Woordsnoer 6 is weg


Vuurvliegie laat weet

‘n Kosbare snoer met tien woorde is weg. Ek het al oral gesoek. Nou kan ek nie ‘n Rebusfontein storie vertel nie. Ek ontdek ‘n briefie van Willemien Winter-Woorddief, daai ene wat ons skryfmuse so kortwiek en sommer mens winter gemoedsbekakking gee. Sy vertel dat sy die snoer gegaps, en gaan wegsteek het. Sy wil hê ons moet ‘n storie of wat skryf, dan sal sy ons uitlos.

Hier is die raaisels wat Willemien Woorddief vir ons gelos het. sy sê die woorde kruip ook weg in ons verwelkoming aan nuwe intrekkers. Gaan lees en soek by hierdie skakel: https://fresh.inlinkz.com/party/4d37c70b99244affaf04d8ea985b9271

Raaisels:

  1. Rebusfontein se nuutste vierbeen (5 letters)
  2. Sy praat ontydig en dan vlieg iemand vervaard uit die bed (7 letters)
  3. Veilig by Hester, maar onlangs verlei (7 letters)
  4. Hierdie ou wyse het Towerinne al uit verknorsings gered (5 letters)
  5. ‘n Bont banter is gek hieroor, dis nie strooi nie (23 letters)
  6. Wesp skerp kyk mens hierdeur en tower mooi tonele en stories sonder om ‘n woord te skryf (6 letters)
  7. Op ‘n ander noot sing mens na die borrels (9 letters)
  8. Hiervandaan sien iemand haar tangomaat al in die verte (6 letters)
  9. Die enigste gebrul op Rebusfontein (10 letters)
  10. ‘n Amfibiese blyplek waar vierbene dors mag les (6 letters)

**************************************************

So maak mens :

Kry die 10 woorde of name en skryf ‘n lekker Rebusfontein avontuur – onthou om jou antwoorde in vet letters te plaas! Daar is vier karakters en ses plekke/items.

Tower dan jou storie op. Maak seker om die 10 woorde in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Ons uitdaging strek oor twee weke, op 10 Julie 2019 sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/441ac97f21cd4d26acca046b62db5fc8

Woordsnoer woorde is weg

Ek wyk nou eers bietjie af van die verlore snoere. Daar moet eers ‘n sakie uitgesorteer word.

‘n Dagboek inskrywing deur Trompie en Porkie

“Porkie ek dink hier is groot dinge aan die broei. Ek dink ons sal ‘n plan moet maak om ‘n bietjie orde in hierdie omgewing te skep. Die klomp huiseienaars hier op Rebusfontein dink hul is in die hemel. Ek dink daar moet ‘n diere vergadering gehou word. Wat sê jy Porkie?”
Porkie krap sy oorvere en knip stadig daardie groot geel oë.Trompie kyk stip na Porkie.
“Hoehoe, jy het ‘n punt hier beet Trompman. Ek gaan ‘n boodskap uitstuur na al die viervoetige en geveerde vriende. Vanaand sal ek dit uitspel sonder dat die mense vriende ‘n snuf in die neus kry. Sodra almal in die toring is gaan ons vir hul ‘n opvoering gee wat hul in hul dag des levens nie sal vergeet nie, hoehoehoe!”
Trompie gryns in sy baard,sy wenkbroue wip-wip van pure plesier. Hy maak ‘n lysie van al die vriende sodat hy ook in hul ore kan fluister van wat gaan kom.
Katte: Geluk van Kameel,Lelik van Frannie, Liefkat van Woordnoot
Honde: Danie van Una,Ringo van Vuurvliegie, Rambo van Sonel en ekke
Geveerdes: Passella en Porkie

Hoop dis almal.Indien een uitgelaat is laat weet my asb sodat jy ook n uitnodiging kan kry.

Advertisements

Le-Jou-Eier: Woordsnoer 5


Rymelary

Die son verskyn laat, geluksalig rooskleurig
Kleure in rosig en pienk ‘n fantasia kamelia
Dis herfstyd wyd.

Skielik ‘n wind, die frapante kalant
Kom hoeihaai inwaai
Soos ‘n ronkadoor skoor
Bring ‘n jakkalstroureëntjie kleintjie.

Ek en die vriendskapverbond steekbaardhond
Gedagtes, tjoepstil afskil
Kyk droomverlore na kleivore
Elkander verwonder
Oor die verfyn skyn
Van blaartjies se abba samba.

Image result for autumn leaves photos free

Rymsnoere:

geluksalig rooskleurig

*frappant kalant

fantasia kamelia

jakkalstroureëntjie kleintjie

droomverlore kleivore

herfstyd wyd

vriendskapverbond steekbaardhond

tjoepstil afskil

*hoeihaai inwaai

elkander verwonder

verfyn skyn

abba samba

lag douvoordag

*ronkedoor skoor

*FRAPPANT (OOGLOPEND, OPMERKLIK, OPVALLEND) 
*HOEIHAAI (BOHAAI)
*RONKEDOOR (ALLEENLOPEROLIFANT OF ASOSIALE MANLIKE PERSOON)

*****

So maak mens :

Jy kan ‘n enkele stel woordsnoer rymwoorde as inspirasie vonk gebruik, of al die rymwoorde – nes jy lus het.

Tower dan jou rym. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Ons uitdaging strek oor twee weke, 20 Junie sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!https://fresh.inlinkz.com/p/86350a0e80e643788015a86178e3b125

Lekker snoer.

Le-Jou-Eier: Woordsnoere 3



Woordsnoere 3

Vuurvliegie se derde uitdaging:
https://lekkervurigeaffere.blog/2019/04/04/woordsnoere-3/

Image result for Italiaanse Alpen

Die volgende vertelling is nie die waarheid nie. As iemand te na gekom word vra ek om verskoning.
Drie hoof karakters:
Jamie Oliver-welbekende “Chef” het ‘n uitdaging aan die ander twee manne gerig
Jackie Chan-bekende karate kenner
Christian Bale-bekende klewerige karakter veranderaar.

Dis winter. Jamie beplan sy roete waarlangs hy gaan ry om sy volgende TV reeks oor Italiaanse resepte te maak. Hy beplan om hoog in die Alpe na die makaronie meesteres te gaan om te sien hoe dit gedoen word!

Hy sit rustig in sy kombuis en dink. Sy vrou en kinders gesels en kuier rondom hom.
“Ek gaan vir Jackie en Christian ook nooi om saam in die koue, die Alpe in te vaar. Hul skuld my ‘n saamgaan nadat ek laas hul kapperjolle moes meemaak.”
Die drie manne ontmoet in ‘n gesellige kroegie in Rome. Die drie skerts te lekker oor alles wat hul voorheen aangevang het.
Jamie,’n goeie causeur, gooi die aas uit:”Ek het vir ons plek bespreek hoog in die Alpe waar ek ‘n program gaan maak oor makaronie!” Jackie en Christian begin jeremieër oor die koue en die afgesonderdheid van die dorpie waarheen hul gaan.Hul is taai om aan die uitnodiging te byt!

Jamie het egter sy storie reg.Hy verduidelik met lof en styl hoe goed die 89 jarige Maria haar pasta self maak.Die manne bestel nog ‘n shandy. Jacky en Christian begin nou heel remoerig raak.
Jackie spring op en versinnebeeld die manier waarop hy die pastadeeg in repies gaan kerf met die sykant van sy hande. Hy beduie ook hoe hy sy voetwerk gaan gebruik om die deeg uit te rol.Hy gaan koekrollers onder aan sy skoene bind en heen en weer gly in styl.
Christian troetel Jackie se idee. Met een veeg vee hy die glase en bottels van die tafeltjie.
Spaar my die eentonige manier waarop jy dit wil doen, Jackie!” Om aansien te verkry by die ander twee spring hy hande-vier-voet op die tafeltjie. Hy gly en klou soos Spiderman aan die tafeltjie wat met hom om tiep!Soos n wafferse ram spring hy weg, bo-op die skoot van ‘n groot geboesemde deftige “dame”. ‘n Uitdrukking van vrees verskyn in Christian se oë toe die “dame” se metgesel opspring om hom streepsuiker te gee.Met ‘n noeste poging probeer hy die man ontduik.Tevergeefs! Die reuse man hou hom aan sy kraag en broeksnaat vas.
Dis te veel vir Jackie. Hy gebruik sy gawes en wiks die ou vol teen die bors.
Vesels spat na alle kante soos die reus se hemp en knope oopbars van die geweldig slag.
In die tussentyd sit Platjan Jamie hom en verlekker in die nietige verrigting van Christian en Jackie om hulself te bevry en weg te kom van die gevaar.
”Kom, Maters,dis tyd om huistoe te gaan. Ons vroue gaan nie glo wat met ons gebeur het nie. Dit gaan beslis die moeite werd wees om saam die Alpe in te vaar.”

Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Onthou om die prentjie hierbo en ook die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/0ad6b9588b9649c38b03c4859734bed9

Lekker snoer.

Woordsnoere 1: Enge gebeurtenis


Enge gebeurtenis


Hier sit ek wat Scrapy is,aan die onderkant van die bult.

Ek gly toe onverwags omdat die skuinste nat was na die hewige reëndag.

Met haar moedermooi gesig sit die oerangoetang met haar arms om my gevou. Haar lippe klap-klap van simpatie. Sy vee die oker kleurige grondspatsels van my wange af.

My bril se lense is in duisend skerwe.

“Is dit ‘n komedie wat hier afspeel,” wonder ek so in my selwers.

“ Is ek besig om kens te raak?”

Hier sit ek toegvou in n makabere omhelsing. Dis ‘n resep vir ‘n geveg of ‘n bede. As die oeranoetang vrou agterkom wat sy omhels sal sy ‘n groot stuk van my kan kleim as ‘n ietsie vir haar leë maag.

Ek sou met graagte haar wou omhels om haar gevoel te isoleer.

My gedagtes skakel oor en ‘n engelekoor begin sing. Hopelik kan ek haar instink beinvloed om saam met Soma, die maangod, te vertrek, en my te los dat ek my lewenslus kan herwin.

Die ondervinding was finominaal en ek het my memo geskryf omdat dit my rede gegee het om n opvolg te kan skryf vir die enge avontuur.


oor die #Woorsnoer uitdaging: Het jy ook lus vir saamspeel? Skryf dit op jou blog. Gebruik een of sommige of al die woorde as inspirasie en onthou om die skakel te gaan plak by INLINKZ, waar jy ook sommer al die ander blogs kan lees.