Category: Afrikaans
-
Ekstra bydrae aangebied deur Mr T
Nou het ek alles gehoor! Trompie het vir al sy maters ook n klomp stukke uitgesoek. Wie is ek wat Scrapy is om hom teen te staan! Ek stel Graag Trompie aan die woord. Geliefde viervoetiges en geveerdes, dan ook die twee-beniges: Welkom, welkom, welkom. Die eerste is vir die mense-harte wat so uitgaan na […]
-
Rebusrus Konsert: Scrapydo as seremonimeester
Dis n heerlike aand op Rebusfontein. Almal het ‘n kombers, kussings en ‘n piekniekmandjie saamgebring. Die amfiteater is reg vir ‘n heerlike konsert. Ek gaan vyf stukke musiek aan jul voorstel en hoop dit val in almal se smaak. Die kunstenaars is spesiaal met ‘n hercules helikopter hier afgegooi. Hul is so besig dat hul […]
-
Woordsnoer 6 is weg
Vuurvliegie laat weet ‘n Kosbare snoer met tien woorde is weg. Ek het al oral gesoek. Nou kan ek nie ‘n Rebusfontein storie vertel nie. Ek ontdek ‘n briefie van Willemien Winter-Woorddief, daai ene wat ons skryfmuse so kortwiek en sommer mens winter gemoedsbekakking gee. Sy vertel dat sy die snoer gegaps, en gaan wegsteek […]
-
Le-Jou-Eier: Welkom Rebusfontein.
Vir ons nuwe intrekkers Hester beveel aan dat ons beginner inwoners onsself bietjie moet bekend stel aan die nuwer bewoners. Ek is Scrapy en ek geniet my dubbele lewe hier op aarde. Een wêreld is denkbeeldig en baie opwindend; die ander een is meer die werklike wêreld waarin ek daagliks lewe. Rebusfontein is ‘n oord […]
-
Le-Jou-Eier: Woordsnoer 5
Rymelary Die son verskyn laat, geluksalig rooskleurig Kleure in rosig en pienk ‘n fantasia kamelia Dis herfstyd wyd. Skielik ‘n wind, die frapante kalant Kom hoeihaai inwaai Soos ‘n ronkadoor skoor Bring ‘n jakkalstroureëntjie kleintjie. Ek en die vriendskapverbond steekbaardhond Gedagtes, tjoepstil afskil Kyk droomverlore na kleivore Elkander verwonder Oor die verfyn skyn Van blaartjies […]
-
Nuwe uitdaging op Maandae.
Maandag = wasdag gaan ek dit noem. Ek het ‘n nuwe blog oopgemaak wat spesiaal vir Afrikaanse skryfwerk gaan wees. My Engelse vriendinne is al so dik vir my Afrikaanse skrywes of liewer omdat hul dit nie kan verstaan nie dat ek besluit het om die werklike Afrikaanse skrywe te skei van my hoof blog. […]
-
Liewe Dagboek: Dag 31 Mei
Ek het gister vergeet om te vertel van wat gebeur het toe ek aanmeld vir my namiddag naskool sessie. Ek moet altyd by die kantoor aangaan om die register te kry en ook ‘n boekie waarin die name aangeteken word van ekstra kinders wat die middag daar gaan wees. Ons het die gewone daaglikse groep […]
-
Liewe Dagboek: Dag 30 Mei
Die weer is heel omgekrap vandag. Wind wat waai teen 100km per uur. Ek moes heeltyd my motortjie se stuur aanpas om nie van die pad af te waai nie. Reën wat met emmers uitgegiet word; dan weer minder dat dit net motter. Nat is dit beslis. Vanoggend se uitgaan was onplesierig. Soos dit ook […]
-
Liewe Dagboek: Dag 28 & 29 Mei
Gister is verby sonder dat ek by skryf kon uitkom. Die naskool was heel rustig. Daar was net so 25 kinders wat dit lekker beheerbaar gemaak het. Dit was nat en die kinders moes binne bly. Klein Jesse, 5 jaar, was natuurlik uit sy kassie. Dit hol en spring en raas. Skielik besluit hy om […]
-
Le-Jou-Eier: Probleme met Rebusfontein gaste
Las jou storie aan by hierdie InLinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/f68a9fa9110148b1ab92181b21eb7d51 Ons gaan twee weke kans gee vir hierdie skrywe (tot 30 Mei), ingeval jy moet terugverwys na die vorige blogs. Kyk heel bo aan hierdie blog – ek ek het die skakel vir die vorige blogs sommer daar in die eerste sin gegee. Bloggers wat nog nie voorheen […]
-
Liewe Dagboek: Dag 27 Mei
Die lug was redelik bewolk vanoggend. Die temperatuur was 16 grade wat beslis ongewoon warm is vir amper einde Mei. Dit voel half lente! Die voëltjies het sommer vroeg heerlik gesels wat ook ongewoon is. As iemand nou nog nie glo in “Global Warming” nie dan moet hy sy kop laat lees. Hierdie weer is […]