Saterdag 25 Mei was ‘n besige dag gewees.
Net voor agt opgestaan; gestort; pap geëet en eerste bondel wasgoed in wasmasjien gesit.
Trompie geloop. Bertus wou die oggend kom werk aan sy “bordjies” maar laat weet hy gaan die oggend “design”werk doen. Ek het drie bondels wasgoed gewas.
Om twee uur moes ek ‘n vergadering bywoon en ‘n vriendin het voorgestel ons gaan eet eers middagete saam. Ek het Bertus ook genooi. Dit was ‘n baie gesellige ete gewees. Ek en my vriendin het skaapskenkels met broccoli, aartappelwiggies en kapokaartappels gehad, met ‘n mint sousie. Bertus en my vriendin het heerlik geskiedenis gesels. My vriendin was ‘n verpleegster en later ‘n teater suster by ‘n privaat kliniek. Dit was ‘n plek waar kinders met haaslippies geopereer is deur ‘n vroue chirurg wat in daardie jare gladnie erkenning vir haar werk gekry het nie. Omdat my vriendin so nou saam met die dokter gewerk het, het sy waardevolle ondervinding opgedoen. Sy het alles in ‘n boek gepubliseer. My vriendin is al drie en tagtig en het twee naweke terug ‘n ander boek oor die skool waar sy skool gegaan het in Petone gepubliseer.
Na die ete is ons na die biblioteek waar die vergadering was. Dit was ‘n TimeBank vergadering waarin ek nie rerig veel belangstel nie. Die probleem is daar is so min belangstelling dat ek elke keer weer besluit om nie weer te gaan nie maar op einde doen ek dit tog telkens weer. Ai, dis n pyn as ‘n vergadering net uit komiteelede bestaan wat alle voorstelle doen en dit dan sekondeer en goedkeur.
Die vergadering het so kwart voor vier klaar gemaak. Ek was bly om weer met ‘n klompie van my ou vriendinne te kon gesels. Ek is ‘n lid van TimeBank van hul begin het in 2012 en daar is ‘n klompie wat ook nog steeds lid is.
Toe ek tuis kom was Bertus in die garage besig. Ek het aandete vir ons gemaak. Bertus is na ete huistoe. Ek het toe ‘n movie gesit en kyk tot so tien uur. Anne with an E, is die fliek. Dit is n vervolg storie op netflix. Ek het nog nie al die episodes ingehaal nie.
Sondag 26 Mei het heel rustig begin. Bertus het kom werk. Hy het my middagete gestick. Ek het na die tyd ‘n lekker middagslapie ingekry. Ek het toe 13 panele klaar gemaak en Bertus het hul kom kry om more weg te vat om gesoldeer te word.
Nou kyk ek Pirates of the Caribbean:The curse of the Black Pearl(wat my nou verveel en ek gaan nie klaar kyk nie)
Bedtyd, more begin weer ‘n nuwe week.