Afrikaanse Tokkels: Autograph Boekie


n Stukkie uit my verlede.

Noudat ek besig is met my Memoirs kom ek op interessante dinge af. My volgende deel gaan oor my lewe op skool d w s van sewe jaar af tot my 22e jaar. Dit is dus eerste skooljaar tot en met my opleiding as Senior Primêre onderwyseres.
Frannie https://frandr.wordpress.com/ skryf oor haar sakkie met kaartjies wat sy in die kas gekry het. Dit was vervloë dae se kaartjies. Ek noem toe van my “Autograph” boekie waarin my oupa nog n stukkie geskryf het.
Ek wil dit graag met julle deel.

IMG_3259
Netjies oorgetrek en bewaar.(2018)

My enigste tante(Pa se suster) het n autograph boekie gekoop en dit namens my niggie aan my opgedra.
Die eerste blaaitjie het my Oupa(van moederskant wat enigste oupa nog was)in n bewerige handskrif n mooi stukkie geskryf.

IMG_3248
Oupa se stukkie

Dit was vir my twaalfde verjaarsdag in 1958.

Die volgende blaaitjie het my Ma geskryf.

IMG_3249
Mamma se stukkie

Daarna het my tante geskryf en toe my niggie.

Kleinsus het geskryf en
Ousus ook.

Ek is spyt my Pa het nie ook n stukkie geskryf nie. Daaraan kan ek niks verander nie.
My Skoolhoof in Laerskool het geskryf. Hy het die laaste twee laerskool jare vir my skool gehou.

IMG_3254
Skoolhoof

In die Hoërskool het onderwysers in my boekie geskryf.
Ek was vir twee jaar in een skool wat toe op die einde opgedeel is en ek is na die nuwe skool. In standerd sewes(die laaste jaar in ou skool) het ek al die onderwysers iets laat skryf. My trots is dat Rudi Neitz, my Duitse onderwyser, n stukkie geskryf het. Hy was n bekende sanger.

IMG_3255
Rudi Neitz

Dan is daar my matriek jaar se onderwysers se handtekeninge. My Klasonderwyser wat Engels gegee het het ook geskryf.

Daarna het van my kamermaats op Kollege inskrywings gedoen.
My eerst hoof waarby ek skool gehou het is die laaste een wat iets geskryf het.
Heerlike herinneringe.

Advertisements

Afrikaanse Tokkel: Noodsein honde


 

Die hele week warsku die omroepers oor die radio dat die “Civil Defense” gaan toets of hul nuwe noodsein werk. Dis blykbaar gekoppel aan moderne telefone om te waarsku dat daar gevaar is, hetsy n aardbewing, tsuname, tornado of oorstroming.
Saterdagoggend half elf was dit sulke tyd; die toets sou plaasvind.
Ek loop met Trompie bo op die bult. Eers ontmoet ons twee groot honde wat buite op hul kussings lê. As ons elke oggend verby hulle loop blaf hul asof beserk agter die hek. Vanoggend het hul toe die kans om Trompie te ontmoet, terwyl hul buite die omheining is! Die eienaars roep hul terug maar hul luister natuurlik nie. Ek staan toe maar bankvas met Trompie en wag vir die aanval. Honde gryp nie mekaar sommer net nie. Die eerste een wat nie gestop het toe baas haar roep nie snuif aan Trompie. Die reun luister toe ook nie vir sy mense nie en storm ook nader. Nou was dit van kalm bly en rustig die saak benader. Beide honde se hare staan regop en die reun is nogal lus vir n hap. Trompie staan sy man. Sy ore soort van agtertoe en bene styf reg vir die terug aanval.(Asof hy n kans het teen die twee)In die tussen tyd kom die eienaar nader. Die vrou gryp die twee honde aan die halsbande net toe die reun n hap wou vat. “Vreeslik jammer!” maar hoe jammer sou hul gewees het as die twee Trompie rerig gegryp het. Daar sou nie veel van Trompie oorgebly het nie.

https://stories.barkpost.com/dogfighting-explained/
Nou terug na die noodsein. Ek loop toe aan en daar gaan die sirene af presies soos hul voorspel het. My selfoon is gelukkig nog n oue en het nie die app dat dit op hom werk nie. Die omgewing se luidsprekers en in huise waar fone is kon mens duidelik hoor dat dit werk.
Die sirene se geluid het my n beklemming in my bors gegee. Dit het my teruggevat na die tyd met die opstande: Sharpville en guerilla oorlog van ANC. Die aanval op Sasol II is nog helder in my gedagte. Ons het langs een van die sein torings gebly. As daar gevaar was het hy geloei en in rondte gedraai. Die mense kon ook oor die toring praat om te sê waar gevaar is en wat gedoen moes word.
Hier het ons nou weer n ander gevaar wat hanteer moet word. Die lewe is vol opwindinde belewenisse

Afrikaanse Tokkel: Bietjie Blaaskans


Blaaskans!

Die volgende vyf weke gaan ek bietjie laag lê.
Ek gaan weer n huis oppas vir vier weke. Die dame gaan bietjie vakansie hou oorkant die water. Sy het haar man bietjie meer as twee jaar verloor en is nog baie dwalende en soekende. Dit sal haar die wêreld se goed doen.Sy gaan met n toergroep en n niggie van haar. Daar is ook n ou Boarder Collie van sestien jaar. Sy is heel lendelam in haar agterlyf. Ouderdom is besig om haar in te
haal. Die dame het n mooi brief aan die veearts geskryf dat as Meggie nie meer lekker beweeg nie en pyn het moet hul haar maar uitsit. Sy gee my toestemming om die besluit saam met veearts te neem. Ek hoop van harte die hondekind hou uit tot haar ou mies weer terug is.
Trompie gaan natuurlik saam en ek hou duime vas dat hy nie te ontwrig voel nie. As die twee honde besluit om saam n gesang aan te hef terwyl ek by werk is sal ek maar n ander plan moet maak. Dalk geniet die twee mekaar so sodat hul nie omgee om vir tye alleen te wees nie.
Eintlik wil ek bietjie wegbreek van blogland af want dit lei my aandag te veel af en ek kom by niks uit nie. Ek is ernstig besig om aan my Memoirs te werk. Ek wil die vier weke die tyd wat ek nie by die skool is gebruik om my eerste deel te redigeer en te herskryf soos dit kom. Ek skryf net oor my eerste ses lewensjare en wil probeer om dit in November te publiseer.(Hierdie keer is dit ernstig. Nie sommer so-so nie soos vorige e-boeke nie!)Ek het al n hele goeie versameling bymekaar. Dan is dit nog die vertaal in engels ook. Dit vat baie tyd om die regte benamings, taalgebruik en uitdrukkings te gebruik.

Wel dis dan dit. Sal later weer ernsig terug kom na my blog wat laaste tyd baie afgewater was.

DSCF7141

Groetnis van huis tot huis en tot weersiens!

Afrikaanse Tokkel: Dankbaar


Ek moet die volgende in Afrikaans deel. Afrikaans is en bly steeds my Moedertaal.

Die afgelope week het ek weereens besef hoe wonderlik dit is om mens te wees op hierdie Godgegewe aarde. Dis nie net die besef dat daar n Hoër Hand is wat ons beskerm en bewaar nie. Dis ook die besef dat om gesond te wees en so baie seëninge te beleef werklik die lewe die moeite werd maak.

Maandagoggend vroeg, so amper half sewe, en nog pik donker loop ek met Trompie ons eerste lopie vir die dag. Dit is meestal n twintig minute se stappie. Ek loop altyd dieselfde paadjie elke oggend. Onder in my straat is n hospitaal vir liggaamlik gestremdes. Ek en Trompie ken heelwat van die mense en verpleegpersoneel. Toe ons die sypaadjie oploop kom daar n ou vroutjie aangestap, eintlik meer sleepvoetend. Net n kort ou jassie maak haar bo-lyf toe. Sy het nog haar kort nagrok aan wat onder die jassie uitsteek. Twee maer beentjies steek onder rokkie uit en twee pantoffelvoete wat skuifel.
Ek het eers gedink dis dalk een van die hospitaal se vrouens wat weggeloop het. Toe ek nader kom sien ek dat dit Nellie(nie regte naam nie) was. Ek ken haar van sien. Sy bly om die draai van die hospitaal af.
Die volgende gesprek het plaasgevind:
Ek:  Wat maak jy hier in die donker en koue alleen in die straat?
Nellie:  Ek weet nie! Ek loop sommer net.
Ek:  Kom ons gaan huistoe. Jy kan nie so in die koue hier alleen loop nie.
Nellie:  Nee, ek kannie huistoe gaan nie. Hy is daar en het my uitgesluit.
Ek: Wie is dit?
Nellie: Dis Bruce.
Ek: Is dit jou seun?
Nellie: NEE
Ek: Iemand wat by jou bly?
Nellie: Nee.
Nou is ek rerig bekommerd. Sy praat in raaisels. Ek besluit om by die hospitaal aan te klop. Daar is geen antwoord nie. Ek beduie vir Nellie om by deur te wag, ek loop net gou verder met Trompie. Ek het net n klein draaitjie geloop en teruggekom. Nellie het intussen aan geloop.
Ek stel toe voor ons lui die voordeurklokkie. Nellie bly vra of hul haar sal kan help. Eers was daar geen reaksie op lui van klokkie. Uiteindelik maak die nagsuster die deur oop. Ek beduie aan haar wat aangaan. Sy sê sy is op die oomblik alleen en kan nie veel doen nie. Gelukkig kom daar toe net een van die dames aan vir die volgende skof. Die nagsuster, met wie ek redelik bekend is, sê toe sy sal die polisie bel om saam met Nellie huistoe te gaan.
Daar was ongelukkig nie tyd vir my om verder te help nie omdat ek by my voorskool uur moes wees.
Na my oggend sessie by die skool het ek en Trompie vir ons volgende lopie gegaan wat die bult op is. Aan die bokant van bult, weet ek, bly mense wat Nellie ken. Ek gaan toe daarlangs om te sê dat ek Nellie op straat gekry het. My loseerder loop meestal so vyfuur soggens vir oefening. Hy het toe al vir Nellie op straat gekry.
Jess, die jong dametjie wat Nellie ken vertel toe vir my dat daar n groot skroef los is met Nellie. Nellie se kinders is in Australië en stel nie in hul ma belang nie. Nellie word die Maandag vir twee weke opgeneem in die algemene hospitaal om getoets te word vir alles wat moontlik verkeerd kan wees. Daarna sal hul besluit wat om met haar te doen. Jess vertel ook dat Nellie soos n ouma vir haar is. Daar is nie n Bruce nie en sy bly alleen!
Toe ek Nellie in 2010 leer ken het was sy n op en wakker Engelse vrou wat kans gesien het om die wêreld te versit. Dis tragies om n mens so te sien verswak.
Dit maak my dankbaar dat alles nog so goed met my gaan hier op my eie. Daar is nie tyd om in sak en as te sit nie. Ek hoop net dat as ek dalk eendag in die straat dwaal daar iemand is wat hom/haar oor my sal ontferm
Na Maandag was die volgende drie dae soort van normaal.Ek het my voorberei om my aanbieding te doen om sterre te maak teen geweld. (One million stars against violence, ek gaan in n ander pos daaroor skryf  https://www.facebook.com/onemillionstarstoendviolence/)
Donderdagaand was dit ons maandelikse Soroptimist vergadering. Ons het die aand n spreker gehad wat my verder laat besef het hoe dankbaar ek is om gesond en normaal te kon grootword en nog te lewe.
Die spreker was ons eie Upper Hutt goue medalje wenner in swem by die paralimpiese spele in Rio.
Haar naam is Mary Fisher, n blinde swemmer wat haar nie deur haar gebrek laat afsit nie.

http://www.stuff.co.nz/sport/other-sports/84268329/Kiwi-Paralympics-swimmer-Mary-Fisher-can-hear-her-gold-medal

Sy is n sprankelende 24 jarige jonge dame wat die lewe voluit leef. Sy het vertel hoe dit gekom het dat sy blind is, haar skoolloopbaan wat sy in gewone skole gehad het. Sy woon nou op haar eie in Wellington. Naby die universiteit waar sy studeer en die swembad waar sy gereeld oefen.
Sy het ook in kleur vertel hoe dit was gedurende haar verblyf in Rio en hoe dit gevoel het om n wêreldrekord in swem op te stel en n goue medalje te wen.
Dit was n belewenis om te hoor van al haar lewenservarings. Dit wys tog maar, waar daar n wil is, is n weg.
Dit was beslis vir my n week van wonderlike gebeurtenisse gewees.

Afrikaanse Tokkel:Perdeby en spinnekop


EINA! Arme spinnekop is verlam en mevrou Perdeby karwei hom na haar nes teen my huis se muur uit.

Die volgende drie fotos het my dadelik laat dink aan Perdebytjie se storie met haar verlamde spinnekop wat sy aan die lewe probeer hou het vir n tydperk.

https://perdebytjie.wordpress.com/2017/02/06/spinnekopnuus/

 

Afrikaanse Tokkel: Poncho in wording.


Die ander dag(verlede jaar) het Toorts n Poncho gehekel en dit haar Vryheids poncho genoem. Dit het toe dadelik my hekel vingers geprikkel. Ek het bietjie rond gesoek na wol. Die dik wol is so duur dis net onbetaalbaar!

img_2787

Gelukkig is die rekenaar en google daar. Ek tik toe die wol wat in patroon gebruik word in en ontdek n winkel in Bulgareie wat die wol verkoop. Dit is Turks gespinde en gekleurde wol. n Mens het 6 bolle van 100g elk nodig( twee bolle van ses kleure). Slim ekke, bestel toe wol, net vier kleure. My tel was uit, ongelukkig het ek toe net vier kleure gekoop. Ek het nou nog twee kleure bestel en moet nog vier weke wag voordat ek dit kan gebruik.

Ek het darem die vier kleure se blokke begin hekel. Nou wag ek vir die ander twee kleure.

img_2788

Afrikaanse Tokkel:Net vir Toorts


Nou het ek darem n pragtige prentjie in my kop van Toortsie met haar plakkies aan!

Die beesmissies peul tussen haar tone.

Spatsels missies tot hoog teen haar bene op.

Gaan loer hier wat sy aangevang het:

Koei roll call

Hier in NZ was die eerste woorde aan my toe ek gaan kyk het hoe die plaas lyk

waar ek moes “boer” vir twee weke.

“Bring your gumboots. You’ll need them.”

Nou ja, my antwoord daarop was:

“I don’t own gumboots!”

Geen probleem, hier is genoeg.

Daar sal n paar wees wat jou pas.

Bygesê:

Ek was party dae dankbaar dat n paar my gepas het.

Party dae was dit net water, modder en natwees buite.

Hier is n deel van die waterskoene wat beskikbaar was.

img_2241

Afrikaanse Tokkels: Laaste vir 2016


 

Hiermee wil ek almal n mooi en vreugdevolle feestyd toewens. Mag jul elke oomblik met jul geliefdes geniet.

Baie dankie aan al die vriende in die blogossfeer vir die lekker gesels en kuiers oor en weer die afgelope jaar. Ons het heerlik ge-TOEKA TOKKEL

https://scrapydo2.wordpress.com/category/toeka-tokkel/

Sonder julle is die lewe maar baie saai en vaal.

Mag die nuwe jaar vir n ieder en n elk vol vreugde wees.

Image result for nuwe jaar wense