Rules

Rules of Five Photos, Five Stories Challenge require you to post a photo each day for five consecutive days and attach a story to the photo (It can be fiction or non-fiction, a poem or simply a short paragraph) and then nominate another blogger to carry on this challenge. Accepting the challenge is entirely up to the person nominated, it is not a command.

I would like to invite anyone who is interested to join the “Five Photos, Five Stories Challenge” for 5 days.

DAG 5

VERTREK

2009

Ek besef dat my familie nie daarvan hou om in die blog-wêreld te verskyn nie.

Tog gaan ek hierdie keer nie luister en dink hoe hul gaan brom daaroor nie.

Ek is baie lief vir my familie.

Hulle beteken die wêreld vir my.

Hierdie foto is geneem die middag toe ek oppad was

lughawe toe.

Al die dames!
Al die dames!

Ek verlang nou sommer baie na alger.

Ek het in 2010 terug gegaan omdat my verblyfpermit verval het voordat my permanente verblyf deurgekom het. Dis dus 5 jaar dat ek hul laas gesien het.

Kleinsus het in 2009 saam met my gevlieg . Sy het n heerlike maand lank hier gekuier.

Nou kommunikeer ons maar d m v die internet. Dis darem maar lekker om in noue kontak te wees. Die pos is n dooie verlies. My skryfgoed en pakkies kom nie uit by hul bestemming nie. Nou dink ek nie eers meer daaraan om iets te stuur nie.

Dis so jammer dat alles so verval en agteruit gaan. Dis so n mooi en heerlike land om in te woon.

SUID AFRIKA BLY STEEDS MY TUISLAND.

Dit is die laaste van my 5 dae.

My volgende 5 dae gaan oor New Zealand se eerste jaar wees.


17 responses to “Five Photos, Five Stories : Dag 5 Vertrek”

  1. Tannie Frannie Avatar

    Hierdie reeks van jou maak my baie hartseer…dis baie na aan die ervaring van sovele mense. Tog spreek jou liefde vir SA en jou mense so duidelik uit jou inskrywings dat dit my terselfdertyd bly maak.

    Liked by 1 person

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ag dankie vir die saamvoel. Party dae voel dit sommer net erger as ander dae maar steeds bly dit n baie teer punt om oor te praat. Ek is net bly ek kon net n bietjie uiting gee aan hoe ek voel hier in my blog. (Die ouens hier is maar nie rerig waaraan ek gewoond is nie)

      Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Brom brom …Brooooommmmm

    Liked by 1 person

    1. ddupl3ss1s Avatar

      Jy brom verniet ..ek weet steeds nie watter gesig pas by jou nie ..minstens weet ek darem hoe lyk Ineke wonder of jy die stout een is..die een met die vinger ore

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Neeeeeeee Dis ousus se dogter SUUUUUGGGGG … die een met die lyf!

        Like

        1. scrapydotwo Avatar
          scrapydotwo

          Almal het lywe!

          Liked by 2 people

        2. ddupl3ss1s Avatar

          Nie dat ek geraamtes sien nie- julle almal het gesigtrek wat pasmaats is, wonderlik. Ek sit ook maar met ‘n lyf, die dra my darem deur die dag.

          Liked by 1 person

          1. scrapydotwo Avatar
            scrapydotwo

            Mens leef tog maar saam met jou eie”tekortkominge” wat meestal altyd die meeste of ergste volgens mens self is. In die tussentyd sien meeste nie eers jou tekotkoming raak nie

            Liked by 1 person

          2. rondomtaliedraai Avatar

            Ja gelukkig het ma nie rondgeloop nie… eish… gevaarlike stelling!

            Like

            1. scrapydotwo Avatar
              scrapydotwo

              Ja, tel jou woorde suster!..:)

              Liked by 1 person

    2. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Toemaar ek hoor jou brom. Dis nou gedoen!

      Liked by 2 people

  3. HesterLeyNel Avatar
    HesterLeyNel

    Ek wonder altyd vir wie is die weggaan die moeilikste – die een wat gaan of dié wat agterbly? Of is daar nie grade van verlange nie?

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ek dink dis maar erg vir alger. Party dae is dit met na-skokke dat mens dit besef. Verlange bly maar daar

      Liked by 1 person

  4. nowathome Avatar

    Altyd hartseer om te groet!!

    Liked by 1 person

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Beslis, veral as mens weet dis moontlik laaste keer.

      Liked by 1 person

      1. nowathome Avatar

        Dit is so!! Te finaal!

        Like

        1. scrapydotwo Avatar
          scrapydotwo

          Ja, ek wil nie eers daaraan dink nie. Ons as kinders het my ma terug laat gaan toe sy in tagtigs was. Sy het dit baie geniet en het haar broer darem weer gesien na seker amper 50 jaar.

          Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.