Hoofstuk 5: Kan dit wees?


Geheim van die biblioteek

Beste leser, hierdie is ‘n denkbeeldige vertelling van verskillende persone wat elk ‘n hoofstuk skryf oor ‘n denkbeeldige biblioteek in ‘n herehuis genaamd Eden. Aan die einde van my hoofstuk kan jy op die skakel kliek om by die vorige hoofstukke uit te kom.

Kan dit wees?

Vreemde ontdekking
Nadat die berig in ‘Die Adder’ verskyn het van die gruwelike ontdekking wat me Barber gemaak het moes ons as Towerinne inderhaas ‘n vergadering hou om die modus operandi uit te dink en te besluit wat met Klem de Kaak gedoen moes word om te stop dat hy en sy koerant verder aandag trek om hulself te verryk.

Ons besluit toe dat ons soos een man of vrou gaan inspring in daardie biblioteek om uit te vind wat alles daar versteek is.

Vroeg oggend is al die Towerinne gereed om in te begin.

Toorts, en haar span, bestaande uit Trommeltjie, wat haar trommel gaan skud om oudhede op te spoor, Virgo en Seegogga gaan die kombuis takel. Daar is verseker onheilige dinge in Eden se kombuis uitgedink en bespreek. 

Sodra die stoof weer werk gaan Lorenzo kom en vir ons, onder Toortsie se toesig, ‘n feesmaal voorberei wat mev Marx, die kok, na haar asem gaan laat snak.

Die ander Towerinne gaan die biblioteek verder deursoek. Vuurvliegie wil steeds die vloer verander en gaan met Una en Bondels die mat uitgooi. Mens weet nooit wat nog onder al die stof begrawe is nie.

Dan het Hester, Frannie en Positief besluit om elk ‘n boek onder hande te neem en vinnig te lees vir nog leidrade. Kameel gaan ook afstof en Engelse boeke lees met die hoop om iets wyser te word.

Christa gaan met haar Russiese konneksies probeer om uit te vind wat gebeur het.

Ek en Perdebytjie, met haar kamera, gaan die dieptes van die kelder bekyk.

Eerste wat Hester doen is om op ‘n kas te klim wat onder die boekrakke staan. Sy maak haarself gemaklik op die blad en vat ‘n boek uit die rak. Sy roep Frannie en Positief om by haar te kom sit. Die drietjies skuif lekker reg om heerlik te lees. Hul leun soos een man/vrou lekker gemaklik agteroor. 

Skielik: Kraak, squeak, stamp-stamp en daar… 

skuif die hele kas en rakke met die drie Towerinne voorentoe. Dit gil en gryp om nie af te val nie! 

Almal hardloop nader. Dit Oe en Aaa en aha, giggel en ril.

Stofwalms styg uit die dieptes op en by die deur uit. Almal hoes en proes.

“Wow, ons het dit! Ons het dit” jubel ek. “Die kelder se trap!”

“Kom Bytjie, ons gaan eers verken voordat almal hier afgaan en dalk bewystukke deurmekaar kan gooi met al die opwinding.”

Ek en Bytjie het elk een van die mynhelmets met ‘n liggie op die kop. Gumboots aan en daar gaat ons. Doef, daf, slof, stof.

Dis spinnerakke en stof, en dit ruik heel onangenaam onder in die kelder. Deur die gat in die vloer skyn lig op die geraamte wat liggies beweeg in die roering wat ons veroorsaak. 

Bytjie blits vinnig ‘n paar fotos.  

“Bytjie, kyk hier, dit lyk na n skerpgemaakte klip-mes met bloed aan,” ‘n koue rilling loop langs my ruggraat af. Kliek, kliek, Bytjie.

In die een hoek van die kelder is ‘n klomp ou lappe wat lyk of dit ‘n bed kon wees. Opgewonde begin Bytjie in ‘n piepstemmetjie praat: “Scrapy, kyk! ‘n Juwelekisse met pêrels.

En oooo, kyk die tiara. Dit moet regte diamante wees.”

Bytjie neem net fotos. Ek maak die kissie oop en binne is ‘n borsspeltjie. Die mooiste pers half-edelsteen. Ek vat dit versigtig en vryf dit skoon. Met die vryf verskyn daar ‘n gesig in die steen. Dis ‘n hartseer gesig van ‘n beeldskone meisie. Ai, ek pik ‘n traan weg as ek daaraan dink wat die arme mens hier in die kelder moes deurmaak. 

Ek kyk nog verder rond en sien ‘n handspieël wat se agterkant handborduur is met die fynste kruisstekies.

Die handvatsel en raam is suiwer goud.

Ek draai die spieël om en vee die stof af. In die spieël verskyn twee gesigte. Die gesigte van Isabella en Charlotte. Hul is besig om met mekaar te praat. Beide is opgedress soos in die ou dae se bordeel meisies. Isabella meer deftig, oënskynlik die een in bevel, en Charlotte.

“Isabella, wat gaan ek doen? Ek kannie die kind hou nie en ook nie vir Josef vertel nie. Wat moet ek doen?” 

Isabella kyk Charlotte minagtend aan: “Ek het jou gewaarsku dat jy nie kan bekostig om verwagtend te raak nie, maar nou ja, Josef was net die een vir jou. Ek sal jou help om die baba te laat aanneem. My broer, Leonard, bly op Eden by Josef en Sophie wat nie kinders kan kry nie. Dit kom egter teen n duur prys. Jou broer Karel Hardy gaan duur betaal omdat ek sy verwende rykmans suster moes uithelp.”

Charlotte kan net met betraande gesig haar kop skud.

Daar kom opgewonde stemme van bo van die trap af en maak dat die gesigte in die spieël verdwyn. 

“Hoekom is julle twee so stil daaronder? Wat gaan aan?” skree Hester.

Ek beduie vir Bytjie dat ons eers moet opgaan en die fotos aan die ander wys. 

Bo gekom bestudeer ons die fotos. Ons vertel toe ook van die handspieël wat ‘n kykie in die verlede gewys het. “O-n-g-e-l-o-o-f-l-i-k,” kom dit uit een mond. 

Wat gaan daar nog alles uitkom? Ons wonder almal.

WoordNoot gaan vir ons verder navorsing doen oor wie Klara regtig is en wie se geraamte dit kan wees.

Onthou om jou skakel te plaas by https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

Bo-staande skakel sal jou na die vorige hoofstukke stuur waar jy die hele storie kan lees.

Kuier-Safarie: Dullstroom nabetragting.


IMG_0469

Dullstroom wat toe nie meer Dullstroom was nadat ons “cow”rinne die Milkshake bar oorgeneem het.

Om meer uit te vind oor die heerlike toer van ons Towerinne en die groen bus, kliek net op die skakel en jy kan al die stories daar lees.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Terwyl ons rustig kon loop en die natuurskoon en stilte belewe moes ek ook eers op n bankie gaan sit en n bietjie rus.

Rear View of Man Sitting on Water

My gedagtes het ver terug gegaan na 1979 toe ek my jaar in Pretoria was met verder studie. Ek was nooit een wat “boyfriends” gehad het nie. Ek het altyd vir die Opsitkers gekryf. Altyd ouens uitgekies wat so ver as moontlik van my gebly het. Wel, hierdie keer waarvan ek nou praat, het die ou nie te ver gebly en n afspraak gemaak om te kom kuier en my uit te neem vir ete. Die ou was uitgevat in sy beste kerkpak en het vir my n orgidee gegee. Heel romanties bygesê. Ons is toe na daardie hoë bank gebou in Pretoria wat n restaurant op boonste vedieping het. Die arme man het nog nooit in sy lewe so n “grand” plek besoek nie. Hy was n ryk mielieboer uit Wes Transvaal! Hy wis toe nie wat om te bestel nie. en besluit op forel. Soos jul weet is forel n varswatervis en het grate vir Afrika. Arme man het nie geweet mens skraap die vleisies versigtig van die grate af nie. Hy vat sy vismes, breek n stuk af en steek dit in sy mond; grate de lot. Jy kan jou voorstel hoe sleg die ou gevoel het met sy mond vol stekende grate.
Nou terug na die perdry petalje en Broodina geval. Ek, wat Scrapy is, het terwyl julle gedans het en haar besig gehou het gou weggeglip en gaan uitvind waar sy bly. ‘n Lekker “cosy” woonstelletjie aan die koerantkantoor se gebou. Ek het stilletjies n vuurpyl in haar woonstel gestel sodat sodra sy die voordeur oopmaak die vuurpyl vlamvat en haar n vinnige paar draaie om die aarde laat vlieg. So, hoplik, op die oomblik sal sy ons nie pla nie. Daar is egter later dalk weer vir haar geleentheid om ons te volg as sy weer terug op kantoor is. Kom tyd , kom raad.

Image result for free cowgirl clipart
Die intog, op n perd se rug, het my boudbeendere pimpel en pers gestamp.Ek het juis nie vreeslik baie boude nie, meer net vel en been. Baie eina! Aangesien ons so n lang reis het wat voorlê het ek maar een van die hotel se kussings gegaps om op te sit. Die ou groen bus is nie meer so luuks soos wat hy in die begin was nie. Met al ons gesingery, springery en grondpad ryery het die vere van die sitplekke n bietjie van hul veer verloor.
Die kussing storie laat my ook weer aan my en Rondomtaliedraai se besoek aan die Victoriawaterval  laat dink. Suster Tina het nie te lekker gevoel die oggend toe ons Zambië sou besoek nie. Ek het haar gevra of daar iets is wat ek vir haar kan saambring.

”Net n kussing om op te sit, asseblief.” Die sittery in die bus het haar gedaan gemaak. Nou ja, ons is toe in Livingston en ek soek n kussing, wat nie sommer te vinde was nie. Raai waar koop ek toe n kussing? By Pep Store in Zambië.
Dit dan sommer net vir interessantheid.

Ek het ook op n tydstip baie van Potgietersrus, Secunda toe gery. Dullstroom lê nie heeltemaal op die pad nie want ek het in Middelburg afgedraai, Witbank en Bethal toe. Dullstroom was en is steeds bekend daarvoor dat dit n baie koue mistige plek in ie winter is. Die forelle deel is ook beslis waar wat Bytjie van praat, baie gewild en bekend ook. Groblersdal wat ook nie te ver van Dullstroom is het ook forel plase wat ook baie gewild is.
Nou sien ons weer uit na ons volgende stopplek. Dankie Bytjie jou fotos en vertelling het darem gemaak dat ons so n ietsie van Dullstroom kon sien en beleef.