NaNoWriMo: Nearly there; Amper daar


I made 40 000 words + 987 words just now. Just 9 000 to go.

NaNoWriMoYou’ve written 40,000 words of your novel—congratulations! You’re in the home stretch.

You’ve written 40,000 words. You’ve proven that your determination gets it done. Your hair is looking great today. You are amazing.

Now your victory is only 10,000 words away.

======================

Ek het dit gemaak tot by 40 000 woorde. Nou die laaste draai voordat ek die eindpunt bereik.

Ek het die laaste stukke geskryf oor my ervarings met diere wat ek al beleef het, daarna het ek die vriende in my lewe opgediep. Daar is nog baie wat ek by die skrywe kan byvoeg.

My volgende dele gaan oor my gesondheid, voertuie, musiek en kreatiwiteite. Dan is daar die laaste deel wat ek dalk nou eers gaan skryf en dit gaan oor geloof in my lewe.

Joega!  Ek is bly ek het sover goed geskryf.

Vandag 25 jaar gelede


 

Dinsdag 18 Augustus 1993

Die oggend toe ek en Klein B skooltoe ry het B… nog nie opgestaan nie.

Ons het net na twee weer tuis gekom. Terwyl ek inry vang my oog B wat  agtertoe loop om in die motorhuis in te gaan.

Ons klim uit. Met wat ek in die kombuis kom, hoor ons die skoot.

Ek vra vir Elsie ons huishulp:” Was dit n skoot?”

“Ja, die baas het die rewolwer in sy hand gehad.” kom die bewerige antwoord.

Heel geskok, bel ek skooltoe en verduidelik aan die onderhoof se vrou, wat die foon geantwoord het, wat gebeur het.  Sy sê sy sal kyk om iemand te stuur. Sy het geweet die kadet-onderwyser was nog by die skool. Hy was ook die veiligheidspersoon in sy hoedanigheid as kommando leier. ‘n Rukkie later het  Hardus van die skool af opgedaag.

In die tussentyd het die polisie gekom. Met rewolwers gereed, het hul deur die huis gegaan om van agter af in die motorhuis te kom. Boesman, ons boerboel, het gladnie gedink dis snaaks nie.

Hardus, het my in die sitkamer laat sit. Klein B het saam met my gesit. Hy wou weet hoekom ons nie gaan kyk nie want hy het n geroggel in die motorhuis gehoor.(Die kind moes in die tussentyd seker by die motorhuis gaan luister het terwyl ek gebel het) Die ambulans het gekom. Die polisie het my na my slaapkamer gevat om vir die speurder te  wag om my verklaring te kry. Hul wou gladnie hê dat Klein B saam met my moes wees nie. Daleen(onderhoof se vrou) en Tannie Frieda(my beste steunpilaar) het gelukkig na Klein B omgesien.

Daar was n briefie in B se ID-boekie waarin hy verduidelik:

Ineke is nie deel hiervan nie. Veras my en gooi die as sommer weg.

Die ambulans het B na Evander hospitaal geneem.

Ek het Elsie en Klein B na dokter van Vuuren geneem om n kalmeermiddel te kry. Elsie het ‘n inspuiting gekry en Klein B slaappille. Die dokter wou nie vir my iets gee nie omdat hy wou hê ek moet dit sonder verdowing hanteer, anders is dit n dubbele skok vir my as ek ophou om pille te gebruik.

Elsie is toe huistoe en was uit soos n kers. Ek en Klein B is ook  huistoe.

Evander hospitaal bel so half vyf om te hoor wanneer ek kom, want B was nie dood nie. Hul moet hom Johannesburg toe stuur omdat hul niks verder daar kan doen nie. Ek bel Petro (skoonsuster in Kempton Park), sy stel nie belang om Johannesburg hospitaal toe te gaan om hom te ontvang nie. Hennie(B se broer) was uitstedig.

Ek reël toe dat Klein B by tannie Frieda bly. Sy sou hom skooltoe vat en na hom kyk. Die bure oorkant die straat sou na die honde, Boesman en  Bobby, kyk. Na alles gereeël is het Daleen my  hospitaal toe gevat. By die hospitaal aangekom, was daar een van B se werksvriende. Ek wou nie eintlik ingaan nie omdat ek nie geweet het wat om te verwag nie.

Die outjie sê:”Kom Tannie, ek sal saam met tannie ingaan.” Hy het my hand gevat en ons is in.  Die suster het toe gewys waar die wond was: deur sy slaap eenkant in, anderkant uit. Gelukkig het hul darem die wonde skoongemaak. Ek het aan B se arm gevat. Daar het n siddering deur sy lyf gegaan, asof hy gevoel het dis ek.

Ek het toe besluit om saam met die ambulans Johannesburg toe te gaan aangesien niemand hom daar gaan ontvang nie. Ek het voor in die kajuit gery terwyl daar n ambulansman agterin gery het. Ons het in ‘n rekord tyd Johannesburg toe gevlieg. Voordat ons Johannesburg ingaan het die agterste ou laat weet dit lyk nie goed nie ons moet vinniger maak. Die bestuurder ry in sy haas by die afdraai verby. Hy sit toe sy sirene aan, op die snelweg en ry teen  die verkeer in, terug na die afdraai.

By die hospitaal was Petro(skoonsuster)  wel daar, ook Neels, Rina(B se suster) se man. Die dokter aan diens  het my eenkant geneem na sy vinnige ondersoek.

“Mevrou, daar is nie veel hoop dat hy sal oorleef nie. Indien wel, sal hy nie kan praat of sien nie. Ons sal hom vir agt en veertig uur monitor en dan verder besluit.”

Nadat die hart- en longmonitors aan B gekoppel is kon ons gaan kyk hoe hy lyk. Skielik gryp ‘n  vreemde jong man my vas en hy huil verskriklik. Jaco(B se seun) het die aand vanaf Pretoria gekom. Sy een professor het hom gebring. Toe besef ek dit is hy toe hy sy naam sê.

Ek kan nie presies onthou hoe alles was nie. Ek weet ek is terug huistoe die nag. Petro- hulle het my gevat en ek het die oggend na Klein B gegaan, dink ek. ‘n Sielkundige vriendin was by Klein B toe hy die volgende oggend wakker geword het.

Woensdag

Ek is  weer saam met Petro terug hospitaal toe. Hy het gelê asof daar niks verkeerd is nie. Mens kon net die ritmiese geluide van die long- en hartmonitor hoor. Op en af, in en uit.

Ek het gevra of Klein B mag kom.

Die suster verduidelik: “As hy wil kan hy kom maar n personeellid moet saam ingaan om te verduidelik wat aangaan omdat klein B net 12 jaar is.”

Terug Secunda toe om tas te pak en Klein B te gaan haal. Tannie Frieda het ons terug Johannesburg toe gevat. Klein  B wou sy pa sien. By die hospitaal was niemand beskikbaar nie omdat daar n ongeluk was en almal daar moes help. Ek kon wel Klein B invat en aan hom verduidelik dat B aan masjiene gekoppel is en ook dat hy breindood is. Klein B het gevra waar is koeël in en waar uit. Hy het gekyk en dit was dit. Klein B is saam met Tannie Frieda terug Secunda toe.

Ek bly by Petro. Donderdagnag, so net na elf, bel die hospitaal en vra ek moet kom om te besluit wat hul moet doen.

Daar gekom het die dokter verduidelik:

Mevrou moet asseblief besluit of die masjiene aanbly of afgesit word. U man is breindood. As u besluit om masjiene af te skakel, sal u belangstel om B se niere en sy hartkleppe te skenk? Die niere moet “lewendig” oorgeplant word. Die hartkleppe kan op ys kom. As die niere geskenk word, word die persoon by wie dit pas dadelik ingelig dat daar n nier is. Die persoon word dan die nag reggekry en B word aan die lewe gehou tot ses uur die oggend, wanneer dit “lewndig” oorgeplant word, daarna word masjiene afgeskakel.”

Ek het verduidelik dat ek nie eintlik die besluit kon neem nie omdat ons geskei was. Ek het Hennie(B se broer) gebel en verduidelik. Hy het die besluit aan my oorgelaat. Ek het toe toestemming gegee vir die oorplanting. Hul het dadelik die bed reggemaak en uitgestoot. Ons(ek en Petro) het agter die bed aangeloop terwyl die masjiene geblieb-blieb het. Ek onthou, ons het regs afgedraai om uit te gaan, terwyl die blieb-blieb links gedraai het en weggery het die gang af, in die ander rigting.

Hennie het teruggekom van Natal af en ons is na n lyksbesorger. Ek het vertel dat B gevra het dat hy veras word. Hennie-hulle wou n begrafnis hê. Daar is n kis uitgesoek en gereël vir n kort huldeblyk in die kapel by Mooifontein begrafplaas in Kempton Park. Ons moes dit so bewimpel dat B by Hennie-hulle gebly het anders sou die begrafnis in Secunda moes wees.

Ons het begrafnis vir die volgende Donderdag(26e) bespreek met die hoop dat die lyk vrygestel sal wees. Wat toe nie gebeur het nie. Hennie het toe as doktor, by lykshuis, sy stem dik gemaak sodat hul die ondersoek afhandel voor die Donderdag. Die lyk moes toe uitgeken word. Gelukkig het Neels saam met Hennie gegaan en dit gedoen.

Ds(kannie sy van onthou nie) van Secunda  het aangebied om die diens te lewer. Ek is ook saam met hom, tannie Frieda-hulle en Klein B  Kempton Park toe. Alles was gereël.

Klein B en Jaco was draers saam met Hennie en Neels, ander twee moet ek gaan opsoek. Hennie hulle het gesê as ek die begrafnis betaal sal hulle as familie ‘n grafsteen koop wat toe nooit gebeur het volgens wat ek weet nie.

Kannie glo dit was 25 jaar gelede nie.

 

Skryf-Safarie: Deur die venster


KAMEEL is die week se gasvrou. Sy daag ons uit om te skryf wat deur die venster gesien kan word.

FB_IMG_1509622669449

 

WONDERWêRELD deur die VENSTER.

Image result for drawing old lady on a chair

Nina laat haar borduurwerk sak. Sy leun behaaglik terug teen die rugkant van haar geliefde gemakstoel.Sy tuur na buite deur die sonverligte venster. Die ondergaande son gee alles n goue skynsel.
Nina kyk na haar borduurwerk. ‘n Tafeldoek met die fynste lintborduurwerk. Daar is nog net n paar blommetjies oor dan is dit klaar, en kan sy dit vir haar geliefde kleindogter gee. Sy maak haar borduursakkie oop om n nuwe lintjie te kies. Haar oog vang n beweging in die verte. Alles is wasig voor haar oë.
“Is dit Lukas wat my kom haal?” wonder Nina. Sy kannie mooi uitmaak nie.

Image result for Drawing of man on horseback

“A, dis n ruiter op n wit perd. Lukas, jy het uiteindelik gekom. Liewe Lukas, ek het jou so gemis.”
Nina rus haar kop gemaklik teen die leuning van die stoel. Sy vou haar verrimpelde hande oor mekaar bo-op haar borduurwerk. Sy voel vry. Vry van al die pyn en swaarkry.”Lukas het gekom.”

Die motor kom met n stofwolk tot stilstand voor Nina se huisie. Suzy kannie wag dat Faan die deur van die motor oopmaak. Sy trippel op haar hoëhak-skoene. “As ma-Nina tog net iemand wil kry om die paadjie en tuin netjies te maak.” Suzy lyk gladnie ingenome nie. By die voordeur staan n emmertjie met verdroogde rose. Die wind het van die rose uitgewaai. Alles is stowwerig:”Hoekom hou ma tog nie die stoep skoon nie!” Suzy lui die voordeurklokkie ongeduldig, kannie stilstaan nie. “Faan, kyk tog bietjie deur die venster of jy Ma Nina kan sien.” Faan buig van die digbegroeide struike weg om in te kyk. Hy kyk in verwondering na binne. “Ma Nina sit in haar stoel. Ek dink sy slaap.”
Faan gaan haal die spaarsleutel uit die motor. Hul gaan die huis binne. Suzy, al klaende. Faan beduie sy moet sagter. Hul betree die sitkamertjie. Dis die mooiste prentjie van Nina in haar stoel. Kop rustig agteroor, hande gevou. Nina se yl hartjies word deur die ondergaande son met goud bestraal soos n helder ligkrans om haar hoof. Vrede straal uit die prentjie.
Suzy wou nog n aanmerking maak maar Faan gee haar n kyk wat van misnoë getuig. Teer raak Faan Nina aan. Nina maak haar oë oop:”Lukas, ek het jou vreeslik gemis.” Met n diep sug sluit Nina haar oë en die Hemelse vrede verlig haar gesig.

Image result for halo around head in photo

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).