Afrikaanse Tokkels: Storm en middagete


Natuurlik kan ek nie sommer net so ophou Afrikaans skryf nie. Ek het besluit om so nou en dan net darem n bietjie te Tokkel.

Saterdag het ek weereens my seun gehelp met die bou van sy elektroniese bordjies wat hy uitvoer die wêreld vol. Dit was n koue reënerige en winderrige middag. Ek besluit om Trompie vir n lopie te neem voordat ek huistoe gaan. Die reën het bietjie bedaar. Ons was net by my kar se deur toe daar n wind verby kom wat ons omtrent van ons voete afwaai. Ek wou Trompie maar in die kar laai omdat dit weer begin reën het ook. Sjoe dit was deel van n 160km per uur se wind wat tussen die huise deur gewaai het. My seun het selfs buite toe gekom om my te help om te keer dat ek nie wegwaai nie. KOnnie glo die wind was so woes nie.

20161009_113410
Trompie kyk of hy die hoenders kan sien
20161009_113455
Mollie sit ewe elegant op rusbank se leuning. Luigi kyk wat Trompie by die deur sien

Sondag het ons twee sessies van bordjies bou gehad . Ons het egter heerlik middagete gaan eet by n restaurant.

20161009_132330
Skaap skenkel met groente
20161009_132341
Bertus het taai biefstuk met skyfies uieringe twee eiers en slaai gehad

Ek het roomys en sjololade sous gehad terwyl Stella en Bertus Blue berry frummel met roomys gedeel het.


19 responses to “Afrikaanse Tokkels: Storm en middagete”

  1. Anne Avatar

    You follow so many of the blogs that I do that I simply must follow yours, besides dit is BAIE lekker om iets in Afrikaans te lees – even if it has to come all the way from New Zealand!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie welkom, ek het besluit om nie my Afrikaans te verwaarloos nie. Dis hoekom ek voel om maar aan te gaan met tokkel todat ek volgende jaar weer Toeka-Tokkel gaan voortsit. I’ll click yours too to follow you too. The more the merrier.

      Like

  2. lensandpensbysally Avatar

    Thanks for becoming a subscriber. Happy blogging.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      You are welcome. I really want to try to participate in the phone photo challenge.:)

      Like

  3. coetzee2014 Avatar

    Ek kan nie dink, met al daardie Angus beeste, dat daar taai steak kan wees nie, tensy dit ´n ou koei was.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ons kan ook nie verstaan hoekom die vleis wat mens hier koop so taai is nie. Die manier waarop hul die snitte sny is vir my netso vreemd en sommer baie slordig. As jy Angus wil hê betaal jy oor jou ore daarvoor. Dis maar die ou koeie wat hul so voorsit(my gedagte hoor)

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Spesiaal foto vir jou geneem!

      Liked by 1 person

  4. Lewies Mymer Avatar

    Skep hulle die roomys sommer so by die vleis!?

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was ook my eerste indruk, ha ha. Hul het roomys lepel gebruik vir kapokaartappels.

      Liked by 1 person

  5. Kameel Avatar
    Kameel

    Liewe land hoe kan jy dit aan ons doen. Nou is ek so lus vir daardie kos!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die skenkel was so sag, dit het gesmelt in my mond. Ek het kos foto eintlik vir Tina geplaas omdat ek nooit eintlik die kos sommer afneem nie!

      Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    Jy word darem lekker bederf. As ek jy is, sal ek elke Sondag gaan bordjies aanmekaar sit.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong, dis hoe ek betaal word vir my hulp. Meestal eet ons sommer n burger maar hierdie keer was dit spesiaal.

      Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie Avatar

    In Nieu-Seeland het ek die lekkerste skyfies ooit geeet!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Goed om dit te hoor want ek dink nie veel van hul skyfies nie. Ek dink dit hang af van hoe hul dit maak. Meestal is die olie te warm of al te veel gebruik.

      Liked by 1 person

  8. perdebytjie Avatar

    Jy maak my sommere honger!Pragtige foto’s van die viervoetiges.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      So nou en dan moet mens maar lekker uiteet ook. Dis maar my betaling vir al die hulp. Die 4voetiges was bietjie in die donker. Het met my foon geneem en die het mos nie n “flash” nie. Ou Mollie het rerig elegant op haar een boud gesit met ander been wat uitgestrek afhang. Regte lady.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.