Tag: vertel
-
Toeka-Tokkel no 1 :
Aangesien almal al so fluks aan hul nuwejaarsvoornemes skryf moet ek seker maar myne opsit sodat ons almal op gelyke voet is. Die veronderstelling was dat ons komende Donderdag begin. Nou begin ons maar sommer dadelik. Hier is my bydrae: Nuwejaarsvoornemes/ Bucket list Voordat ek enige voornemes kan hê moet ek eers gaan sit en daaroor dink. […]
-
Toeka-Tokkel no 50: Afsluiting
Wat n heerlike jaar van skryf het ons nie gehad nie! 50 weke van uitdagings gewees. n Groot dankie aan almal wat so lekker saam gesels het. Dit was n fees elke week. Dankie ook aan die persone wat so gereeld saam kommentaar gelewer het. Ek hoop volgende jaar sal jul ook die uitdaging aanpak […]
-
Toeka-Tokkel no 48 : Sopkombuis
SOPKOMBUIS (Ek weet vandag se sopkombuis het n geheel ander betekenis as die waarvan ek praat!) Wie onthou nog die sopkombuise van vroeër jare? Ek het in Pretoria gestudeer en ons het sopkombuis toe gegaan as daar genoeg tyd was. Die sopkombuis het bestaan uit n film teater wat dwarsdeur die dag en aand films […]
-
Toeka-Tokkel no 47 : Blomtyd
Die tyd vlieg verby! Ek was gister so besig dat ek nie eenkeer my rekenaar oopgemaak het nie! DIT is gladnie die beste ding wat gebeur nie! Ek het gister oggend begin met n “Flash Fiction Club.” Daar was 4 persone wat belangstel! Ek is sommer in my skik daarmee. Daarna het ek vir n […]
-
Toeka-Tokkel no 46 : Kinderstories
KINDERSTORIES Onthou jy nog toe jy klein was? Watter stories was vir jou die mooiste om na te luister? Ek kan onthou dat ons n dik boek gehad het met die stories van “De gebroeders Grimm”.Dit was nog n boek in Hollands geskryf. My oudste suster het vir my en kleinsus stories daaruit voorgelees. Dit […]
-
Toeka-Tokkel no 45 : Toneelspelers
TONEELSPELERS Ons is almal toneelspelers in eie reg. Elke dag het sy eie dramas en optredes. Sonder die spelers kan daar nie n toneel of opvoering wees nie. Vandag het ek sommer lus om my eie toneel voor te lê aan julle, as lesers. Drie weke van saamleef met dierlike toneelspelers het nogal heelwat opwinding […]
-
Toeka- Tokkel no 44 : Biblioteek
BIBLIOTEEK Die biblioteek speel steeds n belangrike rol in my daaglikse lewe. Ek hou van n boek in my hand sodat ek maklik kan terugblaai of verder blaai namate dit nodig is. Dis veral belangrik as mens self studie doen om sekere dinge te wete te kom. Ek het bv gesien met die publiseer van […]
-
Toeka-Tokkel no 42 : BESTUUR
Toeka-Tokkel is lekker om te bestuur. Dis maklik om deel te neem. Gebruik die onderwerp of woord wat ek elke Donderdag verander. Skryf n lekker ondervinding of idee neer in n pos. Verwys na my Toek-Tokkel blad deur n skakel in the voeg. Almal wil graag weet waaroor dit gaan. Plak jou skakel in by […]
-
Toeka Tokkel no 41 : Mode
MODE Mode is iets waaroor mens boekdele kan skryf. Ek-self is nie baie modebewus nie. Solank ek netjies lyk as ek die deur uitstap is alles reg met my. Sommige mense kan die mode slaafs navolg. Vir my is dit n duur stokperdjie as mens alle modes wil navolg en toets. Gelukkig verskil ons almal […]
-
Toeka-Tokkel no 40 : Herinneringe/kuiertyd
Herinneringe Ons het almal dinge wat ons kan onthou. Net een woord kan n mens se gedagte vinnig terug neem na n gebeurtenis. Ek gaan getrou elke Vrydag na my skrywers klas. Dis nou al drie volle jare wat ek die skrywery doen. Alles gaan oor jou eie ondervindings en herinneringe. Ons kry altyd vyf […]
-
Toeka- Tokkel no 40 : Bietjie laat!
Liewe Toeka-Tokkelaars Uitgawe no 40 sal n bietjie laat wees. Miskien vanaand(SA laat oggend) of anders more vroeg(SA later die aand) Eerste was my rekenaar van lyn af tot omtrent 12 uur vanoggend. Vanmiddag het ek hele middag saam met n taal verwerker gesit om my skryfwerk vir oulaas reg te stel en te verander. […]
-
Toeka-Tokkel no 39 : Paaie
Sodra ek by Donderdag kom en nog niks geskryf het nie dink ek ek moet bietjie oorslaan. n Goeie hoof/organiseerder staan nie sommer terug van sy opdragte nie. So, daar gaan ek toe verder en dit werk toe uit dat ek weer n lekker geselsie oor paaie het. AFRIKAANS IS LEKKER. HOU DIE TAAL HOOG […]