Toeka-Tokkel no 32: Kos


Kos, dink ek, is een van die heerlikste onderwerpe waaroor gesels kan word. Ek is self nie n groot kos bewonderaar nie. Ten eerste moet ek n resep hê  om volgens te werk. Ek sal dit bv slaafs navolg. Geen, bietjie meer van dit of n bietjie minder van iets anders nie.

My seun en sy vrou het die afgelope  paar maande  vertel van die “Food Bag” wat hul elke week kry. Hul geniet dit omdat alles klaar afgemeet is. Mens moet net groente kerf en die vleisies gaarmaak en sie daar, n maaltyd vir twee is voorberei.

Die plek wat dit aanbied is so oulik. Mens bestel Maandag en Sondag word dit per Courier afgelewer. Vars uitgesoek en pragtig verpak. Hier is die skakel, kyk gerus hoe gemaklik dit is!

https://www.myfoodbag.co.nz/my-food-bags

Ek het drie weke terug begin om die “My own food bag” te kry. Dis veronderstel om vir een persoon te wees. Dis egter genoeg vir my en my loseerder. Ek moet net elke keer n ekstra stukkie vis, hoender, bees of skaapvleis by koop. Die groente en res is genoeg vir twee persone.

Dit is beslis die moeite werd.

Ek hoop ek het jou koslus geprikkel.

Almal wat afrikaans skryf kan beslis deelneem. Elke Donderdag verander die tema.

Daar is nie streng reëls om deel te neem nie.

1. Skryf in Afrikaans en geniet dit.

2. Noem my blog in jou stuk en plak my skakel in om ander na my blog te bring.

3. Plak jou skakel in by my kommentaar en siedaar. Afgehandel.

Almal wil graag lees wat jy vertel. Kom deel asseblief.

Nuwe tema vir Toeka-Tokkel no 33

Op versoek van Kameel

n Eienaardige ondervinding/ervaring

 

Die volgende persone het  lekker vertel oor Opwinding

Kameel voel nie maklik die gevoel nie

Opgewonde

Kameel word deur rndomtalie aangemoedig om no twee ook te skryf

Opgewonde – take two

Toorts voel opgewonde oor verskeie ondervindings in haar lewe

Toortsie se Toeka Tokkel oor opgewonde, opwinding

 

 

 

Advertisements

Blogging from A-Z: Letter E


EAT/ EET

No words needed.

Extra E posts

E…

https://toortsie.wordpress.com/2016/04/05/e-staan-vir-esel/

Pragtige bydrae deur Kameel A B C

https://toortsie.wordpress.com/2016/04/05/a-b-c/