Liewe Dagboek: Dag 23 Mei


Vandag het heerlik uitgedraai. Dit was eers maar goed koud. Die son het die hele dag heerlik geskyn.
Donderdae, is my by die huis bly oggend van die week. Ek het die pakkies gepak en Bertus het dit die namiddag kom haal om te pos.
Ek het verder die hele oggend gesit en Trompie se dagboek inskrywing in Engels vertaal sodat ek dit more vir die skryfgroep kan lees. Dit het my twee en ‘n half uur geneem om te vertaal en te herskryf sodat dit ten minste leesbaar is.Party dae wonder ek of ek so stadig is en of dit regtig so baie tyd vat om ‘n stuk in afrikaans na Engels oor te sit. Die stuk het 1145 woorde of twee A4 bladsye.
Die naskool was goed besig. Die een helper was weer siek terwyl my supervisor gekla het dat sy ‘n slegte maag het en net gaan hol as sy moet.Alles het darem nie te sleg afgeloop vir vandag nie.
Nou gaan ek rustig nog n uurtjie sit en Grand Design UK kyk en hopelik my voorpant se nek klaar brei. Kannie wag om my oortrek truitjie aan te pas nie.

Advertisements

Liewe Dagboek: Dag 18 Mei, Trompie vertel.


Liewe dagboek: Trompie gaan vandag vertel van wat hy alles beleef op ons omswerwinge in die omgewing. Einde Maart 2018 het ek en Trompie in ons nuwe blyplek ingetrek. Dis ongelooflik hoe die tyd vlieg. Ons moes weer van vooraf aanpas en nuwe vriende maak. Trompie is so uitreikend dat mense hom net nie kan ignoreer nie. Hy weet presies wat hy met wie en wat om te doen. Vriendelik wees, ignoreer of storm en gryp.
Trompie skryf:
Dankie, my liewe ma, vir die geleentheid om ‘n bietjie te verduidelik hoe die daaglikse lopies hier verloop. Ek dra die stuk spesiaal op aan ‘n nuwe vriend met die naam van Rambo. Hy is ‘n ToyPom wat ook sy lewe saam met sy liewe Mamma beleef.

Ook vir al die Towerinne wat my Ma so opgebeur het gedurende die paar dae wat sy in ‘n krisis was. Ek het haar met valkoë dopgehou en gesien sy was baie ontsteld. Gelukkig lyk dit of ons weer in kalmer waters vaar.
Hier gaan ons dan nou!
Vroeg oggend loop ons net ‘n vinnige blok om. Ons ontmoet al die vriendelike tannies by die busstop wat wag vir die bus om Wellington toe te gaan (6:40 vm) Hul vra altyd hoe dit gaan en gee my so ‘n krappie of twee. Entjie verder is daar n groot fris jonger tannie wat vir haar geleentheid wag. Sy gee my ook altyd ‘n vinnige krappie. Sy werk by ‘n mindergegoede kinder-versorgsentrum. Dan is dit met ‘n vinnige stap huistoe.
So teen 8:45vm kom Ma by die huis en gaan ons vir ‘n lekker langer loop. Die roete wat ons meestal neem gaan ek beskryf! Eers my leiband om die nek, poo-sakkies in Ma se sak en weg is ons. Ooo, moenie die sleutel vergeet nie want dan sit ons buite!
Ons draai meestal regs uit die hek; ek wil baie kere links draai maar Ma laat ons eerder regs draai omdat as ons links draai ons verby die skool moet loop waar kinders aankom vir die begin van die dag. Ek hou nie van hul lawaai en gestorm nie.


Die pad is twee bane met ‘n middelman in. Dis so gebou omdat dit op die sogenaamde Wellington fault-line gebou is. Die middelman gee geleentheid vir beweging sodat die pad nie maklik verbrokkel gedurende ‘n aardbewing nie. Elke geval, ek wys meestal vir Ma of ons reguit moet loop, en of ons moet oorgaan na die anderkant van die dubbel straat. Hier is n foto van hierdie kant van die straat.

Oorkant is die plasie waar daar skape wei wat ek met tye groet. Vandag het ons oorkant toe gegaan.
Volgende kom ons by die eende Tannie. Sy kom gereeld om die nuutste stories te vertel oor wie wat doen. Die eende was nog bietjie slaperig vanoggend. Ek sou nogal ‘n jaagie wou inkry maar Ma hou my altyd in.


Twee huise verder is daar ook ‘n huis waar eende hul tuis gemaak het. Hulle het afgeskei van die hoofgroep. As ek die kans kry bestorm ek hul net gou-gou om hul te wys hul moenie so naby die sypaadjie kom nie.
‘n Paar huise verder woon daar ‘n issigrimmige wolfhond. Hy sal my sommer doodbyt as hy die kans kry. Gelukkig is hy meeste van die tyd in die huis. Op die hoek kom ons ‘n ou Oomie met n knorrige klein brakkie teë. Sy wil sommer met my baklei die klein pes. Ek draai net my rug op haar en loop weg.
In die volgende blok is daar ‘n Staffie wat meestal vir my staan en wag. Hy wil altyd net gou hallo se en ek het meestal nie lus daarvoor nie. Ma roep my altyd terug om hom te gaan groet. Meeste van die tyd as ons by die staffie verby is loop Mark, met twee vet ou logge bulhond tipes. Mark is altyd baie vriendelik maar die twee honde hou nie van my nie. Hul wil my net gryp as ons aan dieselfde kant van die straat loop. Hul is netso oud soos ek maar hul loop en lyk soos twee stokou honde. Daar is ook ‘n Omie wat ‘n hartaanpasser het wat altyd baie vriendelik is. Ma en hy ruil altyd ‘n paar nuwe gedagtes uit. Hy loop elke dag die drie km dorp toe en weer terug om fiks te bly.
Die volgende straat het net in die begin twee wolfhondtipes wat altyd blaf. Ek wil egter nie rerig nader gaan nie want hul is nie te vriendelik nie. Sodra die twee begin blaf gaan ‘n hond wat binne opgeluit is mal te kere aan die anderkant van die straat. Dis net te erg.
Daar is dan ‘n stuk met geen ekstra opwinding nie. Net hier en daar ‘n kat wat buite sit en vir my weghol. Die volgende straat het ‘n Omie wat, in sy Campervan, voor ‘n huis parkeer. Hy het ‘n Australiese Silky wat gereeld vir my blaf in die van. Party dae loop sy buite dan kan ek behoorlik met haar kuier. Soms kom ons ook Ma se Supervisor en haar man met Jimmy teë. Hy is n Griffen en baie outgoing en wil net spring en klim.
‘n Tannie met net nog ‘n paar tande in haar mond met twee swart groterige brakke kom ook gereeld verby. Die twee is netso issigrimmig en Ma hou my maar weg van hulle af terwyl sy my die Tannie praat.
Vanoggend het ons ook weer ‘n ou Omie teegekom wat twee tipe toy-poms het. Hul is heel geleerd. Hul is nie aan ‘n leiband nie maar luister baie mooi na hul baas. Ek se hul hallo en ons loop verder.
Terug in my straat is daar ‘n huis met ‘n bullmastif. Hy storm altyd die hek en as ek nader staan hol hy weg! Sy Ma se hy is vreeslik bang van aard. Langs die boel woon daar twee amper wit vegboel-tipe honde. Ek is maar skrikkerig vir hulle. Een storm meestal die draad terwyl die andereen net soetjies nader sluip. Hul kom gereeld uit en Ma is baie bang vir hulle want die eerste keer wat hul uitgekom het wou hul my aanval. Gelukkig was daar ‘n andr hondetannie wat hul aandag afgelei het en kon ons veilig wegkom.
Die laaste is die bure se kat wat ‘n regte boelie is. Sy wil he Ma moet haar streel en as ek naderkom bestorm en klap sy my. Eks maar skrikkerig vir haar. Dis onder andere ook sy wat my tuin as haar toilet gebruik. Die bure het wraggies vier katte en ‘n hondjie wat altyd blaf om terug in die huis te kom na hy geëet het.
Maggies dit was darem ‘n lekker lang gesels gewees. Hoop nie jul het aan die slaap geraak nie!
Groete aan al Ma se geliefdes. ‘n Klomp lekker lekke en High Paws aan julle.

Liewe Dagboek: Dag 2 Mei


Dit was ysig koud vanoggend, soos in die motor se venster wat ysblompatrone op gehad het.
Die voorskool was oorbevolk met 18 kinders.
Daar was n kabaal van n ander wereld. Ek noem my probleemkind E. Hom moes ek terug hek toe stuur om ordentlik in te kom en nie met n gegil en vol spoed nie. Sal pa om verskoning vra omdat ek hul terug gestuur het.
Dit was n rowwe oggend wat amper weer in oorlog ontaard het.
By die huis gekom word ek met blydskap deur Trompie ontvang.
Ons stap hierdie keer deur die gegoede buurt. Dexter n swart Labrador woon daar. Hy is n ruk terug amper deur n wolfhond verskeur. Nou lei hy aan angs+vrees as ander honde verby kom. Trompie, ook nie links nie, is toe sommer heel parmantig teenoor Dexter wat rerig lelik vir hom tande wys en hom net wil gryp. Ek praat mooi met Dexter. Die lekker daarvan was dat die arme hond sy stert vir my waai en die agressie uit sy oe verdwyn het toe hy vir my kyk. Ongelukkig as hy Trompie sien dan verander hy in die kwaai hond.
Halfpad terug huistoe spring daar n kattertjie met sy rug hoog en krom, sy stert half in n sirkel regop, ore platgetrek al blasende. Ek en Trompie skrik ons koud. Die kat het Trompie bespring nie vir my nie. Trompie het besef hier kom moeilikheid en spring uit die pad. Ek vertel die kat mooi wat ek van hom dink en dat hy rerig ongeskik is om sommer so op Trompie af te storm. Ek kon die kat darem n bietjie streel al was sy lyf nog kromgetrek en sy oog op Trompie.
Never a dull moment.
Ek is mal daaroor om diere se maniere gade te slaan. Hul is baie op mekaar ingestel en weet hoe om mekaar te hanteer. Mense kan beslis n paar lesse by hul leer.

Dit was net vanoggend se stukkie.

Dit was n heerlike warm namiddag met baie kinders en gebeurtenisse gedurende die naskool sessie.

Nou gaan ek weer slaap na n baie vrugbare dag.

Hecktiek week for Trompie.


20180807_113243

 

Some weeks ago I noticed blood in Trompie’s urine. The Vet gave some antibiotics which did not work. Last week Trompie showed that he felt uncomfortable. He kept on licking and looking back at his bum. I made an appointment for Tuesday to take X-rays.

The result was: He had a whole bunch of bladder stones. Trompie stayed for the night because the doctor wanted to operate and take the stones out.

Everything went well. I picked him up this morning. He is still feeling dizzy and sleepy but I’m glad it’s done.

20180906_092609
Bladder stones

Bladder stones are a collection of minerals and other materials. Most bladder stones in dogs are made from struvite, calcium oxalate, urate, or cystine crystals. … This is because they are formulated to make the dog produce more acidic urine than they would otherwise in order to break down the stone.

https://www.medicalnewstoday.com/articles/184998.php

Afrikaanse Tokkels: Towerpaleis besoek.


https://www.hesterleynel.co.za/2018/04/18/le-jou-eier-ons-gaan-op-n-skryf-safari-musical-chairs/#comment-10122

Image result for castle drawings images

Oe-la-la ons gaan n fees hê!
Soos almal weet het “Die Volmaakte Misdaad” en “Die Voortvlugtiges”, besonderse avonture opgelewer vir Blogland se profesionele misdadigers en vlugtendes.
Daar het heerlike sylyne/stories gevorm wat nog baie pret en plesier kan verskaf.
Een van die ontdekkings was/is dat Camilla, ons blonde sekskoningin met haar rooi stilletos wat nou verlore is, ontdek het dat sy van koninklike afkoms is. Sy het, soos my ma altyd gesê het: met haar gat in die botter geval. Sy het n kasteel van n paleis geërf.

Te heerlik!
Die beste van alles is dat sy ons klomp voortvlugtiges genooi het om te kom makietie by haar plek.
Vir my as die vlieënde Musk-er neem dit n tydjie om te reël om daar te kom. Toorts https://toortsie.com/2018/04/17/koningin-camilla-in-die-towerpaleis/  het egter gesê ons moet elkeen n werkie doen daar. Ek het toe maar besluit om Trompie saam te vat sodat hy, onder my leiding, die paleis poodels kan leer om beskaafd op te tree.

Hul moet geleer word om:
1. nie so hoogmoedig te wees nie.
2. hul mag maar hul voetjies nat maak of vuil maak
3. hul moet geleer word om voëltjies te verwilder
En dan
4. Om varke skrik te maak dat mens net ronde boude sien soos hul weghol.
Ek het n groter vuurpyl moes kry omdat Trompman saam moet gaan en my partytjie klere moes n plekkie kry.
Trompie was soos n steeks donkie. Hy wou nie n helmit opsit nie. Kon glo nie goed genoeg sien nie! Gelukkig is hy gewoond om sy reënjas aan te trek so dit was nie n probleem om die vlugpak aan te trek nie. Ek het sy hare voor sy oë gekam sodat hy niks kon sien nie en toe die helmit opgesit. Hy sit toe maar die hele pad en slaap.
Ek het my troue uitrusting van my seun se troue ingesit sodat ek n deftige aankoms kan maak. Dit moet maar dien vir die feesvierings ook.

DSCF6984

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Early morning adventure.


Early morning adventure.

Friday, April 13, my favourite day!

I usually take Trompie for a quick walk before I leave home at about ten past seven.

With all the bad weather I did not take him for these early walks. I am in the lucky position now to have a fenced garden. I let him out at half past six, but he kept on telling me he wanted to go out.

I know why he wants to go out. He loves to sniff out cat poop to eat.

I put Trompie on his lead. I told him I am already late, he better hurry up.

The road in front of my house is a double drive with an isle in the middle grown with grass.

We crossed the road and walked past the farm where there are about fifty sheep and four cows. It smelled like the farm. Trompie kept on trying to push through the fence. He wasn’t in a hurry at all.

I forced him to keep on walking. We crossed the road just after passing the roundabout.

We were back on the side where my house is. When we came around the bend,

EXCITEMENT:

On the middle part were two huge, white, fat pigs looking at us.

Trompie looked at them, and they looked back.

Image result for pencil drawing of schnauzer

Trompie and I slowly moved nearer

You know what these two pigs did?

At first, they stared at us.

We stared back in amazement.

They turned around in a flash, squealing and off they went, back home.

Image result for drawing of two pigs

 

 

260 words

 

Afrikaanse Tokkel: Noodsein honde


 

Die hele week warsku die omroepers oor die radio dat die “Civil Defense” gaan toets of hul nuwe noodsein werk. Dis blykbaar gekoppel aan moderne telefone om te waarsku dat daar gevaar is, hetsy n aardbewing, tsuname, tornado of oorstroming.
Saterdagoggend half elf was dit sulke tyd; die toets sou plaasvind.
Ek loop met Trompie bo op die bult. Eers ontmoet ons twee groot honde wat buite op hul kussings lê. As ons elke oggend verby hulle loop blaf hul asof beserk agter die hek. Vanoggend het hul toe die kans om Trompie te ontmoet, terwyl hul buite die omheining is! Die eienaars roep hul terug maar hul luister natuurlik nie. Ek staan toe maar bankvas met Trompie en wag vir die aanval. Honde gryp nie mekaar sommer net nie. Die eerste een wat nie gestop het toe baas haar roep nie snuif aan Trompie. Die reun luister toe ook nie vir sy mense nie en storm ook nader. Nou was dit van kalm bly en rustig die saak benader. Beide honde se hare staan regop en die reun is nogal lus vir n hap. Trompie staan sy man. Sy ore soort van agtertoe en bene styf reg vir die terug aanval.(Asof hy n kans het teen die twee)In die tussen tyd kom die eienaar nader. Die vrou gryp die twee honde aan die halsbande net toe die reun n hap wou vat. “Vreeslik jammer!” maar hoe jammer sou hul gewees het as die twee Trompie rerig gegryp het. Daar sou nie veel van Trompie oorgebly het nie.

https://stories.barkpost.com/dogfighting-explained/
Nou terug na die noodsein. Ek loop toe aan en daar gaan die sirene af presies soos hul voorspel het. My selfoon is gelukkig nog n oue en het nie die app dat dit op hom werk nie. Die omgewing se luidsprekers en in huise waar fone is kon mens duidelik hoor dat dit werk.
Die sirene se geluid het my n beklemming in my bors gegee. Dit het my teruggevat na die tyd met die opstande: Sharpville en guerilla oorlog van ANC. Die aanval op Sasol II is nog helder in my gedagte. Ons het langs een van die sein torings gebly. As daar gevaar was het hy geloei en in rondte gedraai. Die mense kon ook oor die toring praat om te sê waar gevaar is en wat gedoen moes word.
Hier het ons nou weer n ander gevaar wat hanteer moet word. Die lewe is vol opwindinde belewenisse

Best Birthday Present ever!


My birthday is in February.

Due to posting issues, my sister in South Africa postponed sending

this precious present.

Two weeks ago she said:

“Keep an eye out, I’ve posted your present.”

It took less than two weeks to reach me.

I opened the envelope.

I at first stared in awe!

Unbelievable!

IMG_2857

IMG_2859

Sorry folks!

I have not been to the groomers.

This is how I look at the moment.

IMG_2861