Nuwe uitdaging op Maandae.


Maandag = wasdag gaan ek dit noem.

Image result for washing images cartoon

Ek het ‘n nuwe blog oopgemaak wat spesiaal vir Afrikaanse skryfwerk gaan wees. My Engelse vriendinne is al so dik vir my Afrikaanse skrywes of liewer omdat hul dit nie kan verstaan nie dat ek besluit het om die werklike Afrikaanse skrywe te skei van my hoof blog.

Gaan kyk gerus hier:

https://kreukels.home.blog/

Ek hoop om almal daar te sien. Maandag kom die eerste woorde.

Liewe Dagboek: Dag 27 Mei


Die lug was redelik bewolk vanoggend. Die temperatuur was 16 grade wat beslis ongewoon warm is vir amper einde Mei. Dit voel half lente! Die voëltjies het sommer vroeg heerlik gesels wat ook ongewoon is. As iemand nou nog nie glo in “Global Warming” nie dan moet hy sy kop laat lees. Hierdie weer is beslis nie normaal as mens dit so kan noem nie.


Donderdag het ek ‘n fiets langs die pad gekry wat verniet weggegee word. Ek het gedink dit sou ‘n lekker fietsie vir Bea wees. Bertus sê toe dat dit minstens nog drie jaar sal neem voordat sy dit sal kan ry. Ek het die fiets toe vanoggend saamgevat vir gebruik deur die voor- en naskool kinders. Dit was nogal ‘n hele opwinding. Twee ouer seuns het gehelp om die fiets uit te laai. Hul het sommer dadelik opgeklim en beurte gemaak om te ry. Ons het reeds twee fietse wat aan ons geskenk is in die begin van die jaar. Nou is daar drie wat gelyk kan ry.
Na my oggend sessie het ek gaan kyk vir n lekker jas vir die winter. My klere is regtig verby hul dra tyd. Die jas moet ook lank genoeg wees om my bobene toe te maak in die koue. Dis waar ek die koudste kry. Nadat ek na ‘n winkel gegaan het wat redelik goedkoper jasse ingekry het, het hul nie my grootte nie. Toe gaan ek maar na ‘n duurder winkel en sien toe alles is ten minste 25% afgemerk. Daar was gelukkig iets waarvan ek gehou het. Ek besluit toe om maar oë toe te knyp en dit te koop. By die betaalpunt besluit my bankkaart om nie die transaksie te doen nie want… raai wat? My geld van die skool was nog nie inbetaal nie. Dit het nog nooit gebeur dat my kaart nie aanvaar is nie. Ek was half ongemaklik. Gelukkig kon ek reël om die jas more te kry. Die betaling het toe eers na een deurgekom. Ek het maar nie brood en melk gaan koop nie vir ingeval dit steeds nie deurgaan nie. Noudat ek daaraan dink, ek het nie melk om vir my warm sjokolande te maak voordat ek gaan slaap nie. Gladnie goed nie!


Vanmiddag was heel bedrywig gewees. Kinders was baie lawaaierig. Vroeg in die middag voordat die skoolbus nog gery het, het ek sirenes gehoor. Dis egter niks ongewoon nie.
Later die middag kom ‘n ma daar aan en vra of ons weet wat aangaan ‘n entjie af in die straat. Daar is seker vyf polisiemotors en twee ambulanse. My supervisor het gaan hoor of iemand iets weet. Die radio het blykbaar gese dat ‘n “mongrel mob” lid papgeslaan is en langs die pad afgegooi is. Wat ‘n opwinding, voel soos die wilde weste.
Ek het vir my “fish and chips” gekoop vir aandete en beplan om betyds in die bed te klim.

NS: Liewe Rambo, ek voel van de naweek af weer baie beter. Wil nou nie te gou bly raak nie maar ek dink die klippertjies het hopelik uitgekom.Daar is nie meer so ‘n erge irriterend gevoel nie.
Dankie vir al die ondersteuning van jou en jou Ma se kant. Lekker soppie lekke vir julle.

Woordsnoere 4 + Rebusfontein #MiddelMzanzi


Nooit sou ek in my wildste gedagtes kon dink dat ek n afgeleë plekkie van my eie sou kry tussen al my geliefde en bekende vriende.Vuurvliegie, die briljante gedagtevanger van weleer het die bal weer aan die rol gesit deur die plekkies te skep in Rebusfontein. Daar is ‘n ossewa gereël om almal op te laai. Ongelukkig kon ek nie betyds opdaag nie weens die internetonderbreking in Australië wat vier en twintig uur geduur het. Dit het die hele wereld geraak omdat alles per hand gedoen moes word. Mense is vertraag en het geen aansluitings gehad nie. Gelukkig kon ek darem verder reis nadat ek ons plaaslike Rocket Lab kon kontak en hul het ‘n vuurpyl vir my reggekry en my opgepik.
Ek land toe, ‘n dagreis weg, na die tyd in Suid Afrika. Gelukkig het iemand in die verbygaan aan my ‘n perd en treppie geleen om die ossewa in te jaag. Ek het my Voortrekkerkappie opgesit, my stewels en leer langbroek aangetrek. Die sweep het geklap en die wiele het gedraai vir n hele twee dae. Gelukkig het ek kop gehou en die ossewa ingehaal.Dit was n heerlike weersiens.Die klomp Towerinne is n klomp babbelkouse. Hul het nooit opgehou met klets en vrae vra nie. Man en muis was opgewonde om die nuwe geheime bly-vallei in te ry.
Al die huisies was te pragtig. Toortsie se rooi deur, Kameel se pergola en Bytjie se rotshuis. Natuurlik was die beste dat elke huis se Balie-eend gestaan en wag het om elkeen innig dag te sê.
My sigeuners lewe gaan nou eers vir n rukkie op ys gesit word.Ons het Towerinstraat af geskommel. Eerste was Hester se huis, cheer-leader van vormaat. Dan kom Balie Drome in twee en die uwe in NOMMER DRIE.

Image result for gypsy wagon

Kameel langs my in nommer vier! Ek is so dankbaar dat ek no 3 gekry het want fotograwe, skilders en kunstenaars glo aan drië. Uitstekend Vuurvliegie jy is ‘n doring!
My huisie lyk so binne:

Image result for gypsy wagon


Ek is maar gewoond aan tweedehandse meubels en goete dat ek sommer tuis gevoel het toe my ou “luie-seun” voor die TV staan. Nadat ek my plek deurgekyk het het ek eers gou ‘n draai by Vuurvliegie in no 14 gaan maak want sy het koffie/tee en banting muffens reg as verwelkoming.

Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

Lekker snoer.

Lê-Jou-Eier: Wat is my superpower?


 

Super krag is n nuwe uitdrukking vir ons moderne tyd. Dis mense met ysterhande, vlieënde mense, mense wat robots is en wat nog alles!
My “super krag” lê in my geaardheid van fyn aanvoeling. Ek kyk eers die kat uit die boom voordat ek die regte kat uit die boom sal help.
n Paar voorbeelde:
Vroeër jare het ek en my ouers met Saanen melkbokke geboer.

White goats Stock Photography

My eerste twee ooie was twee wilde wragtigs. Vars uit die veld. Nooit gehanteer deur mense nie.
Ons het naby Pretoria gebly en my Pa het twee ooitjies vir my gekoop van n boer naby Britstown. Ons moes hulle self gaan oplaai. Dit was sommer n lekker uitstappie.
Die boer het die twee ooitjies die vorige dag voor ons aankoms in n skuur opgesluit. Toe ons hul moes oplaai was daar geen manier dat die twee hul wou laat vang nie. My “super krag” het ingeskop en ek het hul stadig en rustig benader. Met hul gesels en gepaai. Op die ou end het hul self na my toe gekom en kon ek hul een vir een vashou sodat hul opgetel kon word en in die bakkie gesit word. Die boer kon sy oë nie glo nie!

Rottweiler Stock Photos

https://www.dreamstime.com/

Die volgende was toe ek op soek was na n huis om te koop. Ek het saam met die verkoopsagent uit die moter geklim. Sy het gewaarsku dat ons nie agtertoe moet gaan want daar is twee honde. Sy het glo n afspraak met die eienaars gemaak voor die tyd. Hul was toe nie tuis nie.
Die agent het gesê ons kan maar net oor die heining tussen agterkant en voorkant kyk. Ons doen toe so. Ons beweeg toe na die anderkant van die huis.
Raai wat verskyn toe om die hoek? n Fris rotweiler. Hy maak geen geluid. Loop net en gaan staan by die voordeur. Toe breek al die hel los toe ons dit waag om verder te loop. Hond nommer twee storm blaffende om die hoek en die eerste een kom ook dreigend nader.
Die agent wat agter my gestaan het, het met spoed by die hek uitgehardloop en die hek toe gemaak. Ek het doodstil bly staan met my mandsak as beskerming voor my. Nes ek beweeg kom honde grommend nader. Stop ek stop hulle. Die agent bly roep:”Ineke, kom uit daar. Hardloop!” Aikona, my “super aanvoeling” het gesê:”Hol jy, gryp hul jou.”
Ek het duim vir duim, voetjie vir voetjie agteruit beweeg. Telkens die honde gekalmeer. Dit was n verligting toe ek buite die hek staan en die twee blaf vir ons agter die toe hek.
Na die tyd was ek dankbaar dat daar nie gate of klippe in die pad was waaroor ek kon struikel nie.Jy kan jou indink wat kon gebeur het.

20170519_075042
Dan in vandag se lewe, het ek te doen met vyfjarige kindertjies wat nie by die skool wil wees nie, laat staan nog vroegoggend voor skool en namiddag na skool.
Partymaal, veral in die begin help my super power nie. Ek moet dan die kleintjie vashou en kwaai met haar of hom praat om nie agter die ouers aan te hol nie.
My laaste een op die oomblik is n dogtertjie van vyf. Sy klou aan haar pa vas en wou gladnie na my toe kom nie.Ek sien sommer in haar oë hoe verskrik sy is. Om n lang storie kort te maak. My super krag het op ou end gewen. Ek het haar nou aan my kant. Sy hardloop selfs nou vanaf die hek na my toe. Waai nie eers vir haar pa nie!
Eerste wat sy doen as ons inkom gryp sy n iPad. Ek sit langs haar en help haar die regte letters kies om woorde te maak. Ek het natuurlik n stoute vinger wat gereeld die antwoord wil intik. Dan is dit: “Naughty finger!” en sy sal hom wegstoot en dophou dat ny nie weer stout is nie.
My Super krag lê beslis in: Moed, Blymoedigheid en Kalmte van Gees.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Lê-Jou-Eier: Sê dit in Afrikaans. Idiome


Ooooo, dis n heerlike onderwerp. Gesegdes of idiome wat besig is om verlore te raak omdat dit nie meer deur jonger generasie gebruik word nie.

Ek is in n posisie waar ek daagliks slegs die “Rooi Taal” moet hoor en gebruik. Gelukkig kan ek darem nog lekker in Afrikaans met my kinders gesels. Daar kom egter gereeld gesegdes in my op wat ek gebruik in my gesprekke met hulle. Heelwat is vir hulle onbekend omdat hul dit nie regtig gehoor het of gebruik nie.

Die eerste waaraan ek dink is : Jakkals trou met Wolf se vrou.

Dit reën en die son skyn. Daar is ook meestal n reënboog in die lug. Hier gebeur dit baie dat die son skyn terwyl dit reën.

Die volgende woord is lekker om te gebruik vir iemand wat gedurig ander wil seermaak en rond stamp. Maar o wee, laat iemand dit nou net aan hom/haar terug doen!

Hy is n regte BOELIE.

Image result for mal jan onder die hoenders gesegde

Dink ‘n bietjie oor die ryk idiomatiese taalgebruik wat besig is om verlore te gaan. Hier is ‘n paar riglyne wat jy kan gebruik – kliek op skakel om meer uit te vind hoe

Lê-Jou-Eier: Sê dit in Afrikaans

werk:

https://hesterleynel.wordpress.com/2017/08/24/le-jou-eier-se-dit-in-afrikaans/

Toeka-Tokkel no 31: BRANDHOUT


Hier gaan ons met nog Toeka-Tokkel.

BRANDHOUT

Liggaamlik of figuurlik

Dis koud. Nie net koud nie, ysig koud!

Image result for wind picture

Die Suidewind bol sy wange en waai daardie yswind vanaf die Suidpool hier oor ons teen n spoed van tot 130 km per uur!

Saam met die wind kom die wolke en dan ook daardie sneeu wat val tot op hoogte van 300m bo seespieël.

Nou het mens n lekker kaggel nodig met brandhout wat knetter en mens snoesig warm maak.

Image result for burning wood

Ongelukkig werk dit nie so in my ou huisie nie! Ek het n kaggeltjie maar geen brandhout nie.

IMG_0858

Die hout is duur en mens moet al in herfs begin om droë hout op te gaar(wat mense wel hier doen). In my sitkamer het ek n “heat pump” of warmpomp! wat sy bes doen om die koue te verjaag.

IMG_0860

Hy gebruik soveel krag dat ek op my rug geval het toe ek hierdie maand se kragrekening gekry het. Dis soveel as een vrag brandhout wat my seker twee maande kan hou!

My buurvrou het n kaggel wat sy stook met optel hout wat haar neef vir haar aanry. Dit stink en rook party dae so erg dat ek alles moet toe hou om die rook uit te hou.

So liggaamlik gesproke kan brandhout gebruik word om mens lekker knus en warm te hou in die koue wintermaande.

Image result for thoughts pictures

Brandhout, figuurlik gesproke, stel ek voor as al die idees en gedagtes wat mens in jou brein voer om weer alles te gebruik of te brand as dit verwerk word.

My gedagtes het baie brandhout nodig om besig te bly. Ek is gedurig besig om in my gedagtes dinge uit te dink en te oorweeg. As daardie brandhout nie daar is nie kan niks ontwikkel en gedoen word nie.

Ek het heerlik my brandhout gebruik en hierdie pos aanmekaar geslaan! Wat dink jy van BRANDHOUT?

(Prente kom van www.google.co.nz,  net die kaggeltjie en heatpump is my eie fotos)

TOEKA-TOKKEL en wat dit behels:

1. Skryf Afrikaans en geniet dit! Elke week op n Donderdag verander ek die opdrag of uitdaging.

2. Skryf n pos en verwys na hierdie pos sodat ander kan sien waar dit vandaan kom en waaroor dit gaan.

3. Plak jou skakel in by my kommentaar sodat ek en ander by jou kan uitkom en lees wat jy alles sê oor die onderwerp.

HOOP OM IETS VAN JOU TE HOOR! Geniet dit!

Die volgende ouens het heerlik oor teater gesels:

Die uwe  oor drie ou teaters wat al verval het

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/07/16/toeka-tokkel-no-30-teater/

Herriemerrie vertel van nagmerries oor operasie-teaters

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/07/22/riller-van-teaters/

Kameel vertel van besoeke aan teater en Madam X

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/22/die-lekker-van-teaters/

Toorts skryf oor pragtige opvoerings in teaters

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/23/toortsie-se-toeka-tokka-oor-teater/

Voorverlede week se familie het nog n skrywe opgelewer! Dankie aan Olga vir haar groot familie

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/07/20/toeka-tokkel-baie-familie/

Omdat Julie 5 weke het het ek sommer n ekstra enetjie ingesit:

MENGELMOES

Augustus 2015

  1. Pantoffels
  2. TV programme
  3. Wasdag
  4. Soektog

Toeka-Tokkel no 30 : Teater


Welkom weereens by n nuwew tema en Toeka-Tokkel. Almal wat Afrikaans skryf kan hul deeltjie hier bydra.

TEATER

Ons teater in Upper Hutt

http://www.expressions.org.nz/about-expressions/

Die woord teater kan verskillende prentjies in mens se gedagtes oproep.

Dit kan wees as plek waar daar toneelstukke of opvoerings gehou word.

'n Beeld van die teater.

https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_Staatsteater

Mens kry ook film teaters waar daar hoofsaaklik films vertoon word. Die film-teaters kan in n gebou wees of in buitelug wat dan meestal n inry-teater genoem word omdat mens meestal met jou moter kan inry.

Daar is ook jou teaters in n hospitaal waar operasies uitgevoer word.

Image result for operation theatre design

Die teaters waaroor ek eintlik wil vertel is drie AMFITEATERS.

Eerste is die amfiteater by die Voortrekker monument in Pretoria. Daar is in die verre verlede verskillende optredes gedoen van toneel, koor en politieke byeenkomste. 1961 is deel van eerste Republiek fees daar gehou.

Die Amfiteater is vir die Voortrekkermonument se inwyding op 16 Desember 1949 opgerig. Geleë aan die noord-oostekant van die Monument, is dit ontwerp om sitplek vir ongeveer 20,000 mense te bied en staanplek vir 10,000 mense.

http://www.vtm.org.za/afrikaans-voorblad/groot-amfiteater/

GrootamfiK

Dan is daar die alom bekende Coloseum in Rome wat my sommer klein laat voel het toe ek daar gestaan het en die gids vertel het van die Romeinse toernooie wat daar plaasgevind het.

Die Colosseum of Kolosseum is ‘n ovale vierverdiepinggebou in Rome. Dit was oorspronklik 57 meter hoog, 188 meter lank en 156 meter breed. Keiser Vespasian na keiser Nero het dit gebou. In die eerste verdieping het die senatore, priesters en hoë beamptes gesit. In die tweede ry het die normale volk gesit, in die derde ry die vrygelate slawe en in die vierde ry het die vroue en kinders gesit.

https://af.wikipedia.org/wiki/Colosseum

Image result for dionysus amphitheatre

Dieselfde met die Dionysus teater in Athene wat op, of teen die kant van die Akropolus is. Daar het Griekse orators gepraat. Dit is die oudste teatergebou in Europa en bakermat van antieke tragedie.

Dit was netso besonders om daar te staan en te sien waar Paulis gepreek het nie ver van die teater af nie.

(Verskoon die Nederland van volgende stukkie maar daar was nie n Afrikaanse vertaling beskikbaar nie.)

Het Dionysustheater, gelegen aan de zuidelijke flank van de Atheense akropolis, is het oudste theatergebouw in Europa en de bakermat van de antieke tragedie. Het werd gebouwd in negen verschillende bouwfasen vanaf de 6e eeuw v.Chr..

https://nl.wikipedia.org/wiki/Dionysustheater

Image result for dionysus amphitheatre

Lekker lywige teater stuk hierdie keer. Dit was besonders om persoonlik op die plekke te kon staan.

My fotos is bietjie baie oud maar hul het vir my nog steeds waarde.

Ek het hul nog met n Kodak regte mik en druk geneem en dan nie negatiewe nie maar skyfies!

Hoe werk TOEKA-TOKKEL?   Baie maklik

1. Beskryf of bespreek die tema in n pos. Skryf Afrikaans, dis waaroor dit gaan.

2. Noem my pos sodat ander ook hier kan kuier.

3. Pos n skakel in my kommentaar sodat almal kan lees wat jy te sê het.

Geniet dit en wees trots op ons taal.

Die volgende persone het heerlik saamgeskryf oor FAMILIE:

Die uwe – oor families wat soos bome is met takke, takkies, blare

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/07/09/toeka-tokkel-no-29-familie/

Marlize het n pragtige stuk poësie geskryf oor Haar oupa die boer van Dankbaar…

http://marlizeventer.com/2015/07/13/die-boer-van-dankbaar/

Kameel moet fyn trap tussen familiegebeure….

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/14/familie-2/

Herriemerrie het dit oor familie name of nie…..

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/07/15/familie-goete/

Toorts oor n groot familiesaamtrek…

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/15/toorts-se-toeka-tokkel-oor-familie/

Die volgende ouens het sommer net ook lekker saam gesels.

https://perdebytjie.wordpress.com/   http://nowathome.wordpress.com/  http://pasella2013pasella.wordpress.com/  http://rondomtaliedraai.wordpress.com/  http://dewetswild.wordpress.com/

BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT DEELGENEEM HET!

Volgende tema is BRANDHOUT

3 Dae, 3 aanhalings: Dag 2 : Jan Spies


DAG 2

3 Dae, 3 Aanhalings

Image result for Jan Spies

JAN SPIES

gedagtes dra nie broeke nie
want dié een sou ek vat
aan sy broek se gat
en uitsmyt by die deur

~ Jan Spies

– Gedagtes dra nie broeke nie, Voetvolk, 1975

http://www.andiquote.co.za/outeurs/Jan_Spies.html

Lewies Mymer  van

https://pasella2013pasella.wordpress.com   het my genomineer om deel te neem. Dankie vir die nominasie Lewies.

Hoe dit werk:

1. Bedank die persoon wat jou genomineer het.

2. Pos n aanhaling per dag vir drie dae.

3. Nomineer 3 persone om deel te neem.

Dis nie verpligtend om deel te neem. Dis regtig net vir die lekker om aanhalings te gebruik en om vriendskappe op te bou.

Ek nomineer die volgende drie:

De Wets Wild

The Rider

Woorde

3 Dae, 3 aanhalings: Dag 1 Paul Kruger


Lewies Mymer  van

https://pasella2013pasella.wordpress.com/in-n-staat-van-emeritaat/

het my genomineer om deel te neem aan 3 Dae, 3 Aanhalings. Baie dankie vir die voorreg om deel te neem. Ek gaan nie soos vuurklip sê ek neem nie deel aan kettingbriewe nie. Dis beslis nie n kettingbrief nie. Dis net n lekker manier om ander mense te leer ken en te ontmoet! Hoekom blog jy anders.

Dit werk so:

1. Bedank die persoon wat jou genomineer het.

2. Pos n aanhaling elke dag vir drie dae.

3. Nomineer  elke dag 3 persone om ook deel te hê aan die pret.

4. Dis nie verpligtend om deel te neem nie!

Die volgende aanhaling het ek by:

http://www.andiquote.co.za/outeurs/Paul_Kruger.html

Paul Kruger

Hetzij wij overwinnen, hetzij wij sterven: de Vrijheid zal in Afrika rijzen als de zon uit de morgenwolken, als de vrijheid rees in de Vereenigde Staten van Noord-Amerika. Dan zal het zijn van Zamnezi tot aan Simonsbaai: Afrika voor den Afrikaner.

~ Paul Kruger

– na die boere se oorwinning by Majuba, 16 Februarie 1881

Die volgende persone word genomineer:

Rondomtaliedraai

Maxidiehexi

Rolbos ©

Toeka-Tokkel – 18 : Versameling/ versamelstuk


Goeie more alger!

Die tyd hardloop heeltemaal te vinnig. My dae het die afgelope tyd nie genoeg ure nie.

Die nuwe onderwerp of uitdaging is

VERSAMELING/VERSAMELSTUK

Ek het die volgende verlede jaar vir my Engelse skryfsessie geskryf.

Moes n hele paar regstellings maak om dit in Afrikaans oor te sit.

Om te versamel loop in my familie. Dit is al waaraan ek kan dink hoekom ek altyd alles wil versamel.

My  een oupa het ‘n sigare-winkel gehad. Ek onthou dat my ma altyd die sigare bandijes bymekaar gemaak het.My moeder was die een wat altyd alle vorme van kaarte of prente wat by verpakkings  van voedsel ingesluit is, bymekaar gemaak en dit dan in boeke geplak het.. Daar was wilde diere-, voëls-, plante- en edelsteen kaarte. Daar was ook boeke of albums  waarin hierdie kaarte geplak kan word. Soms kon mens n hoeveelheid kaarte bymekaar maak en dan n gratis album kry om dit in te plak.. Op 84 het sy nog steeds kaarte bymekaar gemaaak. Ek het die laaste boek wat my ma gemaak het saamgebring , sy het my gesê dit is vir my seun. (My seun wat reeds ‘n volgroeide jong man is!)

Ek is ook ‘n versamelaar. Ek het Suid-Afrika se seëls versamel. Dit is ‘n volle versameling van 1946 – 2000.

Ek het versamelings van brei en hekel patrone uit tydskrifte. Alles ingeplak  volgens winter / somer, kort / lang moue, swaar / ligte gewig wol of hekelgare.

Terwyl ek nog in die skool was het ek al die mooi filmsterre versamel wat ek in die hande kon kry. Ek het die gewildstes teen my slaapkamer muur geplak(tot my ouers se ontsteltenis). Een kant film sterre, die ander kant diere.

Ek het ook nog ‘n (helse)groot versameling uitknipsels van tekeninge en foto’s wat ek kan gebruik vir eninge-iets onder die son. Raai wat? Ek het alles met my na Nieu-Seeland gebring. Ek kon dit nie oor my hart kry om alles weg te gooi nie. Die hemel weet wat ek met alles wil doen. Miskien eendag, as ek na ‘n enkel- kamer aftreeoord  trek, sal ek ontslae moet raak van alles. Tot dan is ek gelukkig om my versamelings by my te hê. Elke nou en dan grawe ek daarin  en daar is  altyd n “nuwe” interessante knipsel wat ek weer opnuut waardeer.

Die beste geplakte versameling is my plakboeke vol dieregedrag inligting. Dit is in Afrikaans en ek sal dit seker maar in my testament moet skryf dat dit saam met my begrawe moet word!(Tong in die kies!)

Ek/mens is nooit te oud om iets nuuts uit my versameling te leer nie.

Verlede week se diere het weer n paar goeie beskrywings opgelewer. Baie dankie aan jul almal vir die bydraes, ek waardeer dit baie.

Ek wil begin om rondomtaliedraai se stuk oor voëls hier te plak. Dis nie alles in Afrikaans nie maar dit is steeds Afrikaanse voëls wat sy self afgeneem het.

https://rondomtaliedraai.wordpress.com/2015/04/19/voels/

Kameel wil nie weer n troeteldier hê omdat daar tog maar hartseer aan verbonde is ….

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/22/diere-trane-en-dies-meer/

Herriemerrie het baie interessante ding te vertel oor skeepskatte…

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/04/22/toeka-toekel-skeepskatte/

Toorts en die bobejaantjie wat gevang word!

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/23/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-diere/

HOE DIT WERK:

1. Skryf lekker Afrikaans.

2. Noem my pos in jou skrywe en gee n skakel hierheen sodat ander ook kan lees waaroor dit gaan.

3. Skryf en plak jou skakel in by my kommentaar sodat ek en ander ook by jou kan kom draai.

Geniet dit.

Volgende onderwerp is

19.  HUIS