Woordsnoer: Kersfees


Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :

Jy kan  ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/4225e6b64b13421fb9cce1662a75d805

Kersfeeswoordsnoer

Dit is kort voor Kersfees. Bea, haar Pappa en Mamma gaan Kersfees by Bea se ander Oupa en Ouma kuier. Daar is gereël dat die naby Ouma gaan kom voordat hulle ry.

Bea en Ouma sit en wonder…

“Ouma, storie bliefie, Ouma,” por  Bea.

Mmmm, eendag was daar ‘n dogtertjie…..

“Nee, nee, nie was daar nie want daar is steeds ‘n dogtertjie, Ouma.”

“Raai wat?” begin Ouma weer.

“Wat, wat?”

Nee, toenou Sussa gee my ‘n kansie!

Verlede jaar net voor Kersfees het ‘n Pappa, Mamma, Ouma en ‘n klein dogtertjie…

“Dis ekke, nê Ouma?”

Ja, Liefie beslis jy. Nou ja…

Klein prinses Bea Bytjie het haar towerstaffie geswaai. Ons het almal met verstomming om ons gekyk. Dit het gelyk of die hemel geval het. Sterre het blink geskyn en ‘n reënboog van kleure hang oor ons.

Ons was in ‘n avontuur wêreld. Die drie honde kom deur die lug aangesweef. So hitte-titte vlieg hul ons onderstebo. 

Bea Bytjie lanseer haarself en land blinkoog op Trompie se rug. Opgewonde vlieg die twee in die sitkamer rond. 

Pappa probeer keer dat prinses Bea Bytjie nie afval nie. Bea spring af en sweef na Pappa wat haar met elke vangskoot raakvang. Sy skaterlag dat die trane oor haar wangetjies rol. Pappa, keer net heeltyd om nie om te val nie.

Pootuit, val Bea op die mat neer.

“Kom prinses Bea Bytjie swaai jou towerstaffie weer sodat ons na die Kersgeskenke kan kyk,”sê Mamma.

Bea swaai haar staffie en ons sit alger op die mat in afwagting om te sien wat die skatte gaan wees wat ons gaan kry.

Ouma vertel:”Ons is saam omdat ons lief is vir mekaar. Daarom gee ons met Kersfees ‘n klein geskenkie. Eintlik gaan dit oor die geboorte van ‘n kindjie wat ons lewens red met sy liefde. Omdat Hy ons so lief het wys ons ons dankbaarheid gedurende die Kersgety deur saam te wees met die mense waarvoor ons lief is.” Klakkeloos sit klein Bea en luister. Eendag gaan sy ook Kersfees ‘n hoogtepunt maak in haar lewe en van haar geliefdes.

Ons maak ons geskenkies oop. Bea se blink ogies is die hoogtepunt van die middag.

Pappa braai ‘n vleisie en voordat ons aansit het Pappa en Bea eers hul kersvader hoede opgesit. Ons het heerlik verder gekuier.

Ouma se hart was vol liefde en geluk om so saam met haar kinders en prinses Bea te kon wees.

Toeka-Tokkel 3: Geskenke/speelgoed


GESKENKE/SPEELGOED

Die derde uitdaging hier op Toeka-Tokkel gaan oor geskenke en/of speelgoed van Toeka tot nou!

Laat ons bietjie hoor wat jou gunsteling speelding was of is. Of gesels bietjie oor geskenke wat jy al ontvang het en hoe belangrik dit vir jou was of is.

Skryf n lekker stuk en plak die skakel hier by my kommentaar in sodat ek dadelik kan gaan kyk wat jy alles se. Gee ook asb n skakel aan die begin of einde van jou skrywe wat lesers na my pos bring om die reels te kan sien en dan ook deel te neem.

Waaroor  gaan dit? AFRIKAANS  Geniet die skrywe en dan nogal in  Afrikaans!

Die volgende twee bloggers het weer hul deel bygedra. Gaan lees gerus hul vertellings en gee ons ook n kykie in jou lewensondervinding hoe nietig ook al.

Kameel se: Vriendin soos Deslyn

http://toortsie.wordpress.com/2015/01/07/n-vriendin-soos-des/

Toortsie se: A… vriende

http://toortsie.wordpress.com/2015/01/07/toorts-se-toeka-tokkel-vriende/

Baie dankie Kameel en Toorts vir jul bydraes.

VOLGENDE PAAR WEKE SE TEMAS.  Ons begin Donderdag en het tyd tot volgende Donderdag om deel te neem

Temas

  1. Vroegoggend
  2. Vriende/vriendinne
  3. Geskenke/speelgoed
  4. Vakansie
  5. Sport

#……………#…………….#………………#

My bydrae vir                                       GESKENKE/SPEELGOED

Geskenke is veronderstel om iets spesiaals te wees. Die koste of grootte is nie die belangrikste nie. Dit is die liefde en opregtheid waarmee dit gegee word,wat belangrik is.

As kind en selfs vandag nog het ons altyd geskenke gegee of gekry met Kersfees en op jou verjaarsdag. Dit was altyd n klein geskenkie met gevoel daarby. Een geskenk wat ek nog baie goed onthou is die volgende:

Ons was as familie oppad Suid Afrika toe in 1952. My sesde verjaarsdag sou op die skip wees waarmee ons sou reis. Langs my grootouers, waar ons as familie ook gebly het, het twee susters gewoon. Hulle was volgens my as 5-jarige twee ou dames. Oud was hul sekerlik nog nie want hul was meer my ouers se ouderdom. Die twee susters het vir my my verjaardaggeskenk gegee voordat ons vertrek het. Dit was die allermooiste SLAAPPOP.  Sy het n ligte groen satyn en kant rok aangehad, selfs n paar wit plastiese skoene en wit sokkies.  Die mooiste van alles was die lang geel nylon hare met linte in, en die blouste, blinkende glas oe. O-e wat toe maak as mens haar neer gele het!

As jong dogters het ons baie van papierpoppe gehou. Ons het gereeld met verjaarsdae n nuwe papierpop gekry omdat die poppe met die mode en gewildheid van persone tred gehou het. Ek en klein Sus het heerlik papierpop gespleel!

Na mate n mens groter en ouer word het geskenke en speelgoed verander. Later het mens n paar sakdoekies, reukwater of iets soets gekry as geskenk.

Wat my ook nog bybly is dat sommige mense vir my geskenke koop met my eie geld. Dis vir my bietjie hartseer en het my nogal ontstel toentertyd. My pa het bv vir my n radiotjie uitgesoek en vir my gegee en ek moes dit self betaal. Dit is nie die enigste keer dat iemand iets vir my “üitgesoek” en vir my “gegee” het op my rekening nie!

Vir my is n geskenk belangrik as dit met opregte bedoelings gegee word, nie om n indruk te maak of om om te koop nie. Die volgende het ook gebeur:

Een Kersfees het ek vir die hele familie iets kleins gekoop. Ek het nie veel geld gehad om te spandeer maar tog was daar vir elke een n ietsie. Die familie het so min van my geskenkies gedink dat hul dit nie eers saam huistoe gevat het nie. Dit is sommer net hier gelos vir die kinders wat hier bly. Dit was n klap in my gesig! Minste wat daar gedoen kon word was om dit net saam huis toe te vat en dan daar maar van ontslae te raak sonder om dit so ooglopend sommer hier te los.

Geskenke en selfs speelgoed, toe ons klein was, gee mens darem baie plesier. Iets kleins uit die hart is meer waardevol as n groot blink duur geskenk.

Kinders het gedurende die tyd wat ek skool gehou het male sonder tal vir my die mooiste klein eie gemaakte geskenkies gegee wat vir my goud werd was en steeds is.

**** Vertel bietjie van sppesiale geskenke of speellgoed wat jy nog kan onthou. Alles gaan oor lekker skryf in Afrikaans. Niemand kan se jy is verkeerd nie ons is almal reg op ons eie manier.