Toeka-Tokkel – 18 : Versameling/ versamelstuk


Goeie more alger!

Die tyd hardloop heeltemaal te vinnig. My dae het die afgelope tyd nie genoeg ure nie.

Die nuwe onderwerp of uitdaging is

VERSAMELING/VERSAMELSTUK

Ek het die volgende verlede jaar vir my Engelse skryfsessie geskryf.

Moes n hele paar regstellings maak om dit in Afrikaans oor te sit.

Om te versamel loop in my familie. Dit is al waaraan ek kan dink hoekom ek altyd alles wil versamel.

My  een oupa het ‘n sigare-winkel gehad. Ek onthou dat my ma altyd die sigare bandijes bymekaar gemaak het.My moeder was die een wat altyd alle vorme van kaarte of prente wat by verpakkings  van voedsel ingesluit is, bymekaar gemaak en dit dan in boeke geplak het.. Daar was wilde diere-, voëls-, plante- en edelsteen kaarte. Daar was ook boeke of albums  waarin hierdie kaarte geplak kan word. Soms kon mens n hoeveelheid kaarte bymekaar maak en dan n gratis album kry om dit in te plak.. Op 84 het sy nog steeds kaarte bymekaar gemaaak. Ek het die laaste boek wat my ma gemaak het saamgebring , sy het my gesê dit is vir my seun. (My seun wat reeds ‘n volgroeide jong man is!)

Ek is ook ‘n versamelaar. Ek het Suid-Afrika se seëls versamel. Dit is ‘n volle versameling van 1946 – 2000.

Ek het versamelings van brei en hekel patrone uit tydskrifte. Alles ingeplak  volgens winter / somer, kort / lang moue, swaar / ligte gewig wol of hekelgare.

Terwyl ek nog in die skool was het ek al die mooi filmsterre versamel wat ek in die hande kon kry. Ek het die gewildstes teen my slaapkamer muur geplak(tot my ouers se ontsteltenis). Een kant film sterre, die ander kant diere.

Ek het ook nog ‘n (helse)groot versameling uitknipsels van tekeninge en foto’s wat ek kan gebruik vir eninge-iets onder die son. Raai wat? Ek het alles met my na Nieu-Seeland gebring. Ek kon dit nie oor my hart kry om alles weg te gooi nie. Die hemel weet wat ek met alles wil doen. Miskien eendag, as ek na ‘n enkel- kamer aftreeoord  trek, sal ek ontslae moet raak van alles. Tot dan is ek gelukkig om my versamelings by my te hê. Elke nou en dan grawe ek daarin  en daar is  altyd n “nuwe” interessante knipsel wat ek weer opnuut waardeer.

Die beste geplakte versameling is my plakboeke vol dieregedrag inligting. Dit is in Afrikaans en ek sal dit seker maar in my testament moet skryf dat dit saam met my begrawe moet word!(Tong in die kies!)

Ek/mens is nooit te oud om iets nuuts uit my versameling te leer nie.

Verlede week se diere het weer n paar goeie beskrywings opgelewer. Baie dankie aan jul almal vir die bydraes, ek waardeer dit baie.

Ek wil begin om rondomtaliedraai se stuk oor voëls hier te plak. Dis nie alles in Afrikaans nie maar dit is steeds Afrikaanse voëls wat sy self afgeneem het.

https://rondomtaliedraai.wordpress.com/2015/04/19/voels/

Kameel wil nie weer n troeteldier hê omdat daar tog maar hartseer aan verbonde is ….

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/22/diere-trane-en-dies-meer/

Herriemerrie het baie interessante ding te vertel oor skeepskatte…

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/04/22/toeka-toekel-skeepskatte/

Toorts en die bobejaantjie wat gevang word!

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/23/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-diere/

HOE DIT WERK:

1. Skryf lekker Afrikaans.

2. Noem my pos in jou skrywe en gee n skakel hierheen sodat ander ook kan lees waaroor dit gaan.

3. Skryf en plak jou skakel in by my kommentaar sodat ek en ander ook by jou kan kom draai.

Geniet dit.

Volgende onderwerp is

19.  HUIS

Advertisements

Toeka-Tokkel 17 : Diere


Welkom by nog n Toeka-Tokkel aflewering.

Almal is welkom om deel te neem aan ons heerlike weeklikse skryf-sessie.

Hierdie week gaan dit oor      DIERE       enige iets oor diere is goed genoeg.

Ek sien julle!
Ek sien julle!

Hier is n stukkie  uit my dierelewe wat my baie na aan die hart lê:

Op die einde het ek hul vertroue gewen

Vandag, toe ek gaan sit en terugdink aan hoeveel keer ek diere se vertroue gewen het, kon ek aan n hele paar kere dink.

Die eerste keer wat in my gedagtes opgekom het was in 1970.

My ouers het ‘n melkbokstoet gehad. Die naam van die stoet was Hil-sum, na Hilversum waar ons gebore is vernoem. My ouers het my gehelp om ook n eie stoet op te bou. My eie lyn van melkbokke!My stoet naam was Candida, wat wit beteken. Die bokke was Saanens en hulle is altyd wit.

In 1970 het ons twee ooitjies van ‘n bekende melkbokboer naby Britstown in die Kaap bestel of bespreek. Ek en my Pa het n lekker lang-naweek van die rit gemaak om die tweetjies te gaan haal. Ons het naby Pretoria gebly en dis nogal n hele ent se ry om daar te kom. Ons het ook sommer ‘n paar van die melkbokboere ontmoet. Ons het heerlik bok gekuier die naweek.

Die twee ooie, Collet en Karoo, was nog baie jonk en wild. Niemand het hul nog eintlik hanteer nie. Die aand voordat ons  hulle  gelaai het, is hul in n skuur  naby die huis gesit vir die nag.Toe ons die volgende oggend in die skuur kom was hulle baie wild en het aanmekaar weggehardloop . Ek het stadig nader en nader gegaan en saggies met hulle gepraat. Hul het heeltemal bedaar. Ons kon hulle optel en in ons bakkie laai sonder enige geskop en gespartel.

Die boer het gesê dat hy nog nooit iemand gesien wat wilde diere so gekalmeer het nie.

Collet was ‘n baie senuweeagtig en puntenerige ooi. Na die geboorte van n lam sal sy bv begin om aan die ore en stert te kou. Ek moes altyd ‘n ogie hou oor haar nadat sy gelam het. Die lammers moes weggevat word en kon slegs by haar wees terwyl hul drink. Selfs dan sou sy steeds probeer om hul sterte te kou. Karoo aan die ander kant was ‘n kalm en liefdevolle moeder vir haar lammers.

Daar is heelwat meer staaltjies wat ek kan vertel oor die bokke.

* * *

Ek het dieselfde uitwerking op onbekende honde of ander diere. Hul reageer meestal op dieselfde manier as die bokke.Dit blyk dat ek ‘n kalmerende uitwerking op hulle het. Ek het die geduld om hulle te wen  en te kalmeer  sodat dit maklik is om hul te hanteer.

(Bygesê perde uitgesluit. Ek is en bly net bang of skrikkerig vir hulle en dit is beslis nie n goeie ding nie)

* * *

Ten laaste

Nog ‘n kort storietjie oor my oorlede man wat my hondekind moes wen.

Toe ek begin uitgaan met my  toekomstige man, het ek ‘n 6 maande oue Scnauzer hondjie genaamd Dixie gehad. Sy was natuurlik net gewoond aan  my en het nie regtig wou kennis maak met die “vryersvriend” van my nie. Ek dink sy wou my net  beskerm  of miskien was sy maar bietjie  jaloers en bang ook. Toe my man my gevra het om te trou was my antwoord:

“Ja, op een voorwaarde. Driekwart van my sê ja en sodra  jy  Dixie se kwart gewen het, kan ons trou! ” Op die ou end het dit toe gebeur! Hy het haar oortuig dat hy goed bedoel na vele kere van bedel en mooi praat!

Nou is dit jou beurt om te vertel.

Daar is nie streng reëls om deel te neem nie.

1. Skryf in Afrikaans en geniet dit.

2. Noem my blog in jou stuk en plak my skakel in om ander na my blog te bring.

3. Plak jou skakel in by my kommentaar en siedaar. Afgehandel.

Almal wil graag lees wat jy vertel. Kom deel asseblief. Nuwe tema is VERSAMEL/VERSAMELSTUK

Die volgende ouens het weer lekker saam gekuier oor Inry-teaters.Gaan les gerus. Baie dankie aan jul ouens wat deelgeneem en gedeel het.

Toorts vertel hoe bang sy as klein kind was vir die lawaai in fliek, ook n inry fliek met vryers op agterste sitplek

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/13/toorts-se-toeka-tokkel-oor-inryflieks-en-sommer-flieks-ook/

Kameel wat sommer verlief geraak het op Elvis en die lekker kerrie en rys wat hul uitgedeel het

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/15/lekker-ou-inrydae/

Olga wat amper gemis het omdat die lyne nie gewerk het nie. Sy onthou die afrikaanse flieks en die popcorn..

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/04/14/toeka-tokkel-baie-inryteaters/

Herriemerrie het nounet ingeskryf. Gaan eers gou daar kyk en lees en dan hier klaarmaak. Sy het nie veel ondervinding van inry nie.

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/04/16/toeka-tokkel-inry-teaters/

Tot volgende week!

Toeka-Tokkel 15: ERFSTUK/KE


Hier is ek weer met my Rooirok voor jou deur!  Dit is sowaar al April, waar vlieg die tyd heen.

Hierdie week se Toeka-Tokkel gaan oor

ERFSTUK/KE

Voordat ek my eie stuk skryf net die volgende:

1.   Die volgende weke se temas is :   16.  Inry-teater

                                                            17. Diere

                                                            18. Versamel/versameling

                                                             19. Huis

2.  Almal is welkom om deel te neem. Ons skryf hier lekker Afrikaans. Kuier oor en weer en geniet dit.

3.  Noem Toeka-Tokkel en gee n skakel of verbinding hierheen deur jou pos in my kommentaar te plak.Die sogenaamde piengbacks werk uitstekend.

Die volgende persone het weer lekker saam geskryf. n GROOT DANKIE aan jul almal. Sonder julle sal dit maar vervelig wees.

Toorts het lekker gekuier oor haar liefdesverhale en skooldae van lees

 https://toortsie.wordpress.com/2015/03/30/toorts-se-toeka-tokkel-oor-boeke/

Dis Ekke wat te vroeg gebore is en tog geniet om boeke te hê..

https://hesterleynel.wordpress.com/2015/03/30/ek-is-n-halfeeu-te-vroeg-gebore/

Kameel wat haar boeke verbrand. (En ek kry nie die verbrande skakel ingesit nie!)

https://toortsie.wordpress.com/2015/03/30/boeke-in-die-asdrom/

Herriemerrie wil/kan n boek skryf oor alles…

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/03/31/toeka-tokkel-skryf-n-boek/

Olga skryf oor hoe sy graag die boeke in bib sal wil regskuif…

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/04/01/toeka-tokkel-boeke/

Woeste woorde is nuut en sy het heelwat te vertelle oor haar boeke en liefde daarvoor

https://kempenhanli.wordpress.com/2015/03/26/boeke/

Daars hy, nou kan ek met my storie begin:

ERFSTUK/KE

Verklaring van erfstuk:

Iets kosbaars wat van generasie na generasie oorgedra of geërf word.

Ons het almal klein of groot geërfde items of stukke. Dit is meestal waardevol vir die persoon wat dit gekry het. Daar is ook meeste van die tyd n vertelling of verhaal aan verbonde.

As familie het ons nie baie “waardevolle” items geërf nie. Dit wat ons wel het het werklik spesiale waarde omdat dit familie erfstukke is.

Voordat my seun in 2005 Nieu Zeeland toe is het hy my ma, sy ouma, gaan groet. Voordat ons regtig gegroet het, het Ouma vir Boeta eenkant geroep en ingevat in die huis.

Sy het daardie dag n erfstuk aan hom gegee wat geslagte al in die familie is. Hy kon dit nie saam vat nie omdat hy net sy reistas met nodige klere in saamgevat het.

Ek het die erfstuk ingepak en saamgebring hierheen. Dit staan steeds in my huis. Op die oomblik geniet ek nog die erfstuk. As ek nie meer daar is nie gaan dit oor na Boeta toen dan weer na sy kinders.

Die erfstuk is n ou koper rookstel. My oupa, aan vaders kant, het dit vanaf Indonesië na Holland gebring voor die tweede wêreld oorlog.. My ouers/pa het dit saamgebring na Suid Afrika. Ek het dit gekry en saamgebring NZ toe. Dit gaan na my seun toe en die se nasate.

Ek het ook n koper etensklok, wat ook van Indonesië af gekom het, as erfstuk gekry.

Dan ook nog die volgende wat na aan my hart lê:

n Plakboek met fotos van my pa van baba tot voordat hy getroud is.

Die beste erfstuk egter is n Kamee wat van my moeder se kant af aangegee is. Ek is my ouma, van moederskant af, se naamgenoot, dis hoekom ek n paar waardevolle juweelstukkies van haar gekry het.

Ek hoop jy het ook n paar spesiale erfstukke om te beskryf of oor te vertel.

Volgende onderwerp is:

16. Inry-teater

Groete van huis tot huis.

Toeka-Tokkel 14: BOEKE


Vandag of die week se TOEKA-TOKKEL gaan oor

BOEKE

www.diskontobooks.co.za

Boeke is steeds belangrik in my daaglikse lewe.

Aan die einde van die dag voor ek omdraai om te gaan  slaap lees  ek   ‘n Afrikaanse Gedagte vir die dag boek “e-pos van God”. Dit gee kort geskrewe boodskappe vir enkele vroue wat glo in God.

Dan sal ek ‘n hoofstuk of twee in my storieboek lees. Meestal raak ek sommer gou vaak.

My waardevollste boeke het ek saam  met my, van Suid-Afrika af, hierheen gebring.

In my boekrak is ‘n rak met boeke oor honde en hul gedrag. n Rak vir al my kreatiewe boeke soos fotoplakwerkboeke(scrap booking), kwiltwerk, kaartjies- maak, plante en ook ‘n paar resepteboeke.

Die beste rak, wat in my boekrak is, het al my spesiale Afrikaanse boeke. Hulle is van  godsdienstige, na kort verhale, kookboeke en doen dit self kunsboeke. Ek het ook ‘n hele versameling van kinderboeke wat ook in Afrikaans is. Boeke wat ek as kind nog  gelees het.

Dan natuurlik ook n paar woordeboeke. Daar is altyd woorde te spel of  te skryf  wat ek nie ken nie, of nie die Engelse woord van weet nie. Die Eng / AFR woordeboek is soos ‘n Bybel vir my. Dit dateer terug vanaf 1952 toe dit gedruk is. Oud maar nog lank nie koud nie. Dit was my man se boek. Sy naam in sy handskrif geskryf en gedateer 1956. Pragtige aandenking. Daar is nog selfs gedroogte blommetjies en blaartjies in wat hy gedroog het.

Nostalgies raak ek nou!

Nou ja, daars hy. Daar is baie oor boeke te sê. Vertel GROOT ASSEBLIEF, iets oor jou ondervinding van of met boeke.

Dit is baie maklik om deel te hê aan die skrywe hier.

1.  Elke Donderdag verander die onderwerp vir die week

2.  SKRYF AFRIKAANS en geniet dit

3.  Noem my Toeka- Tokkel en verwys na my blog sodat ander ouens ook kan deel hê.

4.  Plak jou skakel in my kommentaar sodat ander ook kan lees wat jy sê.

Die volgende ouens het weer lekker saam gekuier oor geloof/bygeloof

Kameel was eerste met bygeloof wie se nek omgedraai moet word:

https://toortsie.wordpress.com/2015/03/24/draai-die-bygeloof-nekom/

Toorts met bygelowe waarmee mens grootword:

https://toortsie.wordpress.com/2015/03/25/toorts-se-toeka-tokkel-oor-geloofbygeloof/

Herriemerrie   met die Stemmetjie en sien is glo:

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/03/25/toeka-tokkel-daardie-stemmetjie/

Olga het beslis n interessante beskrywing/ vertelling/bespreking wat jy beslis maar kan lees:

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/03/25/toeka-tokkel-geloofbygeloof/

Baie dankie aan julle almal ek waardeer jul ondersteuning baie!

Volgende TOEKA-TOKKEL  15 : ERFSTUK/KE

April 2015 TEMAS

  1. Inry-teater
  2. Diere
  3. Versamel/versameling
  4. Huis