Liewe Dagboek: Dag 31 Mei


Ek het gister vergeet om te vertel van wat gebeur het toe ek aanmeld vir my namiddag naskool sessie. Ek moet altyd by die kantoor aangaan om die register te kry en ook ‘n boekie waarin die name aangeteken word van ekstra kinders wat die middag daar gaan wees. Ons het die gewone daaglikse groep en dan die klomp aanhangsels. Hul is die kinders wat net so nou en dan na skool moet bly. Die ouers bel en boek die kinders dan in. Daar is natuurlik die ouers wat nie die moeite doen om te laat weet nie en dan het ons ‘n hele onderonsie met kinders, ouers en die kantoor dames. As ons nie weet dat die kind ingeskryf is nie kan hul nie verwag dat ons hul moet oppas nie. Dis waar die probleem dan inkom; kinders word die oggend aangese om naskool toe te kom en ons is nie regtig veronderstel om na hul te kyk as dit nie ingeboek is nie. Die kinders kan dit nie help nie maar ons voel party dae baie ongelukkig as ouers sulke dinge doen. Dis meestal ook dieselfde ouers wat dit doen, en die egste is nog dat dit ook die beheerliggaam ouers is.
Nou het ek afgedwaal van wat ek eintlik wou vertel oor toe ek by die kantoor kom. Die sekretaresse, die kleintjies se onderwyseres en ‘n klein seuntjie is besig om met mekaar te praat. Die seuntjie is totaal deurmekaar. Elke vraag wat die twee dames vra antwoord hy met ‘n:”No, no”. Hy hou sy een handjie vas en wil nie he dat die tannies na die armpie kyk nie. Hy bly vir alles: “No, noooo!” Ek hoor toe dat die kind in die klas geval het. Hy was totaal die kluts kwyn van onststeltenis en ek vermoed pyn ook. Hy wou nie op die bed sit nie, nie by die sekretresse bly nie, hy wil nie beweeg nie. Nes hy roer roep hy aanhoudend: “No, no.” Sekretaresse het die ma gebel en die sou kom om hom te haal. Ek het toe aangegaan met my werk.
Vanoggend het ek gevra wat verder gebeur het met die kind. Selfs sy ma kon niks met hom uitrig nie. Hy moes in erge pyn en aan skok gelei het. Blykbaar is sy armpie gebreek net onderkant sy elmboog. Arme dingetjie. Ek het lanklaas een gesien wat so geskok en verbouereerd was deur die omstandighede.
Die hele nag en vanoggend het dit steeds hard gereën. Die wind het ook amper ‘n mens van jou voete afgewaai. Hier is altyd meeue wat rondvlieg op soek na iets om te aas. Die wind het hul skoon weggewaai. Die Huttrivier was ook tot oorlopenstoe vol.
Dis’ n lang naweek hier. Die koningin se verjaarsdag word Maandag gevier al is dit nie regtig haar verjaarsdag nie. Die verkeer was van vroeg middag erg gewees met mense wat naweek gaan hou. Die weer gaan nie saamspeel nie. Daar word koue verwag en heelwat sneeu vir die Suid-Eiland. Ons gaan ook blykbaar goed koud kry more.
Ek het vanmiddag voordat ek skooltoe is eers my weeklikse skryfsessie bygewoon. Ons was vandag net vier gewees. Dis eintlik lekker as ons nie so baie is nie. Ons kan dan lekkerder gesels oor die stukke wat geskryf is.
Terwyl ons met ‘n bespreking besig was was daar ‘n harde slag en ‘n ou se knie breek deur die plafon. Gelukkig was daar nie mense wat om die tafel gesit het waarop die stukke geval het nie. (Ons doen die skrywery in ons plaaslike biblioteek.) Ek het die petalje gade geslaan. Die een man van my groep staan op om te kyk wat aangaan. Met die staan die groepleier(’n tannie van 93 jaar) ook op en stap reguit na die plek toe. Ek beduie vir die ander skryf vrou dat die ou dame nie onder die plafon moet loop nie vir ingeval daar verder stukke afval nie. Elkgeval, sy het dit aangemeld. ‘n Rukkie later kom die werker kyk wat die skade is. Die bibliotekaresse het ook kom kyk. Die ou was besig om iets te doen op die plafon toe hy te hard op sy knie gedruk het en sodoende die plafon stukkend gedruk het. Dit kon nogal ‘n dilemma afgegee het as daar mense aan die tafel gesit het en die stukke plafon op hul geval het.
Die middag se kinders oppas was nie te sleg nie. Hul kon darem buite woel en werskaf. Die weer het sommer vroeg verander.Dis ysig koud buite.
Ek gaan gou Trompie laat loop en dan lekker slaap. More is Saterdag en ek hoef nie vroeg op te staan nie.
Dit dan die laaste inskrywing vir Mei. Ek het dit gemaak, joegaai!

Advertisements

Liewe Dagboek: Dag 30 Mei


Image result for rain cloud

Die weer is heel omgekrap vandag.
Wind wat waai teen 100km per uur. Ek moes heeltyd my motortjie se stuur aanpas om nie van die pad af te waai nie.
Reën wat met emmers uitgegiet word; dan weer minder dat dit net motter. Nat is dit beslis.
Vanoggend se uitgaan was onplesierig. Soos dit ook maar is wil Trompie nie dadelik iets doen nie. Ons moet eers goed nat word voordat hy besluit – nou of nooit.
Die kinders moes baie vinnig loop en inkom om nie te nat te word nie. Skoene word aan die matjie afgevee en dan uitgetrek en hul kan hul boektasse ophang. Die buie wissel af van erg tot weer bietjie ligter. Die laaste twee dogtertjies wat op die PS4 gespeel het is nie haastig om uit te gaan nie. Die enetjie het nie ‘n reënjas nie(sy was vir ‘n week by haar pa gewees en ek vermoed haar reënjas was seker by haar ma)Sy staan en twyfel of sy moet loop en of sy gaan wag vir die ander dogtertjie. Ek jaag haar toe vinnig aan want die bui was bietjie minder. In die tussentyd is die ander dogtertjie besig om haar reënjas aan te trek. Sy sit haar boeksak op haar rug en toe moes sy eers sit om haar skoenveters vas te maak. Sy is een van die kinders wat vreeslik traag is om haastig te maak. Terwyl sy haar skoen vasmaak staan ek in die deur en se:
” Aaa reën, jy kan maar nog bietjie hard reën want Ella het nog nie haar skoen klaar vasgemaak nie.” Sy kyk my vreemd aan en bly met haar veter vroetel.
Die reën is bietjie minder en sy se:
”Ek het ‘n reënjas so dit maak nie saak as dit reën nie.” Nou ja, daar het ons dit nou. Gladnie gepla om vinnig te maak nie. Nou moet ek byse, hierdie Ella gee my party dae ‘n kramp waar ek dit nie wil he nie. Sy hoor maar maak of sy nie hoor of verstaan nie. Sy brom altyd oor ek haar so aanjaag.
Sy sal ook vinnig se:”Ek kannie!” of “Ek weet!” maar in die tussentyd doen sy niks. Ek ken haar van sy 5 jaar was(sy’s nou 8)en sy is steeds die steeks donkie as dit by dinge doen kom.

Image result for Simon Says


Vanmiddag se naskool was ‘n riller. Ons was oorbevolk in ‘n te klein klaskamer. Dis seuns en meisies van 5 tot 9 jaar. Daar was skaars plek om te beweeg(ek oordryf darem nou lekker.) Ons het 45 kinders gehad. Almal binne weens die slegte nat weer. Dit gil en skree, probeer hardloop en spring. Dit gryp mekaar. Gooi mekaar op die grond en val op mekaar. Dan is die ouer meisies besig om die seuns te tampteer met hul gegiggel en afloerdery. Dit was ‘n malhuis.
Ek was bly toe dit tyd was om huistoe te gaan. Dit reën katte en honde of eintlik meide met knopkieries(dis nie lelik bedoel nie)
Terwyl ek sit en skryf voel dit of die wind die huis wil omwaai of wegwaai. Daar is nou ‘n mal ou wat sy opgewarmde kar hier in die straat toets. Dit brul vir ‘n vale.

Ek sien die weervoorspelling voorspel nou koue vir die naweek. Sneeu in suide tot op hoogte van 500 meter. Ek dink die draai van die seisoen is nou baie naby.

Daars hy, my tweedlaaste skryfsel is geskryf vir die maand van Mei.
Bedtyd vir my en Mr T.

NS: Die motortoetser gaan nog probleme optel as hy so brul en jaag in die nat weer. Hy dink seker die polisie gaan hom nie vang nie.

Liewe Dagboek: Dag 28 & 29 Mei


Gister is verby sonder dat ek by skryf kon uitkom.
Die naskool was heel rustig. Daar was net so 25 kinders wat dit lekker beheerbaar gemaak het. Dit was nat en die kinders moes binne bly. Klein Jesse, 5 jaar, was natuurlik uit sy kassie. Dit hol en spring en raas. Skielik besluit hy om die bank te skop. Sommer net omdat hy dink dis cool.
Ek vang hom met die volgende skop: “Wat dink jy doen jy?”
Ek het nogal hard en half kwaai gepraat. Arme kind het dit nie verwag nie. Hy staan met groot oë wat begin waterig raak en kyk vir my. Ek kon nie help om te lag nie. Gelukkig het ek my pose gehou en mooi verduidelik dat dit nie gedoen word nie. Jesse kry sulke bevliegings. Hy kan met tye sy tas vat en dit met geweld neersmyt en dan daarop spring. Ek vermoed daar is baie opgehoopte frustrasies in die klein lyfie.

Image result for child with broken arm drawing


Gister oggend, met middagete’ het die woelige ander 5 jarige seuntjie sy arm gebreek. Die ambulans moes hom kom haal. Die arm is blykbaar sleg gebreek. Die been het eenkant uigebult. Die ou was eergister al baie rof met sy spelery op die glyplank/baan. Hule vat hul truie of baadjies en dan gly hul daarop by die glyplank af. Dan is dit meestal nog drie of vier seuntjies gelyk ook. Geen wonder daar het toe nou uiteindelik iets ernstigs gebeur. Ek is net bly dit het nie die middag in ons sessie gebeur nie.


Vandag 29 Mei het die onderwysers gestaak.
Daar was nie voor en na-skool nie. Die laerskole en ‘intermediate’skole was almal gesluit. Sowat 50 000 onderwysers het in strate betoog. Alles gaan oor meer onderwysers en onderwysers hulp; asook hulp met die onderrig van spesiale hulp leerlinge. Verhogings is ook ‘n klein deeltjie daarvan. Dit gaan egter werklik oor die oorlading van onderwysers.

Vanoggend het ek bietjie later opgestaan. Gisternag het die wind baie gewaai en daar was ook baie harde reënbuie gewees. Toe ek die gordyne oopmaak was die lug so blou en skoon as kan kom. Dit was beslis amper ‘n somerse dag. Ek het ‘n kortmou bloes aangehad vir die hele dag. Nou is dit weer kouer, so 8 pm vanaand. Verder het ek nie veel gedoen nie. Ek het darem my Rebusfontein storie geskryf voordat inlinks sluit.


More is die tweede laaste dag van die maand se dagboek inskrywings. Ek gaan beslis ‘n glasie klink as dit verby is.

Liewe Dagboek: Dag 27 Mei


Die lug was redelik bewolk vanoggend. Die temperatuur was 16 grade wat beslis ongewoon warm is vir amper einde Mei. Dit voel half lente! Die voëltjies het sommer vroeg heerlik gesels wat ook ongewoon is. As iemand nou nog nie glo in “Global Warming” nie dan moet hy sy kop laat lees. Hierdie weer is beslis nie normaal as mens dit so kan noem nie.


Donderdag het ek ‘n fiets langs die pad gekry wat verniet weggegee word. Ek het gedink dit sou ‘n lekker fietsie vir Bea wees. Bertus sê toe dat dit minstens nog drie jaar sal neem voordat sy dit sal kan ry. Ek het die fiets toe vanoggend saamgevat vir gebruik deur die voor- en naskool kinders. Dit was nogal ‘n hele opwinding. Twee ouer seuns het gehelp om die fiets uit te laai. Hul het sommer dadelik opgeklim en beurte gemaak om te ry. Ons het reeds twee fietse wat aan ons geskenk is in die begin van die jaar. Nou is daar drie wat gelyk kan ry.
Na my oggend sessie het ek gaan kyk vir n lekker jas vir die winter. My klere is regtig verby hul dra tyd. Die jas moet ook lank genoeg wees om my bobene toe te maak in die koue. Dis waar ek die koudste kry. Nadat ek na ‘n winkel gegaan het wat redelik goedkoper jasse ingekry het, het hul nie my grootte nie. Toe gaan ek maar na ‘n duurder winkel en sien toe alles is ten minste 25% afgemerk. Daar was gelukkig iets waarvan ek gehou het. Ek besluit toe om maar oë toe te knyp en dit te koop. By die betaalpunt besluit my bankkaart om nie die transaksie te doen nie want… raai wat? My geld van die skool was nog nie inbetaal nie. Dit het nog nooit gebeur dat my kaart nie aanvaar is nie. Ek was half ongemaklik. Gelukkig kon ek reël om die jas more te kry. Die betaling het toe eers na een deurgekom. Ek het maar nie brood en melk gaan koop nie vir ingeval dit steeds nie deurgaan nie. Noudat ek daaraan dink, ek het nie melk om vir my warm sjokolande te maak voordat ek gaan slaap nie. Gladnie goed nie!


Vanmiddag was heel bedrywig gewees. Kinders was baie lawaaierig. Vroeg in die middag voordat die skoolbus nog gery het, het ek sirenes gehoor. Dis egter niks ongewoon nie.
Later die middag kom ‘n ma daar aan en vra of ons weet wat aangaan ‘n entjie af in die straat. Daar is seker vyf polisiemotors en twee ambulanse. My supervisor het gaan hoor of iemand iets weet. Die radio het blykbaar gese dat ‘n “mongrel mob” lid papgeslaan is en langs die pad afgegooi is. Wat ‘n opwinding, voel soos die wilde weste.
Ek het vir my “fish and chips” gekoop vir aandete en beplan om betyds in die bed te klim.

NS: Liewe Rambo, ek voel van de naweek af weer baie beter. Wil nou nie te gou bly raak nie maar ek dink die klippertjies het hopelik uitgekom.Daar is nie meer so ‘n erge irriterend gevoel nie.
Dankie vir al die ondersteuning van jou en jou Ma se kant. Lekker soppie lekke vir julle.

Liewe Dagboek: Dag 25 & 26 Mei


Saterdag 25 Mei was ‘n besige dag gewees.
Net voor agt opgestaan; gestort; pap geëet en eerste bondel wasgoed in wasmasjien gesit.
Trompie geloop. Bertus wou die oggend kom werk aan sy “bordjies” maar laat weet hy gaan die oggend “design”werk doen. Ek het drie bondels wasgoed gewas.
Om twee uur moes ek ‘n vergadering bywoon en ‘n vriendin het voorgestel ons gaan eet eers middagete saam. Ek het Bertus ook genooi. Dit was ‘n baie gesellige ete gewees. Ek en my vriendin het skaapskenkels met broccoli, aartappelwiggies en kapokaartappels gehad, met ‘n mint sousie. Bertus en my vriendin het heerlik geskiedenis gesels. My vriendin was ‘n verpleegster en later ‘n teater suster by ‘n privaat kliniek. Dit was ‘n plek waar kinders met haaslippies geopereer is deur ‘n vroue chirurg wat in daardie jare gladnie erkenning vir haar werk gekry het nie. Omdat my vriendin so nou saam met die dokter gewerk het, het sy waardevolle ondervinding opgedoen. Sy het alles in ‘n boek gepubliseer. My vriendin is al drie en tagtig en het twee naweke terug ‘n ander boek oor die skool waar sy skool gegaan het in Petone gepubliseer.
Na die ete is ons na die biblioteek waar die vergadering was. Dit was ‘n TimeBank vergadering waarin ek nie rerig veel belangstel nie. Die probleem is daar is so min belangstelling dat ek elke keer weer besluit om nie weer te gaan nie maar op einde doen ek dit tog telkens weer. Ai, dis n pyn as ‘n vergadering net uit komiteelede bestaan wat alle voorstelle doen en dit dan sekondeer en goedkeur.
Die vergadering het so kwart voor vier klaar gemaak. Ek was bly om weer met ‘n klompie van my ou vriendinne te kon gesels. Ek is ‘n lid van TimeBank van hul begin het in 2012 en daar is ‘n klompie wat ook nog steeds lid is.
Toe ek tuis kom was Bertus in die garage besig. Ek het aandete vir ons gemaak. Bertus is na ete huistoe. Ek het toe ‘n movie gesit en kyk tot so tien uur. Anne with an E, is die fliek. Dit is n vervolg storie op netflix. Ek het nog nie al die episodes ingehaal nie.
Sondag 26 Mei het heel rustig begin. Bertus het kom werk. Hy het my middagete gestick. Ek het na die tyd ‘n lekker middagslapie ingekry. Ek het toe 13 panele klaar gemaak en Bertus het hul kom kry om more weg te vat om gesoldeer te word.
Nou kyk ek Pirates of the Caribbean:The curse of the Black Pearl(wat my nou verveel en ek gaan nie klaar kyk nie)

Bedtyd, more begin weer ‘n nuwe week.

Liewe Dagboek: Dag 24 Mei


Nog ‘n dag is verby.
Ek kannie glo dat week ses van die tweede termyn reeds verby is nie. Daar bly nog vier weke oor dan is dit die Julie vakansie. Die onderwysers is ernstig besig om die kinders te evalueer. Die ouers word dan een vir een ingeroep, kommentaar word gelewer en bespreek. Ouers en onderwyser besluit saam of kind na volgende klas aangeskuif kan word en of hul dink hy/sy moet nog ‘n maand of so in selfde klas bly.

Die stesel hier is nogal heel anders as in SA.
Kinders gaan skooltoe sodra die kind vyf geword het. Byvoorbeeld Jannie verjaar 20 April en dan begin hy/sy hul skoolloopbaan. Die jaar is ook in twee gedeel. Die eerste deel word einde tweede termyn afgesluit met ‘n aanskuif na ‘n volgende klas. Dieselfde geld vir aan die einde van die jaar. Baie word in ag geneem; hoe kind reageer op verskillende vaardighede en ook op inligting wat hy op die einde onder die knie moet hê voordat hy/sy aanskuif.
Die klasse bestaan ook uit twee jare se kinders met twee onderwysers in een klaskamer.
Beginners klas skuif aan na jaar een klas.Die skuif kan enige tyd gedoen word sodra die 5-jarige gereed is om werklike skool te begin. Jaar twee is op hul eie. Jaar drie en vier is in een klaskamer en die seniors, jaar vier en vyf, is saam in klaskamer. Hier is drie skool afdelings. Primêre skool, intermediêre skool en kollege.

Stella en Bea het die naweek by ander ouma en oupa gaan kuier want dis Oupa se verjaarsdag. Hul kom weer Maandag terug.

Vrydae het ek my skryfgroep in die biblioteek. Dit was ‘n lekker kuier. Ek het die stuk wat Trompie geskryf het in Engels vertaal en die ouens het dit baie geniet om te hoor wat hy alles te sê het. Daar word toe aanbeveel dat ek ‘n kinderboek moet skryf met al die dinge wat Trompie ondervind. Ek het toe vertel dat ek lankal sit en broei oor die stories van Trompie as die hoof karakter. Ek het al heelwat nagelees en uitgevind oor hoe om kinderboeke te skryf en te illustreer. Ek sal sekerlik daarby uitkom sodra ek minder werk het om te doen. Dit vat baie tyd en aandag om ‘n boek te skryf en saam te stel. My memoir is ook nog hangende. Ek het my laerskool deel al soort van gedoen en moet nog die hoërskool en verdere opleiding doen vir my tweede boek.
Ek sien uit na die naweek om bietjie uit te rus.

O, en ek het toe gister niks gebrei nie. Hopelik kry ek die naweek kans om klaar te maak.

Liewe Dagboek: Dag 23 Mei


Vandag het heerlik uitgedraai. Dit was eers maar goed koud. Die son het die hele dag heerlik geskyn.
Donderdae, is my by die huis bly oggend van die week. Ek het die pakkies gepak en Bertus het dit die namiddag kom haal om te pos.
Ek het verder die hele oggend gesit en Trompie se dagboek inskrywing in Engels vertaal sodat ek dit more vir die skryfgroep kan lees. Dit het my twee en ‘n half uur geneem om te vertaal en te herskryf sodat dit ten minste leesbaar is.Party dae wonder ek of ek so stadig is en of dit regtig so baie tyd vat om ‘n stuk in afrikaans na Engels oor te sit. Die stuk het 1145 woorde of twee A4 bladsye.
Die naskool was goed besig. Die een helper was weer siek terwyl my supervisor gekla het dat sy ‘n slegte maag het en net gaan hol as sy moet.Alles het darem nie te sleg afgeloop vir vandag nie.
Nou gaan ek rustig nog n uurtjie sit en Grand Design UK kyk en hopelik my voorpant se nek klaar brei. Kannie wag om my oortrek truitjie aan te pas nie.

Liewe Dagboek: Dag 21 & 22 Mei


Toe skip ek weer ‘n dag. Gister was egter heel rustig en sonder verdere voorvalle. Ek het ‘n teetjie met my Dinsdagvriendin gaan drink. Ons kuier altyd heerlik vir ‘n uurtjie. My vriendin is nogal vol fiemies as dit by haar koffie smaak kom. Meeste van die tyd hou sy nie van die koffie wat in die verskillende plekke aangebied word nie. Met dit in gedagte kuier ons van een kafee/koffieshop na die volgende. Die laaste paar Dinsdae het ons by MaC Donalds gaan drink omdat ons die drinkgoed gratis kry met ons “Gold cards”. Jy moet net iets anders koop soos bv ‘n broodjie of n muffen wat ons dan ook doen. Die probleem was hul het nie juis ‘n keuse van eetgoed nie. Ons het maar telkens die wortel en neute muffen gevat omdat dit al was wat darem nie te soet was nie. Gister het ons egter na ‘n ander koffie plek gegaan. Dit is deel van ‘n mans haarkapper. Die tee/koffie en savoury muffen was nie juis iets om liries oor te raak nie. Ek glo nie ons sal weer soontoe gaan nie.
Vandag 22 Mei was weer nie te sleg nie!
Dit het vroeg oggend gevoel of ek by die see is. Dit was nie koud nie. Bewolk en so ‘n regte see-klammigheid in die lug.
Woensdae is dit tyd vir “Time Bank” se teedrink by die Mayfair kafee. Ek doen dit nou al vir die afgelope sewe jaar om so saam met ‘n klompie mense te gesels en te kuier. Baie het al gekom en gegaan. Ek is maar een van die weinige gereelde kuier ouens. Buite die kafee, op die stoep, is daar ook ‘n groep vroue wat soggens ‘n koffietjie drink en ‘n sigaretjie rook. Ek gesels ook eers met hulle voordat ek ingaan na my groep toe.Dis ‘n groepie uiteenlopende persoonlikhede. Een is n oud honde-afrigter wat wolfonde gehad het. Ander een is in ‘n rystoel wat Multiple scleroses het en sy het ‘n oppasser wat haar rondry. Nog een is ‘n deftig gekleede dame wat ‘n hart van goud het. Baie innemend en simpatiek. Ook ‘n jonger vrou wat nuut is wat n “ongeskikte” hond het wat net teen my wil opspring en probeer om my te domineer.
Ons naskool is Woensdae meestal baie besig en vanmiddag was nie anders as voriges nie. Kinders krioel en hardloop, ry met hul scooters en gil en skree. Dis egter goed. Hul raak ontslae van hul energie.
Wat egter die lekkerste vandag was, was dat Bertus vir die derde aand met Bea ‘n draaitjie hier kom maak het. Hy het net van sy parte kom kry. Terwyl hy garage toe is het ek en Bea bietjie gekuier. Ons het vanaand ‘n storieboek gekyk. Een van die stories was”There’s a hole in the bucket” Liza is ‘n vet eend en Henry ‘n bokkapater.
Toe die twee wou ry het hul Bea se poppie vergeet. Ek het hom gou vir haar gaan haal. Gemaak of hy vreeslik huil en na sy Mamma verlang(amper het ek Bea toe ook aan die huil gehad)
Die lekkerste lekker was toe Bea se: “Bye-bye, I love you!”
Dit doen my ou moeder hart goed om sulke liefdetjies te beleef.

Liewe Dagboek: Dag 18 Mei, Trompie vertel.


Liewe dagboek: Trompie gaan vandag vertel van wat hy alles beleef op ons omswerwinge in die omgewing. Einde Maart 2018 het ek en Trompie in ons nuwe blyplek ingetrek. Dis ongelooflik hoe die tyd vlieg. Ons moes weer van vooraf aanpas en nuwe vriende maak. Trompie is so uitreikend dat mense hom net nie kan ignoreer nie. Hy weet presies wat hy met wie en wat om te doen. Vriendelik wees, ignoreer of storm en gryp.
Trompie skryf:
Dankie, my liewe ma, vir die geleentheid om ‘n bietjie te verduidelik hoe die daaglikse lopies hier verloop. Ek dra die stuk spesiaal op aan ‘n nuwe vriend met die naam van Rambo. Hy is ‘n ToyPom wat ook sy lewe saam met sy liewe Mamma beleef.

Ook vir al die Towerinne wat my Ma so opgebeur het gedurende die paar dae wat sy in ‘n krisis was. Ek het haar met valkoë dopgehou en gesien sy was baie ontsteld. Gelukkig lyk dit of ons weer in kalmer waters vaar.
Hier gaan ons dan nou!
Vroeg oggend loop ons net ‘n vinnige blok om. Ons ontmoet al die vriendelike tannies by die busstop wat wag vir die bus om Wellington toe te gaan (6:40 vm) Hul vra altyd hoe dit gaan en gee my so ‘n krappie of twee. Entjie verder is daar n groot fris jonger tannie wat vir haar geleentheid wag. Sy gee my ook altyd ‘n vinnige krappie. Sy werk by ‘n mindergegoede kinder-versorgsentrum. Dan is dit met ‘n vinnige stap huistoe.
So teen 8:45vm kom Ma by die huis en gaan ons vir ‘n lekker langer loop. Die roete wat ons meestal neem gaan ek beskryf! Eers my leiband om die nek, poo-sakkies in Ma se sak en weg is ons. Ooo, moenie die sleutel vergeet nie want dan sit ons buite!
Ons draai meestal regs uit die hek; ek wil baie kere links draai maar Ma laat ons eerder regs draai omdat as ons links draai ons verby die skool moet loop waar kinders aankom vir die begin van die dag. Ek hou nie van hul lawaai en gestorm nie.


Die pad is twee bane met ‘n middelman in. Dis so gebou omdat dit op die sogenaamde Wellington fault-line gebou is. Die middelman gee geleentheid vir beweging sodat die pad nie maklik verbrokkel gedurende ‘n aardbewing nie. Elke geval, ek wys meestal vir Ma of ons reguit moet loop, en of ons moet oorgaan na die anderkant van die dubbel straat. Hier is n foto van hierdie kant van die straat.

Oorkant is die plasie waar daar skape wei wat ek met tye groet. Vandag het ons oorkant toe gegaan.
Volgende kom ons by die eende Tannie. Sy kom gereeld om die nuutste stories te vertel oor wie wat doen. Die eende was nog bietjie slaperig vanoggend. Ek sou nogal ‘n jaagie wou inkry maar Ma hou my altyd in.


Twee huise verder is daar ook ‘n huis waar eende hul tuis gemaak het. Hulle het afgeskei van die hoofgroep. As ek die kans kry bestorm ek hul net gou-gou om hul te wys hul moenie so naby die sypaadjie kom nie.
‘n Paar huise verder woon daar ‘n issigrimmige wolfhond. Hy sal my sommer doodbyt as hy die kans kry. Gelukkig is hy meeste van die tyd in die huis. Op die hoek kom ons ‘n ou Oomie met n knorrige klein brakkie teë. Sy wil sommer met my baklei die klein pes. Ek draai net my rug op haar en loop weg.
In die volgende blok is daar ‘n Staffie wat meestal vir my staan en wag. Hy wil altyd net gou hallo se en ek het meestal nie lus daarvoor nie. Ma roep my altyd terug om hom te gaan groet. Meeste van die tyd as ons by die staffie verby is loop Mark, met twee vet ou logge bulhond tipes. Mark is altyd baie vriendelik maar die twee honde hou nie van my nie. Hul wil my net gryp as ons aan dieselfde kant van die straat loop. Hul is netso oud soos ek maar hul loop en lyk soos twee stokou honde. Daar is ook ‘n Omie wat ‘n hartaanpasser het wat altyd baie vriendelik is. Ma en hy ruil altyd ‘n paar nuwe gedagtes uit. Hy loop elke dag die drie km dorp toe en weer terug om fiks te bly.
Die volgende straat het net in die begin twee wolfhondtipes wat altyd blaf. Ek wil egter nie rerig nader gaan nie want hul is nie te vriendelik nie. Sodra die twee begin blaf gaan ‘n hond wat binne opgeluit is mal te kere aan die anderkant van die straat. Dis net te erg.
Daar is dan ‘n stuk met geen ekstra opwinding nie. Net hier en daar ‘n kat wat buite sit en vir my weghol. Die volgende straat het ‘n Omie wat, in sy Campervan, voor ‘n huis parkeer. Hy het ‘n Australiese Silky wat gereeld vir my blaf in die van. Party dae loop sy buite dan kan ek behoorlik met haar kuier. Soms kom ons ook Ma se Supervisor en haar man met Jimmy teë. Hy is n Griffen en baie outgoing en wil net spring en klim.
‘n Tannie met net nog ‘n paar tande in haar mond met twee swart groterige brakke kom ook gereeld verby. Die twee is netso issigrimmig en Ma hou my maar weg van hulle af terwyl sy my die Tannie praat.
Vanoggend het ons ook weer ‘n ou Omie teegekom wat twee tipe toy-poms het. Hul is heel geleerd. Hul is nie aan ‘n leiband nie maar luister baie mooi na hul baas. Ek se hul hallo en ons loop verder.
Terug in my straat is daar ‘n huis met ‘n bullmastif. Hy storm altyd die hek en as ek nader staan hol hy weg! Sy Ma se hy is vreeslik bang van aard. Langs die boel woon daar twee amper wit vegboel-tipe honde. Ek is maar skrikkerig vir hulle. Een storm meestal die draad terwyl die andereen net soetjies nader sluip. Hul kom gereeld uit en Ma is baie bang vir hulle want die eerste keer wat hul uitgekom het wou hul my aanval. Gelukkig was daar ‘n andr hondetannie wat hul aandag afgelei het en kon ons veilig wegkom.
Die laaste is die bure se kat wat ‘n regte boelie is. Sy wil he Ma moet haar streel en as ek naderkom bestorm en klap sy my. Eks maar skrikkerig vir haar. Dis onder andere ook sy wat my tuin as haar toilet gebruik. Die bure het wraggies vier katte en ‘n hondjie wat altyd blaf om terug in die huis te kom na hy geëet het.
Maggies dit was darem ‘n lekker lang gesels gewees. Hoop nie jul het aan die slaap geraak nie!
Groete aan al Ma se geliefdes. ‘n Klomp lekker lekke en High Paws aan julle.

Liewe Daboek: Dag 17 Mei


Sjoe wat n dag was dit nie gister nie!
Net eers ‘n groot DANKIE aan al my liewe vriendinne wat saam met my geween en tande gekners het gister. Jul weet nie hoe goed dit my gedoen het om al jul liefde en ondersteuning te ondervind nie. Gelukkig het die ander hulp-personeel saam met my gevoel en kon ek my in hul simpatie en meegevoel koester. NOG WEER BAIE DANKIE en lief jul almal.

Na my ongelukkige ervaring gister het daar nog dramas die middag gebeur.Die stoute E is uit naskool en voorskool verban vir twee weke wat Maandag begin. Dit gaan ‘n heerlike twee weke wees so sonder hom. Die beste van alles is sy maatjie is toe ook uitgesluit vir twee weke want die het Woensdagaand homself so wangedra toe hy moes huistoe gaan dat hy sy derde skriftelike waarskuwing gekry het.
Toe ek gistermiddag by die skool kom het ek gevoel om sommer ‘n uur af te vat en net te gaan shop. Ek het dit toe gereël maar dit toe nie gedoen nie want ek het nie geweet van die ander kind se wegwysing nie. Toe ek oppad uit was om te reël vir uur se afgaan het die kind se pa aangekom om die kinders op te laai. Terwyl ek met sekretaresse reël in die kantoor het die pa blykbaar my Supervisor aangeval en haar sleg gese dat die see haar nie kan afwas nie. Hy is toe weg. Toe ek terugkom om te se van uur af, vertel die supervisor my wat gebeur het en dat die kind so onhebbelik was die vorige dag. Ai, toe gaan my hart uit na my Super en se toe dis “okay” ek sal bly. Sy moenie worry nie. In die tussentyd is die ander hulp daar uit met haar hande in die lug en se sy het genoeg gehad van alles.
Sug… Wow, wat n middag. Gelukkig kon ek weer sterk staan en aangaan.

Vanoggend het ek heel verlig opgestaan. Dit was asof ‘n las van my skouers af was. Ek dink al die Toewerinne se ondersteuning het my weer laat opstaan en aangaan.Selfs my seun het ook meegevoel gehad wat ek ook waardeer.
Die kinders was maar hul woelige self. Daar is egter ‘n verskil tussen woelig en die manier van gewelddadig op te tree teenoor ander.
My oggendlopie was heel lekker. Ek het met die eende vrou gepraat en ‘n paar gedagtes uitgeruil. Ek gaan nog, sodra ek niks het om te skryf nie, vertel van al die mense en diere wat ek elke oggend langs die pad kry. Ons weet presies waar wie bly en wanneer watter honde vir ons gaan blaf.
Vanmiddag gaan ek ‘n uur langer werk omdat my Supervisor na n vakbond-uiteet-vergadering moet gaan.
Tot dan toe, soos my Ma altyd gese het: Hou de moed der maar in!