Lê-Jou-Eier: Valentyn of te nie..


Geen Valentyn nodig!

Hester se Lê jou eier sê:

Hierdie week se bloguitdaging handel oor daardie Valentyn of Valentynsdag wat jou nog steeds laat bloos van verleentheid.

In my prille jeug was daar nie so-iets soos Valetyn nie. As kind of jongmens moes jy luister na die wyse ouers se vemanings van Vroeg ryp vroeg vrot! Ons drie susters het elkeen ‘n eie belewenis van die vryery stadium beleef. Of dit met Valentyn te doen het maak nie saak nie.
Ek was seker so twaalf of dertien jaar oud toe die volgende met my gebeur het.
Ons het langs ‘n oud skoolhoof gebly. Hulle het bo-op die koppie in ‘n pragtige huis gebly terwyl ons aan die voet van die koppie in ‘n huurhuis gebly het, wat vir my netso mooi en besonders was. Die erwe het daardie dae nog nie werklike omheinings gehad soos wat dit vandag is nie. Daar was grensdrade nie hoë mure nie. Van ons sykant af kon ons deur die draad klim en dan met die leiklip trappies tot bo klim. Dis wat ons as kinders ook gereeld gedoen het as ons vir die oom en tannie gaan kuier het.
Die oom en tannie het net een seun gehad. Hy moes al diep in die twintig gewees het.Volgens my was hy al ‘n oujongkêrel! Hy was ook nie baie vriendelik nie! Hy het ‘n groen MG sportmotertjie gehad wat altyd langs die garage geparkeer was as hy tuis was. Die lekkerste was dat hy ‘n aantreklike vriend in n ligblou Triumph sportmoter gehad het. Die ou het ook langs die garage gestop as hy tuis was. Ek het altyd vir hom geloer (arme man, noudat ek daaraan dink, het gelukkig nie geweet hoe ek ongesiens geloer en van hom gedroom het nie!)
Die storie staan so:
My oudste suster was net op daardie ouderdom van kêrel soek. Sy was vier jaar ouer as ek en in die Hoërskool. Sy het gesien dat die ander ou tuis was. Ons gesels toe so oor ditjies en datjies in die kombuis.
Ousus sê:”Wat kan ons doen om die ou te ontmoet?”
“Ek kan hom nooit vir ‘n koppie tee,” was my antwoord.
“Dit klink goed.” Kom die antwoord.
Ek, ewe kordaat, loop die deur uit, klim deur die draad. Klim trappies uit. Ek klop aan die deur en wag. In die tussentyd roep my suster angstig dat ek moet terugkom!
Die deur gaan oop en hier staan ‘n vreemde man voor my. Gladnie die aantreklike ou of die mense se seun nie. Wat ‘n skok!
“My Ma vra… my ma vra…” verder kom ek nie.
In die tussentyd roep my suster en my Ma my terug. Ek vlieg om en storm die trappies af, terug oor die draad en weg in my kamer. Die ou het al laggende ‘n ent agter my aan gekom. My Ma het verduidelik dat dit sommer ‘n grappie was. Ek het my egter dood geskaam om so ‘n moles aan te vang. Dis heeltemaal buite my doen om so iets aan te vang.
Die man was toe al die tyd nog ‘n besoeker of vriend van die mense op die koppie. Hy was ‘n weeshuiskind wat met tye by die mense gebly het. Ousus het hom leer ken. Hulle het lank uitgegaan. Na haar studies het die vriendskap dood geloop toe sy begin skoolhou het. Ek ken ook nie die hele storie verder nie maar weet wel dat hy op ‘n latere stadium weer kontak gemaak het nadat sy al getroud was.

Dit kom daarvan as jy voorbarig wil wees!

Advertisements

Woordsnoere 1: Enge gebeurtenis


Enge gebeurtenis


Hier sit ek wat Scrapy is,aan die onderkant van die bult.

Ek gly toe onverwags omdat die skuinste nat was na die hewige reëndag.

Met haar moedermooi gesig sit die oerangoetang met haar arms om my gevou. Haar lippe klap-klap van simpatie. Sy vee die oker kleurige grondspatsels van my wange af.

My bril se lense is in duisend skerwe.

“Is dit ‘n komedie wat hier afspeel,” wonder ek so in my selwers.

“ Is ek besig om kens te raak?”

Hier sit ek toegvou in n makabere omhelsing. Dis ‘n resep vir ‘n geveg of ‘n bede. As die oeranoetang vrou agterkom wat sy omhels sal sy ‘n groot stuk van my kan kleim as ‘n ietsie vir haar leë maag.

Ek sou met graagte haar wou omhels om haar gevoel te isoleer.

My gedagtes skakel oor en ‘n engelekoor begin sing. Hopelik kan ek haar instink beinvloed om saam met Soma, die maangod, te vertrek, en my te los dat ek my lewenslus kan herwin.

Die ondervinding was finominaal en ek het my memo geskryf omdat dit my rede gegee het om n opvolg te kan skryf vir die enge avontuur.


oor die #Woorsnoer uitdaging: Het jy ook lus vir saamspeel? Skryf dit op jou blog. Gebruik een of sommige of al die woorde as inspirasie en onthou om die skakel te gaan plak by INLINKZ, waar jy ook sommer al die ander blogs kan lees.

Kuier-Safarie: Limpopo hier kom ons


Safaribus

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ‘n virtuele toer deur Suid-Afrika onderneem. Die gasblogger van die week moet op ‘n Donderdag, op die datum wat toegewys is, ‘n blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ‘n fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.
Klik op hierdie skakel Lys van Deelnemers om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.
Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ‘n blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ‘n eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas foto’s wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.
Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, klik op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

 

 

Limpopo se naam het sommer driekeer verander voordat dit uiteindelik Limpopo gebly het. Transvaal, Noordelike Provinsie en laaste Limpopo. Die Limpoporivier is die boonste(mees noordelike)grens van Suid Afrika. Daarna kom die verandering van al die lekker boere, of Afrikaanse, name wat die dorpe gehad het.

Ons besoek die volgende dorpe:

Bela Bela, Modimolle, Mokghopong, Mokopane, Polokwane, Tsaneen, Modjadjikloof en Magoebaskloof.  Jy kan solank op jou kaart kyk waar elkeen is.

GOODBYE TSWANE, HELLO LIMPOPO

Die dag na ons verwelkomingspartytjie vir Theo, het ek wat Scrapy is die dertien Towerinne redelik vroeg opgewek. Hul het bietjie gemurmireer maar ek het my doof gehou.

“As jy nie tien uur in die bus is nie, bly jy in Pretoria. Onthou ons kom nie hierlangs terug om jou op te laai nie!”

Elkeen moes gemaklik aantrek. Ons gaan bietjie rond beweeg en stilletos moet maar in die groot tas gepak word vir vandag. Elkeen moes ook hul swemklere en ‘n handdoek uit hou. Swem, gaan ons beslis swem.

Voordat ons kon wegtrek moes ek eers gou KAMEEL, SEEGOGGA en POSETIEF gaan soek.  Gelukkig kon ek met my half dowe ore in die verte ‘n gesingery hoor:

’My Sarie Marais is sooo ver van my hart…’ Daar sit die drietjies rustig op ‘n bankie, hou mekaar se hande en sing. Hul kon nie die regte paadjie na die bus kry nie!

Almal in die bus val sommer ook weer weg met ‘n gesingery. Toorts se keel wou nog protesteer maar dit het niks gehelp nie.

Lorenzo, skud net sy kop en sit die bus in rat. Daar trek almal weg met:”Omie trap die petrol dat ons vinniger kan ry.”

Ons ry met die N1 oppad na Bela Bela(borrel, borrel). By Pienaarsrivier draai ons af want ek wil die Towerinne laat voel hoe dit voel om op die “Ou” Warmbad pad te ry. Warmbad kry sy naam van al die warm bronne wat daar in die omgewing is.

Ons draai regs af en stop gou by die Wimpie. Van daar af sal ons die pad Modimolle toe vat.

“Towerinne ons gaan nou eers n bietjie rustig verkeer in een van die gewilde warm baddens.” Die natuurlike warm bron is so warm dat dit afgekoel moet word voordat mense daarin kan swem.Die water is ook helend omdat daar baie swael in is. Die keuse lê by elke Towerin of sy privaat(sonder klere)wil borrelbad, en of sy in ‘n warm swembad met baaibroeke aan wil swem.

Almal lê heerlik in sonstoele met elk n kelkie van een of ander gekleurde mengsel. Na die warm water swemmery was almal heel op hul gemak.

Ek wou nog dat ons n draai by die Thaba Kwena krokkodilplaas maak, maar hul was ongelukkig gesluit omdat daar eers krokodille getel moes word. Iemand het die aand ‘n klomp gesteel. Hul het meer as 10,000 krokodille daar.

Die volgende skof word heel gemoedelik aangepak. Steeds op die ou Pretoria-Pietersburg pad. Die bus sukkel om die steilte uit ry. Ampertjies maak ons dit nie. Bo gekom, kyk ons uit oor die Springbokvlakte wat strek van Warmbad tot wie weet waar, verby Modidmolle(die geeste het geëet)tot Mokopane. Ek dink dit moes ‘n asemrowende gesig gewees het vir die eerste trekkers om duisend springbokke hier te sien wei. Vandag is daar nie meer ‘n enkele Springbok in die omgewing nie. https://en.wikipedia.org/wiki/Springbok_Flats

Nylstroom kry sy naam van die die eerste trekkers wat  weggetrek het van die Britse druk af. Die rivier wat hul bereik het was geweldig breed. Daar is ook ‘n kop(Tafelkop) wat soos n piramide lyk,wat die trekkers laat besluit hul is nou in Egipte en dit was die Nylrivier wat voor hul lê. Vandag loop die rivier net as dit regtig BAIE reën, wat min gebeur. Die Nylrivier loop wel steeds ondergronds wat in n mate n seën vir boere is.

Nylstroom, is n plattelandes dorp wat ontwikkel het agv handeldryf tussen boere en natuurlike inwoners.

J G Strydom(Hans) was n welbekende wat in Nylstroom gebly het. Hy was die vyfde Eerste minister van Suid Afrika, ook bekend as die Leeu van die Noorde.

Die Towerinne begin rusteloos raak. Hul is honger! Nog so kwartiertjie dan stop ons vir middagete. Hang net bietjie aan!

Ons ry tussen druiwe boorde wat onder nette is. Dis ‘n goeie streek vir druiwe, asook sagte vrugte.

Die ry is verder baie hobbelrig met al die slaggate en nou teerpad. Gelukkig is die bus se wiele versterk om die gate te oorleef. Dit voel kompleet of ons besig is met ‘n oefenprogram in die gym. TROMMELTJIE en VIRGOC doen voor:  Een boud op, ander boud af. Stamp kop teen die dak, val oor linkerkant toe dan weer regterkant. Tussen in hou ons ritme met al die FAK liedjies.

Image result for drawings of elderly doing exercises

Ons draai af by die welbekende Euphoria golfpark. Ons moet almal op, met die sweefspoor tot bo-op die Waterberge. Daar gaan ons EET mense!

Van bo af kyk ons uit oor Nylsvlei en nog n stuk van die Springbokvlakte. Ek het spesiaal vir die ouens wat sterk van hart is gereël dat hul kan sweef-vlieg, na die Nylsvlei natuuroord. Hier was PERDEBYTJIE natuurlik voor met haar kamera. Sy kon nie wag om sommer van die voëls ook af te neem waarvoor Nylsvlei so bekend is nie. DIS EKKE  wou soos ‘n Arend rondsweef om almal dop te hou.

100_4407
Uitsig oor Nylsvlei en Springdokvlakte

Nadat ons weggelê het aan die heerlike reënboog broodjies, versnappering, slaaie en tonne vars vrugte, kan n paar Towerinne rustig ontspan en na die natuur om hul luister, met n drinkgoedjie in die hand, terwyl die res gaan sweef het.

Twee uur spring ons almal weer in die bus. Mookgopong (Naboomspruit)- die dorp is begin op die plaas Visgat(1907) Die dorpie ontwikkel om die stasie na die ontdekking van Tin en fluorspar. Dit word steeds in n klein hoeveelheid gemyn en herontgin uit die ou mynhope.

Die Naboom(Euphorbia ingens) is n bekende gesig in die omgewing.

Ons stop by “Ralie se Waenhuis en gallery”. BONDELSGEDAGTES wil sommer eerste uitspring om te gaan kyk want Ralie is ‘n skilder en antieke versamelaar. Sy het die ou huisie gerestoreer en as haar werkplek ingerig. Haar eie skilderye hang teen die mure. BALIDROME hou vas! Daar is ou historiese artikels en meubels wat uitgestal word.Die kamers is ook gemeubileer met ou katels en laslappiekomberse, waskom in die badkamer.

Eintlik stop ons hier vir die waenhuis. In die waenhuis verwerk Ralie laventel wat sy self plant, oes en dan verwerk in allerhande lekkerruik sakkies, sepies, blaartjies en olietjies. Sy het ‘n distileerder waarmee sy haar eie olie van die laventelblomme en blare onttrek. Dit ruik baie lekker hier. In 2006 het Passella, die TV program, ‘n opname hier gemaak. Ek was die demonstreerder wat n groepie”tannies” moes wys hoe om laventel reukstokkies te vleg terwyl dit op geneem word vir die program.

Elke Towerin is daar weg met n sakkie of sepie of twee.BALIDROME en SEEGOGGA het elk twee skilderytjies gekoop. Ons ry verder na Mokopane(vernoem na stamhoof Makapan wat daar regeer het)

DSCN3717

Potgietersrus is vernoem na Piet Potgieter die Voortrekker leier.Dis eers Vredenburg genoem nadat die eerste trekkers Makapan oorrompel het. Ons stop by Moorddriftmonument net langs die Nylrivier, wat nie sigbaar  vloei nie. Hier het Makapan die Voortrekkers vermoor. Kinders is teen die doringboom doodgeslaan. Die ou boomstomp het in die tussentyd vergaan en ‘n nuwe boom groei nou daar. Die monument is ter herinnering aan die vermoordes. Lees maar hier die geskiedenis.

Ons ry my geliefde Potties binne. Die Kapokbome is in volle bloei. Die Flamboom en Rooi Jakkarandas tooi hulself ook in die mooiste rooi blommeprag. Dis hoe ek Potties onthou.

Ons ry na Arend Dieperink museum waar ons spesiaal verwelkom word deur n historikus en Daleen wat in beheer van die museum is. Dis ‘n belewenis uit die boonste rakke om alles te sien. Daar is tot ‘n kopbeen van ‘n vroeëre Aapmens wat in Makapansgrotte opgegrawe is. Nadat ons bietjie rondgekyk het lui Daleen ‘n spesiale etensklok of gong. Die geur van heerlike tuisgebakte brood en heuning hang in die lug. Daar is ook ‘n ander geurtjie wat verby sweef. Almal wonder wat dit kan wees?

Nadat ons gesmul het aan die vars brood word klein glasies uitgedeel.

Daleen sê:”Ons het spesiaal vandag vir julle dames ‘n proeseltjie eie gestookte maroela mampoer!” Die museum is een van die min plekke wat ‘n lisensie het om te mag stook.

Wel, dit was nou ‘n gedoente.Elkeen moet maar haar eie belewenis vertel van die sopie of sopies.

Na die ondervinding het almal besluit dis nou eers tyd om uit te span. Ons ry na my vriendin se gastehui; Kameeldoring gastehuis.

Ongelukkig moet ons kamers deel maar ek glo nie dit sal ‘n probleem wees na die knêrtsies mampoer nie.Die helfte die Towerinne besluit om in die swembad af te koel, terwyl die ander in die koelte van die Kameeldoring ontspan.

Sewe uur is ons volgende afspraak in die Wildteelsentrum waar ons gaan braai.

Aha, verrassing:

 

 

Oom Bossie van die Bosveld is die gasheer met n regte Transvaalse Bosveld braai. Stywe mieliepap, boerewors gebraai op harde hout kole, krakerige skaap choppies of dalk ook n t-bone steak. Dan die lekkerrrr sous. Gebraaide uie met tamaties wat in ‘n stewige sous omtower word. Daarmee saam kom darem ook broodjies as jy nie pap eet nie. Daar is ook genoeg slaaie. Avokado vorm, komkommer en ook wortelvorms. Drinkgoed is te kus en te keur. Oom Bossie het sy eie ‘dop van Perske sop’ wat hy uitdeel om te proe.

Almal sit om die kampvuur en luister na die Bosveldgeluide. ‘n Jakkals wat roep, ‘n ent verder antwoord sy maat. Die hyenas raak bietjie rusteloos en lag hier in hul mou vir hierdie klomp vreemde wesens wat saam met hulle giggel. Koning leeu gee ‘n ‘oemphf’ of twee en raak dan stil.

Oom Bossie sit n pruimpie twak in sy kies en begin vertel. Hoe later hoe kwater. Die Towerinne raak nou heel versigtig en bly oor hul skouers loer want hier word nou van geeste gepraat.

Makapan was gladnie gelukkig om in die grotte vasgekeer te wees nie.(so verduidelik oom Bossie)Die Voortrekkers veg terug en Makapan word doodgeskiet. Piet Potgieter word ook gedood. Nou is die twee leiers met sekere tye in Oktober heel opgewerk met mekaar. Hul kom na die Wildteelsentrum om wraak te neem.”

‘n Wolkie trek voor die volmaan verby en gooi ‘n lang skaduwee.

Oom Bossie vryf sy baard:”Dames, ek laat die res van die storie aan julle oor. Ek gaan nou inkruip,”en spoeg sy pruimpie met n boog in die kole.

‘n Geskarrel van ‘n ander wêreld. Al die Towerinne wil gelyk in die bus klim. Lorenzo keer net om orde te kry. Toe alger in die bus is trap hy die lepel diep in, reguit gastehuis toe.

Na ‘n stywe ontbyt vertrek ons na Polokwane(plek van veiligheid). Pietersburg is vir my net ‘n dorp om deur te ry oppad Beitbrug toe of na Magoebaskloof waarheen ons nou oppad is. LEKKERVURIG kan meer van Pietersburg vertel.

Die Kersiebome en Asalias is in volle bloei op die oomblik.Half noordoos buite Pieteresburg is Moria waar elke Paasnaweek duisende busse met duisende Sioniste van heinde en verre hierheen kom om te aanbid.Dan ry ons verby teeplantasies,digte natuurlike woude aan beide kante van die pad soos ons Magoebaskloof op ry na die Kersieplaas.Die Towerinne ‘ooo’ en ‘aaaa’,so mooi is die bloeisels. Ons drink ‘n koppie tee/koffie of n vrugtesappie.

https://www.sa-venues.com/events/limpopo/magoebaskloof-spring-festival/

Debengeni Waterfall    https://www.tripadvisor.co.nz/Attraction_Review-g469386-d6692239-Reviews-Debengeni_Waterfall-Tzaneen_Limpopo_Province.html?m=19905

Ons ry verder tot by die Debegeni waterval waar die piekniekmandjies uitgepak word en almal hul voete in die heerlike koel water afkoel want dis warm hier, gaan al amper vir 30C. TOORTSIE en WOESTYNKIND besluit om teen die kant van die diep poel onder die waterval te klim.Ons is gewaarsku om versigtig te wees. Dis nat en glibberig maar nou ja, hoe gemaak as sommige dames beter weet. O genade,daar het ons dit! Woestynkind se voet gly onder haar uit en sy kom ‘sit-sit so’ na onder. Pardoems, in die diep poel. Toorts gil en spring agterna om te help. Die medereisigers het gelukkig ingespring en ‘n menslike ketting gevorm om die twee uit te trek. Sopnat en bedremmeld sit al die nattes eers in die son om droog te word.

Mandjies word ingepak en ons ry Tsaneen toe en terug deur Modjadjikloof(Duiwelskloof) Pietersburg toe.       

 

Rondomtalie sit gereed om ons te ontvang in haar geliefde afree-oord. Sy het die eetsaal laat optooi om ons ‘n laat middagete aan te bied saam met haar en die hele oord.Dis n gebabbel en ‘n gekêkkel van die eerste water.Rondomtalie kannie mooi sien nie maar haar ore wikkel na alle kante om te hoor wat almal vertel.

Die Towerinne lewer ‘n afskeidslied aan al die bewoners.

Na die heerlike middagete vertrek ons Dullstroom toe om PERDEBYTJIE se omgewing te gaan beleef.

 

Kuier-Safarie: Pretoria terugblik


 

 

My geliefde Koos DuP.

Wat van die Briels se Trein na Pretoria?

As oud Pretorianer het ek Kameel se bekendstelling baie geniet. Ou herinneringe het verby geflits. Terwyl ek so lekker knus teen my instrukteur se sterk bors vasgegpen was, met die valskermsprong, kon ek rustig my oë toe-knyp en in my gedagte Pretoria sien verby vlieg. Die landing was soos Kameel verduidelik perfek! Perfek omdat die aantreklike man my op my voete neergesit het. Ek moes net hol om staande te bly.

Die Sammy Marks Museum het my ook laat spoke sien en voel.

The Erasmus House.JPG

Dit het my aan die “Spookhuis” op die bult in Erasmuskloof laat dink. My seun het in een van die geboue naby die huis gewerk. Daar is blykbaar goeie stories aan die huis verbonde.

Net n paar flitse:
Ek het in Voortrekkerhoogte skool gegaan. Dis nie maklik om as kind van n fabriekswerker tussen militêre kinders te moet skoolgaan nie. Daar was beslis neergesien op ons plasies. Ek was in die groep wat eerste std agts, neges en tiens was. Ons het die reëls neergelê. Daar was baie van ons verwag.
Hester se beskrywing van Pretoria is beslis soos ek dit ook beleef het in vroeë sestigs Pretoria. Gedurende vakansies kon ons as kinders vir die dag Pretoria toe gaan. Ons het soggens 6 uur saam met my Pa tot in Pretoria-Wes gery waar ons die bus gekry het Kerkplein toe.Ons het CTC winkelplat geloop, ook die OK bazaar.Ons het later die middag weer met bus terug Pretoria-Wes toe gery om my Pa daar te kry. Dit was meestal die beste uiting vir ons drie meisie.
Ons het ook eers Fonteine Inry toe gegaan vir n piekniek. Later is die Zwartkopresiesbaan rondom die (Kannie naam onthou nie) Inry.

 


Sunnyside en sopkombuise was ook n gewilde plek tydens my studies op Normaal Kollege/NKP

Die volgende fotos is vanaf my seun se woonstel 2004 geneem.

Die Kerk is nie meer n kerk nie dis n mark of skuiling of wat ook al vandag.

Monument en uniegebou in die verte.

Sommer net Pretoria in die aand.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Kuier-Safarie: Brits terugflits


Spesiaal vir Frannie!

 

‘n Heerlike kuier by Bondels! Ek kon my energiedrankie se inhoud goed aanvul.

Die boeresport was ‘n hoogtepunt. Ek het mos n heilige vrees vir perde, die boeresport het my totaal beangs gehad.

Image result for donkey ride drawings

Die agterstevoor donkie ry was ‘n uitdaging wat ek nie kon weerstaan nie. Ek weet nie wat Bondels als in die kos of drinkgoed gesit het nie maar ek was skoon uit my vel van opwinding toe die donkiery aan die beurt gekom het.

Hoe ek agterstevoor op die eseltjie se rug gekom het weet ek nie. Ek het my bene om die dier se pens gevou, die stert vasgegryp en sie daar!

Dit was ‘n gespring en geskop maar wat vasklou was ek, die einste benoude Scrapy. Ek het tot die einde opgebly en n prysie gekry.

Kuiersafarie: Hartebeespoortdam besoek.


 

img-20180913-wa00052119949424.jpgHartebeespoortdam terugflitse

Lekker ry ons met die bus al singende en jolig.
Van die O T Lughawe ry ons die ou Hartebeespoortdam pad sodat ek n ogie kan gaan gooi by die skooltjie waar ek van 1969 tot 1972 skool gehou het.

Dit was en is steeds n vierman skool. Ek was korfbal en ook sokker afrigter. Eerste helfte van pouse was dit meisie se korfbal en tweede helfte seuns se sokker tyd. Ons hele skool het ook elke jaar n uitstappie vir n week gehad. Twee keer Umbloti, eenkeer Wildtuin en eenkeer Loskopdam toe. Heerlike tye.
Dan dankie Una dat ons by Ralie se Winkel kon gaan kyk na al die oudhede.

DSCN4099

Wie se winkel is dit die?


Hul het die mooiste rokke.
Ons het darem maar al ons dae met die verslaggewers gehad daar by die dam. Gelukkig het Lekkervurig haar vorige geliefde, ou Vis, lekker op sy plek gesit. Hy het ge-oe en ge-a soos n vis op droë grond wat snak na sy asem. Ek glo nie die koerant sal sommer weer iets verkeerds druk as Bytjie klaar is met haar terugvoer nie.

Nou is ons oppad na Brits toe vir ons volgende lekker kuier.
Vir verdere episodes kliek om die volgende skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

 

 

 

Le-jou-eier: Kuier Safarie Vooraf


Soos meeste weet kom ek spesiaal vanaf Nieu Zeeland af om deel te hë aan die heerlike kuier-safarie wat ons Towerinne onderneem. Ek het met spoed my goedjies gegryp en gelukkig n vlug vanaf Wellington, via Sydney, Oliver Tambo Lughawe toe gekry. Trompie moes ongelukkig tuis bly want sy steke is nog nie uit en moet nog onder toesig bly. Ek het hom by n honde-hotel ingeboek.

Na agtien ure aaneen in die lug het ek veilig aangekom.

Picture -2009-03-18 052

Sjoe maar ek is gedaan! Sal my energie drankie moet gebruik voordat dit te laat is.

Kaleidoskoop: Deel 6 Hoe nou gemaak.


Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste 5 hoofstukke te lees, klik op die InLinkz skakel hieronder.

Om aan hierdie uitdaging deel te neem, lees die reëls by hierdie skakel.

InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls(2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22)

Nellie se verhaal deel 6

Nellie (alias Sune Davel) sit op haar bed in Marli en Jakkie van den Berg se huis. Dis heerlik knus en rustig hier.
Sy voel hoe die magtelose gevoel haar wil oorweldig. Wat staan haar te doen? Haar brein wil nie helder dink nie! Die koerantberig het haar onkant gevang.
Nellie dink:
Ek kannie teruggaan na daardie mislikke f… Krissie. Diensmeisie speel werk nie meer vir my nie.
Polisiekantoor is nie n goeie idee nie… maar wat as hul my vingerafdrukke kry en na die Viljees toe gaan? Gelukkig weet hul nie waar ek is nie.
Sal ek maar vir Marli vertel? Nie n goeie idee nie!
Ek weet nie, ek weet nie meer nie!

’n Sagte kloppie op haar deur. Nellie skrik uit haar bedrukte gedagtegang. Sy spring op en maak die deur oop. Jakkie staan met die liefste uitdrukking van afwagting op sy gesiggie. Hy neem Nellie se hand, en beduie sy moet saamkom. Jakkie het n verkleurmannetjie buite ontdek. Hy wys haar hoe die kleure verander as hy die verkleurmannetjie op ‘n bruin tak sit. Nellie voel amper soos die verkleurmannetjie. Jakkie se opwinding laat Nellie egter vir ‘n tydjie vergeet van haar penarie. Die twee kuier heerlik in die die tuin.
Mali en Reinier hou die twee deur die venster dop.

“Reinier, ek gaan regtig probeer om Sune te oortuig om aan te bly en na Jakkie te kyk terwyl ek weer teruggaan werk toe.”
“Dis n goeie idee. Die twee hou baie van mekaar. Ek wonder net wat die arme Sune so verskrik en gespanne maak? Sy probeer haar bes om haar werklike gevoel weg te steek.”
“Ag Reinier, jy met jou speur- en mensekennis dink ook altyd dat daar iets moet wees. Sy voel maar net vreemd om weg te wees van haar huis.”
Reinier skud net sy kop.

Ek sal maar sien hoe ek die meisiekind sal hanteer. Sy lyk na n oulike dametjie.Ek is mal oor haar pragtige blou oë en daardie blonde krulle…

Jakkie kom ingehardloop, gryp Reinier se hand en ruk Reinier terug uit sy dagdroom. Hy beduie dat hy ook moet gaan kyk. Nellie stap soetjies verby terug na haar kamer. Sy moet nou regtig begin beplan. Gelukkig het sy darem ‘n bietjie spaargeld wat sy kan gebruik indien sy skielik moet verder gaan. Dis egter baie aanloklik om maar vir eers hier te bly en na Jakkie te kyk. Sy kan dan rustig dink wat om met die geld te doen.
Stuur sy dit terug na oom Esra of begrawe sy dit?
OF

gaan sy vir Reinier in haar vertroue neem en  alles aan die polisie vertel.

Image result for drawing of police officer

Skryf-Safarie: Blogland – hoekom blog ek.


vra:

Kom vertel vandeesweek op “Skryf-Safari: Blogland” vir ons iets oor jou eie blog-ervaring, byvoorbeeld:

  • hoekom blog jy?, of
  • ‘n besonderse interaksie met ‘n ander blogger, of
  • iets interessants wat jy uit ‘n inskrywing geleer het, of
  • ‘n blog wat vir jou spesiaal verrykend is, of
  • sommer al bogenoemde

WEL, HIER GAAN HY:

2009 vertrek ek NZ toe. Suster Tina bly my aanmoedig om by Litnet aan te sluit sodat ek kan sien wat sy en die Litnetters alles doen. Uiteindelik kry ek vir my ‘n skootrekenaar om te begin met n nuwe aanlyn ondervinding. Ek sukkel my dood om my blog op te stel. Suster bly vir my beduie wat om te doen. Ek kom net nie op dreef nie. Tegnologie blokkasie hier by my! Boeta probeer ook verduidelik maar hy het geen geduld en los my toe om voort te ploeter.
In die tussentyd is die skinnerstories en moddergooiery aan die gang op Litnet. Spammers geniet hul gate uit en plak al hul advertensies waar hul kan. Onthou dis nou my eie ondervinding wat ek hier beskryf. Ek beslut toe “to hel” met hierdie klomp onplesierige mense en met die ding dat ek net nie regkom nie.
Sus Tina van Rondomtaliedraai bly steeds in my nek blaas en probeer my oortuig om deur te druk. Ek het, dink ek, miskien n tweede stuk geblog en dit was dit.
‘n Bietjie later doen ek ‘n bietjie opleeswerk oor blogs. Ek land toe by WordPress, en aha, daar vat ek toe vlam. Ek doen my eerste pos. Baie eenvoudig en tog ‘n sukses. Elke uitdaging wat WordPress uitgegee het, het ek begin doen. Veral die foto uitdagings het my getrek. Dan het ek alles nog in Engels gedoen ook. Ek het selfs ‘n blog vir Trompie  gemaak .https://scrapydodog.wordpress.com/  Toe is al my plek opgebruik en ek begin my tweede deel.
Nou het die lekkerte gekom. Ek het ‘n hele paar Afrikaanse bloggers ontdek en begin volg. Toe byt die skryf gogga my en ek skryf “Flash Fiction” en maak my eerste e-boek. Ek besluit toe om ‘n Afrikaanse uitdaging te begin,  https://scrapydo2.wordpress.com/2016/10/06/toeka-tokkel-afsluiting/ wat twee jaar gehou het. Met die uitdaging het ek  Toortsie en    goed leer ken. Hester is ook een van my vaste besoekers. Tannie Frannie was ook aan en af by.
HesterLeyNel begin toe haar “lê jou eier “ wat ontwikkel in ‘n heerlike avontuur. Meer en meer neem deel. Vriendskappe brei uit en dis heerlik om so te kuier.
Vir my is dit ‘n lekker afleiding en dan kan ek dit nog in Afrikaans ook doen. Sonder hierdie blogland sou ek nooit staande kon bly in hierdie Ingelse lewe wat ek bedags lewe nie.

Image result for blogging drawings

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Skryf-Safarie: Vullis probleem?


Skryfsafari: Die reis na ‘n Nul-vullis lewe met die oog op Plastiekvrye Julie

Skryfsafari: Die reis na ‘n Nul-vullis lewe met die oog op Plastiekvrye Julie

Country Living is die gasvroy die week.

Image result for rubbish dump drawings

Vullis kan wees :afval, waardelose dinge/dele

Vullis of afval is lyk my maar deel van die menslike lewe. Hoe hard jy ook probeer om geen of so min moontlik vullis te hê is maar n ding.
Hier in Nieu Zealand is hul nogal trots op hul manier om “skoon” te lewe.
Ons het houers waarin ons alle papier sit en houers vir glas, plasties en blikke.
Ek is een op my eie.In die verlede het ek n asblik of afval houer met my buurvrou gedeel. Ons het die jaar se huur gedeel. Jy kon jou plantafval ook in die houer gooi. Buurvrou wou nie meer betaal nie en ek het die houer opgesê. Nadat ek al my papiere, plastiese, glas en blikke gesirkuleer het het daar nie veel vullis oorgbly nie. Plant materiaal het ek so nou en dan laat wegry(ek het nie veel tuin nie)Die res van groengoed gaan komposhouer toe. Meestal het ek nie eers n vol inkopiesak met afval per week nie. Ek gooi dit in n spesiale munisipale plastiese sak wat Maandae opgelaai en weggegooi word.Die sak kos $3,50 wat die koste van die oplaai insluit. Party maande het ek een sak nodig en soms twee per maand. Dit kan gedoen word as mens bietjie wil.
Goed, nou sal julle sê ek is net een. Wat van n gesin?

Image result for rubbish dump drawings
Hier langs my bly n gesin met vier kinders. Hul het twee vuilgoedhouers en ook die hersirkulasie houer wat elke week tot oorlopens toe vol is. Ek wil nie kyk wat hul als weggooi nie maar dis werklik ongelooflik baie wat vullishoop toe gaan en dit elke week.
Ek het nie n oplossing nie. My afvalgoed word regtig na die beste van my vermoeë min gehou.
Op die oomblik is NZ nou besig om ontslae te raak van al die plastiese sakke wat so alles vervuil.
Ons het twee groot kettingwinkels. Die een kan jy n plastiese sak koop om goed in te sit. Daar is spesiale hergebruikbare sakke wat mens koop om oor en oor te gebruik. Jou kruideniersware word los in jou trollie gepak. Jy stoot waentjie tot by jou moter, pak dit dan in jou kattebak in jou eie sakke. Hierdie winkel is my geliefkoosde kruideniers winkel.
Dan is daar n tweede winkel wat alles in plastiese sakkies pak soos hul dit oplui. Nie soos in SA dat jy staan en goed self in sakke sit as daar nie een is wat pak nie.Die kasregister persoon scan en pak. Vat twee tellings en dis gedoen.
Hierdie tweede winkelgroep het besluit om weg te doen met plastiese sakke. Jy mag jou eie nie-plastiese sakke invat en dan pak soos dit gelui word. Dis so maklik as almal saamwerk.
Ongelukkig is die plastiese sakke storie n druppeltjie in vuilgoed emmer. Wat gebeur met al daardie afval op die ashope? Ek weet nie. Ek weet net dis n hengse gemors.
Ons het bv plasietiek China toe gestuur waar hul dit verder verwerk. China sy kontrak opgesê. Nou sit ons met tonne en tonne reeds ingepakte plastiek wat ons nou self moet verwerk.
Hier kom die ontdekkersdrang na vore om dinge met die plastiek te doen.Daar is baie goeie verwerkings.

Ons sal net ons sokkies moet optrek en hard werk om minder vullis te hê.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=786362.

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).