(My rekenaar voel aan dat ek n spookstorie wil plaas. Hy wil nie op my getikkery reageer nie!)
Ekstra inligting net om almal lekker aan te moedig om saam te werk!
Hierdie historiese berekening deur ‘n historikus word bevestig onafhanklik deur Lord Alfred Milner wat bevestig dat 1 294 000 Britse Pond tussen 29 Mei en 4 Junie 1900 uit die Mint en Nasionale (de facto Reserwe) Bank asook 2 500 000 Britse Pond vanaf die Myne verwyder is en dat bewys kan word dat minstens 800 000 Britse Pond se Goud voorraad nie bereken kan word nie en vermis word.https://af.wikipedia.org/wiki/Kruger-miljoene
Wees gewaarsku:
Die volgende skrywe is nie vir mense met swak harte en allerhande vrese nie.
Ek gaan gou n bietjie terugblaai na die begin van ons avontuur daar op die plaas Toweropstal.
Kameel het my opgekommandeer om te help om die bouvalle skoon te maak en ongewenste insekte en gediertes te verwyder, wat ek gedoen het.
Toe ek aanland met my Musk-vuurpyl en Tesla moter het ek dadelik gaan kyk na die opstal. Ek stap oor die drempel van die huis die dag. My nekhare begin rys. So n rilling loop langs my ruggraat af.
Ek stop net daar waag dit nie om n stap verder in te gaan nie.
Nou moet julle weet: ek is in regstreekse kontak met Siener van Rensburg in my werklike lewe. Hy kontak my nogal gereeld met visioene. Dis toe net daar waar Siener my waarsku om eers terug te staan en te mediteer en ook om hulp te kry. Gelukkig ken ek redelike sterk gedagtegange om my in a trans te laat gaan sodat ek kan uitsorteer wat aangaan.
Toe ek nou mooi diep in my trans is – julle sal nie raai wie daag toe op nie! Einste oupa -Groot Piet Joubert met Paul Kruger aan sy sy.( Ek was mos getroud met n Kruger en hy het my n paar goeie Kruger aanwysings gegee)
Ek skrik my oor n mik. Die twee ou ooms sweef hier voor my. Hulle kuier te lekker. Elk met n pyp en koppie koffie. Die volgende gesprek het plaasgevind.
“Ai Paul, jy weet daar is ook nie rus vir n ou mens se siel nie. Hier is n klomp vreemde mense besig om te grawe.”
“Ja, my vriend! Ek is bly jy het in jou dagboek aangeteken waar ons die buit gebêre het. Hierdie mense het ongelukkig die verkeerde tonnel gebruik en kom toe in MOsambiek uit terwyl die die kissie hoog en droog gebêre is net voor jy die water kry.”
“Paul, hul sal maar moet lees om die regte tonnel te kry. Hul is gelukkig warm op die spoor.”
Die twee ou ooms besluit toe om n bietjie hier te vertoef om die bedrywighede dop te hou en ook sommer n bietjie te spook as dit te lawaaierig is.
Skielik is daar n harde slag en ek skrik dat ek so wip. Dis toe Kameel wat kom kyk hoekom ek so sit en droom. Ek vertel haar toe die storie. Sy val toe flou en ek moes haar eers lawe.
So liewe vriende en mede misdadigers julle moet soetjies loop. Die twee ou ooms hou julle dop.
Nou eers die leisels oor aan Hester sodat sy kan reël om volgende stap aan te pak.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).