Liewe Dagboek: Dag 21 & 22 Mei


Toe skip ek weer ‘n dag. Gister was egter heel rustig en sonder verdere voorvalle. Ek het ‘n teetjie met my Dinsdagvriendin gaan drink. Ons kuier altyd heerlik vir ‘n uurtjie. My vriendin is nogal vol fiemies as dit by haar koffie smaak kom. Meeste van die tyd hou sy nie van die koffie wat in die verskillende plekke aangebied word nie. Met dit in gedagte kuier ons van een kafee/koffieshop na die volgende. Die laaste paar Dinsdae het ons by MaC Donalds gaan drink omdat ons die drinkgoed gratis kry met ons “Gold cards”. Jy moet net iets anders koop soos bv ‘n broodjie of n muffen wat ons dan ook doen. Die probleem was hul het nie juis ‘n keuse van eetgoed nie. Ons het maar telkens die wortel en neute muffen gevat omdat dit al was wat darem nie te soet was nie. Gister het ons egter na ‘n ander koffie plek gegaan. Dit is deel van ‘n mans haarkapper. Die tee/koffie en savoury muffen was nie juis iets om liries oor te raak nie. Ek glo nie ons sal weer soontoe gaan nie.
Vandag 22 Mei was weer nie te sleg nie!
Dit het vroeg oggend gevoel of ek by die see is. Dit was nie koud nie. Bewolk en so ‘n regte see-klammigheid in die lug.
Woensdae is dit tyd vir “Time Bank” se teedrink by die Mayfair kafee. Ek doen dit nou al vir die afgelope sewe jaar om so saam met ‘n klompie mense te gesels en te kuier. Baie het al gekom en gegaan. Ek is maar een van die weinige gereelde kuier ouens. Buite die kafee, op die stoep, is daar ook ‘n groep vroue wat soggens ‘n koffietjie drink en ‘n sigaretjie rook. Ek gesels ook eers met hulle voordat ek ingaan na my groep toe.Dis ‘n groepie uiteenlopende persoonlikhede. Een is n oud honde-afrigter wat wolfonde gehad het. Ander een is in ‘n rystoel wat Multiple scleroses het en sy het ‘n oppasser wat haar rondry. Nog een is ‘n deftig gekleede dame wat ‘n hart van goud het. Baie innemend en simpatiek. Ook ‘n jonger vrou wat nuut is wat n “ongeskikte” hond het wat net teen my wil opspring en probeer om my te domineer.
Ons naskool is Woensdae meestal baie besig en vanmiddag was nie anders as voriges nie. Kinders krioel en hardloop, ry met hul scooters en gil en skree. Dis egter goed. Hul raak ontslae van hul energie.
Wat egter die lekkerste vandag was, was dat Bertus vir die derde aand met Bea ‘n draaitjie hier kom maak het. Hy het net van sy parte kom kry. Terwyl hy garage toe is het ek en Bea bietjie gekuier. Ons het vanaand ‘n storieboek gekyk. Een van die stories was”There’s a hole in the bucket” Liza is ‘n vet eend en Henry ‘n bokkapater.
Toe die twee wou ry het hul Bea se poppie vergeet. Ek het hom gou vir haar gaan haal. Gemaak of hy vreeslik huil en na sy Mamma verlang(amper het ek Bea toe ook aan die huil gehad)
Die lekkerste lekker was toe Bea se: “Bye-bye, I love you!”
Dit doen my ou moeder hart goed om sulke liefdetjies te beleef.

Advertisements

Afrikaanse Tokkels: Laaste vir 2016


 

Hiermee wil ek almal n mooi en vreugdevolle feestyd toewens. Mag jul elke oomblik met jul geliefdes geniet.

Baie dankie aan al die vriende in die blogossfeer vir die lekker gesels en kuiers oor en weer die afgelope jaar. Ons het heerlik ge-TOEKA TOKKEL

https://scrapydo2.wordpress.com/category/toeka-tokkel/

Sonder julle is die lewe maar baie saai en vaal.

Mag die nuwe jaar vir n ieder en n elk vol vreugde wees.

Image result for nuwe jaar wense

Five Photos, Five Stories : Dag 5 Vertrek


Rules

Rules of Five Photos, Five Stories Challenge require you to post a photo each day for five consecutive days and attach a story to the photo (It can be fiction or non-fiction, a poem or simply a short paragraph) and then nominate another blogger to carry on this challenge. Accepting the challenge is entirely up to the person nominated, it is not a command.

I would like to invite anyone who is interested to join the “Five Photos, Five Stories Challenge” for 5 days.

DAG 5

VERTREK

2009

Ek besef dat my familie nie daarvan hou om in die blog-wêreld te verskyn nie.

Tog gaan ek hierdie keer nie luister en dink hoe hul gaan brom daaroor nie.

Ek is baie lief vir my familie.

Hulle beteken die wêreld vir my.

Hierdie foto is geneem die middag toe ek oppad was

lughawe toe.

Al die dames!
Al die dames!

Ek verlang nou sommer baie na alger.

Ek het in 2010 terug gegaan omdat my verblyfpermit verval het voordat my permanente verblyf deurgekom het. Dis dus 5 jaar dat ek hul laas gesien het.

Kleinsus het in 2009 saam met my gevlieg . Sy het n heerlike maand lank hier gekuier.

Nou kommunikeer ons maar d m v die internet. Dis darem maar lekker om in noue kontak te wees. Die pos is n dooie verlies. My skryfgoed en pakkies kom nie uit by hul bestemming nie. Nou dink ek nie eers meer daaraan om iets te stuur nie.

Dis so jammer dat alles so verval en agteruit gaan. Dis so n mooi en heerlike land om in te woon.

SUID AFRIKA BLY STEEDS MY TUISLAND.

Dit is die laaste van my 5 dae.

My volgende 5 dae gaan oor New Zealand se eerste jaar wees.

Toeka- Tokkel 16: INRY-TEATER


INRY-TEATER

http://en.wikipedia.org/wiki/Drive-in_theater

+ + +

Die jaar 1962!

Ons gaan inry toe!

Ek was meestal die ou wat opgestook word om my Pa te vra of ons maar inry toe mag gaan  die aand. Hy het meestal so 5 uur se kant van die werk af gekom. Moeg en gedaan. Vrydagaande het ons meestal kans gehad om hom te oortuig om ons inry toe te vat.

Eers, toe ons nog op Erasmia gebly het, moes ons Fonteine Inry toe gaan. Daardie begin dae was dit nog n klein skermpie met nie baie staanplek nie.  Aangesien die inry so gewild was het daar meer en meer van hulle opgeskiet. Ons kry toe die pragtige Swartkops-inry-teater. Groot skerm, baie staanplek en op die koop toe n resiesbaan rondom, sodat jy lekker kon ry as jy ingaan en uitgaan.

Terug na die jaar 1962!

Wie onthou nog vir Jamie Uys? Wel, dit was tyd vir inry want “Lord oom Piet” het gewys op die groot skerm! Onthou jy nog die dae?

Ons het menige films daar gekyk. Al die Afrikaanse flieks. Tarzan flieks. Cowboys was my pa se geliefkooste prente en later al die James Bond met, mmmmm daardie aantreklike, smeulende Sean Connery as 007. Vandag se Bonds is geheel en al te lig in die broek.

Die inry, het ons as familie lekker laat ontspan op n Vrydagaand. Moet byvoeg dat ek lank as onder twaalf ingegaan het omdat ek die kortste van ons drie meisiekinders was en moes altyd my ekstra klein maak as ons ingaan.

Kom mense laat ons bietjie gesels oor die lekker inry-aandjies uit. Komberse en kussings voor die moter uitgesprei. Heerlike  drink- en eetgoedjies, te lekker.

%  %  %

Die volgende persone het oor erfstukke geskryf. BAIE DANKIE vir jul skrywes en ondersteuning. Dit word werklik waardeer.

Marlize het baie van haar pa geërf wat lewenswaarde het…

http://marlizeventer.com/2015/04/02/om-te-kan-erf-toeka-tokkel-se-onderwerp-van-die-dag/

Kameel het n ou kas wat amper nie meer n kas was nadat dit verander is in n swaai….

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/08/die-oukas/

Toorts verduidelik hoe haar oupa grootjie perde beoordeel het met n verskanste meetstok en waterpas..

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/09/toorts-se-toeka-tokkel-oor-erfstukke/

Die volgende geld vir die uitdaging hier by TOEKA-TOKKEL

1.  Ons skryf in Afrikaans. Ons geniet dit om saam te kuier.

2.  Skryf ‘n stuk oor die onderwerp en noem Toeka-Tokkel as plek waar jy die uitdaging gekry het.

3.  Plak jou pos se skakel in my kommentaar sodat ek en ander lesers jou pos kan besoek en sodoende kan lees wat jy geskryf het.

4. As jy nie wil of kan skryf nie mag jy gerus fotos gebruik om te vertel wat jy wil sê.

Ons volgende uitdaging gaan oor:  17 DIERE

LEKKER SKRYF!