en soekende. Dit sal haar die wêreld se goed doen.Sy gaan met n toergroep en n niggie van haar. Daar is ook n ou Boarder Collie van sestien jaar. Sy is heel lendelam in haar agterlyf. Ouderdom is besig om haar in te
haal. Die dame het n mooi brief aan die veearts geskryf dat as Meggie nie meer lekker beweeg nie en pyn het moet hul haar maar uitsit. Sy gee my toestemming om die besluit saam met veearts te neem. Ek hoop van harte die hondekind hou uit tot haar ou mies weer terug is.
Trompie gaan natuurlik saam en ek hou duime vas dat hy nie te ontwrig voel nie. As die twee honde besluit om saam n gesang aan te hef terwyl ek by werk is sal ek maar n ander plan moet maak. Dalk geniet die twee mekaar so sodat hul nie omgee om vir tye alleen te wees nie.
Eintlik wil ek bietjie wegbreek van blogland af want dit lei my aandag te veel af en ek kom by niks uit nie. Ek is ernstig besig om aan my Memoirs te werk. Ek wil die vier weke die tyd wat ek nie by die skool is gebruik om my eerste deel te redigeer en te herskryf soos dit kom. Ek skryf net oor my eerste ses lewensjare en wil probeer om dit in November te publiseer.(Hierdie keer is dit ernstig. Nie sommer so-so nie soos vorige e-boeke nie!)Ek het al n hele goeie versameling bymekaar. Dan is dit nog die vertaal in engels ook. Dit vat baie tyd om die regte benamings, taalgebruik en uitdrukkings te gebruik.

Wel dis dan dit. Sal later weer ernsig terug kom na my blog wat laaste tyd baie afgewater was.

DSCF7141

Groetnis van huis tot huis en tot weersiens!

Afrikaanse Tokkel: Dankbaar


Ek moet die volgende in Afrikaans deel. Afrikaans is en bly steeds my Moedertaal.

Die afgelope week het ek weereens besef hoe wonderlik dit is om mens te wees op hierdie Godgegewe aarde. Dis nie net die besef dat daar n Hoër Hand is wat ons beskerm en bewaar nie. Dis ook die besef dat om gesond te wees en so baie seëninge te beleef werklik die lewe die moeite werd maak.

Maandagoggend vroeg, so amper half sewe, en nog pik donker loop ek met Trompie ons eerste lopie vir die dag. Dit is meestal n twintig minute se stappie. Ek loop altyd dieselfde paadjie elke oggend. Onder in my straat is n hospitaal vir liggaamlik gestremdes. Ek en Trompie ken heelwat van die mense en verpleegpersoneel. Toe ons die sypaadjie oploop kom daar n ou vroutjie aangestap, eintlik meer sleepvoetend. Net n kort ou jassie maak haar bo-lyf toe. Sy het nog haar kort nagrok aan wat onder die jassie uitsteek. Twee maer beentjies steek onder rokkie uit en twee pantoffelvoete wat skuifel.
Ek het eers gedink dis dalk een van die hospitaal se vrouens wat weggeloop het. Toe ek nader kom sien ek dat dit Nellie(nie regte naam nie) was. Ek ken haar van sien. Sy bly om die draai van die hospitaal af.
Die volgende gesprek het plaasgevind:
Ek:  Wat maak jy hier in die donker en koue alleen in die straat?
Nellie:  Ek weet nie! Ek loop sommer net.
Ek:  Kom ons gaan huistoe. Jy kan nie so in die koue hier alleen loop nie.
Nellie:  Nee, ek kannie huistoe gaan nie. Hy is daar en het my uitgesluit.
Ek: Wie is dit?
Nellie: Dis Bruce.
Ek: Is dit jou seun?
Nellie: NEE
Ek: Iemand wat by jou bly?
Nellie: Nee.
Nou is ek rerig bekommerd. Sy praat in raaisels. Ek besluit om by die hospitaal aan te klop. Daar is geen antwoord nie. Ek beduie vir Nellie om by deur te wag, ek loop net gou verder met Trompie. Ek het net n klein draaitjie geloop en teruggekom. Nellie het intussen aan geloop.
Ek stel toe voor ons lui die voordeurklokkie. Nellie bly vra of hul haar sal kan help. Eers was daar geen reaksie op lui van klokkie. Uiteindelik maak die nagsuster die deur oop. Ek beduie aan haar wat aangaan. Sy sê sy is op die oomblik alleen en kan nie veel doen nie. Gelukkig kom daar toe net een van die dames aan vir die volgende skof. Die nagsuster, met wie ek redelik bekend is, sê toe sy sal die polisie bel om saam met Nellie huistoe te gaan.
Daar was ongelukkig nie tyd vir my om verder te help nie omdat ek by my voorskool uur moes wees.
Na my oggend sessie by die skool het ek en Trompie vir ons volgende lopie gegaan wat die bult op is. Aan die bokant van bult, weet ek, bly mense wat Nellie ken. Ek gaan toe daarlangs om te sê dat ek Nellie op straat gekry het. My loseerder loop meestal so vyfuur soggens vir oefening. Hy het toe al vir Nellie op straat gekry.
Jess, die jong dametjie wat Nellie ken vertel toe vir my dat daar n groot skroef los is met Nellie. Nellie se kinders is in Australië en stel nie in hul ma belang nie. Nellie word die Maandag vir twee weke opgeneem in die algemene hospitaal om getoets te word vir alles wat moontlik verkeerd kan wees. Daarna sal hul besluit wat om met haar te doen. Jess vertel ook dat Nellie soos n ouma vir haar is. Daar is nie n Bruce nie en sy bly alleen!
Toe ek Nellie in 2010 leer ken het was sy n op en wakker Engelse vrou wat kans gesien het om die wêreld te versit. Dis tragies om n mens so te sien verswak.
Dit maak my dankbaar dat alles nog so goed met my gaan hier op my eie. Daar is nie tyd om in sak en as te sit nie. Ek hoop net dat as ek dalk eendag in die straat dwaal daar iemand is wat hom/haar oor my sal ontferm
Na Maandag was die volgende drie dae soort van normaal.Ek het my voorberei om my aanbieding te doen om sterre te maak teen geweld. (One million stars against violence, ek gaan in n ander pos daaroor skryf  https://www.facebook.com/onemillionstarstoendviolence/)
Donderdagaand was dit ons maandelikse Soroptimist vergadering. Ons het die aand n spreker gehad wat my verder laat besef het hoe dankbaar ek is om gesond en normaal te kon grootword en nog te lewe.
Die spreker was ons eie Upper Hutt goue medalje wenner in swem by die paralimpiese spele in Rio.
Haar naam is Mary Fisher, n blinde swemmer wat haar nie deur haar gebrek laat afsit nie.

http://www.stuff.co.nz/sport/other-sports/84268329/Kiwi-Paralympics-swimmer-Mary-Fisher-can-hear-her-gold-medal

Sy is n sprankelende 24 jarige jonge dame wat die lewe voluit leef. Sy het vertel hoe dit gekom het dat sy blind is, haar skoolloopbaan wat sy in gewone skole gehad het. Sy woon nou op haar eie in Wellington. Naby die universiteit waar sy studeer en die swembad waar sy gereeld oefen.
Sy het ook in kleur vertel hoe dit was gedurende haar verblyf in Rio en hoe dit gevoel het om n wêreldrekord in swem op te stel en n goue medalje te wen.
Dit was n belewenis om te hoor van al haar lewenservarings. Dit wys tog maar, waar daar n wil is, is n weg.
Dit was beslis vir my n week van wonderlike gebeurtenisse gewees.

Afrikaanse Tokkel:Perdeby en spinnekop


EINA! Arme spinnekop is verlam en mevrou Perdeby karwei hom na haar nes teen my huis se muur uit.

Die volgende drie fotos het my dadelik laat dink aan Perdebytjie se storie met haar verlamde spinnekop wat sy aan die lewe probeer hou het vir n tydperk.

https://perdebytjie.wordpress.com/2017/02/06/spinnekopnuus/

 

%d bloggers like this: