Liewe Dagboek: Dag 1 Mei


Hester het my geinspireer om ook vir Mei dagboek te hou. Of ek gaan deurdruk weet ek nie want dis reeds 9 pm. en my slaaptyd.

Ongelukkig of gelukkig gebeur daar daagliks baie dinge hier in my ou wereldjie. Maandag het skool weer begin. Ek het my oggendsessie gehad wat met n helse lawaai afgeskop het. Dinsdagoggend kom twee seuntjies(boeties) in met groot oe vertel hul vir my dat die een seun n ander outjie met n skêr in sy nek wou knip. Ek wou vir die juffrou gaan vra wat gebeur het maar nie by haar uitgekom nie.

Vandag die 1e Mei het ek besluit om met die hoof daarooroor te praat. Hy was nie bewus daarvan nie en wou gaan ondersoek instel. Hy kom toe die onderwyseres teen en hul het dit bespreek.

Die hoof het vir my kom sê dat die juffrou die saak opgelos het. Hoof het my bedank dat ek dit aangemeld het. Die seuntjie is nogal n bedreiging vir ander kinders. Hy het bv vanmiddage met n stok en vlasstingels ander kinders geslaan en hul gekoggel met sy “lelike” aanmerkings. Kind is nog maar 8 jaar en n hand vol.

Daar is darem ook lekker en oulike dinge wat ook gebeur het. Daar is feetjiepaddastoele op die kerk hier naby se gras. Vanoggend was alles nat gedou en die son het op die druppeltjies en paddastoele geskyn. Dit was vanoggend werklik n “Winter wonder land” gewees met mis wat oor die rivier gehang het en tussen die berge. Ai, die lewe is wonderlik.

Advertisements

Afrikaanse Tokkel: Stokkies draai


Stokkies-draai

Dit het my meer as ‘n week geneem om te besluit om tog die volgende te vertel.

Na aanleiding van my vorige inskrywing oor die Valentyn wat ek wil vergeet gaan ek verder vertel oor die mense wat langs ons gebly het, meer eintlik die mense langs wie ons gebly het.
Ek was baie lief vir die oom en tannie. Die oom was altyd besig om dinge te verduidelik. Ek het alles ingedrink. Omdat hy ‘n oud skoolhoof was kon hy nie anders as om altyd iets te wys of te vertel nie. Ek het meestal in die middag by hom ‘n draaitjie gemaak as ek sien het hy was buite doenig. Hy het onder andere ‘n interessante stoorkamertjie gehad. So nou en dan kon ek saam met hom daar ingaan. Die mure was vol rakke met boeke. Mense, as jy praat van boeke dan moes jy dit sien om te kan glo.Dit was soos n eie biblioteek. Oom Gernie, het vir my van die boeke geleen om te lees. Hy het baie van geskiedenis gehou en boeke oor die ontdekkingsreise gehad. Dit was maklike leesbare boeke vir my as elf-jarige. Columbus se ontdekking van Amerika was my beste boek. Ek kon myself inleef in hoe dit moes gewees het op die skip. Die lang reis en dan die skielike sien van land.


Jare later het ek in Spanje getoer en in Barcelona by die paleis van koning Ferdinant se trappies gestaan en my voorgestel hoe die ontmoeting met Columbus maande later was. Dit het my sommer koue rillings gegee om te dink dat ek op die plek kon staan waar die gebeurtenis plaasgevind het. In die hawe in Barcelona is daar ook n replika van een van die klein skippies waarmee hul gevaar het.
In 1985 het die oom en tannie vir my Verjaardag twee engelse boeke gegee, “Alice in wonderland” en “My First Fairy Tales” wat ek nog steeds het(2019)
Oom Gernie, het my ook baie van tuinwerk en die natuur geleer. Eendag was hy langs die erfdraad besig.
”Wat maak Oom vandag?”
“Ek draai stokkies,” kom die antwoord.
“Jy vat twee verskillende druiwestokkies/lote. Een van ‘n plant wat goed groei en een van ‘n druiwe stok wat baie goeie vrugte dra. Dan neem jy die stokkies en sny V in die goeie groei een wat onder gaan wees. Die een wat goeie druiwe dra kry n omgekeerde V of te wel ‘n punt wat in die onderste een se V pas. Daarna draai jy die stokkies stewig vas, sodat hul aanmekaar kan groei.
Daar is ‘n gesegde:”Die kinders draai Stokkies”, of hul bly eintlik wederegtelik weg van die skool af. Vroeër jare as dit tyd vir stokkies draai was moes almal help om die druiwestokkies te ent en vas te draai sodat ‘n hele boord vol geplant kon word. Daar is toe gepraat van almal moes stokkies draai en kon dus nie skooltoe gaan nie.”
Vandag bly die gesegde steeds as kinders skool “slip” dat hul stokkies draai.
Ek het daardie middag oom Gernie gehelp stokkies draai.
Die oom was ‘n skraal langerige man, terwyl tannie Gernie ‘n ronde kort tantetjie was. Sy was altyd besig met allerhande teepartytjies. Een slag het die tannie ‘n klomp kindertjies uit die omgewing bymekaar gemaak en ons laat oefen vir ‘n opvoering wat ons vir haar deftige dames moes doen. Ons het geoefen dat dit so klap.
Op die einde was ons almal aangetrek in ons sondagrokkies en het ons
“Liefste Tannie ons bring rosies,” gesing en aan een van die belangrike dames ‘n mandjie met rose oorhandig.
Dit was werklik lekker om twee sulke goeie mense te ken. Later na die oom oorlede is het die tannie na ‘n soort van n ouetehuis getrek. Ek het as volwassene nog ‘n paar keer by haar gaan kuier.Die vriendskap het tot op die einde gehou.

Vakansie as kind: Childhood holiday


Iets wat ek steeds goed onthou was die vakansies wat ons gehou het op n plaas in die Laeveld

Image result for pictures of nelspruit town

Witrivier vakansie

As kind het ons een keer per jaar vakansie gehou. Dit was meestal die Kersvakansie wanneer die fabrieke gesluit het. Langs ons het ‘n skoolhoof gebly wat ‘n plaas naby Witrivier gehad het.(Ons het toe nog net buite Pretoria gebly daardie tyd) Hy het die huis tot ons beskikking gestel om vakansie in te hou. Dit was die heerlikste vakansies.

Die eerste keer wat ons gegaan het was ‘n belewenis. Ons was so opgewonde dat ons nie tot rus kon kom die aand tevore nie.

Vroeg aand, voordat ons die volgende dag vertrek, het  Pappa die Buick of Studebaker(maak vergeet!) gepak. Kon hy vir jou pak! Alles het n gaatjie gekry. Ons het selfs n lewendige hoender in ‘n hokkie saamgevat vir Kersfees. Tot ons twee honde het ook saamgegaan. Een was n foksteriër en die ander ‘n Bull Mastiff. Hoe ons almal ingepas het sal net my Pa weet.       

Ons was veronderstel om die oggend voor die son opkom die pad te vat.  Pappa was egter te opgewonde. Hy kon nie slaap nie. So teen een uur kon hy dit nie meer hou nie en het hy ons uit die vere gejaag. Ons is op die agterste sitplek ingepak, om verder te slaap. Daar was altyd ‘n gekarring oor een se voete wat in ‘n ander een se gesig was.  Beknop se Moses met drie wat moes lê en nog twee honde ook.

Voordat die son opkom was ons in Middelburg, Transvaal( vandag Mpumalanga). Ons het altyd by die padkafee(dit beteken dat jy met jou moter parkeer en dan bring die kelner die spyskaart, jy kies, en sy bring dit vir jou op n skinkbord.) gestop om die toilette te gebruik.  My Ma het altyd padkos ingepak en ook ‘n fles met tee. Ons het dus nie nodig gehad om iets te ete te koop nie.

1956 was daar geen snelweg van Pretoria, Laeveld toe nie. Dit was nog enkel bane en nou kronkel pad. Vandag vat dit n uur en n half tot 2 ure om in Nelspruit te kom. Daardie tyd het ons die hele oggend gery.

Ons het ook langs die pad by bankies en tafeltjies gestop om bene te rek, en n laaste teetjie te drink.

Die plaas was n heerlike rustige  plek. Min geriewe: buite toilet, warm water in die donkie wat met ‘n houtvuur verwarm word. Dit was ‘n grasdak huis. Heerlik koel in die skroeiend warm Desember son. Die huis was tussen Dennebome omdat die plaas ‘n Denneplantasie en piesang plaas was.

Aan die een sykant van die huis was daar n stroompie, eintlik meer n leivoor. Ons het altyd probeer om krappe te vang. Ons was maar skrikkerig want die grootmense het gewaarsku: “Krappe hou van menstone, veral sulke klein toontjies soos julle sin!”

 Die water en modderwal word versigtig met n stok geroer om te kyk of ‘n krap wil uitkom. Sodra die krap die punt van die stok beet het, het ons hom uitgeskiet na die wal en gehoop hy bly vasklou, wat natuurlik selde gebeur het. As ons een uitgeskiet het was dit n gegillery en rondspringery om te keer dat die krap jou nie in die hande kry nie.

In die denne-plantasie was daar sulke dik bobbejaantoue soos die in die Tarzan flieks. Ons het heerlik geswaai en Tarzan-Tarzan gespeel.

Die heerlike Kersmaal was altyd ‘n hoogtepunt gewees. Mamma het die saamgebringde hoendertjie gestop, en heerlik knapperig in die gas oondjie gebraai.

Die vakansies op die plaas is afgewissel met vakansies in die Kruger Wildtuin. Dit was ook netso heerlik gewees. Een jaar, toe my Oupa uit Holland kom kuier het, het ons in n tent uitgekamp. Dit was nie n groot sukses nie omdat ons nie uitkamp mense is nie. Die Wildtuinvakansies is moontlik gemaak deur vriende wat bestuurders in Pretoriuskop  was. Hul het makliker vir ons plekke kon bespreek.

Wat n lekker herinnering van kindwees en vakansie

Image result for images of holidays around the world

First Holiday at White River

As a child, we only went on holiday once a year, mostly the Christmas holidays when the factories closed. Next to us lived a school principal who had a farm near White River (at that time we still lived just outside Pretoria) He made the house available to us to use during the holidays. These were the most wonderful holidays.

The first time we went was a great experience. We were so excited that we couldn’t come to rest the night before.

Early evening, before we departed the next day, Dad packed the Buick or Studebaker ( forgotten the make!). He could pack a car like a champion! Everything got a place. We even took a live chicken in a tiny cage with us for Christmas dinner. Our two dogs went along too. One was a fox terrier and the other a Bull Mastiff. How we all fit in, I can’t tell you.

We were supposed to start our journey the morning before sunrise.  Dad was too excited; he couldn’t sleep. At one o’clock, he couldn’t wait any longer. We were packed in the back seat, to sleep further. There was always an issue with our feet that were in smeone else’s face. What could we expect with three who had to lie on the back seat; with two dogs too?

Before the sunrise, we were in Middelburg Transvaal (today Mpumalanga). We always stopped at the drive-in cafe (which means you park  your car, then the waiter brings the menu, you choose, and she brings it to you on a tray.) We stopped to use the toilets. My mom always packed a picnic basket and a flask with tea. We didn’t need to buy something on the way for lunch.

In 1956 there was no highway connecting Pretoria with the Lowveld. The road was still single lanes, narrow and winding. Today it takes about an hour and a half to two hours to drive to Nelspruit, the capital of Mpumalanga. Those days we drove all morning.

We also stopped at the roadside benches and tables to stretch legs and drink a cup of tea.

The farm was a lovely quiet place. It had few amenities: outside toilet, hot water in the donkey heated with wood fire. The house had a thatched roof. Cool in the scorching December sun. The house was between Pine trees because the farm had Pine plantations and banana groves.

On the one side of the house was a creek. We always tried to catch crabs. We were scared of them because the grown-ups warned:

“Crabs love human toes, especially those little ones like yours!” As soon as the crab caught the tip of the stick, we ejected it to the dry patch next to the creek and hoped it would stay stuck, which of course rarely happened. If we succeeded to get one out of the water, there would be delightful screams and running and jumping to stop the crab from getting hold of our toes!

In the pine plantation were thick “bobbejaantoue” monkey ropes? like the ones in the Tarzan movies. We had great swings while playing Tarzan-Tarzan.

The delicious Christmas meal was always a highlight. Mom stuffed the chicken and roasted it till crispy and brown in the gas oven.

The holidays on the farm were interspersed with holidays in the Kruger National Park. It was also just as good an adventure as going to the farm. One year,  my grandfather visited us from Holland. We camped in a tent. It was not a great success because we had never been campers. The park holidays were made possible by friends who worked in Pretoriuskop. They could easily book places for us.

Wonderful memories!

Kuier-Safarie: Dullstroom nabetragting.


IMG_0469

Dullstroom wat toe nie meer Dullstroom was nadat ons “cow”rinne die Milkshake bar oorgeneem het.

Om meer uit te vind oor die heerlike toer van ons Towerinne en die groen bus, kliek net op die skakel en jy kan al die stories daar lees.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Terwyl ons rustig kon loop en die natuurskoon en stilte belewe moes ek ook eers op n bankie gaan sit en n bietjie rus.

Rear View of Man Sitting on Water

My gedagtes het ver terug gegaan na 1979 toe ek my jaar in Pretoria was met verder studie. Ek was nooit een wat “boyfriends” gehad het nie. Ek het altyd vir die Opsitkers gekryf. Altyd ouens uitgekies wat so ver as moontlik van my gebly het. Wel, hierdie keer waarvan ek nou praat, het die ou nie te ver gebly en n afspraak gemaak om te kom kuier en my uit te neem vir ete. Die ou was uitgevat in sy beste kerkpak en het vir my n orgidee gegee. Heel romanties bygesê. Ons is toe na daardie hoë bank gebou in Pretoria wat n restaurant op boonste vedieping het. Die arme man het nog nooit in sy lewe so n “grand” plek besoek nie. Hy was n ryk mielieboer uit Wes Transvaal! Hy wis toe nie wat om te bestel nie. en besluit op forel. Soos jul weet is forel n varswatervis en het grate vir Afrika. Arme man het nie geweet mens skraap die vleisies versigtig van die grate af nie. Hy vat sy vismes, breek n stuk af en steek dit in sy mond; grate de lot. Jy kan jou voorstel hoe sleg die ou gevoel het met sy mond vol stekende grate.
Nou terug na die perdry petalje en Broodina geval. Ek, wat Scrapy is, het terwyl julle gedans het en haar besig gehou het gou weggeglip en gaan uitvind waar sy bly. ‘n Lekker “cosy” woonstelletjie aan die koerantkantoor se gebou. Ek het stilletjies n vuurpyl in haar woonstel gestel sodat sodra sy die voordeur oopmaak die vuurpyl vlamvat en haar n vinnige paar draaie om die aarde laat vlieg. So, hoplik, op die oomblik sal sy ons nie pla nie. Daar is egter later dalk weer vir haar geleentheid om ons te volg as sy weer terug op kantoor is. Kom tyd , kom raad.

Image result for free cowgirl clipart
Die intog, op n perd se rug, het my boudbeendere pimpel en pers gestamp.Ek het juis nie vreeslik baie boude nie, meer net vel en been. Baie eina! Aangesien ons so n lang reis het wat voorlê het ek maar een van die hotel se kussings gegaps om op te sit. Die ou groen bus is nie meer so luuks soos wat hy in die begin was nie. Met al ons gesingery, springery en grondpad ryery het die vere van die sitplekke n bietjie van hul veer verloor.
Die kussing storie laat my ook weer aan my en Rondomtaliedraai se besoek aan die Victoriawaterval  laat dink. Suster Tina het nie te lekker gevoel die oggend toe ons Zambië sou besoek nie. Ek het haar gevra of daar iets is wat ek vir haar kan saambring.

”Net n kussing om op te sit, asseblief.” Die sittery in die bus het haar gedaan gemaak. Nou ja, ons is toe in Livingston en ek soek n kussing, wat nie sommer te vinde was nie. Raai waar koop ek toe n kussing? By Pep Store in Zambië.
Dit dan sommer net vir interessantheid.

Ek het ook op n tydstip baie van Potgietersrus, Secunda toe gery. Dullstroom lê nie heeltemaal op die pad nie want ek het in Middelburg afgedraai, Witbank en Bethal toe. Dullstroom was en is steeds bekend daarvoor dat dit n baie koue mistige plek in ie winter is. Die forelle deel is ook beslis waar wat Bytjie van praat, baie gewild en bekend ook. Groblersdal wat ook nie te ver van Dullstroom is het ook forel plase wat ook baie gewild is.
Nou sien ons weer uit na ons volgende stopplek. Dankie Bytjie jou fotos en vertelling het darem gemaak dat ons so n ietsie van Dullstroom kon sien en beleef.

Le-jou-eier: Misdaad? Spoke?


(My rekenaar voel aan dat ek n spookstorie wil plaas. Hy wil nie op my getikkery reageer nie!)

Ekstra inligting net om almal lekker aan te moedig om saam te werk!

Hierdie historiese berekening deur ‘n historikus word bevestig onafhanklik deur Lord Alfred Milner wat bevestig dat 1 294 000 Britse Pond tussen 29 Mei en 4 Junie 1900 uit die Mint en Nasionale (de facto Reserwe) Bank asook 2 500 000 Britse Pond vanaf die Myne verwyder is en dat bewys kan word dat minstens 800 000 Britse Pond se Goud voorraad nie bereken kan word nie en vermis word.https://af.wikipedia.org/wiki/Kruger-miljoene

Image result for ghost pictures cartoon

Wees gewaarsku:
Die volgende skrywe is nie vir mense met swak harte en allerhande vrese nie.

Ek gaan gou n bietjie terugblaai na die begin van ons avontuur daar op die plaas Toweropstal.
Kameel het my opgekommandeer om te help om die bouvalle skoon te maak en ongewenste insekte en gediertes te verwyder, wat ek gedoen het.
Toe ek aanland met my Musk-vuurpyl en Tesla moter het ek dadelik gaan kyk na die opstal. Ek stap oor die drempel van die huis die dag. My nekhare begin rys. So n rilling loop langs my ruggraat af.
Ek stop net daar waag dit nie om n stap verder in te gaan nie.
Nou moet julle weet: ek is in regstreekse kontak met Siener van Rensburg in my werklike lewe. Hy kontak my nogal gereeld met visioene. Dis toe net daar waar Siener my waarsku om eers terug te staan en te mediteer en ook om hulp te kry. Gelukkig ken ek redelike sterk gedagtegange om my in a trans te laat gaan sodat ek kan uitsorteer wat aangaan.
Toe ek nou mooi diep in my trans is – julle sal nie raai wie daag toe op nie! Einste oupa -Groot Piet Joubert met Paul Kruger aan sy sy.( Ek was mos getroud met n Kruger en hy het my n paar goeie Kruger aanwysings gegee)
Ek skrik my oor n mik. Die twee ou ooms sweef hier voor my. Hulle kuier te lekker. Elk met n pyp en koppie koffie. Die volgende gesprek het plaasgevind.
“Ai Paul, jy weet daar is ook nie rus vir n ou mens se siel nie. Hier is n klomp vreemde mense besig om te grawe.”
“Ja, my vriend! Ek is bly jy het in jou dagboek aangeteken waar ons die buit gebêre het. Hierdie mense het ongelukkig die verkeerde tonnel gebruik en kom toe in MOsambiek uit terwyl die die kissie hoog en droog gebêre is net voor jy die water kry.”
“Paul, hul sal maar moet lees om die regte tonnel te kry. Hul is gelukkig warm op die spoor.”
Die twee ou ooms besluit toe om n bietjie hier te vertoef om die bedrywighede dop te hou en ook sommer n bietjie te spook as dit te lawaaierig is.
Skielik is daar n harde slag en ek skrik dat ek so wip. Dis toe Kameel wat kom kyk hoekom ek so sit en droom. Ek vertel haar toe die storie. Sy val toe flou en ek moes haar eers lawe.
So liewe vriende en mede misdadigers julle moet soetjies loop. Die twee ou ooms hou julle dop.

Image result for Old diary photos

Nou eers die leisels oor aan Hester sodat sy kan reël om volgende stap aan te pak.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:


http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Lê-Jou-Eier: Manscaping


Image result for Manscaping

Daar is niks so aantreklik soos n man wat netjies gekap is nie. Oudmodies? Dit bly vir my mooi as n man se hare en baard netjies gesny of geskeer is
Een jaar terwyl ek studeer het was daar n ou wat my droomman was. Hy het die Coca Cola vragmoter bestuur en aflewerings by kafeteria gedoen. Hy was altyd netjies geklee, maar wat my die meeste betower het was sy baard. Hy het donker hare gehad en sy baard was vol en altyd netjies kort bygehou. Tot vandag toe hou ek steeds van n vol baard wat netjies kort en versorg is.
Vandag het die manne ander idees. Vir my voel dit egter dat hul dit eerder doen, of nie doen nie, omdat die vrou in hul lewe dit so wil hê.
Vroeër het die manne hul neushare en oorhare self uitgetrek. Kophare is deur n bardier (haarkapper) geskeer en dan die baard het hy ook meestal self geskeer of laat skeer.
Nou gaan hul verder en die rughare moet verwyder word. Borshare moet minder wees voordat hul hul swembroeke aantrek. Hoekom? Om in te wees? Met wie?
Voel my soos tyd en geld mors om dit te laat doen.
Waar gaan die lewe heen? Mans wil soos vroue wees en vroue wil meer soos manne wees.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=761578

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Lê-Jou-Eiers: Fluister liefdeswoordjies


Praying Mantis

Hot Lady en Stokkies het mekaar in die verbygaan raakgeloop.

Stokkies, op soek na sy droomvroutjie en Hot Lady na die beste vader vir haar nageslag. Die probleem met Hot Lady is dat sy ander motiewe ook het terwyl dit vir Stokkies net gaan oor die plesiertjie van die oomblik.
Die tweetjies mik-mik vir mekaar.
Hot Lady fluister sodat Stokkies nie mooi kan hoor nie:
“Kom, hou my teer vas met daardie stekelrige kloutjies. Fluister soet woordjies in my oor. Kom, kom skatlam sit hier neffens my sodat ek jou kan kielie en saggies streel.”
“Nee wat ou groot ogies jy maak my lus vir lekker lepel lê soetste warm poppie. Kom jy nader na my toe ou suikerbekkie. Toe, toe moenie so met jou voelertjies dartel nie!”
Stokkies kyk Hot Lady met leep oë aan terwyl Lady met wellus na ou Stokkies kyk.
Die tweetjies betas mekaar vir n oomblik. Voordat Stokkies oorgaan tot die daad is hy stewig vasgeklem in Hot Lady se kloue. Haar kake kwyl van die lekker kry. Oeps, weg is n stuk van Stokkies se uitpeulogie. Hy spring vinnig in en doen sy ding terwyl Hot Lady smul aan die lekker sappige happie.

Stokkies kry slegs n laaste lang uitgerekte:”S..u..g..” oor sy kakies. Hy sidder vir oulaas en weg is sy hele kop en bo-lyf.
Hot Lady behaaglik:” Dit was hemels Stokkies my skat.”

;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Afrikaanse Tokkels:Dankbaar


English friends. Translation follows in next post.

DANKBAAR

Ek loop die hele dag met die gedagte om te vertel hoe goed dit voel om iets te beteken vir n vyf jarige dogtertjie.
Gister was my laaste namiddag van laat by die skool bly om die laaste kinders op te pas. Ek het die afgelope week waargeneem as bestuurder van die Voor- en Na-skool sentrum. Ek moes tot ses uur saans bly. Daarna word ouers beboet as hul kinders na ses oplaai. Sommige rek dit natuurlik uit tot op die laaste minuut.
Wel, gister was dit weer sulke tyd.Ek moes tot na ses wag voordat die klein dogtertjie deur haar ouma opgelaai is. Geen verduideliking of verskoning.
Gelukkig was ek nie haastig om huistoe te gaan nie. Violet, was deurentyd maar bekommerd hoekom haar ma nie kom nie. Ek het maar verduidelik dat sy seker maar opgehou is by die werk.
Violet is n unieke klein mensie. Steeks soos n donkie, uitgesproke en baie nuuskierig, ook snipperig en tog heel intellegent omdat sy meeste van die tyd in haar grootouers se sorg is..
Al die ander kinders was reeds huistoe teen kwart oor vyf. Ek het, terwyl ons wag, gesit en een van die kinderspeletjies gespeel op n iPad. Die voorlaaste kinders is weg en ek staan op om te kyk of die “playstation” behoorlik afgeskakel is. My iPad lê op die tafel. Met wat ek my rug draai, glip Violet op my stoel en ek hoor sy speel verder. Ek sê: “Nee, nee, jy mag nie my speletjie speel nie!” Sy sê: “Nee ek speel n ander speletjie.”(Sy het gou n ander iPad gevat en kastig begin speel) Ek draai weer om en sy speel weer op myne. Nou maak ek netsoos sy, en blaas my wange op en kyk kwaai na haar.(Sy geniet dit natuurlik terdeë)Ek gaan terug na die tafel en sê ek wil weer op my stoel sit. Sy skuif op na ander stoel se punt. Ons speel toe saam my speletjie, ek kan kastig nie die speletjie speel nie en sy weet hoe.(Wat sal mens nie alles voorhou aan sulke kleintjies nie.) Ons speel so rukkie. Heel opgewonde skuif haar een been toe oor om half op my skoot te sit. Ons speel heerlik-sy wen die stappe elke keer met n bietjie hulp van my. Op die ou einde sit sy op my skoot en ons is ewe gesellig besig. Violet het vergeet dat haar ma nog nie gekom het nie.Sy was heel tevrede en gelukkig.
Dit bring my by die eintlike deel van die vertelling. Violet, is n vyfjarige dogtertjie, geen pa, ma is nog baie jonk. Haar grootouers doen hul bes om n ogie oor haar te hou. Sy is baie onseker van haar omstandighede. Sy het die oulikste gesiggie met blou sprekende ogies. As mens haar verkeerd opvryf is sy baie moeilik.
Ek voel so dankbaar en ook bevoorreg om die kleine mensie te kan koester. Dis al wat sy regtig vra. n Bietjie liefde en rustigheid.Sy vertrou my totaal en al. Sy sal byvoorbeeld na my toe kom as daar iets nie lekker is nie. Hoe kan n volwassene so n persoontjie seermaak, mollesteer of selfs doodslaan. Dis so onverstaanbaar.
Kinders is so broos en kwesbaar.

Image result for playing girl images

Toeka-Tokkel no 29: SAFARIE


 

 

As ek aan safarie dink sien ek die volgende prentjie.

Avontuur

Map, Helmet, Safari, Expedition, Africa

Ek is n ou wat heerlik in my gedagtes kan verdwyn op eksotiese safaries.
Die volgende het in 2010 gebeur:
Die uitstappie was gedurende my besoek aan Zimbabwe. Ons het die een dag die geleentheid gehad om Zambië in te gaan. Daar is geen vervoer tussen die twee grensposte nie.(Slegs taxies wat onbetaalbaar duur was). Dit was asof ons op safarie was. Ons moes vir seker amper n kilometer loop/stap om by die grenspos tussen Zim en Zambië te kom. My hoed wat my teen die warm son beskerm het, het my laat voel of ek in die woude van Afrika was om eksotiese vlinders te vind.

100_4500

Ongelukkig het ek geen vlinders gekry nie. Ek het wel n kussing by Pep Store, in Livingstone gekoop. My suster wou dit gebruik om op te sit as ons terugry SA toe.

Nou toe, nou is dit jou beurt om van n “Safarie” te vertel.

Vir meer inligting oor Toeka-Tokkel besoek die veolgende pos:

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/

Verlede week se “STRIK” was gladnie gewild nie want net 3 persone het geskryf.

Dit maak nie saak nie, dit bly steeds lekker om jul breine te prikkel.

Dankie aan Olga, Toorts en Kameel jul bly my top skrywers al gaan dit maar met n ernstige dinkery gepaard!

Olga vergelyk die lewe met n strik

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/08/11/toeka-tokkel-28-strik/

Toorts voel uitgeboul met die woord

Toortsie se Toeka Tokkel oor strikke

Kameel en haar kleindogter bou strikke vir…

Amy se strik

Weereens n groot dankie vir die saam skryf!

Volgende keer skryf ons oor: Suster/s, broer/s of beide

 

Toeka-Tokkel no 26: n Byt wat ek nie gou sal vergeet nie of steeds onthou


Kom en geniet n lekker geselsie oor iets wat jou gebyt het. n Byt wat jy onthou  of wat jy nie sommer sal vergeet nie.

Vir ekstra inligting oor hoe Tokka-Tokkel werk kliek asb die volgende skakel:

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/

n Byt wat ek nie gou sal vergeet nie of steeds onthou

Einde 2004 het n groot ding my gebyt!
Ek het nooit rerig belangestel om fotos uit te sorteer en te verfraai nie. Meeste swart en wit fototjies is in albums geplak met foto-hoekies.

Desembervakansie 2004, word ek toe deur “scrap booking” of te wel foto-plakwerk gebyt.
Eers het ek teëgestribbel. My eerste klas wat ek bygewoon het was vir my n openbaring.  Ek en n jong onderwyseressie het mekaar uitgedaag om n paar kunsvlyt klasse by te woon. Ek sou saam met haar een klas doen en sy dan n ander een saam met my. Die vriendinnetjie het gladnie daarvan gehou om die fotos op te sny en te versier nie, terwyl ek wel n tweede klas bygewoon het.
Mense, nou moet jul weet, die plakboek-gogga het my behoorlik gebyt. Ek het 12 albums gemaak vir myself en dan vir die familie elk ook een.Ek het selfs vir mense troualbums gemaak.  Op die einde het ek klasse aangebied, my eie bladsy-uitlegte ontwerp en dit aangebied Saterdagoggende in werkswinkels..
Daardie byt was nou werklik n GROOT BYT gewees. Ek het heerlik elke jaar gedurende die vakansie vir n paar dae Scrap book kampe bygewoon. Baie aangename mense ontmoet waarmee ek steeds kontak het.
Hier, in New Zealand aangekom, maak ek kennis met Creative Memories. Die dame wat dit verkoop en klasse aangebied het was soos n regte bul-hond. Waar sy gebyt het, het sy net nie gelos nie. Ek moes my op die einde self losskeur uit haar kake. Sy het my opwinding en liefde vir fotoplakwerk dood gebyt!
Ek het baie lanklaas(seker so 3 jaar laas) n album oopgemaak of n foto ingeplak. Die fotos is daar maar die lus is weg.

Vertel bietjie van n BYT wat jy onthou of nie gou sal vergeet nie.

Geniet die skryf en doen dit in Afrikaans.

…..    ……     …..

Die volgende  mense het oor drome geskryf. Baie dankie aan almal wat geskryf, gelees en kommentaar gelewer het.

I scrap 2(of tewel Die Uwe) Filmsterre en drome

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/07/21/toeka-tokkel-no-25-droom/

Kameel droom van haar liefdevolle huis

Droom, en ‘n rebelse rankroos

Olga vertel van moontlike droom uitlegte..

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/25/toekatokkel-25-drome/

Dis Ekke met slaap en nie slaap om te kan droom..

https://hesterleynel.wordpress.com/2016/07/26/wat-is-slaap-n-wondersoete-ding/

Toorts se “klein” droompie het toe waar geword.

Toortsie se Toeka Tokkel oor drome

…..            …..          …..

Augustus se onderwerpe is:

No 27   Soektog

No 28   Strik

No 29   Safarie

No  30  Susters/broers