Toeka-Tokkel no 35 : Hande


HANDE

100_5174

Hande is beslis belangrik in my lewe. Ek is dankbaar om twee hande te hê wat al baie gedoen het en seker ook nog meer sal doen solank ek lewe.

Werkende hande:
My hande het hard gewerk toe ons as familie op ons kleinhoewe geboer het.
Huis help bou.
Bokke gemelk, gevoer, hokke skoon gemaak
Mielies en groente geplant.
Geskoffel en water gelei.
Hierdie twee hande het BAIE gebrei, gehekel,gebak en gebrou.
Sagte hande:
Daar is die twee hande wat liefde uitgedeel het. Vertroeteling word die beste met die twee hande gedoen. Net die ligte aanraking in die verbygaan om te wys ek is lief vir jou. As getroude vrou en ma het ek(ons) altyd hand vasgehou as ons stap of uitgaan. Selfs net winkel toe het ons hande vasgehou.
In gebed word hande vasgehou. Nie net twee gevoude hande nie maar die gesin aan tafel hou hande om te bid en te dank vir voedsel of wat die dag gebeur het.
Ontspanne hande:
Hierdie twee hande bestuur my voertuig veilig vir meer as vyftig jaar.
Ook is my hande gebruik om te skryf. Hoofsaaklik is daar met pen/potlood op papier geskryf. Vandag skryf ek steeds met die twee hande, nie net op papier nie maar ook op die rekenaar waar die sleutels ingetik moet word.
Hierdie twee hande moet nou binnekort my volgende boek aanmekaar slaan.Dis nou al vier jaar wat ek getrou elke jaar die skryfsessie in ons biblioteek bywoon. Einde elke jaar sit ons elkeen n klompie stukkies in n boekie. Nou moet die twee hande gebruik word om te redigeer en te rangskik sodat die boekie leesbaar is.

@@@ ……@@@……@@@

Liewe mede skrywers en lesers
Eers wil ek net baie dankie sê vir al jul getroue ondersteuning. Dit was regtig twee heerlike jare van gesels en deel met mekaar.
Ek het besluit om hierdie die laaste van Toeka-Tokkel te maak. Miskien, eendag in die toekoms, sal ek weer verder gaan.

Op die oomblik is ek net nie in staat om meer rustig te sit en die skryfwerk te doen nie.

Ek is soos n gewoonte misdadiger- ek bly myself elke week opwen en bekommer oor wat ek wil skryf en wanneer ek dit gaan doen. My dae het net nie genoeg ure meer nie. Daar is so baie wat ek nog wil doen. Die skrywery hou my maklik die hele oggend besig en dan het ek niks anders gedoen nie. Dis besig om my in te haal.
So dis totsiens maar moontlik nie vaarwel nie.

Die volgende persone het oor besoekers geskryf:

Groot dankie aan-

I scrap 2 open baan met studente besoekers

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/09/25/toeka-tokkel-no-34-besoekers/

Toorts dink terug aan lekker Struisbaai besoekers

Toortsie se Toeka Tokkel oor Besoekers

Advertisements