Liewe Dagboek: Dag 30 Mei


Image result for rain cloud

Die weer is heel omgekrap vandag.
Wind wat waai teen 100km per uur. Ek moes heeltyd my motortjie se stuur aanpas om nie van die pad af te waai nie.
Reën wat met emmers uitgegiet word; dan weer minder dat dit net motter. Nat is dit beslis.
Vanoggend se uitgaan was onplesierig. Soos dit ook maar is wil Trompie nie dadelik iets doen nie. Ons moet eers goed nat word voordat hy besluit – nou of nooit.
Die kinders moes baie vinnig loop en inkom om nie te nat te word nie. Skoene word aan die matjie afgevee en dan uitgetrek en hul kan hul boektasse ophang. Die buie wissel af van erg tot weer bietjie ligter. Die laaste twee dogtertjies wat op die PS4 gespeel het is nie haastig om uit te gaan nie. Die enetjie het nie ‘n reënjas nie(sy was vir ‘n week by haar pa gewees en ek vermoed haar reënjas was seker by haar ma)Sy staan en twyfel of sy moet loop en of sy gaan wag vir die ander dogtertjie. Ek jaag haar toe vinnig aan want die bui was bietjie minder. In die tussentyd is die ander dogtertjie besig om haar reënjas aan te trek. Sy sit haar boeksak op haar rug en toe moes sy eers sit om haar skoenveters vas te maak. Sy is een van die kinders wat vreeslik traag is om haastig te maak. Terwyl sy haar skoen vasmaak staan ek in die deur en se:
” Aaa reën, jy kan maar nog bietjie hard reën want Ella het nog nie haar skoen klaar vasgemaak nie.” Sy kyk my vreemd aan en bly met haar veter vroetel.
Die reën is bietjie minder en sy se:
”Ek het ‘n reënjas so dit maak nie saak as dit reën nie.” Nou ja, daar het ons dit nou. Gladnie gepla om vinnig te maak nie. Nou moet ek byse, hierdie Ella gee my party dae ‘n kramp waar ek dit nie wil he nie. Sy hoor maar maak of sy nie hoor of verstaan nie. Sy brom altyd oor ek haar so aanjaag.
Sy sal ook vinnig se:”Ek kannie!” of “Ek weet!” maar in die tussentyd doen sy niks. Ek ken haar van sy 5 jaar was(sy’s nou 8)en sy is steeds die steeks donkie as dit by dinge doen kom.

Image result for Simon Says


Vanmiddag se naskool was ‘n riller. Ons was oorbevolk in ‘n te klein klaskamer. Dis seuns en meisies van 5 tot 9 jaar. Daar was skaars plek om te beweeg(ek oordryf darem nou lekker.) Ons het 45 kinders gehad. Almal binne weens die slegte nat weer. Dit gil en skree, probeer hardloop en spring. Dit gryp mekaar. Gooi mekaar op die grond en val op mekaar. Dan is die ouer meisies besig om die seuns te tampteer met hul gegiggel en afloerdery. Dit was ‘n malhuis.
Ek was bly toe dit tyd was om huistoe te gaan. Dit reën katte en honde of eintlik meide met knopkieries(dis nie lelik bedoel nie)
Terwyl ek sit en skryf voel dit of die wind die huis wil omwaai of wegwaai. Daar is nou ‘n mal ou wat sy opgewarmde kar hier in die straat toets. Dit brul vir ‘n vale.

Ek sien die weervoorspelling voorspel nou koue vir die naweek. Sneeu in suide tot op hoogte van 500 meter. Ek dink die draai van die seisoen is nou baie naby.

Daars hy, my tweedlaaste skryfsel is geskryf vir die maand van Mei.
Bedtyd vir my en Mr T.

NS: Die motortoetser gaan nog probleme optel as hy so brul en jaag in die nat weer. Hy dink seker die polisie gaan hom nie vang nie.

Advertisements

Liewe Dagboek: Dag 28 & 29 Mei


Gister is verby sonder dat ek by skryf kon uitkom.
Die naskool was heel rustig. Daar was net so 25 kinders wat dit lekker beheerbaar gemaak het. Dit was nat en die kinders moes binne bly. Klein Jesse, 5 jaar, was natuurlik uit sy kassie. Dit hol en spring en raas. Skielik besluit hy om die bank te skop. Sommer net omdat hy dink dis cool.
Ek vang hom met die volgende skop: “Wat dink jy doen jy?”
Ek het nogal hard en half kwaai gepraat. Arme kind het dit nie verwag nie. Hy staan met groot oë wat begin waterig raak en kyk vir my. Ek kon nie help om te lag nie. Gelukkig het ek my pose gehou en mooi verduidelik dat dit nie gedoen word nie. Jesse kry sulke bevliegings. Hy kan met tye sy tas vat en dit met geweld neersmyt en dan daarop spring. Ek vermoed daar is baie opgehoopte frustrasies in die klein lyfie.

Image result for child with broken arm drawing


Gister oggend, met middagete’ het die woelige ander 5 jarige seuntjie sy arm gebreek. Die ambulans moes hom kom haal. Die arm is blykbaar sleg gebreek. Die been het eenkant uigebult. Die ou was eergister al baie rof met sy spelery op die glyplank/baan. Hule vat hul truie of baadjies en dan gly hul daarop by die glyplank af. Dan is dit meestal nog drie of vier seuntjies gelyk ook. Geen wonder daar het toe nou uiteindelik iets ernstigs gebeur. Ek is net bly dit het nie die middag in ons sessie gebeur nie.


Vandag 29 Mei het die onderwysers gestaak.
Daar was nie voor en na-skool nie. Die laerskole en ‘intermediate’skole was almal gesluit. Sowat 50 000 onderwysers het in strate betoog. Alles gaan oor meer onderwysers en onderwysers hulp; asook hulp met die onderrig van spesiale hulp leerlinge. Verhogings is ook ‘n klein deeltjie daarvan. Dit gaan egter werklik oor die oorlading van onderwysers.

Vanoggend het ek bietjie later opgestaan. Gisternag het die wind baie gewaai en daar was ook baie harde reënbuie gewees. Toe ek die gordyne oopmaak was die lug so blou en skoon as kan kom. Dit was beslis amper ‘n somerse dag. Ek het ‘n kortmou bloes aangehad vir die hele dag. Nou is dit weer kouer, so 8 pm vanaand. Verder het ek nie veel gedoen nie. Ek het darem my Rebusfontein storie geskryf voordat inlinks sluit.


More is die tweede laaste dag van die maand se dagboek inskrywings. Ek gaan beslis ‘n glasie klink as dit verby is.

Liewe Daboek: Dag 17 Mei


Sjoe wat n dag was dit nie gister nie!
Net eers ‘n groot DANKIE aan al my liewe vriendinne wat saam met my geween en tande gekners het gister. Jul weet nie hoe goed dit my gedoen het om al jul liefde en ondersteuning te ondervind nie. Gelukkig het die ander hulp-personeel saam met my gevoel en kon ek my in hul simpatie en meegevoel koester. NOG WEER BAIE DANKIE en lief jul almal.

Na my ongelukkige ervaring gister het daar nog dramas die middag gebeur.Die stoute E is uit naskool en voorskool verban vir twee weke wat Maandag begin. Dit gaan ‘n heerlike twee weke wees so sonder hom. Die beste van alles is sy maatjie is toe ook uitgesluit vir twee weke want die het Woensdagaand homself so wangedra toe hy moes huistoe gaan dat hy sy derde skriftelike waarskuwing gekry het.
Toe ek gistermiddag by die skool kom het ek gevoel om sommer ‘n uur af te vat en net te gaan shop. Ek het dit toe gereël maar dit toe nie gedoen nie want ek het nie geweet van die ander kind se wegwysing nie. Toe ek oppad uit was om te reël vir uur se afgaan het die kind se pa aangekom om die kinders op te laai. Terwyl ek met sekretaresse reël in die kantoor het die pa blykbaar my Supervisor aangeval en haar sleg gese dat die see haar nie kan afwas nie. Hy is toe weg. Toe ek terugkom om te se van uur af, vertel die supervisor my wat gebeur het en dat die kind so onhebbelik was die vorige dag. Ai, toe gaan my hart uit na my Super en se toe dis “okay” ek sal bly. Sy moenie worry nie. In die tussentyd is die ander hulp daar uit met haar hande in die lug en se sy het genoeg gehad van alles.
Sug… Wow, wat n middag. Gelukkig kon ek weer sterk staan en aangaan.

Vanoggend het ek heel verlig opgestaan. Dit was asof ‘n las van my skouers af was. Ek dink al die Toewerinne se ondersteuning het my weer laat opstaan en aangaan.Selfs my seun het ook meegevoel gehad wat ek ook waardeer.
Die kinders was maar hul woelige self. Daar is egter ‘n verskil tussen woelig en die manier van gewelddadig op te tree teenoor ander.
My oggendlopie was heel lekker. Ek het met die eende vrou gepraat en ‘n paar gedagtes uitgeruil. Ek gaan nog, sodra ek niks het om te skryf nie, vertel van al die mense en diere wat ek elke oggend langs die pad kry. Ons weet presies waar wie bly en wanneer watter honde vir ons gaan blaf.
Vanmiddag gaan ek ‘n uur langer werk omdat my Supervisor na n vakbond-uiteet-vergadering moet gaan.
Tot dan toe, soos my Ma altyd gese het: Hou de moed der maar in!

Liewe Dagboek: Dag 13 Mei


Dertien – my gelukkige nommer! Darem toe nie Vrydag nie

Dit het gereën. Hele nag en groot deel van die oggend. Toe ek 2:30nm skooltoe ry was daar nie ‘n wolk te sien nie.
Vanoggend het ek met die wildewragtag E se pa gepraat. Dis ‘n hartseer storie wat net nie ‘n einde het nie. Die ouers gaan nou uitmekaar. Huis sal verkoop moet word en wat kan erger wees as ‘n geskeurde gesin.
Die kinders was vanmiddag weer baie bakleierig. Van die 5 jariges is regte rammetjies uitnek met die ouer seuns. Die ouer seuns terg(boelie) natuurlik ook die kleintjies sodat hul kwaad word vir mekaar. Toevallig het een groot seun se ma en ‘n kleintjie se pa gesien wat gebeur tussen die twee. Ongelukkig is die ouer seun een van die uitdagers en hy het die kleintjie mooi afgebreek voor sy ma deur nie te verduidelik hoe die storie begin het nie. Ai toggie, dis ook maar ‘n gedurige vure doodslaan en vrede maak.
Toe ek vanmiddag net na vyf tuiskom hoor ek die alarm, wat in ‘n huis oorkant die straat, loei. Die huis is n versorgings huis vir minder gegoede mense met “gebreke”. Beroerte, Altzheimers,verlammig.
Ek het maar Trompie gevat vir sy lopie. Toe ek terugkom het die brandweerwa net aangekom. Al die inwoners het buite op die sypaadjie gesit en gestaan. Meeste is in rolstoele. Daar was gelukkig nie ‘n werklike brand nie(dis wat ek dink) Die brandweer ouens het alles veilig gemaak en inwoners kon weer ingaan.

Hier is die bordjies waarop ek gister plakkertjies geplak het. Dis honderd bordjies vir die elektroniese muisvalle wat my seun ontwerp het en wat ons vervaardig in die garage. Daar is 4 bordjies in n panneel wat aan die einde opgebreek word, en in die muisval ingebou word.

Liewe Dagboek: Dag 7 Mei


Vandag was weer ‘n anderse dag.
Vroeg oggend (net na 2vm) was Trompie vreemd rusteloos of ongemaklik.
Met ons vroeë loop wou hy net grassies eet. Halfpad het hy darem al sy besigheid gedoen maar toe begin hy stilstaan; kyk vir my asof hy vra -Moet ek rerig loop? Ek moedig hom maar aan om deur te druk huis toe.
Ek gaan skooltoe en wag tot 8 uur om die veearts te bel vir ‘n afspraak. Ontvangsdame se as ek hom dadelik bring kan ek gou kom. Ek kan nie afspraak vir later maak nie want my dr opereer Dinsdae. Vinnig kantoor toe, en gelukkig is die hoof reeds by die skool. Ek vertel hom ek het ‘n noodgeval en moet gou ry. Ek het hom gevra om gou toesig te hou. Hy sou dit doen en het dit ook gedoen. Daar was 14 kinders en eks bly hy kon dit sien.
Trompie het nie lekker gelyk nie. Het om vinnig ingelaai en dr gesien. Sy kon nie sien of agterkom dat daar weer stene is nie. Daar was nog steeds n mate van bloed in sy urine. Sy het hom goed bevoel en beluister. Sy wou voel of sy prostaatklier okay is. Met die ingaan verduidelik sy dat sy”anal gland” vol is en dat sy dit gaan uitdruk. Ek vermoed dat dit ook deel van sy probleem is/was. Hy het antibiotika gekry vir tien dae en ons hoop dat dit die ontsteking wat daar moontlik is sal oplos. Trompie slaap nog hele dag. Dit lyk of hy klaar beter voel.
Verder het ek lekker tee gedrink met my Dinsdag vriendin.
Die hele oggend het n helikopter gif gestrooi vir possums en ander roofdier. Dan het Saterdag amptelik die eende-skiet-seisoen begin.(duck shooting season) Elke jaar word eende uitgedun deur “jagters”.
Die middag se oppas was heel rustig omdat die moeilike outjies nie daar was nie.
Ek het sommer vir my fish & chips gekoop vir aandete en gaan vroeg probeer om in die bed te kom. More hoef ek net oggendsessie te doen. Die onderwysers hou vergadering more middag en al die kinders moet 12 uur huistoe gaan.
Dit dan wat my Dinsdag betref.

Liewe Dagboek: Dag 3 Mei


Dag drie was heel rustig.

5.50 vm gaan die wekker af. Ek skakel hom af. Kyk gou watter e-posse daar is(nie dat ek lekker sonder my bril kan sien nie.)Skakel bedliggie aan.
Badkamer besoek. Kombuis toe, skakel ketel en radio aan. Maak gordyne oop en my eerste koppie tee. Stort. Drink my tee.
6.25 vm stap ek en Trompie om blok.
Eet my pap. Borsel tande en
7.15 vm in my moter en weg is ek vir n uurtjie.
7.25 vm – sluit skool oop en skakel alarm af. Sluit my klas oop en eerste kinders begin kom
7.30 vm
8.30 vm Kinders is weg na hul klasse. Ek maak klas toe, handig register in en weg is ek.
8.45 vm Tuis by Trompie. Ons loop meestal vir so dertig minute elke oggend.
9.30 vm sit voor rekenaar en kontroleer die bestellings en pak pakkies. Na tien gaan pos ek die bestellings en dan het ek so n uurtjie vir myself om iets te doen.
12.00 vm toebroodjie en cup of soup. Dan my Nannienap.
2.30 nm spring in my kar, land 2.40 nm weer by skool. Twee ure toesig tot 5 uur.
5.15 nm loop om blok met Trompie, dan is dit aandete maak.
Sjoe ek is skoon uitasem van alles.
Dit in kort waar my tyd daagliks heen vlieg.
Vandag se gebeure.
Ek het vanoggend eers my stuk vir my skryfsessie geskryf. Dit neem my maklik twee ure om n bladsy voorleesbaar te skryf.
Vanmiddag se skryfsessie was baie lekker. Ons was net drie gewees en het die geleentheid gehad om gedagtes oor ons lewens uit te ruil. Ek geniet die sessies baie. Dit gee my die geleentheid om meer oor Nieu Zeeland te leer en hul gewoontes. Ook help dit my engelse taalgebruik. Met tye sukkel ek maar om my uit te druk en alles reg te skryf .
My mede skrywers is altyd baie geinteresseerd in my Suid-Afrikaanse vertellings. Ek het hierdie week oor die vloede in Mosambiek geskryf en oor vloede en siklone in die verled in SA.
Nou sit ek en gaan nou gou die skrywe pos want dis die Graham Norton Show wat ek baie geniet. Tot more my liewe dagboek.