Ekstra bydrae aangebied deur Mr T


Nou het ek alles gehoor!

Trompie het vir al sy maters ook n klomp stukke uitgesoek. Wie is ek wat Scrapy is om hom teen te staan!

Ek stel Graag Trompie aan die woord.

Geliefde viervoetiges en geveerdes, dan ook die twee-beniges:

Welkom, welkom, welkom.

Die eerste is vir die mense-harte wat so uitgaan na ons as dierekinders.

Volgende is spesiaal vir Bytjie met haar bye wat wil wegvlieg.

Nou is dit Carike Keusenkamp wat in my Ma se derde jaar as joolkoningin gekies is. Almal was nogal afgunstig op haar en tog het sy goed gedoen met haar kinderliedjies. Die Lappop is spesiaal vir al my nuwe vriende hier op Rebusfontein. Al voel jul soms weggegooi, hier kan jy jouself wees.

Eintlik wou ek ‘ek’s ‘n dapper muis’ vir al die katvrinne speel, maar nou ja.

Die volgende is vir Danie en al die honde wat so lekker saamwerk.

Die beste een is vir my liewe Ma Scrapy. My hart se punt en liefde net vir almal wat lief vir ons dierekinders is.

As jy gaan deelneem, hak jou blog aan die skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f

Rebusrus Konsert: Scrapydo as seremonimeester


Dis n heerlike aand op Rebusfontein. Almal het ‘n kombers, kussings en ‘n piekniekmandjie saamgebring. Die amfiteater is reg vir ‘n heerlike konsert.

Ek gaan vyf stukke musiek aan jul voorstel en hoop dit val in almal se smaak. Die kunstenaars is spesiaal met ‘n hercules helikopter hier afgegooi. Hul is so besig dat hul na die optredes weer vertrek om op die volgende plek te wees.

Die eerste stuk le my na aan die hart omdat my man kennis van die lewe in die gevangenis gehad het. Hy het nie ‘n enkele stuk gemis nie. Hy was nooit ‘n ou wat kon stil sit en net kyk nie. Tog het hy elke episode wakker gebly.

Mede Rebusfonteiners Trevor Nasser

Nog n gunsteling by ons beide was

Op n ligter noot

Hul bly maar immergroen.

Die volgende persoon het ook ‘n spesiale plekkie in my hart. Ek het hom saam met Laurika Rauch in Pietersburg sien optree. Hy was so plat op die aarde en het tussen ons beweeg terwyl hy gesing het.

Lucas met Miljoen!

Jammer vir die Engelse byskrifte!

Dan my beste een neem my terug toe hy in Potties opgetree het. Soos Lucas was hy ook plat op die aarde.

Dit dan my geliefde stukkies. Baie dankie aan die kunstenaars en ook aan die gehoor wat so rustig gesit en luister het.

Ek hoop almal gaan ‘n deeltjie bydra.

As jy gaan deelneem, hak jou blog aan die skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f

Afrikaanse Tokkel: Hoe nou gemaak?


Image result for party time images

Wat maak n mens in so n geval? Hoe reageer n mens daarop?

Daar word n lekker geleentheid beplan. Die organiseerde/gasvrou stuur drie maande voor die tyd pragtige uitnodigings uit aan n wye groep mense-familie, vriende en bekendes.
In die uitnodiging staan die geleentheid, datum, tyd en plek. Ook die tema word deurgegee.
Almal is opgewonde en beplan wat hul gaan saambring en doen. Die drie maande vlieg verby.
Daar word die laaste inkopies gedoen. Die geleentheid vind plaas op n Sondag omdat sommige ouens van vêr af kom.
Nou vir die tammaletjie:
Die Saterdagoggend voor die Sondag is daar n e-pos wat kortliks die volgende sê:
Jammer dat jul niks verder gehoor het nie maar weens werksdruk was daar nie tyd om enige verdere reëlings deur te gee nie.
Daar word versoek dat gaste asb liewer koopbewyse, van n sekere winkel, moet gee as om allerhande geskenkies te gee. Enige koopbewys sal welkom wees aangesien dit so n kort kennisgewing is.”Oh and try to minimise to many bit and bobs that can clutter easily please (small home)”.

Wil jy nou meer!

Hoe kan mens die dag tevore nog gaan koopbewyse kry en dan nogal van n winkel wat nie eers in die dorp is nie?
Dis darem maar te dik vir n daalder, moet ek sê.
Wat dink jy doen n mens in so n geval?
Gaan jy maar sonder jou geskenkie opdaag of steur jy jou nie aan die laat kennisgewing nie?
Besluit jy maar om nie te gaan nie want…..?

Ek het nou n klippie in die bos gegooi, gooi hom bietjie uit en sê wat jy dink en sou doen?.