Liewe Dagboek: Dag 19&20 Mei


Die tyd hol met my weg!
Ek het darem gister my Langtafel deel geskryf. Dit tel hopelik darem ook dat ek gister geskryf het.
Gister-Sondag was ‘n besondere dag. Bertus se Rotval-bestuurder het spesiaal van Auckland na Wellington gevlieg om te kom kyk na die werkswinkel wat ons hier het. Die werkko-ordineerder was ook by en hy lyk vir my ‘n heel aangename mens. Die persoon moet toesien dat al die werk opvolg en seker maak dat dinge op tyd uitgestuur word of geinstalleer word. Die “Baas” was/is ‘n groot fris man en het nie veel gese nie.
Iets wat my gister opgeval het was dat ek lanklaas my seun so hoog in sy skik en gelukkig gesien het. Ek hoop regtig dat ons die werk kan kry sodat ons ten volle dit kan vervaardig. Ek is baie trots op my kind wat eiehandig die bordjie ontwerp het en dit nog vervaardig ook. Hy is nie ‘n ou van vele woorde nie maar, as hy praat kan mens maar luister. Hy het gisteraand ook gou vir Bea gebring om net vir my “hallo” te kom se wat ek ook baie waardeer het.

20 Mei

Trompie(en ek saam) het ‘n slegte nag gehad. Hy het driekeer opgestaan om buite op te bring. Ek is bly hy kan nou die hondedeurtjie gebruik om self uit te gaan.Vanoggend sukkel hy toe om te pieps. Na die tweede lopie het sy maag gelukkig gegaan en ek hoop alles is nou uit wat gepla het. Ek hou niks daarvan as hy my so aankyk asof hy vra dat ek tog net iets moet doen.


Die oggend se skoolsessie het goed af gegaan. Die hoof het kom kyk of als soort van okay was. Eintlik het hy die luidsprekerstelsel kom kry om uit te sit vir die oggend se byeenkoms. Gelukkig het ek Vrydag gesien dat een vrou die stelsel huistoe gevat het. Ek noem dit toe aan die hoof en toe onthou hy daarvan. Ons het duime vasgehou dat sy betyds sal kom; wat toe darem gebeur het terwyl ek oppad uit was huistoe.
Ek was darem gelukkig om ‘n warm sjokolade en koekie te kry wat die sekretaresse spesiaal vir my saamgebring het. Dit was ‘n lekker verrassing gewees.


Daar was twee pakkies wat ek moes pos. Daarna het ek bietjie rondgekyk vir ‘n jasserige iets wat lank genoeg is sodat my bene soggens nie so koud kry nie. Ek het iets gesien maar dis maar bietjie duur, ek sal maar nog eers met my ou goed aangaan en dalk as daar ‘n uitverkoping is nog gaan kyk.
Ek het ook my weeklikse inkopies gedoen. Dis vir my lekker om redelik vroeg te gaan want dan is dit nie so besig nie. Daar is ook meestal ‘n skryf-vriendin met wie ek ‘n paar woordjies gesels. Sy is ‘n baie interessante mens. Sy en haar man het ‘n klomp jare in Nieu Guinea gebly en gewerk. Baie moeilike omstandighede waarin hul gebly het. Haar man is ‘n predikant/sendeling en sy ‘n verpleegster.


Daars hy, nou middagete, en ‘n nanny nap voor ek weer skooltoe gaan.
Jippy, twee weke sonder twee kwaaddoeners!

Advertisements

Liewe Dagboek: Dag 15 Mei


Die lug was vanoggend te pragtig vir woorde gewees. Die opkomende son het aan die onderkant van die wolke sulke goue, horisontale gegolfde strepe gemaak. Dit was ook nie regtig koud nie.
Na die skoolsessie het ek my motor gevat om getoets te word vir sy WOF(Warrant of fitness)wat hy toe gelukkig geslaag het. Dis nou ook vir die jaar gedoen. Volgende maand is die motorlisensie se beurt.Elke maand het sy eie uitgawes.
My loop met Trompie was heerlik. Die lug was skoon en fris. Die reën wat ons gehad het, het die gras en onkruid goed gedoen. Alles lyk groen en vol lewe, behalwe natuurlik die kaal bome. Ons het nie veel ouens teë gekom omdat ons bietjie later as gewoonlik was.
My tuinier het net na tien ‘n draai kom maak om te kyk of die gras gesny moet word. Ons het maar besluit om dit nog ‘n paar dae te gee om te groei. Hy sal volgende week kom sny.

Nou gaan ek eers vir my ‘n broodjie maak(dis amper 12 uur) en dan ‘n bietjie rus voordat ek weer die strydvelde betree.


As jy nie die volgende paragraaf wil lees nie is jy welkom om oor te slaan. Ek gaan n bietjie sleg praat!
J die klein helsum het vanoggend nou weer ‘n vloermoer gegooi omdat hy nie sy sin kon kry nie. Ten eerste was hy heel uit sy kassie en het gehol en gegil toe hy inkom. Boetie van hom stel toe voor hy sal met hom op die PS4 speel en dis waar J besluit het hy wil ‘n ander program speel wat ouboet nie wil speel nie. Hy wil sommer die bank skop en van die speelgoed stukkend slaan. Hy gaan op einde buite toe, toe ek se ek gaan die hoof bel om met hom te kom praat. ‘n Dogtertjie uit sy klas kom toe in en vra hom wat aangaan. Ek stel toe voor dat hy en sy saam sy speletjie kan speel na sy boetie se beurt. Afgekoel en happy het hy gaan sit en lag vir Funny cat movies! Sjoe, dit was nou vir ‘n rukkie heel opwindend gewees.

Wat n poppie.


n Pragtige gedig.

Digterlike vryheid- met n tikkie gemmer.

(Vir Eileen.)
” ‘n Poppie-blom,
die middag son val sag op haar gelaat
en streel en verf die rooiste rooi in die gesiggie van my maat.
‘n Poppie-blom,
die mooiste mooi.
Kiertsregop staan sy sterk,
eintlik broos,
tog min verleë: dra sy plakkies in die kerk. “
poppies-wallpaper-6

View original post

Poetry Challenge – October Prompt


This is the last month of our A & I Poetry Challenge. Enjoy.

Something to Ponder About

A and I Poetry Challenge Hosts are a Blogger and Writer, from New Zealand, Ineke, of Scrapydo2 and Blogger from Australia, Amanda, of  Something to Ponder About.

Amanda and Ineke

Amanda’s Poetry challenge is  in English and Ineke’s Poetry Challenge is in Afrikaans, (with many translations in English). Everyone is welcome to join in. October is the final month of this challenge! Please do join in!

You can write in either language, however, please post a link back, and comment at both WordPress blogs to indicate your interest and include the tag  A and I Poetry Challenge.

For Full guidelines on joining in, click here.

October Prompt:

~ Write a poem to, or about, your future self.

How might you see yourself, or your life, in ten years time.

ask blackboard chalk board chalkboard Photo by Pixabay on Pexels.com

This prompt is merely a suggestion and you may choose a topic of your liking and still…

View original post 124 more words

Skryf-Safarie: ‘n Feëverhaal


Het jy ‘n feeverhaal? Ek daag jou uit: Skryf ‘n feeverhaal: oor jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n bekende se lewe, oor die politieke situasie van ons land, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit ‘n feeverhaal ( of ‘n fabel) en vertel vir ons ‘n storie.

So daag Seegogga

die lewe is ‘n feeverhaal

‘n Tragiese verhaal met n mooi einde geskryf deur Scrapydo

Die twintigste eeu. Om en by die 1970tigs.
Sandra is n stil, eenkant mens weens omstandighede buite haar beheer. Sy voel nie regtig eensaam nie want daar is daagliks verskillende werkies wat sy moet doen.
Sy hou al vier jaar skool vanuit haar ouerhuis. Die plaaslewe is in haar bloed. Daagliks word diere versorg voor sy die skoolbus langs die hoofpad kry om haar na haar vierman skooltjie te neem. Die rit is maklik n halfuur se ry. Daar is n kortpad wat n nou en dan geskraapte hobbelige pad vol klippe en gate insluit, veral nadat dit gereën het. Sandra geniet elke oomblik van die rit omdat dit tussen berge en bosse deur loop. Die skooltjie nestel ook aan die voet van die berge.
Die jaar 1971 is n opwindinde jaar. Sandra gaan haar vlerke sprei en by n ander skool werk. Dis ver van haar ouerhuis maar sy sien uit na die verandering. Dan is daar ook n toer wat wag in die Desembervakansie. Sy gaan Suid Amerika besoek saam met n toergroep. Heel opwindend.
Kersfees was Sandra in Sao Paulo. Nuwe jaar in Brasilië het gesorg vir n avontuur op sy eie.
Terug by die huis, na n drie weke avontuur gelaaide vakansie, pak Sandra haar aardse besittinkies in twee tasse en vertrek na haar nuwe omgewing. Sy bly die eeerste jaar in die koshuis wat haar, as stil en naiewe mens, baie grys hare gegee het.
Die lewe was steeds eensaam. Sandra het egter al, toe sy nog tuis gebly het, gereeld die Landbouweekblad se Opsitkers bestudeer. Sy het vir verskeie persone geskryf. Omdat sy skrikkerig was vir n vehouding het sy altyd ouens gesoek wat ver weg bly sodat daar nie ontmoetings kon wees nie.
Noudat sy egter op haar eie bly het sy braaf geraak. Sy het vir ouens nader aan haar geskryf wat uitgeloop het op ontmoetings.Ongelukkig was dit net vinnig vriendskappe want die meeste het net n lêplek gesoek vir die aand. Die ondervinding het Sandra se oë geopen as dit by die werklike lewe kom.
Skielik het die korrespondensie verander. Sandra en haar een vriendin het die een ou uitgekyk of liewer uitgelees.
Hy was die sjarmantheid vanself. Hy stuur gedroogde blomblaartjies, klippies, skryfgoed – potlode en uitveërs. Dan ook musiek. Musiek opgeneem op bandjies. Elke week n ander een. Die musiek so meesleurend romanties. Hy het meeste musiek van sy massiewe versameling plate opgeneem. Hy was lief vir “Tot middernag slaan” wat Fonnie du Plooy aangebied het. Ook kort Bybelverse en preke word gestuur.
Dit het Sandra se voete onder haar uitgeslaan. Hul reël om te ontmoet. Daar was elektrise blitse tusen hulle.
Sandra was in die sewende hemel, onwetende wat op haar wag. Ouers word gevra. Die troue word gereël. Alles perfek.
Die twee is lief vir mekaar. Hul is geesgenote. Die romanse blom.Sandra is werklik gelukkig. ‘n Jaar later word n seuntjie gebore. Nou is beide eers in hul element. Sandra aanbid die grond waarop haar man loop. Tog is daar half n bewolktheid op die horison.
Sandra kom een middag  van die skool af nadat sy haar seuntjie by die bewaarskool opgelaai het. Sy gaan slaapkamer toe en ontdek n foto wat met n polaroid kamera geneem is. Haar geliefde besig met dinge wat Sandra tot in haar fondament skok. Sy konfronteer hom daarmee en hy belowe dit was net n eenkeer ding. Hy sal dit nooit weer doen nie.
Ongelukkig het Sandra nie geweet dat haar geliefde n probleem met straatmeisies het nie. Dit het vir n paar jaar aangegaan. Sandra was gebreek. Sy het egter steeds die lewe in die oë gekyk en gemaak of niks verkeerd is nie.
Toe gebeur dit dat haar geliefde geld wou hê wat sy nie wou gee nie. Hy sluit die huis sodat sy nie kan wegkom nie. Gryp haar aan haar arm en wou haar met geweld dwing om saam bank toe te gaan om geld oor te betaal. Gelukkig het Sandra kop gehou, toe hy haar vasgryp het sy sy toekoms omtrent weggeskop. Dit het nie weer gebeur nie! Hy was maar skrikkerig vir haar na die tyd.
Die omstandighede met buite egtilike verhoudings het net vererger. Telkens het sy weer vergewe.Na vele besoeke aan psigiaters en behandeling het Sandra met die hulp van n vriendin by n prokureur uitgekom wat aanbeveel dat sy so gou as moontlik uit die huis moet padgee.
Sandra gaan huistoe en konfronteer haar man.
“Ek was by n prokureur en hy het aanbeveel dat ek onmiddelik die huis moet verlaat.”
“Wat, jy gaan nie my kind van my wegvat nie!” Dreigend kom hy nader. Hy gryp Sandra aan haar keel en sis:”Jy sal nie!” Sandra sien in sy oë dat hy die kluts kwyt is. As sy nou n verkeerde ding doen is dit klaarpraat met haar. Gelukkig kalmeer haar man dadelik toe hy besef wat hy wou doen. Hy gryp n mes waarmee hy altyd hoenders geslag het, kap dit met geweld in die staal wasbak. Die tafel was gelukkig tussen hul twee. Sandra vlug weg. Sy kry vir kleinding en gaan na die prokureur toe wat haar vir die nag blyplek gee.
Die egskeiding was onaangenaam. Sandra se man het sy werk opgesê en n boemelaar geword. Sy het steeds met tye hom onderdak gegee omdat dit steeds haar kind se pa is. Na twee jaar van hel en sukkel om alles te doen om aan die lewe te bly pleeg Sandra se eks-man selfmoord in haar garage.
Almal het gesê dis ten goede nou was sy ontslae van die monster. Sandra was steeds oneindig lief vir haar man.
Stadig maar seker het sy weer begin helder dink. Ander werk gekry. Sy trek na n plattelandse dorpie toe waar sy n nuwe lewe begin. Sy ontvang haar man se pensioen wat hy aan haar bemaak het. Sandra belê dit sodat haar kind kan gaan leer na matriek. Haar eie pensioen se uitbetaling het gemaak dat sy n meenthuisie kon koop. Die lewe het uiteindelik beter en beter geword vir Sandra. Sy moes steeds werk om aan die lewe te bly maar daar was nie meer daardie stress en wonder van wat gaan volgende opduik nie.
Vandag bly Sandra naby haar seun in n vreemde land. Hy onderhou haar deur vir haar huisvesting te betaal. Sy moet steeds werk want haar pensioen is maar n druppeltjie in die daaglikse lewensemmer van voorsiening.
Sandra bly in n poskaart mooie plekkie, tussen groen heuwels. Sy loop elke dag met haar geliefde hondekind en verwonder haar elke oggend en aand aan die son wat opkom en ondergaan met van pienk,roos tot rooi en goud, oor n rustige geliefde huisie in die vreemde wat nou haar blyplek is.

IMG_3261

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Elf dinge wat geen skool jou leer nie


Baie waar. Dankie Olga vir die inligting.

OLGA SE OKSELTJIES

Ek twyfel of skoolkinders hier lees, maar blykbaar moes Bill Gates op ‘n tyd ‘n motiveringspraatjie by ‘n hoërskool lewer en die volgende was wat hy hulle vertel het aangesien geen skool dit sou doen nie.  Iemand het dit heel gerieflik reeds in Afrikaans vertaal.

“1. Die lewe is nie regverdig nie, so word gewoond daaraan.
2. Die wêreld gee nie ’n duit om vir jou selfrespek nie.
3. Jy sal nie R240 000 ’n jaar verdien net nadat jy skool verlaat het nie. Jy sal nie as ’n ondervoorsitter aangestel word met ’n maatskappymotor totdat jy dit verdien nie.
4. As jy dink jou onderwyser was moeilik, wag totdat jy ’n baas het.
5. Om hamburgers by Spur te maak, is nie benede jou waardigheid nie. Jou oupa-hulle het ’n ander woord gehad vir “hamburgers maak.” ’n Mens noem dit ’n geleentheid.
6. Wanneer jy ’n gemors maak…

View original post 201 more words

Lê-Jou-Eier: Wat neem ek saam -opvolg


 

Dit is vanoggend die behoefte van my hart om n opvolg te skryf vir “wat sal ek saamvat”
Nadat ek met Kameel gekorrespondeer het besef ek dat my storie n bietjie moet uitbrei.

Hier in die omgewing van New Zealand is daar nogal heelwat klein en onbekende eilandjies.Dit is heerlike warm eilandjies omdat hul nader aan die ewenaar lê. Ek vermoed dat ons elkeen op ons eie eilandjie geland het omdat elkeen n ander lugredery gebruik het. Ek het ook n vermoede dat ons nie te vêr van mekaar is nie. So n klipgooi van mekaar af. Dalk kan ons nog vir mekaar n briefie met n papegaai oorstuur om mekaar te kontak! (Nou is my verbeelding darem regig besig om oorboord te gaan)
Kameel noem toe dat dit lekker kan uitwerk as ons twee so saam op die eilandjie kan wees. Ek skryf my stories en sy gebruik al die voorbeelde van die eiland om haar verdere Bybelstudie te doen. Ek sal beslis met haar deel. Sal haar n skryfblok en potlood gee sodat sy haar aantekeninge kan maak. Ek gaan haar skaduskrywer(gohst writer) wees en al haar vergelykings en Bybeldele neerskryf soos sy dit vertel.

Dan nadat ons almal opgepik is deur daardie luukse boot gaan ons alger heerlik ondervindings uitruil en n “ball” van n tyd hê op n wêreld reis.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.