Liewe Dagboek: Dag 19&20 Mei


Die tyd hol met my weg!
Ek het darem gister my Langtafel deel geskryf. Dit tel hopelik darem ook dat ek gister geskryf het.
Gister-Sondag was ‘n besondere dag. Bertus se Rotval-bestuurder het spesiaal van Auckland na Wellington gevlieg om te kom kyk na die werkswinkel wat ons hier het. Die werkko-ordineerder was ook by en hy lyk vir my ‘n heel aangename mens. Die persoon moet toesien dat al die werk opvolg en seker maak dat dinge op tyd uitgestuur word of geinstalleer word. Die “Baas” was/is ‘n groot fris man en het nie veel gese nie.
Iets wat my gister opgeval het was dat ek lanklaas my seun so hoog in sy skik en gelukkig gesien het. Ek hoop regtig dat ons die werk kan kry sodat ons ten volle dit kan vervaardig. Ek is baie trots op my kind wat eiehandig die bordjie ontwerp het en dit nog vervaardig ook. Hy is nie ‘n ou van vele woorde nie maar, as hy praat kan mens maar luister. Hy het gisteraand ook gou vir Bea gebring om net vir my “hallo” te kom se wat ek ook baie waardeer het.

20 Mei

Trompie(en ek saam) het ‘n slegte nag gehad. Hy het driekeer opgestaan om buite op te bring. Ek is bly hy kan nou die hondedeurtjie gebruik om self uit te gaan.Vanoggend sukkel hy toe om te pieps. Na die tweede lopie het sy maag gelukkig gegaan en ek hoop alles is nou uit wat gepla het. Ek hou niks daarvan as hy my so aankyk asof hy vra dat ek tog net iets moet doen.


Die oggend se skoolsessie het goed af gegaan. Die hoof het kom kyk of als soort van okay was. Eintlik het hy die luidsprekerstelsel kom kry om uit te sit vir die oggend se byeenkoms. Gelukkig het ek Vrydag gesien dat een vrou die stelsel huistoe gevat het. Ek noem dit toe aan die hoof en toe onthou hy daarvan. Ons het duime vasgehou dat sy betyds sal kom; wat toe darem gebeur het terwyl ek oppad uit was huistoe.
Ek was darem gelukkig om ‘n warm sjokolade en koekie te kry wat die sekretaresse spesiaal vir my saamgebring het. Dit was ‘n lekker verrassing gewees.


Daar was twee pakkies wat ek moes pos. Daarna het ek bietjie rondgekyk vir ‘n jasserige iets wat lank genoeg is sodat my bene soggens nie so koud kry nie. Ek het iets gesien maar dis maar bietjie duur, ek sal maar nog eers met my ou goed aangaan en dalk as daar ‘n uitverkoping is nog gaan kyk.
Ek het ook my weeklikse inkopies gedoen. Dis vir my lekker om redelik vroeg te gaan want dan is dit nie so besig nie. Daar is ook meestal ‘n skryf-vriendin met wie ek ‘n paar woordjies gesels. Sy is ‘n baie interessante mens. Sy en haar man het ‘n klomp jare in Nieu Guinea gebly en gewerk. Baie moeilike omstandighede waarin hul gebly het. Haar man is ‘n predikant/sendeling en sy ‘n verpleegster.


Daars hy, nou middagete, en ‘n nanny nap voor ek weer skooltoe gaan.
Jippy, twee weke sonder twee kwaaddoeners!


35 responses to “Liewe Dagboek: Dag 19&20 Mei”

  1. Kameel Avatar

    Hoop werklik jou seun kry die kontrak. Maar dan sal hy hulp moet kry….jy werk klaar te hard. Darem bly daar is ‘n nanny nap tussenin. Kan dink jy is bekommerd oor Trompie!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek ook. Hy het n ou aangestel om hom Saterdae te help. As alles goed gaan sal ek moontlik vir hom werk en dan nie nodig he om die skoolstorie te doen nie.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar

        O dit klink belowend. Werk sommer van huis af.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja, en ek is nie tydgebonde nie. Ek kan een dag 4 ure werk, volgende dag hele dag of dan weer niks die dag nie. Hang af van hoeveel afgehandel moet word.As ons werk doen ons eintlik baie op n slag.

          Liked by 1 person

  2. Bondelsgedagtes Avatar

    Jy verdien so bederfie, bly sy het dit vir jou gevat. Hoop trompie is vinnig beter

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek was so bly om haar te sien. Sys nou n kleuter en nie meer baba nie. Trompie is beter maar nog nie reg. Ek hou hom maar fyn dop.

      Like

  3. HesterLeyNel Avatar

    Ek hoop Trompie is oukei. Ons hou duim vas vir jou seun se kontrak.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Trompie lyk beter maar ek vertrou nie die beterskap nie. Hoop net dis nie weer stene nie.
      Ek hou my duime en tone styf vas vie die kontrak.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ag die arme ou – dis darem nie lekker om so te sukkel met die gesondheid nie.

        Liked by 1 person

  4. Rambo Avatar
    Rambo

    Dit klink asof dit baie besig is daar. Is Trompie okay? Ma worry ook maar as ek bietjie naar is, maar dis meestal as ek eet en dan te veel rondspring. Sy sê ek gaan aan soos ‘n jolly jumper. Ander kere het ek bietjie gal dan gee sy my net ‘n halwe pilletjie van Natura se no. 11 wat help vir die naargeid en dit help sommer vir my niere en lewer ook.

    Sê vir Trompie hy moet gou beter voel en my nie so laat worry nie.

    Geniet julle dag en hier is baie nat lekke. xxx

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir besorgdheid. Ek bekommer my maar oor Trompie. Hy het mos n rukkie terug blaasstene gehad wat verwyder is. Nou is hy op n spesiale dieët wat blykbaar sy urine minder suur maak. Dit werk glo maar dar is steeds bloed in sy urine wat beslis wys daar is steeds iets verkeerd. Ek bekommer my maar oor hom. Hy lyk darem weer beter.

      Liked by 1 person

      1. Rambo Avatar
        Rambo

        Ag siestog! Ja, dis maar wat ma’s doen. My ma kan net so bekommerd raak as ek nie lekker lyk nie. Dis sleg van die blaasstene. Wat sê die veearts van die bloed in sy urine? Dit klink nie reg nie.

        Ek is bly as hy weer beter lyk. Gee vir hom soentjies en drukkies van my en ma af en sê hy moet asb. nou heeltemal gesond word. xxx

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Nee wat, die veearts weet ook nie. Probleem is daar moet ekstra toetse gedoen word en hy moet weggestuur word na n universiteit waar hul hom kan monitor of wat ookal. n Groter probleem is die geld. Dit kos so duur om ekstrale te neem ek betaal nog af aan die laastes.

          Liked by 1 person

          1. Rambo Avatar
            Rambo

            Ai jinne! Dis nie lekker nie en ja, ma sê die geld is altyd die probleem want alles is so duur. Gelukkig is my veearts ook geduldig. Met my cryptorchid operasie het ma ook maar afbetaal.

            Sê vir Trompie ek en ma dink aan hom en hy moet asb gou beter word. xxx

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ek moes geld by my seun leen want die veearts doen nie afbetalings nie. Trompie gaan nog maar op en af. Hy stuur groete vir jou en jou Ma. Ons sal bietjie die naweek by jou skrywes uitkom om te lees.

              Liked by 1 person

              1. Rambo Avatar
                Rambo

                Ag, ma sê jy moet vir die veearts sê daar is goed soos debietorders. Dis hoe ons veearts werk. Ek hoop Trompie voel beter vandag. Bloed in die urine is nie ‘n goeie teken nie en hy het dalk bietjie infeksie iewers. Ma vra het julle ook Natura produkte daar? Sy sê No. 11 sal goed wees vir sy blaas en dit skoonmaak.

                Stuur vir hom ook groete van ons af en vat dit rustig. 😀 xxx

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Ons het Natura hier sover ek weet.Sal bietjie gaan kyk. Jong hier doe veearts dit nie. Mens is veronderstel om n versekering uit te neem vir diere. Mens eis dan geld daarvan. En het vorige keer antibiotika gekry en nou die dag weer vir ingeval daar infeksie is. Dis egter steeds nie opgelos nie. Dankie vir die goeie wense. Trompie stuur ook ekstra lifde oor.

                  Liked by 1 person

                  1. Rambo Avatar
                    Rambo

                    Gaan kyk bietjie. Dis alles natuurlik en lekker soet en ek hou daarvan om dit te eet. Die veeartse daar by julle moet bietjie bykom né? Nie almal het baie geld nie. Ma hulle glo nie aan versekering nie want hulle het altyd stories as mens wil eis en dis so bitter duur.

                    Ag, ek hoop dit gaan gou beter met Trompie en stuur vir hom ook baie liefde van ons af. xxx

                    Like

                    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Dit gaan steeds op en af met Mr T. Ek hou hom maar dop. Nee wat die veearts hier maak te maklik hul geld en het nie regtig simpatie nie. Tromlie stuur ekstra groete vir jou en jou Ma

                      Liked by 1 person

                    2. Rambo Avatar
                      Rambo

                      Ag siestog jongie. Ja, dis maar swaar as dit nie lekker gaan nie. Ek en ma dink aan julle twee hoor.

                      Ma sê ja toemaar, sy ken van. Sy het nie veel vertroue in veearts of dokters nie maar gelukkig het ons ‘n goeie een hier in Margate.

                      Sê vir Trompie baie dankie en gee vir hom ‘n drukkie en soentjie van ons af. xxx

                      Like

                    3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Maak so. Hope liefde vir julle

                      Liked by 1 person

                    4. Rambo Avatar
                      Rambo

                      Baie dankie. Vir julle ook. 😘❤

                      Liked by 1 person

                  2. Rambo Avatar
                    Rambo

                    NS: Ma sê die Natura tissue salts is gelukkig nie duur nie. Die apteke behoort dit te hê. Maar gaan geloer rus hier:

                    http://www.natura.co.za/B_PSaltS_Home.asp en dan gaan kyk jy by Nat Sulph No. 11 :

                    http://www.natura.co.za/B_PSaltS_Natsulph.asp

                    Like

                    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Gaan bietjie kyk. Dankie hoor. Woensdag is my ma af want die onderwysers strike. Sy sal bierjie na die diere winkel gaan en vra. HIer is twee diere winkels.

                      Liked by 1 person

                    2. Rambo Avatar
                      Rambo

                      Okay, maar jou ma sal dit nie by dierewinkels kry nie. Net by apteke en hier kry ma myne by Clicks of Checkers. 🙂

                      Like

                    3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Aaaaaa, dankie. So dis mense medisyne eintlik? Sal my ma n bietjie reghelp.

                      Liked by 1 person

                    4. Rambo Avatar
                      Rambo

                      Ja, eintlik. Tot babas kan dit gebruik en ons is mos babas. Dis alles natuurlik en het geen newe-effekte sê ma. Ek het weer bietjie sinus gehad, toe gee ma my net ‘n kwart No. 5. Dit maak daai slym sommer gou los en dan haal ek weer lekker asem. As ek bietjie naar is, gee ma my ‘n kwart No. 11 en as ek nie kan slaap nie gee Ma my halwe No. 6. 😀

                      Like

                    5. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Ek hoop regtig dat ek dit hier kan kry. Dit klink na iets wat mens/honde kan gebruik.

                      Liked by 1 person

                    6. Rambo Avatar
                      Rambo

                      Ek hoop ook so en dit is beslis. 😀

                      Like

                    7. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Dis nie hier nie te koop nie.

                      Liked by 1 person

                    8. Rambo Avatar
                      Rambo

                      Ma sê dis nou slegte nuus. Maar sy weet daar is plekke wat dit online verkoop. Jy kan bietjie hoor of kyk op die net. 🙂

                      Liked by 1 person

                    9. Rambo Avatar
                      Rambo

                      Ma het hierdie tissue salts leer ken toe sy vir ‘n veearts in Lichtenburg gewerk het. Sy vrou hou van natuurlike medisyne en so het sy ma alles geleer van die tissue salts. Daar is druppels en pilletjies genaamd Rescue wat die veearts se vrou altyd gegee het vir hondjies wat gestress het as hul dr toe moes kom en die No. 6 tissue salts is baie dieselfde. Die Rescue werk natuurlik glad nie vir my nie, net die No. 6. 😀

                      Like

                    10. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      My ma gebruik natuurlik Rescue remedy vir haar senuwees!

                      Liked by 1 person

                    11. Rambo Avatar
                      Rambo

                      O ja, dit werk vir almal. My ma gebruik die No. 6. 😀

                      Liked by 1 person

Leave a reply to Rambo Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.