A & I Poësie Uitdaging: September deelnemers.


September het heelwat gedigte(of soos Toortsie dit stel rympies) opgelewer.

Ons moes n limeriek oor die verandering van seisoene of oor seisoene skryf.

BAIE DANKIE aan ABRIE wat die klomp bloggers bietjie opgewen het om deel te neem.

Toortsie dig sommer op die groen bus

Kuiersafari: Ek en my kitaar

Abrie het sommer Toortsie Hester en Perdebytjie se limerieke opgevang!

https://abriejoubert.wordpress.com/2018/09/13/lente-in-korinthiers-a-en-i-poesie-uitdaging-september-limeriek-2/

https://scrapydo2.wordpress.com/2018/09/22/a-i-poetry-challenge-limerick/

 

Ek hoop daar is n paar bloggers wat bietjie verder gaan dig die maand.

Image result for poetry book drawings

Advertisements

A en I Poësie uitdaging no 3: Druppels


 

DRUPPELS

 

Druppel, druppel, druppel

Huppel, huppel, huppel

Op en af

In die lug

Lewensdruppels

Vol verwagting

Huppel, huppel, druppel.

Hoër, hoër

Op

Laat los

Af, af, af

Hang n oomblik

Verder, af, af

DAN

Bars, spat

plat, plat, plat

Verwagting weg

Hoop weg

Net nat, net niks

Net niks.

Ineke 2 Mei 2018

Vir verdere inligting oor die uitdaging kliek asb op skakel:

https://scrapydo2.wordpress.com/2018/05/01/a-en-i-poesie-uitdaging-no-3-mei-2018/

 

Ineke 2 Mei 2018

A en I Poësie uitdaging: no 1 Maart


PicsArt_02-18-06.07.44

 

Waaroor gaan die uitdaging?

Die Poësie of gedigte uitdaging is oop vir almal, van beginners tot gevorderde skrywers. Dit strek oor ses maande van Maart tot Oktober 2018.

Elke maand sal ons( dis nou ek en Amanda)  vinnige en nuttige webwerwe bekendstel om te help met die uitdaging.

Jy kan in enige taal skryf.

Hier is die skakel na die Engelse deel indien jy nog meer wil weet.

https://forestwoodfolkart.wordpress.com/2018/03/01/poetry-tips-and-challenge-week-1/

Wenke:

“. Die eerste stap in enige gedig is  om oor iets te skryf  wat jy voel of beleef te kies. Dis die maklikste om ‘n goeie gedig oor iets wat jy ken te  skryf. Dinge wat jy  eerstehands ervaar is makliker om oor te skryf.

Gedigte gaan oor jou unieke perspektief en insig as skrywer van die gedig. In  die begin,  hoef  jy nie te bekommer oor “styl,” of hoe “mooi” of ‘ “poëties” dit is nie. (Hierdie is my eie vertaling)

[Bron:http://www.creative-writing-now.com/how-to-write-a-poem.html%5D

Jy kan enige soort gedig skryf en ook net  wat jy wil. As jy inspirasie nodig het kan jy van die volgende voorbeeld gebruik.

MAART SE UITDAGING:

Gryp  die naaste boek. Blaai na bladsy 29. Skryf 7 woorde neer wat jou oog vang. Gebruik 5 van die woorde in ‘n gedig.

 

Hier is my gedig:

GEVOEL

Aan tafel

agterdogtig, dan geskok,

Bewende hande klem saam.

Die onverdiende werklikheid.

 

Hande, oop en toe, oop en toe.

 

Die werklikheid tref soos n bom.

Die kanse vir versoening is min.

Tog, hoop oorwin.

 

Hande verslap en ontspan

Hoop kan oorwin.

Inligting vir deelname aan die Gedigte Uitdaging:

Deelname aan uitdaging.
Ons begin in Maart 2018
Jy is nie gebind om al ses maande deel te neem nie.Dis vrywillig.
. Skryf jou gedig in n pos
. en plak jou skakel na jou blog in my kommentaar spasie.
. Ek gaan elke opvolgende maand die skakels opsom by die nuwe maand se uitdaging.
. Tag jou pos met A en I Poësie Uitdaging as jy wil.
. Dis belangrik om jou skakel na jou pos te gee sodat ander lesers kan gaan kyk wat jy geskryf het.

Amanda en ek sal ekstra inligting oor poësie, skryfwenke en skakels pos, die eerste dag van  elke maand pos.

Skakel na Amanda se blog:

https://forestwoodfolkart.wordpress.com/2018/03/01/poetry-tips-and-challenge-week-1/

Besoek gerus haar blog en lees waar Engelse bloggers oor dig.

Dit is dit!

Ag, en om pret te hê, skryf !!