Kaleidoskoop: Deel 6 Hoe nou gemaak.


Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste 5 hoofstukke te lees, klik op die InLinkz skakel hieronder.

Om aan hierdie uitdaging deel te neem, lees die reëls by hierdie skakel.

InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls(2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22)

Nellie se verhaal deel 6

Nellie (alias Sune Davel) sit op haar bed in Marli en Jakkie van den Berg se huis. Dis heerlik knus en rustig hier.
Sy voel hoe die magtelose gevoel haar wil oorweldig. Wat staan haar te doen? Haar brein wil nie helder dink nie! Die koerantberig het haar onkant gevang.
Nellie dink:
Ek kannie teruggaan na daardie mislikke f… Krissie. Diensmeisie speel werk nie meer vir my nie.
Polisiekantoor is nie n goeie idee nie… maar wat as hul my vingerafdrukke kry en na die Viljees toe gaan? Gelukkig weet hul nie waar ek is nie.
Sal ek maar vir Marli vertel? Nie n goeie idee nie!
Ek weet nie, ek weet nie meer nie!

’n Sagte kloppie op haar deur. Nellie skrik uit haar bedrukte gedagtegang. Sy spring op en maak die deur oop. Jakkie staan met die liefste uitdrukking van afwagting op sy gesiggie. Hy neem Nellie se hand, en beduie sy moet saamkom. Jakkie het n verkleurmannetjie buite ontdek. Hy wys haar hoe die kleure verander as hy die verkleurmannetjie op ‘n bruin tak sit. Nellie voel amper soos die verkleurmannetjie. Jakkie se opwinding laat Nellie egter vir ‘n tydjie vergeet van haar penarie. Die twee kuier heerlik in die die tuin.
Mali en Reinier hou die twee deur die venster dop.

“Reinier, ek gaan regtig probeer om Sune te oortuig om aan te bly en na Jakkie te kyk terwyl ek weer teruggaan werk toe.”
“Dis n goeie idee. Die twee hou baie van mekaar. Ek wonder net wat die arme Sune so verskrik en gespanne maak? Sy probeer haar bes om haar werklike gevoel weg te steek.”
“Ag Reinier, jy met jou speur- en mensekennis dink ook altyd dat daar iets moet wees. Sy voel maar net vreemd om weg te wees van haar huis.”
Reinier skud net sy kop.

Ek sal maar sien hoe ek die meisiekind sal hanteer. Sy lyk na n oulike dametjie.Ek is mal oor haar pragtige blou oë en daardie blonde krulle…

Jakkie kom ingehardloop, gryp Reinier se hand en ruk Reinier terug uit sy dagdroom. Hy beduie dat hy ook moet gaan kyk. Nellie stap soetjies verby terug na haar kamer. Sy moet nou regtig begin beplan. Gelukkig het sy darem ‘n bietjie spaargeld wat sy kan gebruik indien sy skielik moet verder gaan. Dis egter baie aanloklik om maar vir eers hier te bly en na Jakkie te kyk. Sy kan dan rustig dink wat om met die geld te doen.
Stuur sy dit terug na oom Esra of begrawe sy dit?
OF

gaan sy vir Reinier in haar vertroue neem en  alles aan die polisie vertel.

Image result for drawing of police officer

Advertisements

Skryf-Safarie: Kindervreugde


Hierdie week is dit sonell se beurt om die Skryf-Safari tema aan te kondig vir die week. Dankie  aan Hester vir die geleentheid.

Hierdie week gesels ons oor ons gelukkigste herinnering as kind. Vertel ons daarvan, hoe oud was jy, waar het jul gewoon, hoekom het dit jou gelukkig gemaak?

Dankie Sonell dit was n lekker terugflits van goeie tye.

Kinder terugflitse!

Daar is heelwat heerlike herinneringe wat ek kan onthou van toe ek nog kind was.
My eerste ondervinding met plaaslewe was toe ons net in Suid Afrika aangeland het(1952). Ons het op n Vrystaatse skaapplaas (reuse merinos!) by van my ma se familie gaan kuier. Die familie het n seuntjie(nefie) gehad wat naastenby so oud soos ek was. Ons het ons gate uit geniet. Hanslammers, mak ryperd! Daardie hoop gedorste mieliestronke was ons glybaan. Die ryery op die grondpaaie wat hobbelrig was. Hekke wat oop en toe gemaak moes word. Ai, dit was te heerlik.
Ons het ook eenmaal per jaar in die Krugerwildtuin vakansie gehou, wat n belewenis op sy eie was. Later het ons op n plaas naby Witrivier kon bly gedurende die vakansie. Daar was n grasdakhuis, met n buite toilet. Langs die huis was daar n kabbelende waterstroompie waar ons gereeld krappe probeer vang het. Die huisie was in n denneplantasie waar bobbejaantoue was. Ons het heerlik rondgeswaai soos Tarzan en Jane.

Image result for drawing of tarzan

My laerskool jare was ook besonders gewees. Dit was n plaasskooltjie met vier onderwysers. Ons was soos een groot gelukkige familie. Ons het saam gespeel en gerinkink. Blik-as-paai, cowboys en crooks, sport aktiwiteite.Daar was ook n swembad wat nie gereeld skoongemaak was nie. Ons het heerlik in die groen water met paddas en paddavissies en al, geswem en baljaar.
Wat die lekkerste was, was die Vrydagaand se fliek. Dit was soos n piekniek. Die muur tussen twee klaskamers is weggegskuif. ‘n Laken is opgehang en ons het op bankies en stoele gesit en kyk. Eers swart en wit sonder enige geluide en daarna pratende swart en wit flieks.
Charly Chaplin, The three Stooges en dan die werklike fliek. Tarzan en ook cowboy flieks was gewild.

Dan was die jaarlikse konserte en atletiek dae ook van die hoogtepunte. Al die ouers het meestal alles bygewoon en ook gehelp om n sukses te maak.
My kinderjare was ongebonde sonder bekommernis en met baie vreugdes.
Nog n paar lekker dinge:
– Om op my oupa se skoot te sit. Diep in sy swart baret te kyk om ‘n storie te kies wat hy moes vertel.( Al die liggaatjies was al die Stories wat hy geken het.)
– Om fiets te ry in die straat met n stuk karton en wasgoedpennetjie wat n geraas maak as die wiel draai.
– Om vlieërs te bou en te vlieg, ook saam met my oupa.
Om Vrydag middae by my vriendin te gaan speel wat by haar oupa in n sinkhuisie langs Hennopsrivier gebly het. Hy het vir ons Franse braaibroodjies gemaak met eende-eiers.
– Om papierpop te speel, hul klere te ontwerp en huise van modder vir hul bou.

My eerste gekoopte papierpop was van Ann Oakley. Later het ek nog n cowboy ook gekry . Mens moes self die klere uitsny.

Image result for ann oakley paper doll

Image result for ann oakley paper doll
So kan ek aangaan en aangaan. Wonderlike tye gewees.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die

paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781922

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Lê-Jou-Eier: Skryf-Safarie. Dieremaniere.


DIEREMANIERE

Image result for drawings of animals cute

Hierdie week is ek die gasvrou vir ons skryf-safarie aangebied deur Dis ekke in lyn met Lê-jou-eier

Wat doen n dier aan jou? Voel jy gemaklik in die geselskap van diere? Alles hang van jou reaksie af. Diere voel aan hoe die mens voel. Hul lees die menslike reaksies en gevoel soos n boek.
Hierdie week gesels ons bietjie oor diere en hul maniere of reaksies op menslike optredes.
Ek is mal oor diere. Van die kleinste miertjie tot ons grote olifant. Elk is uniek. Ek is seker n ieder en n elk het een of ander storie om te vertel oor ondervindings met diere hetsy geveerd, viervoetig of gevin.
Jy kan jou vertelling n ware verhaal maak. Dit kan ook n vertoning wees wat jy gesien het as jy nie regtig jou eie dieremaniere ondervinding het nie. Daar is beslis ouens wat n heilige vrees vir diere het, jy kan daaroor ook skryf as jy so voel.

Image result for drawings of animals cute

 Ek sien uit na al die dieremaniere wat gaan opduik.

Geniet dit. Dis lekker om Afrikaans te gebruik en te skryf!

Hierdie week se gasblogger vir die Lê-Jou-Eier uitdaging is Scrapydo2: “Ek daag jou uit: Dieremaniere: uit jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n geliefde dier se lewe, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit n lekker lees week.”

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

Jou InLinkz skakel is http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Skryf-Safarie: ‘n Feëverhaal


Het jy ‘n feeverhaal? Ek daag jou uit: Skryf ‘n feeverhaal: oor jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n bekende se lewe, oor die politieke situasie van ons land, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit ‘n feeverhaal ( of ‘n fabel) en vertel vir ons ‘n storie.

So daag Seegogga

die lewe is ‘n feeverhaal

‘n Tragiese verhaal met n mooi einde geskryf deur Scrapydo

Die twintigste eeu. Om en by die 1970tigs.
Sandra is n stil, eenkant mens weens omstandighede buite haar beheer. Sy voel nie regtig eensaam nie want daar is daagliks verskillende werkies wat sy moet doen.
Sy hou al vier jaar skool vanuit haar ouerhuis. Die plaaslewe is in haar bloed. Daagliks word diere versorg voor sy die skoolbus langs die hoofpad kry om haar na haar vierman skooltjie te neem. Die rit is maklik n halfuur se ry. Daar is n kortpad wat n nou en dan geskraapte hobbelige pad vol klippe en gate insluit, veral nadat dit gereën het. Sandra geniet elke oomblik van die rit omdat dit tussen berge en bosse deur loop. Die skooltjie nestel ook aan die voet van die berge.
Die jaar 1971 is n opwindinde jaar. Sandra gaan haar vlerke sprei en by n ander skool werk. Dis ver van haar ouerhuis maar sy sien uit na die verandering. Dan is daar ook n toer wat wag in die Desembervakansie. Sy gaan Suid Amerika besoek saam met n toergroep. Heel opwindend.
Kersfees was Sandra in Sao Paulo. Nuwe jaar in Brasilië het gesorg vir n avontuur op sy eie.
Terug by die huis, na n drie weke avontuur gelaaide vakansie, pak Sandra haar aardse besittinkies in twee tasse en vertrek na haar nuwe omgewing. Sy bly die eeerste jaar in die koshuis wat haar, as stil en naiewe mens, baie grys hare gegee het.
Die lewe was steeds eensaam. Sandra het egter al, toe sy nog tuis gebly het, gereeld die Landbouweekblad se Opsitkers bestudeer. Sy het vir verskeie persone geskryf. Omdat sy skrikkerig was vir n vehouding het sy altyd ouens gesoek wat ver weg bly sodat daar nie ontmoetings kon wees nie.
Noudat sy egter op haar eie bly het sy braaf geraak. Sy het vir ouens nader aan haar geskryf wat uitgeloop het op ontmoetings.Ongelukkig was dit net vinnig vriendskappe want die meeste het net n lêplek gesoek vir die aand. Die ondervinding het Sandra se oë geopen as dit by die werklike lewe kom.
Skielik het die korrespondensie verander. Sandra en haar een vriendin het die een ou uitgekyk of liewer uitgelees.
Hy was die sjarmantheid vanself. Hy stuur gedroogde blomblaartjies, klippies, skryfgoed – potlode en uitveërs. Dan ook musiek. Musiek opgeneem op bandjies. Elke week n ander een. Die musiek so meesleurend romanties. Hy het meeste musiek van sy massiewe versameling plate opgeneem. Hy was lief vir “Tot middernag slaan” wat Fonnie du Plooy aangebied het. Ook kort Bybelverse en preke word gestuur.
Dit het Sandra se voete onder haar uitgeslaan. Hul reël om te ontmoet. Daar was elektrise blitse tusen hulle.
Sandra was in die sewende hemel, onwetende wat op haar wag. Ouers word gevra. Die troue word gereël. Alles perfek.
Die twee is lief vir mekaar. Hul is geesgenote. Die romanse blom.Sandra is werklik gelukkig. ‘n Jaar later word n seuntjie gebore. Nou is beide eers in hul element. Sandra aanbid die grond waarop haar man loop. Tog is daar half n bewolktheid op die horison.
Sandra kom een middag  van die skool af nadat sy haar seuntjie by die bewaarskool opgelaai het. Sy gaan slaapkamer toe en ontdek n foto wat met n polaroid kamera geneem is. Haar geliefde besig met dinge wat Sandra tot in haar fondament skok. Sy konfronteer hom daarmee en hy belowe dit was net n eenkeer ding. Hy sal dit nooit weer doen nie.
Ongelukkig het Sandra nie geweet dat haar geliefde n probleem met straatmeisies het nie. Dit het vir n paar jaar aangegaan. Sandra was gebreek. Sy het egter steeds die lewe in die oë gekyk en gemaak of niks verkeerd is nie.
Toe gebeur dit dat haar geliefde geld wou hê wat sy nie wou gee nie. Hy sluit die huis sodat sy nie kan wegkom nie. Gryp haar aan haar arm en wou haar met geweld dwing om saam bank toe te gaan om geld oor te betaal. Gelukkig het Sandra kop gehou, toe hy haar vasgryp het sy sy toekoms omtrent weggeskop. Dit het nie weer gebeur nie! Hy was maar skrikkerig vir haar na die tyd.
Die omstandighede met buite egtilike verhoudings het net vererger. Telkens het sy weer vergewe.Na vele besoeke aan psigiaters en behandeling het Sandra met die hulp van n vriendin by n prokureur uitgekom wat aanbeveel dat sy so gou as moontlik uit die huis moet padgee.
Sandra gaan huistoe en konfronteer haar man.
“Ek was by n prokureur en hy het aanbeveel dat ek onmiddelik die huis moet verlaat.”
“Wat, jy gaan nie my kind van my wegvat nie!” Dreigend kom hy nader. Hy gryp Sandra aan haar keel en sis:”Jy sal nie!” Sandra sien in sy oë dat hy die kluts kwyt is. As sy nou n verkeerde ding doen is dit klaarpraat met haar. Gelukkig kalmeer haar man dadelik toe hy besef wat hy wou doen. Hy gryp n mes waarmee hy altyd hoenders geslag het, kap dit met geweld in die staal wasbak. Die tafel was gelukkig tussen hul twee. Sandra vlug weg. Sy kry vir kleinding en gaan na die prokureur toe wat haar vir die nag blyplek gee.
Die egskeiding was onaangenaam. Sandra se man het sy werk opgesê en n boemelaar geword. Sy het steeds met tye hom onderdak gegee omdat dit steeds haar kind se pa is. Na twee jaar van hel en sukkel om alles te doen om aan die lewe te bly pleeg Sandra se eks-man selfmoord in haar garage.
Almal het gesê dis ten goede nou was sy ontslae van die monster. Sandra was steeds oneindig lief vir haar man.
Stadig maar seker het sy weer begin helder dink. Ander werk gekry. Sy trek na n plattelandse dorpie toe waar sy n nuwe lewe begin. Sy ontvang haar man se pensioen wat hy aan haar bemaak het. Sandra belê dit sodat haar kind kan gaan leer na matriek. Haar eie pensioen se uitbetaling het gemaak dat sy n meenthuisie kon koop. Die lewe het uiteindelik beter en beter geword vir Sandra. Sy moes steeds werk om aan die lewe te bly maar daar was nie meer daardie stress en wonder van wat gaan volgende opduik nie.
Vandag bly Sandra naby haar seun in n vreemde land. Hy onderhou haar deur vir haar huisvesting te betaal. Sy moet steeds werk want haar pensioen is maar n druppeltjie in die daaglikse lewensemmer van voorsiening.
Sandra bly in n poskaart mooie plekkie, tussen groen heuwels. Sy loop elke dag met haar geliefde hondekind en verwonder haar elke oggend en aand aan die son wat opkom en ondergaan met van pienk,roos tot rooi en goud, oor n rustige geliefde huisie in die vreemde wat nou haar blyplek is.

IMG_3261

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Afrikaanse Tokkels: Towerpaleis besoek.


https://www.hesterleynel.co.za/2018/04/18/le-jou-eier-ons-gaan-op-n-skryf-safari-musical-chairs/#comment-10122

Image result for castle drawings images

Oe-la-la ons gaan n fees hê!
Soos almal weet het “Die Volmaakte Misdaad” en “Die Voortvlugtiges”, besonderse avonture opgelewer vir Blogland se profesionele misdadigers en vlugtendes.
Daar het heerlike sylyne/stories gevorm wat nog baie pret en plesier kan verskaf.
Een van die ontdekkings was/is dat Camilla, ons blonde sekskoningin met haar rooi stilletos wat nou verlore is, ontdek het dat sy van koninklike afkoms is. Sy het, soos my ma altyd gesê het: met haar gat in die botter geval. Sy het n kasteel van n paleis geërf.

Te heerlik!
Die beste van alles is dat sy ons klomp voortvlugtiges genooi het om te kom makietie by haar plek.
Vir my as die vlieënde Musk-er neem dit n tydjie om te reël om daar te kom. Toorts https://toortsie.com/2018/04/17/koningin-camilla-in-die-towerpaleis/  het egter gesê ons moet elkeen n werkie doen daar. Ek het toe maar besluit om Trompie saam te vat sodat hy, onder my leiding, die paleis poodels kan leer om beskaafd op te tree.

Hul moet geleer word om:
1. nie so hoogmoedig te wees nie.
2. hul mag maar hul voetjies nat maak of vuil maak
3. hul moet geleer word om voëltjies te verwilder
En dan
4. Om varke skrik te maak dat mens net ronde boude sien soos hul weghol.
Ek het n groter vuurpyl moes kry omdat Trompman saam moet gaan en my partytjie klere moes n plekkie kry.
Trompie was soos n steeks donkie. Hy wou nie n helmit opsit nie. Kon glo nie goed genoeg sien nie! Gelukkig is hy gewoond om sy reënjas aan te trek so dit was nie n probleem om die vlugpak aan te trek nie. Ek het sy hare voor sy oë gekam sodat hy niks kon sien nie en toe die helmit opgesit. Hy sit toe maar die hele pad en slaap.
Ek het my troue uitrusting van my seun se troue ingesit sodat ek n deftige aankoms kan maak. Dit moet maar dien vir die feesvierings ook.

DSCF6984

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Afrikaanse Tokkel: Noodsein honde


 

Die hele week warsku die omroepers oor die radio dat die “Civil Defense” gaan toets of hul nuwe noodsein werk. Dis blykbaar gekoppel aan moderne telefone om te waarsku dat daar gevaar is, hetsy n aardbewing, tsuname, tornado of oorstroming.
Saterdagoggend half elf was dit sulke tyd; die toets sou plaasvind.
Ek loop met Trompie bo op die bult. Eers ontmoet ons twee groot honde wat buite op hul kussings lê. As ons elke oggend verby hulle loop blaf hul asof beserk agter die hek. Vanoggend het hul toe die kans om Trompie te ontmoet, terwyl hul buite die omheining is! Die eienaars roep hul terug maar hul luister natuurlik nie. Ek staan toe maar bankvas met Trompie en wag vir die aanval. Honde gryp nie mekaar sommer net nie. Die eerste een wat nie gestop het toe baas haar roep nie snuif aan Trompie. Die reun luister toe ook nie vir sy mense nie en storm ook nader. Nou was dit van kalm bly en rustig die saak benader. Beide honde se hare staan regop en die reun is nogal lus vir n hap. Trompie staan sy man. Sy ore soort van agtertoe en bene styf reg vir die terug aanval.(Asof hy n kans het teen die twee)In die tussen tyd kom die eienaar nader. Die vrou gryp die twee honde aan die halsbande net toe die reun n hap wou vat. “Vreeslik jammer!” maar hoe jammer sou hul gewees het as die twee Trompie rerig gegryp het. Daar sou nie veel van Trompie oorgebly het nie.

https://stories.barkpost.com/dogfighting-explained/
Nou terug na die noodsein. Ek loop toe aan en daar gaan die sirene af presies soos hul voorspel het. My selfoon is gelukkig nog n oue en het nie die app dat dit op hom werk nie. Die omgewing se luidsprekers en in huise waar fone is kon mens duidelik hoor dat dit werk.
Die sirene se geluid het my n beklemming in my bors gegee. Dit het my teruggevat na die tyd met die opstande: Sharpville en guerilla oorlog van ANC. Die aanval op Sasol II is nog helder in my gedagte. Ons het langs een van die sein torings gebly. As daar gevaar was het hy geloei en in rondte gedraai. Die mense kon ook oor die toring praat om te sê waar gevaar is en wat gedoen moes word.
Hier het ons nou weer n ander gevaar wat hanteer moet word. Die lewe is vol opwindinde belewenisse

Lê-Jou-Eier: As Afrikaans sou uitsterf?


 

 

Vroeg oggend loop ek en dink en wonder waaroor ek moet skryf en hoe ek dit moet benader.

Dis n heerlike oggend. “Dis heerlike lente” kom in my gedagte op.  Ek loop n entjie en dink toe aan “Oom Bossie van die Bosveld.” Ek is mos maar eintlik n Bosveld meisie.
Ek gaan kyk toe ek tuis kom na n paar opnames van die twee liedjies. Daar is toe nie een opname waarvan ek rerig hou nie. Die soektog gaan toe voort en ek kom af op Ouma en Oupa sit op die stoep… Gladnie ideaal vir my skrywe nie! Robbie Wessels en sy trawante se platvloerse gebruik van woorde is ook nie mooi nie. Toe kom ek af op Min Shaw en Ge Korsten se “Heidelied.” Dit is oordrewe “opgesmuk” as ek dit so mag noem. Volgende is toe Koos Kombuis en daarna Koos du Plessis, oor wie ek mal is. Iemand skryf toe onderaan een liedjie in Engels dat Koos Dup die vermoë gehad het om die mooiste Afrikaans te gebruik. Dit kan net nie vertaal word nie want die betekenis gaan dan verlore. Dink maar aan “Kinders van die wind” en “Sprokie vir n stadskind.”
Na n ronddwaal op YouTube kom ek af op “Byeboerwa” van Karika Keusenkamp. Immer fris en pragtig. Sy sing met liefde en oorgawe in Afrikaans.

My Afrikaans. Ons Afrikaans.Afrikaans sal verander met al die vreemde woorde wat ingevoer word maar doodgaan sal dit beslis nie.
Net n bietjie agtergrond: My kleinkind moedertaal was Hollands. Ek het nog steeds sekere uitdrukkings wat eg Hollands is. My skooljare was alles in Afrikaans. Ek het op skool leer Afrikaans praat. Dit het my moedertaal geword en ek is lief vir die taal. Ander tale was maar vir my n nagmerrie(met tye nog steeds). Nou, op die ou end sit ek in n Engelssprekende land en hou Afrikaans steeds hoog. As ek by my kinders kuier praat ons Afrikaans. Vir my is dit baie makliker om Afrikaans te praat en te dink as in Engels. Ek wonder hoe klein Bea gaan reageer op twee tale.
Interessant genoeg hoor ek gereeld Afrikaans op straat of in winkels. By die skool, waar ek uithelp, is ook n paar Afrikaanse families. Hul praat almal Afrikaans met my. So, Afrikaans sal nie sommer verdwyn of uitsterf nie, glo my vry.

bosveld: Sunset landscape  Stock Photo

https://www.123rf.com/stock-photo/bosveld.html

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

Lê-Jou-Eier: Waarvoor is ek bang?


 

Is heilige vrees en bang wees dieselfde? Ek vra maar!

Oor die algemeen is ek nie regtig bang van aard nie. Bang om besluite te neem ja! Alles moet oordink, omgedraai en buite na binne omgekeer word in my gedagtes. Op die einde is my kanse verby en het ek steeds nie n besluit geneem nie. Tog as ek n besluit neem kan dit sommer so in die verby gaan ook wees.

Escalator, Metro, Stairs, Subway, Urban

Ek is bang vir roltrappe. Moenie my hand of arm wil vashou en ophelp nie! Nee, dit maak my sommer benoud dat ek nie kan opklim nie. Ek moet self aan die regterkant met my regter hand aan bewegende roltrap vashou. Ek vat ook nie vas voordat ek my linkervoet n paar keer gemik het om neer te sit nie. Eenmaal op, gaan dit klop-dissel-boom. Afklim is ook niks verkeerd mee nie.
Dan ook, moenie my hand vat om saam met my oor die straat te loop, tussen aankomende verkeer nie. Ek is bang iets kan gebeur en dan hou iemand my vas en kan ek nie vinnig genoeg wegbeweeg nie.
Perde, dis ook een van my vrese om naby n perd te wees.
Ek het al alles probeer om die vrees te oorkom maar dit wil nie help nie. Tot op n punt sal ek nader gaan, of die perd nader laat kom, maar dan bewe my broek behoorlik. Die perde geniet dit natuurlik vreeslik want hul voel my angs aan. Hul sal aspres nader na my toe kom.

Fireman, Fire, Axe, Save, Helmet

Ek het n heilige vrees vir bomme, ontploffings en vegtende mense.
My bom-vrees het begin toe ek in Secunda gebly het. My man het by Sasol gewerk. Dit was die tyd van guerilla oorlog en ANC se ondergrondse bedrywighede. Die opblaas van n heining by Sasol en die veiligheids maatreëls het my n vrees vir ontploffings gegee. Die werkers is ook gebruik om die fabriek te beveilig. Mans is opgeneem in Kommandos om te help beskerm.
Terwyl ek by die Hoërskool skool gehou het, het ons n bomdreigement gekry. As onderwyser moes mens sorg dat kinders ordelik en vinnig ontruim. Daar was ook in elke klas spanne wat vensters moes toemaak en sorg dat almal daar is. Almal moes op rugbyveld in hul klasrye aantree en daar is op jou klaslys nagegaan of almal daar was. Onthou dit was nie jou register klas nie wat jy redelik goed geken het nie dit was die klas wat vir daardie periode by jou was. Daardie jaar was daar 1200 leerlinge in die skool. Almal se tasse moes in klasse bly om deursoek te word.
Die bomdeskundiges het gekom. Daar was n angstige stilte onder ons almal. Die hele skool is deursoek. Gelukkig was daar niks nie. So tussen hakies, die matriekseuns het ingangshekke bewaak. Ons het selfs gewere in die kluis gehad. Gladnie lekker nie.
Ek het ook ondervinding gehad om in Griekeland gestrand te wees met lughawe wat gesluit was. Alle mans tot 48 was opgeroep. Militere vliegtuie het oor ons koppe gevlieg op pad grens toe. Baie benoude omstandighede.

Cat, Animal, Injured, Hurt, Fighting

Die laaste is mense wat baklei. Ek het skoolgehou by n privaatskool met jaar een tot twaalf. Die eerste paar jaar het ek jaar sewe tot tien gehad. Disdie tydperk van opstandige tieners. Hul kan sommer in die klas gewelddadig raak. Dit help nie juis om te probeer stop nie. Ek het eenkeer self n goeie klap gekry toe ek n meisie wou wegtrek van n seun af.
Meisies wat baklei is baie lelik. Hul krap en byt en gryp mekaar aan die hare. Een middag het n meisie by my kom skuil. Die massas jillende kinders het ingekom en die aanvaller aangemoedig(dit was n ander meisie). Die ander meisie het n baksteen in haar hand gehad en wou die ander een daarmee doodslaan. Sy wou my ook sommer bykom. Gelukkig het van die seuns haar vasgegryp en die ander een kon weghardloop. Uit die hek, straat af met almal agterna. Die Polisie het darem die een boosaardige meisie gevang. So n geveg maak my bang want dit is uiters gevaarlik.
Ek moet darem bysê, die kinders het n heilige vrees vir die hoof gehad. Mens het gehoor as daar n gedoente in n klas aan die gang was. Die hoof hoef net om die hoek te kom dan hou hul dadelik op.(Ook nie altyd nie want die hoof kon hul saggies bekruip)

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

Lê-Jou-Eier: Wat sal ek saamvat


OPDRAG: Verbeel jou dat jy jare lank alleen op ‘n eiland woon. Die lewe op die eiland is van so ‘n aard dat dit in al jou basiese behoeftes voorsien; jy het niks meer nodig om te oorleef nie, maar daar is die eensaamheid wat jou pla. Watter een van jou persoonlike besittings (wat natuurlik toevallig saam met jou in die vliegtuig was … verbeelding mense!), sal jy gryp en saamvat wanneer jy uit die vliegtuig klim? Hoekom juis daardie artikel?

Drowned vintage aircraft at the bottom of the sea Royalty Free Stock Images

As is vebrande hout.

As ek net een ding kan saamneem om alleen op n eiland te oorleef, laat my nogal kopkrap.
Die vliegtuig, ek neem aan dit was n vliegtuig, het vergaan en ek het met n valskerm kon uitspring. Geluk aan my kant! Die vliegtuig duik al brandende in die see en verdwyn met n geborrel onder die water.
Terug by my.

Gelukkig kon ek betyds uitspring en het op n klein afgeleë eilandjie geland. Dis wat ek aanneem. Alles was daar om te kan oorleef. Heerlike vars water en vrugte tot blare en bolle om te eet. So nou en dan is daar n ou vleisigheidjie in die vorm van n voëlboudjie of meerkat/eekhoring ribbetjie. Brrr, hoe gril ek nou. Sal maar verby hou met die vleisies veral omdat ek dit self moet vang en verwerk.

Barbeque Chicken Royalty Free Stock Photography
Nou het ek alweer afgewyk van die onderwerp.
WAT HET EK SAAMGEVAT?
Ha, toe ek die ding sien kom het ek vinnig my vyf skryfblokke en tien potlode, wat in n plasiese sak toegedraai was, gegryp en onder my baadjie en valskerm rieme ingesteek.

Scribble on white paper Royalty Free Stock Photography
Nou kan ek lekker al my gedagtes en gebeurtenisse aanteken sonder enige onderbrekings. Ek sal net moet probeer onthou watter dag dit is. Gelukkig het my horlosie n datum op. Ek het nie my selfoon nie want die is nog in die vliegtuig.
Nou gaan ek heerlik ontspan en van dag tot dag lewe.

Pictures from: https://www.dreamstime.com/photos-images/sheet-paper-scribbles.html

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

Lê-Jou-Eier: Byskrif


Ooo, gaats! Gaan ek ook SO lyk op die einde?

Skorsie

Samespraak tussen twee murgpampoentjies

Cory groen Courgette en

 Murgie geel pampoentjie.

Cory: Ek is so bly ons tweetjies is saam hier op die snyplank.

Murgie: Jong ek weet darem nie regtig. Dit voel vreeslik vreemd. So hoog en weg van my moederplant af.

Cory: Oh la la, hier kom n ding. Ouch, af is my bo-punt, oeps, en af is my onderkant.

Murgie: Dis erg! Ek wil nie kyk nie!

Cory: Dit voel kielierig! Moenie my so styf vashou en druk  nie. Dit voel of ek wegvloei. Murgie K-Y-K…..plop, plop, pl…

Murgie: NEE, o toggie is dit hoe ek gaan lyk nadat die hand klaar is met my? Ek wil teruggaan na my Mammie toe. Nee, moenie….. plop, plop pl….

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

 

Kruger Theron

Stories met Siel

Sielsoeker

Vintage 1986

Country Living in South Africa

Sharing my life and experiences close to the earth.

penpunt

Waar die hart van vol is …

Its PH

The daily reads and writes

A. A. Richter

flash fiction & other writing

kokonne

Oor reis en rondrits

silkannthreades

about the little things in life

A Writer's Path

Sharing writing tips, information, and advice.

newsferret

News, views, photos and musings. All photos are copyrighted Hermann Hanekom, Cape Town.

Writers Plot Readers Read

Bookshop, online bookseller, NZ authors

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Marlize Venter

Author, Motivational Speaker

Lewies Mymer

This WordPress.com site is the bee's knees

Millie Thom

Bringing history to life

OLGA SE OKSELTJIES

Want die lewe ruik nie na laventel nie

Herriemerrie

Ietsie van alles

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Kruger History

Kruger 4 all 4 ever

Net Ek

Ek herhaal jou...sonder begin of einde

Easy Blog

All about our truly best friend...

Angelswhisper2011

Me and my Granny

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

coetzeeblog

My skryfseltjies en foto´s, meesal, oor ons lewe, in Paraguay.

Animalcouriers

pet transport throughout the world

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

nowathome

Love life! Sharing and caring!

anotherdayinparadise

Travels in Paradise

Ramona Howard Photography

Capturing Ordinary and Extraordinary Moments

Cee's Photography

Learning and teaching the art of composition.

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Anotherdayinparadise2's Blog

Just another WordPress.com site

Something to Ponder About

Writing about Lifestyle, Travel and Traditional Art

restlessjo

Roaming, at home and abroad

Protoneer.co.nz

Electronic Prototyping Specialists

Boney Whitefoot Photography

Wild Life And Nature Photography

Sawmillers Quiltery

The Quilt Shop for Quilters

rondomtaliedraai

Blessed is he who expects nothing, for he shall never be disappointed. (Alexander Pope).

The WordPress.com Blog

The latest news on WordPress.com and the WordPress community.

Colline's Blog

A potpourri of thoughts and experiences

The Daily Post

The Art and Craft of Blogging

%d bloggers like this: