TOEKA-TOKKEL 2: Vriende/vriendinne


 

 

TOEKA-TOKKEL 2:    Vriende/vriendinne

Die tweede uitdaging hier op Toeka-Tokkel gaan oor vriende of vriendinne van Toeka tot nou!

Ek hoop jy neem die vrymoedigheid om n bietjie van jou vriende met ons te deel. Skryf n lekker stuk en plak die skakel hier by my kommentaar in sodat ek dadelik kan gaan kyk wat jy alles se. Gee ook asb n skakel aan die begin of einde van jou skrywe wat lesers na my pos bring om die reels te kan sien en dan ook deel te neem.

Geniet dit! Dis waaroor dit gaan geniet en Afrikaans!

Die volgende twee bloggers het heerlik saam gesels oor vroegoggend. Gaan lees gerus hul vertelling.

http://toortsie.wordpress.com/2014/12/29/toeka-tokkel-vroegoggend/

http://toortsie.wordpress.com/2014/12/29/toeka-tokkel-vroegoggend/

Baie dankie Kameel en Toorts vir jul bydraes.

VOLGENDE PAAR WEKE SE TEMAS.  Ons begin Donderdag en het tyd tot volgende Donderdag om deel te neem

Temas

  1. Vroegoggend
  2. Vriende/vriendinne
  3. Geskenke/speelgoed
  4. Vakansie
  5. Sport

Nou ja hier gaan ons! Hier is my stuk vir die week

VRIENDE

Kindervriendskap en -vreugde

Vriende is baie belangrik in die lewe. Enige mens het iemand nodig om net sommer mee te kan sit en net stil bly of net mee te gesels.

Ek onthou nog van my eerste werklike vriende.

Ons het, as familie, na n klein opkomende dorpie net buite Pretoria getrek. Ek en my jonger  suster het heerlik  skoolgegaan in n 4 -mans skool. My ouer suster moes busry om by die skool te kom, sy was in standerd 6 dink ek. Ek het in standerd een in hierdie skooltjie begin. Vandat ek die jaar daar aangekom het, het ek twee werklik goeie en spesiale vriendinne gehad.

R..  was n meer gegoede plaas meisie wat nogal neergekyk het op my ander vriendin.

V… het nie ouers gehad waarvan ek weet nie en het by haar oupa in n sinkhuisie op n kleiner stuk grond gewoon(bywoners genoem). V… was eintlik n vriendin wat goud werd was.

My ouers het nie aan oorslaap geglo nie. Ek kon egter wel op n Vrydagmiddag, na skool, by die vriendinne gaan speel, soos ons dit toentertyd genoem het. Een Vrydag by R… en dan n volgende Vrydag weer by V…

V… het ook gereeld by my kom speel op n Vrydagmiddag na skool. Sy het selfs ook n enkele keer by ons oorgeslaap. R.. kon nooit by my kom speel nie.

Ek moet net ook verduidelik dat ons ver van mekaar gebly het. Ek het so n amper 30 minute se loop van die skool gebly en V… het so 30 minute na die anderkant  van die skool gebly. R.. het nog verder as V.. gebly. Dit is hoekom ek Vrydagmiddae kon gaan speel omdat ek dan al halfpad na hulle geloop het. Ons het nie fiets gery nie maar te voet geloop skooltoe en terug. Die terugloop na die speeldery was maar n lang loop. Ek het meer by V… deurgebring as by R…

R…se middagkuiers was meer “gesofisitkeerd” gewees as die by V…. Ons het meestal maar binne gespeel. Ek dink ons het hoofsaaklik pop gespeel!

V… se kuiers was heerlik. Dit was nou vir my die lekkerste om daar te wees. As ons by die huis kom het V… se oupa vir ons eierbroodjies met eende eiers gemaak. (Franse braaibroodjies!) Ons het n letterlike hond uit n bos gespeel. Ons het buite onder die bome langs n stroompie gespeel. Ek kan nie onthou wat ons presies gespeel het nie maar daar was nie gekoopte poppe nie. Ons het alles wat bruikbaar was gebruik om mee te speel.

Die 5 jaar wat ons saam skool gegaan het,het n hegte vriendskap tussen ons drie laat ontstaan. Daar was net 6 kinders in my klas. Drie seuns en dan ons drie meisiekinders. Pouses het ons alles saam gedoen en ook alles gedeel.

Ek was n sportiewe meisie gewees en het korfbal in die winter gespeel en dan natuurlik atletiek in die somer. My twee vriendinne was nie regtig sportief nie. R… was nogal baie oorgewig. Dit was n familie kenmerk gewees, so sy het nie gehardloop nie. V.. weer was net nie gebou vir baie beweging nie. Tog was ons n heerlike hegte drie-man-skap. Ons het mekaar ondersteun, gehelp met huiswerk en wat ook al verby kom om saam te kan doen.

Ongelukkig het ons paaie uitmekaar geloop toe ons Hoerskool toe is. R.. het maar gesukkel met skoolwerk en is koshuis toe, terwyl V… aangeneem is en toe in die stad gaan bly het.

Ons het weggetrek uit die klein dorpie en moes ver ry met die skoolbus om by die skool te kom.Ons het heeltemaal kontak verloor.

Eendag het ek R… raakgeloop en sy het my na haar verlowingspartytjie uitgenooi. Ek het gegaan maar dit was nie meer dieselfde nie. Ons het heeltemaal weggegroei van mekaar af.

Van V… het ek op n stadium ook gehoor maar dit was nie baie goeie nuus nie. Sy het nie te goed gevaar met haar “nuwe” lewe nie. Sy is blykbaar maar n bietjie mishandel. So jammer dat dit moes gebeur sy was volgens my n liewe, goeie mens.

Gedurende my grootword jare het ek nog hegte vriende gemaak wat deur dik en dun by my gestaan het en wie ek ook kon ondersteun en bystaan. Ek het steeds nog n paar werklike vriendinne waarmee ek nog af en toe gesels d.m.v. internet. Dis egter nie dieselfde as om te sit en kuier oor n koppie tee of koffie nie.

Noudat ek hier in die vreemde is het ek darem ook begin om vriendskap te smee met n paar juwele wat op my pad gekom het. Dit wys n mens dat die lewe maar vreemde draaie loop maar tog is daar altyd werklike vriendskappe wat deur dik en dun bly voortbestaan.


9 responses to “TOEKA-TOKKEL 2: Vriende/vriendinne”

  1. ‘n Kosbaarheid in elke letter | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo2 daag ons uit om oor vriendskap te skryf. Ek begin, en toe is my woorde al op, en ek trek nog net by A. […]

    Liked by 1 person

    1. scrapydo Avatar

      Pragtig man

      Like

  2. ‘n Vriendin soos Des | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] In opdrag van Scrapydo se Toeka-Tokkel Vriendinne. […]

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Dankie vir die link!

      Like

  3. Kameel Avatar
    Kameel

    Ek het dit nou baie geniet dankie. Om te dink mens speel so heerlik as kinders…. en het nie ‘n idee hoe mekaar se lewens gaan uitdraai, en watse hartseer daar nog op mekaar se paaie wag nie.

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Beslis, dan het my eie pad self ook draaie geloop wat mens nooit aan sou dink nie. Die idee van nog speel het my nogal gevang! Vandag se kinders speel mos nie regtig meer nie, dit is alles meer rekenaar -gebonde

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.