Misdaad? Taak 2 voltooi begin taak 3


Lê-Jou-Eier: Nou word ons almal misdadigers

Wel, wel, Kameel het my opgekommandeer om te gaan help om haar skoonmaak taak te verrig. Sy noem iets van spinnekoppe en slange. Gelukkig het ek n manier met diere. Hopelik werk dit met slange ook.
Van sit en staan kom niks gedaan.Ek moet baie vinnig n plan maak om terug in Suid Afrika te kom. Gelukkig is my paspoort nog geldig. Sal my Suid Afrikaanse een gebruik om die visa te ontduik. As ek terugkom gebruik ek my NZ paspoort en alles loop perfek.
Gelukkig ken ek vir Elon Musk en hy het goedgunstiglik sy vuurpyl n draai laat maak sodat hy my gou in Suid Afrika kan afgooi.

 

Alles het perfek uitgewerk. Ek het veilig aangeland met Elon se Tesla sportmoter. Ek leen die moter net vir drie dae dan vlieg ek weer terug NZ toe.

Sjoe maar dit lyk maar verwaarloos en grillerig hier by die opstal.
Ek het gister telefonies gereël dat n drie-slaapkamer “parkhome” hier afgelaai word. Hul moes die hyskraan ook los sodat dit gebruik kan word vir ekstra hyswerk. Dit lyk perfek.
Die parkhome het drie slaapkamers, sit-eetkamer oopplan kombuis. Ook n badkamer met n kompostoilet. Daar is n yslike Hi-Fi met plate en tapes om n Babels lawaai te maak as almal hier is.  KAMEEL sal maar die musiek kom maak.
Daar het ook n aflewering van skoonmaak materiaal opgedaag. Gogga gif, slang aantrek middel en dan ook die spookverjaagapparaat(drone wat my seun gebou het!).
Una se hoenderhok en hoenders lyk heel gelukkig. Hul kekkel en kraai heel plesierig.

Ek het die slangverjaer gestel en ek glo nie hul sal n probleem wees nie. Die spinnekoppe het ek n paar goeie spuitsels gif gegee. O genade, die gif het n klomp perdebye ontstel hier in die skoorsteen. Perdebytjie sal beslis baie vinnig moet oorkom om haar familie te vertel dat ons net bietjie spasie nodig het om te beweeg.
Bytjie sal ook moet help beplan aan die verdrywing van die spoke as daar gewerk word.
Ek gaan sommer Una  https://travel4601.wordpress.com/ inlig dat sy in die tussentyd moet regmaak vir taak drie die GROOT plesier vir die aand.

Julle beter wikkel ouens. Ons het nie baie tyd om te mors nie.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

Afrikaanse Tokkels: Autograph Boekie


n Stukkie uit my verlede.

Noudat ek besig is met my Memoirs kom ek op interessante dinge af. My volgende deel gaan oor my lewe op skool d w s van sewe jaar af tot my 22e jaar. Dit is dus eerste skooljaar tot en met my opleiding as Senior Primêre onderwyseres.
Frannie https://frandr.wordpress.com/ skryf oor haar sakkie met kaartjies wat sy in die kas gekry het. Dit was vervloë dae se kaartjies. Ek noem toe van my “Autograph” boekie waarin my oupa nog n stukkie geskryf het.
Ek wil dit graag met julle deel.

IMG_3259
Netjies oorgetrek en bewaar.(2018)

My enigste tante(Pa se suster) het n autograph boekie gekoop en dit namens my niggie aan my opgedra.
Die eerste blaaitjie het my Oupa(van moederskant wat enigste oupa nog was)in n bewerige handskrif n mooi stukkie geskryf.

IMG_3248
Oupa se stukkie

Dit was vir my twaalfde verjaarsdag in 1958.

Die volgende blaaitjie het my Ma geskryf.

IMG_3249
Mamma se stukkie

Daarna het my tante geskryf en toe my niggie.

Kleinsus het geskryf en
Ousus ook.

Ek is spyt my Pa het nie ook n stukkie geskryf nie. Daaraan kan ek niks verander nie.
My Skoolhoof in Laerskool het geskryf. Hy het die laaste twee laerskool jare vir my skool gehou.

IMG_3254
Skoolhoof

In die Hoërskool het onderwysers in my boekie geskryf.
Ek was vir twee jaar in een skool wat toe op die einde opgedeel is en ek is na die nuwe skool. In standerd sewes(die laaste jaar in ou skool) het ek al die onderwysers iets laat skryf. My trots is dat Rudi Neitz, my Duitse onderwyser, n stukkie geskryf het. Hy was n bekende sanger.

IMG_3255
Rudi Neitz

Dan is daar my matriek jaar se onderwysers se handtekeninge. My Klasonderwyser wat Engels gegee het het ook geskryf.

Daarna het van my kamermaats op Kollege inskrywings gedoen.
My eerst hoof waarby ek skool gehou het is die laaste een wat iets geskryf het.
Heerlike herinneringe.

Lê-Jou-Eier: Manscaping


Image result for Manscaping

Daar is niks so aantreklik soos n man wat netjies gekap is nie. Oudmodies? Dit bly vir my mooi as n man se hare en baard netjies gesny of geskeer is
Een jaar terwyl ek studeer het was daar n ou wat my droomman was. Hy het die Coca Cola vragmoter bestuur en aflewerings by kafeteria gedoen. Hy was altyd netjies geklee, maar wat my die meeste betower het was sy baard. Hy het donker hare gehad en sy baard was vol en altyd netjies kort bygehou. Tot vandag toe hou ek steeds van n vol baard wat netjies kort en versorg is.
Vandag het die manne ander idees. Vir my voel dit egter dat hul dit eerder doen, of nie doen nie, omdat die vrou in hul lewe dit so wil hê.
Vroeër het die manne hul neushare en oorhare self uitgetrek. Kophare is deur n bardier (haarkapper) geskeer en dan die baard het hy ook meestal self geskeer of laat skeer.
Nou gaan hul verder en die rughare moet verwyder word. Borshare moet minder wees voordat hul hul swembroeke aantrek. Hoekom? Om in te wees? Met wie?
Voel my soos tyd en geld mors om dit te laat doen.
Waar gaan die lewe heen? Mans wil soos vroue wees en vroue wil meer soos manne wees.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=761578

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Afrikaanse Tokkel: Noodsein honde


 

Die hele week warsku die omroepers oor die radio dat die “Civil Defense” gaan toets of hul nuwe noodsein werk. Dis blykbaar gekoppel aan moderne telefone om te waarsku dat daar gevaar is, hetsy n aardbewing, tsuname, tornado of oorstroming.
Saterdagoggend half elf was dit sulke tyd; die toets sou plaasvind.
Ek loop met Trompie bo op die bult. Eers ontmoet ons twee groot honde wat buite op hul kussings lê. As ons elke oggend verby hulle loop blaf hul asof beserk agter die hek. Vanoggend het hul toe die kans om Trompie te ontmoet, terwyl hul buite die omheining is! Die eienaars roep hul terug maar hul luister natuurlik nie. Ek staan toe maar bankvas met Trompie en wag vir die aanval. Honde gryp nie mekaar sommer net nie. Die eerste een wat nie gestop het toe baas haar roep nie snuif aan Trompie. Die reun luister toe ook nie vir sy mense nie en storm ook nader. Nou was dit van kalm bly en rustig die saak benader. Beide honde se hare staan regop en die reun is nogal lus vir n hap. Trompie staan sy man. Sy ore soort van agtertoe en bene styf reg vir die terug aanval.(Asof hy n kans het teen die twee)In die tussen tyd kom die eienaar nader. Die vrou gryp die twee honde aan die halsbande net toe die reun n hap wou vat. “Vreeslik jammer!” maar hoe jammer sou hul gewees het as die twee Trompie rerig gegryp het. Daar sou nie veel van Trompie oorgebly het nie.

https://stories.barkpost.com/dogfighting-explained/
Nou terug na die noodsein. Ek loop toe aan en daar gaan die sirene af presies soos hul voorspel het. My selfoon is gelukkig nog n oue en het nie die app dat dit op hom werk nie. Die omgewing se luidsprekers en in huise waar fone is kon mens duidelik hoor dat dit werk.
Die sirene se geluid het my n beklemming in my bors gegee. Dit het my teruggevat na die tyd met die opstande: Sharpville en guerilla oorlog van ANC. Die aanval op Sasol II is nog helder in my gedagte. Ons het langs een van die sein torings gebly. As daar gevaar was het hy geloei en in rondte gedraai. Die mense kon ook oor die toring praat om te sê waar gevaar is en wat gedoen moes word.
Hier het ons nou weer n ander gevaar wat hanteer moet word. Die lewe is vol opwindinde belewenisse

Lê-Jou-Eier: Wat sal ek saamvat


OPDRAG: Verbeel jou dat jy jare lank alleen op ‘n eiland woon. Die lewe op die eiland is van so ‘n aard dat dit in al jou basiese behoeftes voorsien; jy het niks meer nodig om te oorleef nie, maar daar is die eensaamheid wat jou pla. Watter een van jou persoonlike besittings (wat natuurlik toevallig saam met jou in die vliegtuig was … verbeelding mense!), sal jy gryp en saamvat wanneer jy uit die vliegtuig klim? Hoekom juis daardie artikel?

Drowned vintage aircraft at the bottom of the sea Royalty Free Stock Images

As is vebrande hout.

As ek net een ding kan saamneem om alleen op n eiland te oorleef, laat my nogal kopkrap.
Die vliegtuig, ek neem aan dit was n vliegtuig, het vergaan en ek het met n valskerm kon uitspring. Geluk aan my kant! Die vliegtuig duik al brandende in die see en verdwyn met n geborrel onder die water.
Terug by my.

Gelukkig kon ek betyds uitspring en het op n klein afgeleë eilandjie geland. Dis wat ek aanneem. Alles was daar om te kan oorleef. Heerlike vars water en vrugte tot blare en bolle om te eet. So nou en dan is daar n ou vleisigheidjie in die vorm van n voëlboudjie of meerkat/eekhoring ribbetjie. Brrr, hoe gril ek nou. Sal maar verby hou met die vleisies veral omdat ek dit self moet vang en verwerk.

Barbeque Chicken Royalty Free Stock Photography
Nou het ek alweer afgewyk van die onderwerp.
WAT HET EK SAAMGEVAT?
Ha, toe ek die ding sien kom het ek vinnig my vyf skryfblokke en tien potlode, wat in n plasiese sak toegedraai was, gegryp en onder my baadjie en valskerm rieme ingesteek.

Scribble on white paper Royalty Free Stock Photography
Nou kan ek lekker al my gedagtes en gebeurtenisse aanteken sonder enige onderbrekings. Ek sal net moet probeer onthou watter dag dit is. Gelukkig het my horlosie n datum op. Ek het nie my selfoon nie want die is nog in die vliegtuig.
Nou gaan ek heerlik ontspan en van dag tot dag lewe.

Pictures from: https://www.dreamstime.com/photos-images/sheet-paper-scribbles.html

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

Afrikaanse Tokkel: Bietjie Blaaskans


Blaaskans!

Die volgende vyf weke gaan ek bietjie laag lê.
Ek gaan weer n huis oppas vir vier weke. Die dame gaan bietjie vakansie hou oorkant die water. Sy het haar man bietjie meer as twee jaar verloor en is nog baie dwalende en soekende. Dit sal haar die wêreld se goed doen.Sy gaan met n toergroep en n niggie van haar. Daar is ook n ou Boarder Collie van sestien jaar. Sy is heel lendelam in haar agterlyf. Ouderdom is besig om haar in te
haal. Die dame het n mooi brief aan die veearts geskryf dat as Meggie nie meer lekker beweeg nie en pyn het moet hul haar maar uitsit. Sy gee my toestemming om die besluit saam met veearts te neem. Ek hoop van harte die hondekind hou uit tot haar ou mies weer terug is.
Trompie gaan natuurlik saam en ek hou duime vas dat hy nie te ontwrig voel nie. As die twee honde besluit om saam n gesang aan te hef terwyl ek by werk is sal ek maar n ander plan moet maak. Dalk geniet die twee mekaar so sodat hul nie omgee om vir tye alleen te wees nie.
Eintlik wil ek bietjie wegbreek van blogland af want dit lei my aandag te veel af en ek kom by niks uit nie. Ek is ernstig besig om aan my Memoirs te werk. Ek wil die vier weke die tyd wat ek nie by die skool is gebruik om my eerste deel te redigeer en te herskryf soos dit kom. Ek skryf net oor my eerste ses lewensjare en wil probeer om dit in November te publiseer.(Hierdie keer is dit ernstig. Nie sommer so-so nie soos vorige e-boeke nie!)Ek het al n hele goeie versameling bymekaar. Dan is dit nog die vertaal in engels ook. Dit vat baie tyd om die regte benamings, taalgebruik en uitdrukkings te gebruik.

Wel dis dan dit. Sal later weer ernsig terug kom na my blog wat laaste tyd baie afgewater was.

DSCF7141

Groetnis van huis tot huis en tot weersiens!

Afrikaanse Tokkel: Dankbaar


Ek moet die volgende in Afrikaans deel. Afrikaans is en bly steeds my Moedertaal.

Die afgelope week het ek weereens besef hoe wonderlik dit is om mens te wees op hierdie Godgegewe aarde. Dis nie net die besef dat daar n Hoër Hand is wat ons beskerm en bewaar nie. Dis ook die besef dat om gesond te wees en so baie seëninge te beleef werklik die lewe die moeite werd maak.

Maandagoggend vroeg, so amper half sewe, en nog pik donker loop ek met Trompie ons eerste lopie vir die dag. Dit is meestal n twintig minute se stappie. Ek loop altyd dieselfde paadjie elke oggend. Onder in my straat is n hospitaal vir liggaamlik gestremdes. Ek en Trompie ken heelwat van die mense en verpleegpersoneel. Toe ons die sypaadjie oploop kom daar n ou vroutjie aangestap, eintlik meer sleepvoetend. Net n kort ou jassie maak haar bo-lyf toe. Sy het nog haar kort nagrok aan wat onder die jassie uitsteek. Twee maer beentjies steek onder rokkie uit en twee pantoffelvoete wat skuifel.
Ek het eers gedink dis dalk een van die hospitaal se vrouens wat weggeloop het. Toe ek nader kom sien ek dat dit Nellie(nie regte naam nie) was. Ek ken haar van sien. Sy bly om die draai van die hospitaal af.
Die volgende gesprek het plaasgevind:
Ek:  Wat maak jy hier in die donker en koue alleen in die straat?
Nellie:  Ek weet nie! Ek loop sommer net.
Ek:  Kom ons gaan huistoe. Jy kan nie so in die koue hier alleen loop nie.
Nellie:  Nee, ek kannie huistoe gaan nie. Hy is daar en het my uitgesluit.
Ek: Wie is dit?
Nellie: Dis Bruce.
Ek: Is dit jou seun?
Nellie: NEE
Ek: Iemand wat by jou bly?
Nellie: Nee.
Nou is ek rerig bekommerd. Sy praat in raaisels. Ek besluit om by die hospitaal aan te klop. Daar is geen antwoord nie. Ek beduie vir Nellie om by deur te wag, ek loop net gou verder met Trompie. Ek het net n klein draaitjie geloop en teruggekom. Nellie het intussen aan geloop.
Ek stel toe voor ons lui die voordeurklokkie. Nellie bly vra of hul haar sal kan help. Eers was daar geen reaksie op lui van klokkie. Uiteindelik maak die nagsuster die deur oop. Ek beduie aan haar wat aangaan. Sy sê sy is op die oomblik alleen en kan nie veel doen nie. Gelukkig kom daar toe net een van die dames aan vir die volgende skof. Die nagsuster, met wie ek redelik bekend is, sê toe sy sal die polisie bel om saam met Nellie huistoe te gaan.
Daar was ongelukkig nie tyd vir my om verder te help nie omdat ek by my voorskool uur moes wees.
Na my oggend sessie by die skool het ek en Trompie vir ons volgende lopie gegaan wat die bult op is. Aan die bokant van bult, weet ek, bly mense wat Nellie ken. Ek gaan toe daarlangs om te sê dat ek Nellie op straat gekry het. My loseerder loop meestal so vyfuur soggens vir oefening. Hy het toe al vir Nellie op straat gekry.
Jess, die jong dametjie wat Nellie ken vertel toe vir my dat daar n groot skroef los is met Nellie. Nellie se kinders is in Australië en stel nie in hul ma belang nie. Nellie word die Maandag vir twee weke opgeneem in die algemene hospitaal om getoets te word vir alles wat moontlik verkeerd kan wees. Daarna sal hul besluit wat om met haar te doen. Jess vertel ook dat Nellie soos n ouma vir haar is. Daar is nie n Bruce nie en sy bly alleen!
Toe ek Nellie in 2010 leer ken het was sy n op en wakker Engelse vrou wat kans gesien het om die wêreld te versit. Dis tragies om n mens so te sien verswak.
Dit maak my dankbaar dat alles nog so goed met my gaan hier op my eie. Daar is nie tyd om in sak en as te sit nie. Ek hoop net dat as ek dalk eendag in die straat dwaal daar iemand is wat hom/haar oor my sal ontferm
Na Maandag was die volgende drie dae soort van normaal.Ek het my voorberei om my aanbieding te doen om sterre te maak teen geweld. (One million stars against violence, ek gaan in n ander pos daaroor skryf  https://www.facebook.com/onemillionstarstoendviolence/)
Donderdagaand was dit ons maandelikse Soroptimist vergadering. Ons het die aand n spreker gehad wat my verder laat besef het hoe dankbaar ek is om gesond en normaal te kon grootword en nog te lewe.
Die spreker was ons eie Upper Hutt goue medalje wenner in swem by die paralimpiese spele in Rio.
Haar naam is Mary Fisher, n blinde swemmer wat haar nie deur haar gebrek laat afsit nie.

http://www.stuff.co.nz/sport/other-sports/84268329/Kiwi-Paralympics-swimmer-Mary-Fisher-can-hear-her-gold-medal

Sy is n sprankelende 24 jarige jonge dame wat die lewe voluit leef. Sy het vertel hoe dit gekom het dat sy blind is, haar skoolloopbaan wat sy in gewone skole gehad het. Sy woon nou op haar eie in Wellington. Naby die universiteit waar sy studeer en die swembad waar sy gereeld oefen.
Sy het ook in kleur vertel hoe dit was gedurende haar verblyf in Rio en hoe dit gevoel het om n wêreldrekord in swem op te stel en n goue medalje te wen.
Dit was n belewenis om te hoor van al haar lewenservarings. Dit wys tog maar, waar daar n wil is, is n weg.
Dit was beslis vir my n week van wonderlike gebeurtenisse gewees.

2016 Waar lees jy lekker? Scarpydo se keuse


Toortsie het nou n heerlike leer-mekaar-ken begin.

2016 Waar lees jy lekker? Toortsie se keuse

Hierdie is ‘n blogspeletjie wat ten doel het om ons blogs, verkieslike Afrikaanse blogs, ‘n bietjie blootstelling te gee.

Hoe dit werk:

  1. Dis totaal vrywillig. Jy hoef net deel te neem as jy regtig wil.
  2. Dit sal baie lekker wees as jy deelneem.
  3. Word jy benoem? Hartlik geluk! Dit beteken iemand lees graag by jou!
  4. Noem jou bloginskrywing: 2016 Waar lees jy lekker? (jou naam) se keuse.
  5. Bedank die persoon wat jou benoem het en tag die bloginskrywing waarin jy benoem is.
  6.  Herhaal die eerste sin in hierdie bloginskrywing, asook die reëls, sodat die volgende persoon ook weet waaroor dit gaan. 7.
  7.  Benoem 3 tot 5 bloggers/blogs waar jy graag lees en sê ook hoekom jy graag daar lees. Onthou om elkeen op dieselfde manier te tag. Kliek op ‘n bloginskrywing, kleur URL in …
  8. Jy mag iemand benoem wat alreeds benoem is, maar veral nuwe name is ook altyd welkom

Ek lees gereeld by die volgende ouens.

Net Ek , sy het die mooiste gedigte en verse wat sy gereeld bekendstel. n Alleen mens met diepe gevoelens.

https://neteknogsteeds.wordpress.com/2016/11/18/om-hier-rond-te-hang/

Kameel is my beste leesplek. Sy inspireer my lekens weer om tog steeds aan te hou.

(ek kry nie haar skakel nie, dit bly sê dis nie meer beskikbaar nie!)

de Wets Wild Hier sien en lees mens van al die wilde diere, dan is daar nog die mooiste fotos ook by. Alhoewel hul in Engels skryf gesels ons in Afrikaans in die kommentaar omdat hul regte Afrikaners is.

Hamerkop

Dit is my drie bestes wat ek gereeld lees. Daar is nog n paar meer maar dit kan wag tot n volgende keer.

Lees gerus wat die drie blog vertel. n Nuwe wêreld gaan oop as mens daar lees.

Afrikaanse Tokkels:Dankbaar


English friends. Translation follows in next post.

DANKBAAR

Ek loop die hele dag met die gedagte om te vertel hoe goed dit voel om iets te beteken vir n vyf jarige dogtertjie.
Gister was my laaste namiddag van laat by die skool bly om die laaste kinders op te pas. Ek het die afgelope week waargeneem as bestuurder van die Voor- en Na-skool sentrum. Ek moes tot ses uur saans bly. Daarna word ouers beboet as hul kinders na ses oplaai. Sommige rek dit natuurlik uit tot op die laaste minuut.
Wel, gister was dit weer sulke tyd.Ek moes tot na ses wag voordat die klein dogtertjie deur haar ouma opgelaai is. Geen verduideliking of verskoning.
Gelukkig was ek nie haastig om huistoe te gaan nie. Violet, was deurentyd maar bekommerd hoekom haar ma nie kom nie. Ek het maar verduidelik dat sy seker maar opgehou is by die werk.
Violet is n unieke klein mensie. Steeks soos n donkie, uitgesproke en baie nuuskierig, ook snipperig en tog heel intellegent omdat sy meeste van die tyd in haar grootouers se sorg is..
Al die ander kinders was reeds huistoe teen kwart oor vyf. Ek het, terwyl ons wag, gesit en een van die kinderspeletjies gespeel op n iPad. Die voorlaaste kinders is weg en ek staan op om te kyk of die “playstation” behoorlik afgeskakel is. My iPad lê op die tafel. Met wat ek my rug draai, glip Violet op my stoel en ek hoor sy speel verder. Ek sê: “Nee, nee, jy mag nie my speletjie speel nie!” Sy sê: “Nee ek speel n ander speletjie.”(Sy het gou n ander iPad gevat en kastig begin speel) Ek draai weer om en sy speel weer op myne. Nou maak ek netsoos sy, en blaas my wange op en kyk kwaai na haar.(Sy geniet dit natuurlik terdeë)Ek gaan terug na die tafel en sê ek wil weer op my stoel sit. Sy skuif op na ander stoel se punt. Ons speel toe saam my speletjie, ek kan kastig nie die speletjie speel nie en sy weet hoe.(Wat sal mens nie alles voorhou aan sulke kleintjies nie.) Ons speel so rukkie. Heel opgewonde skuif haar een been toe oor om half op my skoot te sit. Ons speel heerlik-sy wen die stappe elke keer met n bietjie hulp van my. Op die ou einde sit sy op my skoot en ons is ewe gesellig besig. Violet het vergeet dat haar ma nog nie gekom het nie.Sy was heel tevrede en gelukkig.
Dit bring my by die eintlike deel van die vertelling. Violet, is n vyfjarige dogtertjie, geen pa, ma is nog baie jonk. Haar grootouers doen hul bes om n ogie oor haar te hou. Sy is baie onseker van haar omstandighede. Sy het die oulikste gesiggie met blou sprekende ogies. As mens haar verkeerd opvryf is sy baie moeilik.
Ek voel so dankbaar en ook bevoorreg om die kleine mensie te kan koester. Dis al wat sy regtig vra. n Bietjie liefde en rustigheid.Sy vertrou my totaal en al. Sy sal byvoorbeeld na my toe kom as daar iets nie lekker is nie. Hoe kan n volwassene so n persoontjie seermaak, mollesteer of selfs doodslaan. Dis so onverstaanbaar.
Kinders is so broos en kwesbaar.

Image result for playing girl images

Afrikaanse Tokkels: Storm en middagete


Natuurlik kan ek nie sommer net so ophou Afrikaans skryf nie. Ek het besluit om so nou en dan net darem n bietjie te Tokkel.

Saterdag het ek weereens my seun gehelp met die bou van sy elektroniese bordjies wat hy uitvoer die wêreld vol. Dit was n koue reënerige en winderrige middag. Ek besluit om Trompie vir n lopie te neem voordat ek huistoe gaan. Die reën het bietjie bedaar. Ons was net by my kar se deur toe daar n wind verby kom wat ons omtrent van ons voete afwaai. Ek wou Trompie maar in die kar laai omdat dit weer begin reën het ook. Sjoe dit was deel van n 160km per uur se wind wat tussen die huise deur gewaai het. My seun het selfs buite toe gekom om my te help om te keer dat ek nie wegwaai nie. KOnnie glo die wind was so woes nie.

20161009_113410
Trompie kyk of hy die hoenders kan sien
20161009_113455
Mollie sit ewe elegant op rusbank se leuning. Luigi kyk wat Trompie by die deur sien

Sondag het ons twee sessies van bordjies bou gehad . Ons het egter heerlik middagete gaan eet by n restaurant.

20161009_132330
Skaap skenkel met groente
20161009_132341
Bertus het taai biefstuk met skyfies uieringe twee eiers en slaai gehad

Ek het roomys en sjololade sous gehad terwyl Stella en Bertus Blue berry frummel met roomys gedeel het.