Toeka-Tokkel no 47 : Blomtyd


Die tyd vlieg verby! Ek was gister so besig dat ek nie eenkeer my rekenaar oopgemaak het nie! DIT is gladnie die beste ding wat gebeur nie!

Ek het gister oggend begin met n “Flash Fiction Club.”  Daar was 4 persone wat belangstel! Ek is sommer in my skik daarmee. Daarna het ek vir n onderhoud by n naburige skool gegaan om naskoolsorg te doen. Ek het die werk gekry!

Toe gisteraand het ek die Soroptomist vegadering bygewoon wat tot  na nege aangehou het.  DUS, geen tyd vir blog nie.

Hier kom dit darem nou!

Geniet dit en skryf Afrikaans.

Plak jou skakel in by my kommentaar en verwys ook asseblief na my blog om mense kans te gee om joune en ander ouens se inskrywings ook te lees.

BLOMTYD

Aan die einde van die winter kom die lente met nuwe groei en blomtyd. Bome ontwaak en ontpop in die mooiste blommeprag. Hier in New Zealand is daar ander bome en plante waaraan ek nie gewoond is nie.

Hier is bv kersiebome wat langs strate op sypaadjies geplant is. Hulle is elke jaar oortrek met wit bloeises.

Dan is daar Rhododendrons in die mooiste kleure van diep rooi en ook pers tot lig rooi, pers, pienk en wit. Die bome of struike is meestal ook oortrek met die blommeprag. Dis ongelooflik mooi as daar n hele ry staan, elkeen met n ander kleur.

Afgesien van blomtyd in die natuur is daar ook in mense se lewens blomtyd tye.

Ek dink bv aan n moeder wat pas haar babatjie gebaar het. Sy blom meestal van liefde en trots.

Dan is daar die blomtyd van ware liefde of ware vriendskap.

Image result for love photos download

Vertel  asseblief van blomtyd wat jy ondervind.

Die volgende persone het verlede keer oor KINDERSTORIES geskryf!

Toorts was eerste met al die lekker sprokies en kinder verhaaltjies op eerste TV programme…

https://toortsie.wordpress.com/2015/11/05/toeka-tokkel-oor-kinderstories/

Olga onthou van haar pa wat Jakkals en Wolf stories vertel en ook haar ma wat klasieke stories veetel het

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/11/06/toekatokkel-46-kinderstories/

Kameel onthou oom At se kinderstories en dan natuurlik die heerlike animasie stories op TV.

https://toortsie.wordpress.com/2015/11/09/kinderstories-n-groot-liefde/

Volgende Toeka- Tokkel no 48 SOPKOMBUIS

Advertisements

Toeka-Tokkel no 46 : Kinderstories


Image result for children's stories pictures

KINDERSTORIES

Onthou jy nog toe jy klein was? Watter stories was vir jou die mooiste om na te luister?

Ek kan onthou dat ons n dik boek gehad het met die stories van “De gebroeders Grimm”.Dit was nog n boek in Hollands geskryf. My oudste suster het vir my en kleinsus stories daaruit voorgelees. Dit was meestal sulke grillerige stories wat eintlik bedoel was om kinders af te skrik van verkeerde dinge.  

My laaste 3 jaar van skoolhou het ek jaar 1,2 en 3 in dieselfde klas gehad.

Dit was vir my heerlik om ons westerse sprokies aan hul voor te hou(was n net swart privaat skool). Ek het hul aangepas  by die ware lewensomstandighede.

Rooi Kappie en die wolf was hul beste verhaal. Die kindertjies het daarvan gehou om die stories te speel en hul eie draai daaraan te gee.

Kindergedigte het hul ook goed geleen om n verhaal te vertel.

“Three blind mice” was te heerlik vir hul omdat dit lekker gewelddadig was.

Wat van “Hickery, dickery dock”. Die handgebare was altyd die beste.

Daar is egter ook regte kinder-stories.

Om kindertjies dop te hou en fotos te neem is ook n storie op sy eie. Kinders hou tog maar daarvan om spontaan op te tree. Sonder voorbehoud sal hul alles gee wat in hul is om uitdrukking te gee aan hul gevoel.

Vertel bietjie watter kinderverhale die beste vir jou was.

TOEKA-TOKKEL is lekker.

Ons skryf Afrikaans en geniet dit.

Elke Donderdag verander ek die tema of onderwerp.

Skryf, (copy- skielik ontgaan die Afr woord my), plak jou skakel in by my kommentaar en almal kan jou pos geniet.

Die volgende persone het oor Toneelspelers gesels.

I scrap 2 het werklike toneelspelers beskryf

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/29/toeka-tokkel-no-45-toneelspelers/

Olga skryf oor n persoon wat toneelspeel om alle skete te kan laat behandel

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/10/30/toeka-tokkel-45-toneelspelers/

Kameel vertel oor die wonderlike werk wat uitgebrei het onder plaaskinders om tonele op te voer in hul spaartyd op die plaas

https://toortsie.wordpress.com/2015/11/02/ons-hou-konsert/

Toorts het herinneringe van n blou aandrok en n pruik wat almal laat lag het

https://toortsie.wordpress.com/2015/11/04/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-toneelspelers/

Spokie het die pragtigste natuurlikste toneelspelers bespreek…

https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2015/11/05/toneelspelers-van-die-natuur/

Weer eens baie dankie vir jul deelname!

Ons volgende skrywe gaan wees : BLOMTYD

November temas:

46. Kinderstories

47. Blomtyd

48. Sopkombuis

49. Brille en pille

Toeka- Tokkel no 44 : Biblioteek


BIBLIOTEEK

Image result for library images

Die biblioteek speel steeds n belangrike rol in my daaglikse lewe. Ek hou van n boek in my hand sodat ek maklik kan terugblaai of verder blaai namate dit nodig is. Dis veral belangrik as mens self studie doen om sekere dinge te wete te kom. Ek het bv gesien met die publiseer van my boek dat n boek met inligting langs my baie makliker as die rekenaarbladsye  wat vandag aan die orde van die dag is.

Van my inligting is ook in my Kindle-biblioteek gebêre. Ek geniet die Kindle. Dis klein en kan oral met jou saamgaan. Omdat ek nog nie so n foonfundie is nie, is ek maar skrikkerig om dinge met die foontjie te doen. Dit lyk egter vir my ideaal as jy haastig is en op reis gaan. Foon is tog altyd by mens.

Moet byvoeg dat ek altyd n belangstelling in die bibioteek gehad. Het Bib as byvak gehad gedurende studies. Daar was gelukkig ook altyd by elke skool waar ek was geleentheid om in bib te help.

Nadat ek weg is uit die onderwys het ek eers vir n paar maande in Secunda se openbare biblioteek gewerk as toonbankassistent. Daarna het ek 8 jaar in Potgietersrus se openbare bib gewerk. Dit was vir my baie lekker om nuwe boeke eerste te lees. Jeuglektuur was egter my gunsteling. Barry Hough was daardie tyd baie gewild.Daar was ook elke jaar verskillende leeskompetisies vir die jongmense gewees.

Na twee jaar se werk in bib het munisipaliteit die bib vergroot  en n studie bib aangebou. Hier kon ons na hartelus leerders help met hul take. Studente het ook baie van studiebiblioteek gebruikgemaak om stil en rustig te studeer. Veral net voor eksamens was die studiebib tjok- en- blok vol. Ons moes selfs nommers gee sodat daar vir almal n uur of wat was om te studeer.

Ek hoop van harte dat biblioteke nie doodloop nie. Wat dink jy ?

Die biblioteek hier in Upper Hutt is amper die beste bib in New Zealand en dit is n plesier om dit te gebruik!

Alles gekry by Wiki:

https://af.wikipedia.org/wiki/Biblioteek

(Ek kannie waarborg dat die vertaling uit Engels heetemaal suiwer is nie. Dit is egter baie interessante punte wat hier genoem word.)

‘n Biblioteek is ‘n georganiseerde versameling van inligtingshulpbronne, wat toeganklik gemaak word aan ‘n vasgestelde gemeenskap vir verwysing of uitleen. Dit bied fisiese of digitale toegang tot materiaal, en kan in ‘n fisiese gebou of kamer, òf ‘n virtuele ruimte, òf albei wees. [1]

‘n Biblioteek se versameling items kan boeke, tydskrifte, koerante, manuskripte, films, kaarte, afdrukke en dokumente insluit. Mikrofilm, CD‘s, klankkassette, videobande, DVD‘s, Blu-ray-skywe, e-boeke, oudioboeke, databasisse en ander formate kan ook hier gestoor word.

Biblioteke kan wissel in grootte van ‘n paar rakke met boeke, tot ‘n paar miljoen items. In Latyn en Grieks, is die begrip van ‘n boekrak verteenwoordig deur Bibliotheca en Bibliothēkē (Grieks: βιβλιοθήκη). Afgeleides van hierdie woord betekenbiblioteek in meeste moderne tale, bv die Franse bibliothèque.

Die meeste Suid-Afrikaanse biblioteke maak van die Brocade of Slims-stelsel gebruik, wat in stand gehou en ontwikkel word deur Cipal en die Universiteit van Antwerpen, België.

Hierdie stelsel is oop vir die publiek om self die beskikbaarheid van ‘n boek, beeld- of luistermateriaal, asook die inleweringsdatum van die uitgeleende materiaal, te wete te kom. Op hierdie manier kan die Internetgebruiker blitsvinnig vasstel watter bronne by sy naaste openbare biblioteek beskikbaar is. Deur te let op die Dewey-kode (bv. op die rugkant van die boek), kan die materiaal self ook makliker opgespoor word in die biblioteek.

Die volgende provinsies maak van die oop Brocade-stelsel gebruik:

Tans word Gauteng en die Vrystaat uitgesluit, weens ‘n ander geslote biblioteekstelsel in werking.

@@@   @@@   @@@

Baie dankie aan die volgende persone wat weer lekker saam gekuier het.

Die tyd is so beperk en almal is baie besig met allerhande reëlings. Hier is twee laat bestuur inskrywings. Gaan lees gerus wat die twee vertel.

Herriemerrie praat oor linker- of regterkantste bestuur ….

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/10/20/toeka-tokkel-bestuur/

Kameel bespreek hoe hospitaal bestuur word deur vriendelike personeel

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/21/n-dag-in-die-hospitaal/

Volgende badtyd stories:

I scrap 2  Trompie wat nie van bad hou omdat sy Mies te gespanne is!

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/14/toeka-tokkel-no-43-badtydwater/

Toorts vra: wat gebruik minste water bad of stort?

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/20/stort-of-bad/

Dit lyk dan al vir hierdie keer.

Nog n ekstra water storie van Toorts wat heelwat oor water geskryf het in die verlede

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/22/die-nyl-se-water/

Hier is November se onderwerpe:

45.  Toneelspelers

46.  Blomtyd

47.  Sopkombuis

48.  Brille en pille

49.  Kinderstories

Ek dink no 50. Feestyd gaan die laaste een vir 2015 wees.

Volgende onderwerp is: TONEELSPELERS

Toeka-Tokkel no 43 : BADTYD/WATER


Image result for bathtime for dogs

Badtyd/Water

Badtyd kan n plesier of n nagmerrie wees.

Ons, wat kinders het, weet dat badtyd vir kinders en babas n groot plesier is. Veral babatjies voel geborge en ontspanne as hul daarvan hou. Alles hang ook maar van die volwassene se optrede en hantering van badtyd. As die ouer gespanne is, is die kinders ook nie gemaklik met badtyd nie.

Ek  hou self daarvan om elke dag te bad( eintlik te stort.) Dit maak nie net skoon nie maar ontspan die spiere ook n bietjie.

Iemand vir wie die badtyd n nagmerrie is, is Trompie my hond. Soos ek gesê het as mens self gestress voel, voel hul dit.

Eerste keer wat ek hom in die bad gesit het, het hy hom teëgesit omdat die ou Mies te gespanne was. My bad is laag en die rand hoog, ek moet hom optel en dan laat sak in die bad. Eers klou hy aan my vas en kry ek nie eers sy voete in die water gesit nie. Dit was laaste keer wat ek hom probeer bad het.

My buurvrou het hom, in die verlede, in haar stort gebad as dit nodig was. Hy het dan vir dae nie naby haar gekom nie. Eendag sit sy in n babaswembad. Sy gryp Trompie en gooi hom toe in die swembadjie. Toe kom hy vir lank gladnie weer by haar nie.

My seun het hom eenkeer gebad en dit was ook n gedoente en die laaste keer. Hy vat nie nonsies nie en nou vertrou Trompie hom gladnie om saam in die badkamer te gaan nie. Selfs die hondesalon vertel dat hy hul sommer om die nek of om die arm met sy voorpote vasklou as hul hom wil bad.

Hierdie jaar het ek besluit ek moet dit tog weer self doen want ek en buurvrou is nie meer op te goeie voet nie.

Dit was okay as ek hom eenmaal in die bad het. Maar ai, daardie optel en insit is n ander storie. Hy is ongelukkig te swaar vir my om op te tel en ek moet dit eintlik nie self doen nie. My lyf is mos ook nie meer vandag se kind nie en die optellery en oorbuig in die bad is nie ideaal nie.

Elke geval, wat kan mens anders doen as jy op jou eie bly met n hond wat badtyd- fobie het!

Image result for bathtime for dogs

TOEKA-TOKKEL is vir almal wat daarvan hou om te gesels oor hul alledaagse ondervindings.

Kom geniet dit en deel jou vertellings deur dit in n pos te skryf.

Noem asb Toeka-Tokkel sodat ander ook kan lees wat almal sê.

Plak jou skakel in by my kommentaar en dit is te lekker om te lees.

BEDANKINGS

Die volgende mense wil ek bedankie vir hul oulike bydraes oor bestuur.

I scrap 2(die uwe) Hoe ek my bestuurslisensie gekry het.

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/07/toeka-tokkel-no-42-bestuur/

Spokie het die mooiste veredosse bespreek

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/07/toeka-tokkel-no-42-bestuur/

Thulana debatteer wie is beter bestuurders!

https://thulana.wordpress.com/2015/10/09/tyd-steel-is-nie-so-ernstig-soos-diamant-steel-nie/

Toorts oor bestuur van groot maatskappye…

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/12/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-bestuur/

en steeds Toorts wat terugdink aan haar eerste bestuur van n rytuig

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/13/nog-n-bestuurstorie/

Searching for iron man  Vertel oor bestuur in Kaapstad, Dubai en Perth

Bestuur

Dankie ook aan Kameel vir wie bestuur n nagmerrie is, Tina(my suster) en nowathome vir jul kommentaar.

Volgende Tema/onderwerp :  BIBLIOTEEK

Toeka-Tokkel no 40 : Herinneringe/kuiertyd


Herinneringe

Ons het almal dinge wat ons kan onthou. Net een woord kan n mens se gedagte vinnig terug neem na n gebeurtenis.

Ek gaan getrou elke Vrydag na my skrywers klas. Dis nou al drie volle jare wat ek die skrywery doen. Alles gaan oor jou eie ondervindings en herinneringe.

Ons kry altyd vyf of ses woorde waarvan ons een, of soms meer as een,  kies om oor te skryf.

Ons lees die geskryfde stukke voor aan die groep voordat ons verder kort vinnige stukkies skryf.

Dis lekker om na die verskillende skrywers se herinneringe te luister. Ek geniet dit omdat die groep heeltemal ander gedagtes en episodes beskryf, wat vreemd vir my is. Dieselfde met my stukkies wat ek voorlees. Dit is weer heeltemaal anders as wat ouens hier gewoond is.

So ruil ons elke Vrydag ons herinneringe uit en leer baie ekstra gewoontes. Elkeen het  ook in n ander era groot geword. Ons mentor is n een en negentig jarige dame wat graag van haar voor-oorlogse en ook oorlog herinneringe vertel. Sy het in Engeland groot geword en het na die oorlog gaan studeer as onderwyser. Sy het Nieu Zealand toe gekom as beginner onderwyseres.

Van die ander het meer Nieu Zealand gebeurtenisse waarvan hul vertel.

Dis werklik n belewenis om deel te wees van sulke wonderlike besprekings en herinneringe.

Toeka-Tokkel is lekker Afrikans

Deel asseblief jou herinneringe met ons hier op my blog.

Almal is welkom om deel te neem solak jy dit geniet.

Elke Donderdag verander die tema.

Plak n skakel in by my kommentaar sodat almal kan lees wat jy sê.

Noem ook asb my blog sodat ander Toeka-Tokkel kan vind en ook deelneem.

Die volgende persone het pragtige paaie stukke geskryf.

Bosveldnimf het met Spokie se hulp wildernispaaie geloop en pragtige fotos gebruik

https://bosveldnimf.wordpress.com/2015/09/16/paaie-jou-reis-begin-hier/

Toorts skryf oor vriendskapspaaie

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/18/toorts-se-toeka-tokkel-oor-paaie/

Kameel het n pragtige vertelling oor die paaie van die lewe aan die hand van die Skepper

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/22/die-pad-na-ribbokvoete/

Spokie het paaie wat deur Oos Transvaal kronkel met mooi fotos daarby

https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2015/09/23/paaie-n-gety-van-genesing/

Herriemerrie het ver paaie gery in die nag net omdat sy wou. Sy het ook  gedig ingeplak van “The road not taken” deur Robert Frost

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/09/24/alle-paaie-gaan-na-rome/

Baie, baie dankie vir jul deelname, sonder julle sou Toeka-Tokkel al doodgeloop het.

Volgende week se tema : MODES

Toeka-Tokkel no 35 : Wasdag/ wasgoed


Hierdie week se Toeka-Tokkel het my lekker vêr teruggevoer na die goeie ou dae.

WASDAG

1960 trek ons plot toe. Geen elektrisiteit. Nie regtig warm water nie!

Wasdag was nogal n storie. Ons het buite n dubbele  wasbak gehad. Die een het riffels gehad waarop die wasgoed geskrop kon word. Dit was harde werk om lakens te was. Klere was nie te erg nie want die stukke was kleiner.

My Ma het ekseem gehad.Sy het baie swaar gekry met die sepe wat so sterk was. Sy was allergies vir die seep. Tog moes sy maar wasgoed was.

Gelukkig het my Ma darem later een dag in die week n huishulp gehad. Maandae is wasgoed gewas. Dinsdae het my Ma gestryk..

Skoon wasgoed
Skoon wasgoed

Foto geneem in 1977 van huishulp en wasgoed.

Vandag is alles darem baie gerieflik. Almal het elektrisiteit,  outomatiese wasmasjiene en selfs droëers om die werk te doen. Die masjien word gelaai, knoppies gedruk en die masjien doen die res.

Wonder of daar nie eendag n robot sal opdaag om die wasgoed in masjien te sit, knoppies te druk, op te hang en weer af te haal, te stryk en op te vou. Dalk selfs om dit te bêre ook.

Weer terug na 1960.

In die begin was Vrydagaande mense wasdag. My Ma het water in n groot kastrol op gasstoof warm gemaak. Sy het n groot blik bad in kombuis staan gemaak. Ons vier vrouens (dis nou ma en drie dogters)het dan om die bad met warm water gestaan, ons ingeseep en afgespoel!. Gelukkig het ons darem later n gas warmwaterstelseltjie in badkamer gekry waar ons dan in wasbak kon was. Ons kon slegs eenkeer in die week rerig bad. Die bad was ook net maar n sitbad.

Gelukkig, omdat ek kort was, kon ek darem soort van agteroor lê met my bene opgetrek. Ons het ook die warm water gedeel. Eers my Ma wat bad, dan is dit my of my suster se beurt om in dieselfde water te was!

Ek het darem nou lekker terug  aan die goeie ou en swaarkry dae gedink.

TOEKA-TOKKEL uitdagings:

  1. Dis lekker, dis Afrikaans.
  2. Skryf n stuk op jou bladsy, pos die skakel in my kommentaar.
  3. Verwys asb na my pos om ander mense te laat sien en lees waaroor dit gaan.
  4. Geniet dit.

Die volgende persone het weereens lekker oor TV gesels.

Baie dankie vir jul getroue ondersteuning dit word rerig waardeer.

Ook dankie aan ouens wat nie n pos maak oor onderwerp maar steeds lekker saam  gesels in die kommentaar.

Kameel was eerste met haar bydrae. Sy is nie n groot TV ondersteuner nie. Sy dink terug aan die heerlike wêreldreise saam met haar kleinseun…

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/18/tv-programme/

Toorts is volgende met terugvoer na begin van TV. Ook maar nie n TV kyker en tog tussenin is daar iets wat gekyk word.

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/19/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-televisie-programme/

Olga vererg haar sommer borduur oor sepies wat so vervelig is…

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/08/19/toekatokkel-34-televisie-programme/

Herriemerrie het ook heelwat oor TV te sê, sy kyk met een oog en weet presies hoe storie verloop…

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/08/19/en-mis/

VOLGENDE TEMA : SOEKTOG

Kan jy nou glo dis amper September en lente!

September 2015

37. Oudhede

38. Skottelgoed

39. Paaie

40. Bestuur/bestuurder

Soektog.

Toeka-Tokkel no 31: BRANDHOUT


Hier gaan ons met nog Toeka-Tokkel.

BRANDHOUT

Liggaamlik of figuurlik

Dis koud. Nie net koud nie, ysig koud!

Image result for wind picture

Die Suidewind bol sy wange en waai daardie yswind vanaf die Suidpool hier oor ons teen n spoed van tot 130 km per uur!

Saam met die wind kom die wolke en dan ook daardie sneeu wat val tot op hoogte van 300m bo seespieël.

Nou het mens n lekker kaggel nodig met brandhout wat knetter en mens snoesig warm maak.

Image result for burning wood

Ongelukkig werk dit nie so in my ou huisie nie! Ek het n kaggeltjie maar geen brandhout nie.

IMG_0858

Die hout is duur en mens moet al in herfs begin om droë hout op te gaar(wat mense wel hier doen). In my sitkamer het ek n “heat pump” of warmpomp! wat sy bes doen om die koue te verjaag.

IMG_0860

Hy gebruik soveel krag dat ek op my rug geval het toe ek hierdie maand se kragrekening gekry het. Dis soveel as een vrag brandhout wat my seker twee maande kan hou!

My buurvrou het n kaggel wat sy stook met optel hout wat haar neef vir haar aanry. Dit stink en rook party dae so erg dat ek alles moet toe hou om die rook uit te hou.

So liggaamlik gesproke kan brandhout gebruik word om mens lekker knus en warm te hou in die koue wintermaande.

Image result for thoughts pictures

Brandhout, figuurlik gesproke, stel ek voor as al die idees en gedagtes wat mens in jou brein voer om weer alles te gebruik of te brand as dit verwerk word.

My gedagtes het baie brandhout nodig om besig te bly. Ek is gedurig besig om in my gedagtes dinge uit te dink en te oorweeg. As daardie brandhout nie daar is nie kan niks ontwikkel en gedoen word nie.

Ek het heerlik my brandhout gebruik en hierdie pos aanmekaar geslaan! Wat dink jy van BRANDHOUT?

(Prente kom van www.google.co.nz,  net die kaggeltjie en heatpump is my eie fotos)

TOEKA-TOKKEL en wat dit behels:

1. Skryf Afrikaans en geniet dit! Elke week op n Donderdag verander ek die opdrag of uitdaging.

2. Skryf n pos en verwys na hierdie pos sodat ander kan sien waar dit vandaan kom en waaroor dit gaan.

3. Plak jou skakel in by my kommentaar sodat ek en ander by jou kan uitkom en lees wat jy alles sê oor die onderwerp.

HOOP OM IETS VAN JOU TE HOOR! Geniet dit!

Die volgende ouens het heerlik oor teater gesels:

Die uwe  oor drie ou teaters wat al verval het

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/07/16/toeka-tokkel-no-30-teater/

Herriemerrie vertel van nagmerries oor operasie-teaters

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/07/22/riller-van-teaters/

Kameel vertel van besoeke aan teater en Madam X

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/22/die-lekker-van-teaters/

Toorts skryf oor pragtige opvoerings in teaters

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/23/toortsie-se-toeka-tokka-oor-teater/

Voorverlede week se familie het nog n skrywe opgelewer! Dankie aan Olga vir haar groot familie

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/07/20/toeka-tokkel-baie-familie/

Omdat Julie 5 weke het het ek sommer n ekstra enetjie ingesit:

MENGELMOES

Augustus 2015

  1. Pantoffels
  2. TV programme
  3. Wasdag
  4. Soektog