Tag: afrikaans

  • Toeka-Tokkel no 40 : Herinneringe/kuiertyd

    Herinneringe Ons het almal dinge wat ons kan onthou. Net een woord kan n mens se gedagte vinnig terug neem na n gebeurtenis. Ek gaan getrou elke Vrydag na my skrywers klas. Dis nou al drie volle jare wat ek die skrywery doen. Alles gaan oor jou eie ondervindings en herinneringe. Ons kry altyd vyf […]

    Advertisement

  • Toeka-Tokkel no 39 : Paaie

    Sodra ek by Donderdag kom en nog niks geskryf het nie dink ek ek moet bietjie oorslaan. n Goeie hoof/organiseerder staan nie sommer terug van sy opdragte nie. So, daar gaan ek toe verder en dit werk toe uit dat ek weer n lekker geselsie oor paaie het. AFRIKAANS IS LEKKER. HOU DIE TAAL HOOG […]

  • Toeka-Tokkel no 38 : Skottelgoed

    SKOTTELGOED Die liewe skottelgoed tog! Daar is gedurig skottelgoed wat gewas moet word in my huis. Hier is n skottelgoedwasser wat saam met die huis gekom het. Ek het hom egter in die 5 jaar wat ek hier bly nog nie eenkeer gebruik nie. Omdat ek een alleen is sien ek nie hoekom ek die […]

  • Toeka-Tokkel no 37 : Oudhede

    Dis weer Donderdag en hier gaan ons weer met n volgende TOEKA-TOKKEL. Elke Donderdag verander die tema of onderwerp. Almal wat Afrikaans skryf is welkom. Deel asb. in die heerlike gebruik en vertellimgs in Afrikaans. Skryf in n pos oor Oudhede. Verwys na my Toeka-Tokkel. Plak jou skakel in my kommentaar sodat nie net ek […]

  • Toeka-Tokkel no 36 : SOEKTOG

    SOEKTOG Wie ken nie daardie magtelose gevoel wanneer jy haastig is en iets wat dringend nodig is nie gevind kan word nie? Voor verlede week het ek n soektog gehad wat my nogal paniekerig gemaak het! Ek is nie baie lief daarvoor om self te bestuur as ek ver moet ry nie. Ongelukkig moet dit […]

  • Toeka-Tokkel no 35 : Wasdag/ wasgoed

    Hierdie week se Toeka-Tokkel het my lekker vêr teruggevoer na die goeie ou dae. WASDAG 1960 trek ons plot toe. Geen elektrisiteit. Nie regtig warm water nie! Wasdag was nogal n storie. Ons het buite n dubbele  wasbak gehad. Die een het riffels gehad waarop die wasgoed geskrop kon word. Dit was harde werk om […]

  • Toeka-Tokkel no 34 : Televisie- program/me

    TV-PROGRAM/ME Die TV is nou nie juis my beste tydverdryf nie. Ek het nie al hierdie “fancy” ekstra kanale wat jy moet betaal om sekere goed te kan sien nie. Vir n pensioenaris met n klein inkomste is dit die laaste waarvoor geld gebruik word. My TV kanale is 1, 2, 3, 4 en Maori. […]

  • Toeka-Tokkel no 33: Pantoffels

    PANTOFFELS Pantoffels is voetgoed om jou voete warm te hou in die winter.Dis my idee van pantoffels. Hier in New Zealand werk dit nie so nie. Volwasse mans en vrouens doen alles met hul pantoffels aan. Hul gaan dorp toe, doen inkopies, woon sportbyeenkomste by en gaan kuier sommer in hul pantoffels. Van kinders kan […]

  • Toeka-Tokkel no 32 : MENGELMOES

    Wat doen ons by Toeka-Tokkel?       Ons skryf, gesels, vertel in Afrikaans Waaroor gesels ons?                          Oor alles onder die son. Elke Donderdag verander die tema. Hoe doen ons dit?                         […]

  • Toeka-Tokkel no 31: BRANDHOUT

    Hier gaan ons met nog Toeka-Tokkel. BRANDHOUT Liggaamlik of figuurlik Dis koud. Nie net koud nie, ysig koud! Die Suidewind bol sy wange en waai daardie yswind vanaf die Suidpool hier oor ons teen n spoed van tot 130 km per uur! Saam met die wind kom die wolke en dan ook daardie sneeu wat […]

  • Toeka-Tokkel no 30 : Teater

    Welkom weereens by n nuwew tema en Toeka-Tokkel. Almal wat Afrikaans skryf kan hul deeltjie hier bydra. TEATER Ons teater in Upper Hutt http://www.expressions.org.nz/about-expressions/ Die woord teater kan verskillende prentjies in mens se gedagtes oproep. Dit kan wees as plek waar daar toneelstukke of opvoerings gehou word. https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_Staatsteater Mens kry ook film teaters waar daar […]

  • Toeka-Tokkel no 29 : Familie

    FAMILIE Families is vir die mensdom soos n boom met takke en takkies, verskillende groote blare, ook blomme en vrugte. Die blom is soos die gesin. Daar is n moeder en n vader(manlik en vroulik) dan kom die vrugte wat nuwe lewe bring. Eers is dit die ouerpaar se kinders, hul gaan verder met hul […]