Tag: skryf
-
Liewe Dagboek: Dag 23 Mei
Vandag het heerlik uitgedraai. Dit was eers maar goed koud. Die son het die hele dag heerlik geskyn. Donderdae, is my by die huis bly oggend van die week. Ek het die pakkies gepak en Bertus het dit die namiddag kom haal om te pos. Ek het verder die hele oggend gesit en Trompie se […]
-
Liewe Dagboek: Dag 21 & 22 Mei
Toe skip ek weer ‘n dag. Gister was egter heel rustig en sonder verdere voorvalle. Ek het ‘n teetjie met my Dinsdagvriendin gaan drink. Ons kuier altyd heerlik vir ‘n uurtjie. My vriendin is nogal vol fiemies as dit by haar koffie smaak kom. Meeste van die tyd hou sy nie van die koffie wat […]
-
Liewe Daboek: Dag 17 Mei
Sjoe wat n dag was dit nie gister nie! Net eers ‘n groot DANKIE aan al my liewe vriendinne wat saam met my geween en tande gekners het gister. Jul weet nie hoe goed dit my gedoen het om al jul liefde en ondersteuning te ondervind nie. Gelukkig het die ander hulp-personeel saam met my […]
-
Liewe Dagboek: Dag 15 Mei
Die lug was vanoggend te pragtig vir woorde gewees. Die opkomende son het aan die onderkant van die wolke sulke goue, horisontale gegolfde strepe gemaak. Dit was ook nie regtig koud nie. Na die skoolsessie het ek my motor gevat om getoets te word vir sy WOF(Warrant of fitness)wat hy toe gelukkig geslaag het. Dis […]
-
Liewe Dagboek: Dag 13 Mei
Dertien – my gelukkige nommer! Darem toe nie Vrydag nie Dit het gereën. Hele nag en groot deel van die oggend. Toe ek 2:30nm skooltoe ry was daar nie ‘n wolk te sien nie. Vanoggend het ek met die wildewragtag E se pa gepraat. Dis ‘n hartseer storie wat net nie ‘n einde het nie. […]
-
Liewe Dagboek: Dag 12 Mei
Sondag, Moedersdag. Elke dag is tog maar moeder se dag. Ek het darem ‘n:”Happy Mother’s Day,” boodskap gekry. Vanoggend was die garage se sleutel weg. Ek het al my sakke deursoek. Geloop waar ek moontlik hom kon neersit. Niks. Bel vir Bertus om dit aan te meld. Telefoon lui en geen antwoord. Ek gee ‘n […]
-
Liewe Dagboek: Dag 11 Mei
Lekker Saterdag. Bertus het weer net na sewe ingboek om sy masjien aan te sit vir die oggend se werk. Mike, sy helper kom 8 uur. Ek is bly Bertus het nou iemnd wat hom kan help met sy besigheid. Hy is sommer baie meer ontspanne. Ek het nog bly le tot net na agt. […]
-
Liewe Dagboek: Dag 9 & 10 Mei
Gister, die 9de, is verby sonder dat ek kans gekry het om my inskrywing te doen. Net toe ek wou begin skryf so 7:30nm kom Bertus en Bea hier aan. Ek het te lekker met die klein klits gekuier. Trompie is so jaloers op haar dat ek heeltyd moet keer dat hy haar nie dalk […]
-
Liewe Dagboek: Dag 8 Mei
Rustige voorskool gehad. Daar was net 8 kinders. Vandag het die skool vroeg gesluit omdat die onderwysers vergadering gehou het om te besluit of hul gaan staak en of hul die voorstelle gaan aanvaar.Ek het dus nie naskool toesig gehad omdat almal vroeg opgelaai is. Tuis gekom was Trompie weer sy ou self en ons […]
-
Liewe Dagboek: Dag 7 Mei
Vandag was weer ‘n anderse dag. Vroeg oggend (net na 2vm) was Trompie vreemd rusteloos of ongemaklik. Met ons vroeë loop wou hy net grassies eet. Halfpad het hy darem al sy besigheid gedoen maar toe begin hy stilstaan; kyk vir my asof hy vra -Moet ek rerig loop? Ek moedig hom maar aan om […]
-
Liewe Dagboek: Dag 6 Mei
Gister het toe nie so rustig verloop soos ek wou nie. Ek het Woordsnoere, Vrydag byskrifte en my dagboek aantekening gedoen maar nie by die “Book Launch” se terugvoer gekom nie. Bertus het ‘n uur gewerk. Ryan, ‘n vriend het net na tien gekom om die 3D printer te gebruik. Hy is net na een […]
-
Liewe Dagboek: Dag 5 Mei
Liewe dagboek Vandag skryf ek sommer vroeg oggend want ek beplan om heelwat skryfwerk te doen en verder rustig te wees. Bertus het weer 7 uur kom werk so laatslaap het nie gewerk nie. Tog het ek nog n uurtjie weggedommel tot so 8 uur. Trompie geloop en gekyk of daar bestellings is om te […]