Afrikaanse Tokkel: Dankbaar


Ek moet die volgende in Afrikaans deel. Afrikaans is en bly steeds my Moedertaal.

Die afgelope week het ek weereens besef hoe wonderlik dit is om mens te wees op hierdie Godgegewe aarde. Dis nie net die besef dat daar n Hoër Hand is wat ons beskerm en bewaar nie. Dis ook die besef dat om gesond te wees en so baie seëninge te beleef werklik die lewe die moeite werd maak.

Maandagoggend vroeg, so amper half sewe, en nog pik donker loop ek met Trompie ons eerste lopie vir die dag. Dit is meestal n twintig minute se stappie. Ek loop altyd dieselfde paadjie elke oggend. Onder in my straat is n hospitaal vir liggaamlik gestremdes. Ek en Trompie ken heelwat van die mense en verpleegpersoneel. Toe ons die sypaadjie oploop kom daar n ou vroutjie aangestap, eintlik meer sleepvoetend. Net n kort ou jassie maak haar bo-lyf toe. Sy het nog haar kort nagrok aan wat onder die jassie uitsteek. Twee maer beentjies steek onder rokkie uit en twee pantoffelvoete wat skuifel.
Ek het eers gedink dis dalk een van die hospitaal se vrouens wat weggeloop het. Toe ek nader kom sien ek dat dit Nellie(nie regte naam nie) was. Ek ken haar van sien. Sy bly om die draai van die hospitaal af.
Die volgende gesprek het plaasgevind:
Ek:  Wat maak jy hier in die donker en koue alleen in die straat?
Nellie:  Ek weet nie! Ek loop sommer net.
Ek:  Kom ons gaan huistoe. Jy kan nie so in die koue hier alleen loop nie.
Nellie:  Nee, ek kannie huistoe gaan nie. Hy is daar en het my uitgesluit.
Ek: Wie is dit?
Nellie: Dis Bruce.
Ek: Is dit jou seun?
Nellie: NEE
Ek: Iemand wat by jou bly?
Nellie: Nee.
Nou is ek rerig bekommerd. Sy praat in raaisels. Ek besluit om by die hospitaal aan te klop. Daar is geen antwoord nie. Ek beduie vir Nellie om by deur te wag, ek loop net gou verder met Trompie. Ek het net n klein draaitjie geloop en teruggekom. Nellie het intussen aan geloop.
Ek stel toe voor ons lui die voordeurklokkie. Nellie bly vra of hul haar sal kan help. Eers was daar geen reaksie op lui van klokkie. Uiteindelik maak die nagsuster die deur oop. Ek beduie aan haar wat aangaan. Sy sê sy is op die oomblik alleen en kan nie veel doen nie. Gelukkig kom daar toe net een van die dames aan vir die volgende skof. Die nagsuster, met wie ek redelik bekend is, sê toe sy sal die polisie bel om saam met Nellie huistoe te gaan.
Daar was ongelukkig nie tyd vir my om verder te help nie omdat ek by my voorskool uur moes wees.
Na my oggend sessie by die skool het ek en Trompie vir ons volgende lopie gegaan wat die bult op is. Aan die bokant van bult, weet ek, bly mense wat Nellie ken. Ek gaan toe daarlangs om te sê dat ek Nellie op straat gekry het. My loseerder loop meestal so vyfuur soggens vir oefening. Hy het toe al vir Nellie op straat gekry.
Jess, die jong dametjie wat Nellie ken vertel toe vir my dat daar n groot skroef los is met Nellie. Nellie se kinders is in Australië en stel nie in hul ma belang nie. Nellie word die Maandag vir twee weke opgeneem in die algemene hospitaal om getoets te word vir alles wat moontlik verkeerd kan wees. Daarna sal hul besluit wat om met haar te doen. Jess vertel ook dat Nellie soos n ouma vir haar is. Daar is nie n Bruce nie en sy bly alleen!
Toe ek Nellie in 2010 leer ken het was sy n op en wakker Engelse vrou wat kans gesien het om die wêreld te versit. Dis tragies om n mens so te sien verswak.
Dit maak my dankbaar dat alles nog so goed met my gaan hier op my eie. Daar is nie tyd om in sak en as te sit nie. Ek hoop net dat as ek dalk eendag in die straat dwaal daar iemand is wat hom/haar oor my sal ontferm
Na Maandag was die volgende drie dae soort van normaal.Ek het my voorberei om my aanbieding te doen om sterre te maak teen geweld. (One million stars against violence, ek gaan in n ander pos daaroor skryf  https://www.facebook.com/onemillionstarstoendviolence/)
Donderdagaand was dit ons maandelikse Soroptimist vergadering. Ons het die aand n spreker gehad wat my verder laat besef het hoe dankbaar ek is om gesond en normaal te kon grootword en nog te lewe.
Die spreker was ons eie Upper Hutt goue medalje wenner in swem by die paralimpiese spele in Rio.
Haar naam is Mary Fisher, n blinde swemmer wat haar nie deur haar gebrek laat afsit nie.

http://www.stuff.co.nz/sport/other-sports/84268329/Kiwi-Paralympics-swimmer-Mary-Fisher-can-hear-her-gold-medal

Sy is n sprankelende 24 jarige jonge dame wat die lewe voluit leef. Sy het vertel hoe dit gekom het dat sy blind is, haar skoolloopbaan wat sy in gewone skole gehad het. Sy woon nou op haar eie in Wellington. Naby die universiteit waar sy studeer en die swembad waar sy gereeld oefen.
Sy het ook in kleur vertel hoe dit was gedurende haar verblyf in Rio en hoe dit gevoel het om n wêreldrekord in swem op te stel en n goue medalje te wen.
Dit was n belewenis om te hoor van al haar lewenservarings. Dit wys tog maar, waar daar n wil is, is n weg.
Dit was beslis vir my n week van wonderlike gebeurtenisse gewees.

Advertisements

Earth: The Daily Post, Photo Challenge


Earth Day is near! This week, let’s celebrate this planet on which we live.

https://dailypost.wordpress.com/photo-challenges/earth-2017/

NEW ZEALAND

On the way from Wellington to Nelson.

20170324_160624

Nelson

20170324_162112

Flying back to Wellington.

20170326_155050

Windmills on the hills.

Mother earth has so much to give.

Do we really appreciate?

https://www.eventfinda.co.nz/2017/earth-day/upper-hutt

McLaren Epic Tour NZ: I saw five today!


What an experience! When I went home this afternoon, I had to wait for the traffic to pass before I could turn off onto State Highway 2 back to Upper Hutt.

Guess who came passing by? Yes, five of the McLaren cars. One behind the other and I could turn onto the highway and followed them. Lucky for me they had to stop at the traffic light and I could take a quick photo.

20161128_170944

Lucky me!

http://www.stuff.co.nz/motoring/news/86926663/mclaren-epic-tour-nz-heads-south-in-45m-convoy

School Stories: School Gala


It was raining, the wind was blowing, the sun came out a bit then it was raining again!

This was the way the day started. The school gala started 11 o’clock. The rain came pouring down. Then the rain lifted and all the fun started.

Photos before the big event, about 10:45 am.

This slideshow requires JavaScript.

The children practised the whole year to do the school’s Haka.

The children had lots of fun.

Pony ride

Face painting.

20161113_113524

And lots more.

Afrikaanse Tokkel:Al die veld is vrolik


 

 

Vandag het ek n behoefte in my hart gehad om : “Al die veld is vrolik” met almal te deel.

Dis n lang naweek hier. Ek wou eintlik Wellington toe gaan om die Filipynse Fees te gaan afneem. Die oggend was so heerlik dat ek daarteen besluit het en liewers sommer hier in my eie omgewing fotos geneem.

Ek het eers sommer hier op die sypaadjie die volgende blommetjies afgeneem.20161022_095607

Dis die kleinste, klein ou magrietjies. Meisies by die skool het die week stringetjies gemaak en in hul hare gesit. Daar was ook volgens my “perde blommetjies” (dis hoe my ma die blommetjies genoem het) met bytjies op.

img_1915

Toe loop ek die hele dag en sing : Al die veld is vrolik want ek het uitgery na die “Twin Lakes” en die mooiste fotos daar geneem.

Ongelukkig het ek nog nie koggelmandertjies, regte krieke en sprinkane hier raakgeloop nie.

 

Morning: Daily Post, Photo Challenge


Cheri at WordPress says: For this week’s photo challenge, publish a new post with an image that means morning to you. We’re especially interested in creative and unique takes on the theme — bonus points to those who think beyond the usual sunrise photo!

For more information on the Challenge just click on the link

https://dailypost.wordpress.com/photo-challenges/morning-2016/

MORNING

It is still winter here in New Zealand.

One freezing morning my

neighbour had ICE FLOWERS on his car.

20160730_075837

This is how the sky looked early that same morning!

Lucky for me, my car was under the car port.

20160730_104713

Toeka-Tokkel no 23: Stad/Dorp


Vir hoe Toeka-Tokkel werk kan jy net op skakel kliek en sien wat en hoe dit werk:

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/

%xxx%xxx%xxx%

Hierdie komende week kuier ons in stede of dorpe wat jy onthou of sommer net oor wil gesels.

Ek het groot geword in en om Pretoria, daarna het ek lank in Ptogietersrus gebly en ook n tydperk in Secunda. Ek gaan nie rerig oor die Suid Afrikaanse dorpe of stede gesels nie.
Op die oomblik bly ek in Upper Hutt wat in 1966 as stad verklaar is. Hierdie jaar vier Upper Hutt hul 50 jarige bestaan as stad. Daar is sowat 39,700 inwoners(Junie 2015)
Vir my, wat gewoond is aan n stad soos Pretoria en Johannesburg is Upper Hutt maar n klein plattelandse dorpie.

Daar is n hoofstraat(Main Street) waar meeste winkeltjies is. Dan, bygesê, is baie winkels leeg. Die stadsraad beweer die stad bloei en gaan vooruit. Die huur van die winkels is egter so hoog dat die winkels nie rerig n bestaan maak nie.

Daar is drie super-markte. n Mall,wat in 2010 in werking gekom het, hou ook nie mense om  hul winkeltjies te huur nie. Daar is bv klerewinkels te kus en te keur. Die mense koop egter nie rerig in Upper Hutt nie. Hul gaan Lower Hutt  toe wat tweemaal so groot is as UH. Dis beslis n onbegonne stryd vir oorlewing in Upper Hutt.

Die dorpie self is baie mooi. Dit lê langs die Hutt rivier. Die rivier is vernoem na Sir William Hutt wat n groot rol in Engelse kolonisasie gespeel het.Die grond waarop Upper Hutt gebou is was voor 1840 in Maori besit gewees

.In 1841 land eerste Europese(Engelse) settelaars hier. Die eerste ontwikkeling was n saagmeul wat inheemse bome opgesaag het. Daarna het die stad stelselmatig gegroei en ontwikkel.

https://en.wikipedia.org/wiki/Upper_Hutt

Map of Upper Hutt New Zealand

 

Daar was nie veel reaksie op vorige onderwerp “Straf” nie.

Dankie aan Toorts wat presies gesê het hoe dit in werklikheid is.

Toortsie se Toeka Tokkel oor Straf

Amper het ek Olga se straf gemis! Hier is haar straf en verandering bydraes

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/06/toekatokkel-22-straf/

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/05/toeka-tokkel-21-verandering/

Dankie aan almal wat gelees en ook kommentaar gelewer het.

Volgende keer se skrywe gaan oor

24. Winter,verkoue/griep/gesondheid

Curve : The Daily Post : Photo Challenge


For this week’s challenge, get inspired by the curves around you. From curves in architecture to bends in nature to man-made undulations, you have lots to work with!

https://dailypost.wordpress.com/photo-challenges/curve/